BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Friday, January 13, 2006

Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot

ºMENSESTEMMEº

Die blou hond bo-aan my Boernaal: Ha! Dit blyk vir my die skryfkuns is ‘n hallusinerende verdowingsmiddel vir diegene wat nie oor de vermoë of dan braafheid selfs, beskik om werklik te LEWE nie! Hulle kan liefhê, ly, banggat wees en braaf, ja – in een novelle ná die ander. En heeltyd sit hulle in ‘n stoel of lê iewers op ‘n bed, dalk. Ek dink die kuns is net ‘n konkoksie van emosies en ondervinding wat die illusie van ‘lewe’ skep. Miskien is dít hóékom ek so baie van díé “Blou Hond” – deur Rodrigues, hou. Eenvoudig en sonder om wat die oog sien te wil na-aap. Ek dink dis hóé ‘n mens moet skryf ook. Eenvoudig. As mens so na die Blou Hond kyk, nê, dan is jy daarvan bewus dat hy ‘m ietwat treurig lyk. Alleen. Maar méér…eensaam. Lees gerus die byskrif en maak jou eie mind op van hoe jy die wil interpreteer. En dít is juis wat ek wil sê: daar moet in beide skryf en skilderkuns, ook beeldhou – ‘n geleentheid bestaan vir die ‘aanskouer’ om sy/haar eie interpretasie te maak en moontlik iewers in die kern van alles, ‘n ietsie te vind wat vergelykbaar is met ‘n gebeurtenis/persoon/faset van sy/haar lewe. Dán, is jou leser, kunsliefhebber en kritici werklik betowerd. En dit IS wat jy wil hê en hoor…wees eerlik!



En Frederik, julle Broer, Oom, Swaer - verskuil sy vulnerabiliteite agter slimpraatjies, grappies, ‘n gesofistikeerde glansrykheid en ‘n kóél, selfversekerde persoonlikheid – maar dis meer net ‘n mantel van self-beskerming, oor homself getrek om sy onsekerheid van die indringende oë van oppervlakkige, rowwe mense te verberg. Húlle sal sy sagte hart leed aandoen sou hy díé ontbloot. Weet jy, ek vérstáán daai eienaardige lig van die maan en die glorieryke kleure van ‘n vlinder se vlerkies én ek smelt as die temperatuur nét reg is, o ja…altyd. En as iets by die ewige Aarde gevoeg sou word, sal daar in my verstand ‘n spasie ontstaan? Partykeer reageer ek met absolute minagting vir die gevolge van my aksie – wat díé ookal mág wees. Is dit braafheid of dwaasheid? ‘n Bietjie van beide? Heheh! Natúúrlik het ek dit geweet…tsk!
Ek blyk gedagtes onmiddelik op te vang en wil dan nie altyd die van besonderhede daaroor hoor nie. Ek moet tóg onthou om nie deur vlieë, stukkies papier of die manier wat die lig op ‘n sekere objek val – selfs die ligte rokie van ‘n aangesteekte sigaret, gedistrakteer te word nie. Mense benodig wérklike belangstelling. Het ek die energie of lús daarvoor? Partymaal, nadat ek my batteries ge-recharge het, miskien…
Ek kan koel en kalm soos ‘n stil blou meer in die somer voorkom, maar wees maar op jou hoede. Dis net ‘n rol wat ek speel omdat die resensensies daarvan uitstekend was…Ek steek my kloue weg () maar verskerp hulle daagliks, net ingeval…kyk mán, ek is nou maar eenmaal té trots om jóú nonsens of enigeiemand anders s’n te vat. Ek is soos ‘n self-vervullende profesie: Jy’s nice met my, dan’s ek nice met jou. Maak my moerig en …ja…dís rég. Moenie, OK?



Ons verf met breë strepe en gooi baie kleur híér en dáár rond wanneer ons ‘n insident of storie vertel…en meer dikwels as nie, oorreed ons onsself dat dit wérklik só gebeur het. Basta met diegene wat ons stories betwyfel – ons praat hulle dood of lag maar net geheimsinnig, so-ál asof ons iets méér weet, maar in werklikheid is daar fkkl rêrig nie! Twee faktore word gedurig vermeng: die waarheid word weergee as fantasie en Fantasie weer, word aangebied as die reine waarheid. Maar mens moet nóóít skaam of skuldig voel omdat jy jou lewendige verbeelding bietjie oefening gee en strek nie. Mens is mos terdeë bewus van die verskil tussen fantasie en werklikheid en raak nooit regtig verlore nie – jy speel net ‘n godagtige speletjie en skápe, skép – dis eintlik jou plig om die eentonige lewe bietjie te ‘verspys’. ‘n Ou Duidiese Hoofpriester, Taliesian, het gesê: Hoekom bedank jy die gode of prys hulle of gee hulle die blaam? Doen jy jóú plig en die gode sal hulle s’n doen. Genoeg gesê, of wat-wat? – Beeldkuns van die Zodiac in die eertydse tempel van Thebes met ‘n inskripsie wat ‘n ewige boodskap dra vir ons almal: ‘Jy is eindelose sterredomme – en jy het maar nog nét één ster gesien.’





Die meer in die laatnag. Florida. Ek draai om en sien ek staan op die rant van ‘n see van lig. Die stil oppervlak van die water het die maanlig opgevang en reflekteer dit nou. Die lig plaas ‘n honderd helderhede
rondom my en die sterretjies, ‘n mindere helderheid omsingel my met ‘n duisend meer! Ek staan daar, verdwaas en verblind, my verstand vól van helderheid ook. Ek trek die ekstase van gras, bome, blomme en die wind diep in my longe in en hou dit ‘n oomblik daar…
Alles is natuurlik anders in die daglig natuurlik. Tóg, ek behou die euphoria van die nag. Is dit nie wonderlik en ook angswekkend dat ons kan onthou nie?



So is dit toe dat ek besluit ek is ‘n toeskouer by die Spele van die Lewe. Om net te observeer is my wens. Ek gee werklik eintlik net om om myself te amuseer. Nie om wérklik om te gee nie. Ek som áltyd mense op – maak afleidings, oordeel en condemn hulle of verheerlik andere. Om die lewensglas leeg te drink? O…ek hét, gló my. Maar dit is ‘n vergiftigde glas. Ek wil eintlik net vir myself sien. Sien maar nie voel nie…Die kuns om te LEWE, is om buite die bereik van andere te leef…dis nou die andere wat jou nie gelukkig kan of wil of sal maak nie. Mense wat jyself nooit regtigwaar lief sal kan hê nie al probeer jy hoe hard. Bloed is gelukkiger dikker as water, dankie Vere! Plant jou tuintjie en water jou blomme en moenie wag vir iemand anders om vir jou blomme te gee nie! Ai!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home