BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Monday, January 02, 2006

Die DU PLESSIS/PIENAAR LEEU TROPPIE

Leeutjies: ●Estelle ●Annette ●Freddie ●Mandy ●Esmé ●Mamma ●Dedda
Herinneringe is... terugdink, aan die verlede. 'n Terúgblik, 'n herbelewenis van dít wat verby is - 'n her-ervaring van die verlede op só 'n manier dat dit nóú nog iets beteken en sê vir diegene wat onthou. ¬ Láát stukkies van ónthóú nou op jou hart se tafel vorm in 'n legkaart van 'n miljard bekoorlike kiekies... Laat elke spier in jou liggaam losraak, sodat jou verstand ontvanklik kan wees vir die kosbaarheid van ou herinneringe. Ek wíl jou bekoor met die visioene in my brein en békóór, díé sál ek! Selfs 'n dromer soos ek word geraak deur die dinge wat in realiteit bestaan en gebeur. Die gelukkige oomblikkies, die selfverwyte en die pyn wat ons soms voel sal ons nooit wérklik verlaat nie.Hierdie gebeure los hulle merk in ons koppe soos voetstappe op seesand. Ja, hulle gaan wel weg, maar kom maar weer terug en forseer ons om ons vorige rówwe gang deur die lewe te onthou wanneer wantroue, sinisisme, passie, bangheid en euforia ons oorwéldig. Hierdie 'gebeure' kan ons uitkyk op die lewe versterk en hulle kan selfs ons daartoe lei om ons alledaagse lewens te verryk wanneer ons hulle onthou. Sekere dinge in die verlede blyk maar altyd lekkerder en beter te gewees het as nóú. Ráár maar wáár.
Knippeldik, dis hoe mens jouself eet - spésíáál altyd aan Mamma se kos, maar ek moet erken al my susters kook nét so lekker. Maar dit bly nie altyd net by eet nie. Daar is sovéle dinge waaraan en waarvan jy jouself knippeldik of dan trommeldik kan maak...Hoe maklik vergéét ons nie van dinge wat ons plesier bring nie. Hóékom weet ek nie. Ek persoonlik onthou meestal selektief. Ek wil onthou:
●Vetkoek en Mince en boontjiesop. Jaffles gevul met bacon en eier of savoury mince saam met warm koffie op 'n wintersaand by die koolstoof in die kombuis. Poeloekoek. Ma se yskasterte. Melkkos. Warm pannekoek met kaneelsuiker wat daarop smelt. Ek en Estelle se hamburgers + chips by die Hamburger Den oorkant die ou JHB Hosp. destyds. Prawns by Jimmys in Florida saam met Estelle en Louise. Ek en Ninx en Fred Cheetham by my woonstel in Nuggetstraat - Eiervrug en 'n Franse broodjie. Mins & eiers daarin geroer. Café de Paris en die stukke koek met koffie of dan die triple sandwiches - 'Kings Taste' Die Griek oorkant Rebel se kantore in Houghton se Dagwoods saam met melk. Pies en melk. Eric se eend met lemoensous. Anthony se groentesop. Ek en Charl se Allegaartjies met baie brood by die Hamburger Den in Klerksdorp. Isabel se steak, chop en wors saam met krummelpap met uie en tamatiebredie en 'n eier daar bo-op. En die vaas vol cheríse kosmosse! Kerrie in bunnychows in Durban en Dedda se kerrie met osmotiese gekookte eiers in.
●Plekke soos die Tuine Hotel in Pretoria waar ek breker geact het en my Black Label bierbottel telkens met water gevul het maar in my hand rondgedra en aan gesip het. Gold Reef City waar ek en Johnny op die tafels van die restaurant gedans het en waarna Hettie my met die baton bygekom het. Midmorning brunch saam met Andrew by die Belgravia Hotel - die biere en mosterd op bief & rye. Whiskers by Kyalami waar ek so baie karaoke gesing het en die rum gevloei het. Die Wayside Hotel waar ek met my Leo tattoo gebrag het en hondekettings om my arms gedra het met ooparm waistcoats en stywe jeans en cowboybootse - daar waar ons gedans het asof daar geen verskil was tussen oggend, middag aand en dae selfs nie...Die ou Savoy bioscope en die Century 'n blok op waar ons sovele flieks gekyk het en ek en Dougie van Henda in die Savoy Hotel altyd 'n drankie gedrink het. Die George Hotel waar Mamma Annette uit die disco gaan uihaal het, heheh!
●Agste Laan 43, waar hel somtyds was maar ook meermale hemel op aarde. Die Sesde Laan parkie - '♪...skinned our hearts and skinned our knees...♫' Copacabana waar Esie haar danskompetisie gewen het. Club Chicago. Die Dungeon waar my tande uitgeslaan is. Mosselbaai...'♫...aai aai die witborskraai... ♪' Scorpios waar ek myself gate uit geniet en gedans het tot ek nie meer kon nie.
