BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Sunday, January 01, 2006

ONGELUKKIGE UUR &####%!!!&^(%^%!!!


Vier ongelukkige uur minstens eenkeer 'n maand. Gedurende hierdie 'ritueel' mag jy soveel as wat jy wíl kla en áángaan oor alles wat jou mál maak! Verkry 'n simpatieke oor om jou 'ontvanger' te wees of kyk sommer self in jou spieël en wasem hom toe! As jy wil, nê, skryf dit alles neer - op een manier of die ander - lê uit jou geheime skaamte, jou rou seer, onspreekbare skuldgevoelens en sommer ook die senutergende speletjies wat die noodlot met jou speel. Laat sommer óók kreune, gewenery, orgasmiese uiterings en kaklaggies toe, ok? Ding is, nê, indien jy gereeld ongelukkige uurtjies sou vier is jy eintlik besig om 'n tipe van uitdrywing van psigiese gifstowwe te bewerkstellig.
Die idee dat die wêreld 'n plesieroord is en jy 'n gelukkige vakansieganger daarín, sal dan beter kan posvat, as gevolg van die feit dat jy 'skoon' en 'ontvanklik' voel. Dink nóú aan 'n geleentheid in die verlede iewers, waar jy verskriklik gelukkig was en dink jouself nou in, in 'n situasie of avontuur vorentoe, waar jy wééreens so gelukkig mag wees. Nou...jy weet mos jy is eintlik God, nê? Of het ek jou nou verloor? Heh!



God, nê, is die antwoord op al die lewe se probleme maar hy/sy/dit/JY, veroorsaak ook al daai selfde probleme, hoor! Nou, sê 'n gebed op waarin jy "God" bedank en sommer uitkak ook :-)
Gaan alleen na 'n plek toe waar dit veilig is om blinde woede uit te laat. Dán, dink jy nou aan die persoon of "God" wat jy lief is om te haat en in die méés vulgere woorde en beledigings wat jy moontlik kán bemeester, skree dit die hemelruimtes in en skop rond en swaai jou arms...
En nou...gaan fok jouself op! Ja...skop jou eie gat omtrent die hoeveelheid wat jy oud is, soveel kere vir die volgende twee weke (14 dae) Daar's geen regte of verkeerde manier nie - maar as jy kán, nê, spring vanaf die grond af op boontoe en slaat jou hakke kragtig teen jou gat vas voor die afkom terug grond toe.

Meer later, OK?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home