Die Impala - drive in waar ek so baie saam met Danie Greyvenstein gaan fliek het en die dansklub waar ons langarm gedans het asook Sondae toe Nini en Danie daar gesing het. Fiestaland. Bapsfontein. Hennops! Ermm..Hentie. Kiki...
●Wimpy! Americano, Hillsnacks, Mike's Snacks, Burgerbox *chomp-chomp* *glug-glug* Thomsana!
●Swem in die Vaalrivier, of bootry. Swem in die Krokodilrivier or trippel oor die menigte klippe, partymaal dronk soos 'n spook. Die ou Springbok radio en stories luister in die middae na skool.
●Ek onthou: Danie Greyvenstein, Piet Strauss, Charl du Plessis, William Perks, Jacques Janse van Rensburg- vir my eie redes -Jy's verkeerd!
●Iemand trek 'n pyltjie na iets skurwerigs wat 'iemand' geskryf het op die toiletdeur en die ou skryf toe: Blokes who write on lavatory walls have their brains between their balls. Iemand anders (neem ek aan-) skryf toe: ← He who here displays his wit, only shines where there is shit! ← Só, ons wat daarvan hou om te skryf en geleenthede soek om ons werk af te wys, moet maar 'n pen saamvat publieke toilet toe of wat-wat? Die grafitti was op Roodepoort se stasie se toiletdeure en ek het dit woord-vir-woord aan Mamma herhaal wat lank en luidrigtig daaroor gelag het. Onthou hulle die storie van iemand wat by Ma se werk by Roodepoort Motors snot agter die toiletdeur gesmeer het en iemand anders het geskryf: 'snot me!' ? Hehh!
●Sovéle oggende het ek al wakker geword en gewens ek kan onthou waarvan ek gedroom het die vorige aand. Hóé sal ek nou wéét wat die verskil is tussen 'n profestiese droom en my koorsdrome in 'n werklikheid wat gebeur as ek nou nie ten volle bewustelik is nie? En die taal waarín ek droom. Telkens herken ek dit nie, maar ander kere weer is ek ten volle daarvan bewus dat dit of Engels of Afrikaans is, want mense beantwoord my in dieselfde taal.
Ek dink elkeen van ons is gebore met 'n droom vir ons lewe. My droom? Wel, vandat ek kan onthou het daar nog altyd ’n droom binne-in my vasgevang gewees. Ja, ek's daarmee gebore.en deur die jare het my droom net al hoe sterker geword. Nou ja, as julle my hart sou ken, sou julle my droom ook ken, want 'n mens se drome word herken aan mense se hart.
My droom is my familie. Elke liewe een van julle wat ná my gekom het het ek persoonlik die lewe ingedroom. Estelle, Annette, Mandy, Esmé. En toe elke kind van elkeen van julle wat kinders het. Gló my. My drome word waar. Ek onthou dat ek een vakansie by die huis gebly het want ek wou nie saam met Kallie, Tom en Tina gaan vakansie hou het nie, maar ek het gedroom daar gaan 'n ongeluk wees. Die detail was vaag, maar ek het vir Mamma vertel en toe gly Tom se Capri op olie om 'n draai en daar is dit toe. 'n Ander keer weer, droom ek 'n Mormon missionary gaan sterf en toe sowaar hoor ek daarna dat hy agter 'n trok vol sinkplate gery het met sy moped en een van die sinke het sy nek afgesny toe dit van die trok se bak afgly. Deesdae ignoreer ek sulke drome eerder maar.
●Toksepeus...Mamma het altyd as ons daar verbyry opgekyk na die heuwels by Little Falls en gewys na 'n huis dóér vêr...'Toksopeus se huis.' Dit was soos 'n groot misterie. Klaarblyklik was Toksopeus (sic?) 'n Nursery Owner wat baie welaf was en Mamma se ouers mee bevriend was. Sy't hom nooit vergeet nie so hy moes 'n groot indruk op haar gemaak het. Sy't ook altyd van Varkeplaas gepraat waar daar baie stampvrugte was...en sy't ons altyd haar ouers se huis in Conrad Straat in Florida gewys as ons daar sou verbyry.
●Ek onthou die bendes wat ek en Estelle en Annette gestig en ontbind het...tyre tubes gesny en gedra as maskers, sodat net ons oë uitsteek soos Zorromasks en ander bendes aangevat. Kleilat en stoei en sommer 'n groot afknouery maar darem ook nou nie te ernstig nie.
●Ek onthou toe Ek in Graad 2 was en Estelle in Graad 1 in Johanna van der Merwe Laerskool in Kookrus en hoe ons albei in 'n skoolkonsert opgetree het. Mamma het maar gesukkel met Dedda wat nie gereeld gewerk het nie, maar come hell or high water, sy't gesórg dat Estelle haar feetjierokkie in blou kry en ek my lang pyjamas - al het al die ander kinders somer-kort pyjamas aangehad was ek vreeslik trots. Estelle het te sweet gelyk. Die Feëkoningin - Juffrou Voges, het gedurende die konsert vir Estelle haar silver staffie gegee om vas te hou. Estelle het behóórlik 'geglow' ;-)
●Gepraat van konserte, Estelle het weereens in Standerd 3 by Jozua Naudé n 'n konsertkoor gesing met sulke Hollandse blou en wit klere aan: '♪Hoe heerlik is dit buite, bekoorlik blou die lug, en ritseling deur die blaartjies sag as somerwindjie sug...♫'
Die storie het gegaan oor die meulenaar wat sy dogter aan Repelsteeltjie verkoop het vir goudmaak. '♪Hans, Hans die meulenaar, sal jou nou gedoriewaar.. ♫'
Ekself het in Standerd 5 in 'n konsert gespeel waar ek die boef in die storie was wat met 'n man se vrou gevry het as hy weg was. Ek het 'n bloedrooi snor gehad: '♪Ek het gereis, ek het gereis, gereis vir 'n jaar of tien - maar 'n melkkoeitjie met 'n bloedrooi snor, die het ek nog nooit nie gesien...♫' En dan gryp die 'ou' my aan my broekspante en gooi my dwarsoor die verhoog. Nou ok. Dis nie te bad nie maar wat wel bad was, was dat ek al Dedda se ou skoene gedra het en díé was vol gate onder, sodat wanneer hy my gooi, dan sien die hele wêreld dit!
Heheh! Ek het ook nie 'n belt gehad nie en 'n stuk gordyndraad gebruik om my broek op te hou. Toe Wimpie Osche dit sien lig hy my hemp op sodat almal kon sien (B!tch). Ek was byna dood van die skaamte en het gemompel dit was 'n nuwe gewigverlies-metode. Tsk! Met dieslfde 'belt' en skoene en Dedda se trui-onderbaadjie is ek toe saam met Ria Naudé, Std 5 afskeid toe. Ek het myself maar stil gedra *lol!*
●Ek onthou toe ons kabeljou en stompneus asook 'n paar rooivisse braai op die vuurtjie, daar buitekant ons elektrisieteitlose hutjie in Hartenbos nét duskant Mosselbaai. Eers krap Jacques die vis se skubbe met ’n mes af. 'Gooi hulle met baie sout.' sê ek vir Jacques. Vir die braaistorie moet mens die visse langs die ruggraat vlek (nie aan die pens se kant nie) en dan sny mens ván die stert af, al langs die ruggraat, tot by die kop sodat die hele lyf kan oopflap. 'Maar sal die vis dan nie té sout smaak nie?' vra Mariaan. 'Nee, fok Meraai, hulle swem dan hulle blêrrie lewens lank in die see en smaak stééds nie té sout nie!" 'Die sout is net sodat die vis nie aan die rooster sal vassit as mens dit braai nie, Mariaan.' Sy rook net haar stop verder en bekyk my uit blou oë wat al hoe rooier maar níé mooier raak nie. Jacques haal die binnegoed uit en skrop die binnekant van die visse skoon en spoel hulle weereens af. Ek hou van hoe hy kosmaak. Hy is besonder skoon en Mamma sou dit kwaai gelike het.
Dis wolkerig, dog al die aarde se hitte verloor in die nag ten spyte daarvan. Dit is bitterlik koud eintlik, maar hierdie plek het 'n skoonheid en aantrekking van sy eie en die vis ruik heerlik, spesiaal die rooivis wat oopgevlek is en dan met tamatie en
uiebredie gevul is voordat dit in foelie op die vuur geplaas is. Mens sou dink die reuk sou binne-in die silwer bedekking bly, maar nee, dit krul in die lug n en raak met sagte katpootjies jou reukkliere aan in jou neus en jou maag skree skielik: 'Ek's honger!'
Dit wil-wil reën maar gelukkig is die vuurtjie beskut deur 'n reuseboom. Visbraai verg jou volle aandag, reken Meneer Janse van Rensburg. Dis nie soos tjops en wors en steakbraai waar jy kan wegdrentel vir ’n chat nie. Jou oë is die heeltyd op die kole en die vis. Ja, ja dude. Die vis is uiteindelik gaar! Ons breek stukkies af met brandende vingers plaas dit in ons monde wat dadelik kla van die hitte - en ons moet vinnig sluk aan die Oom Tas wyn, sommer so uit die kraantjie uit wat jy bokant jou mond hou met die box daarbo en die straaltjie mik in jou mond in. Dis lekker. Watertand lekker. Ek hou meestal van die kabeljou se tekstuur. Dit vul jou mond saggies en glip dan in jou keelgat af soos 'n stukkie roomys amper, net souterig en heerlik geurig. Die stompneusies is groot en rond en platterig maar baie vlesig en die grate min. Hier weer is die tekstuur soos díé van 'n kreef. Ek smul en kannie genoeg kry nie. Die rooivis is deurtrek van tamatie en uie bredie en wraggies smaaklik. Die twee Krewe watch die Leeu homself behoorlik oorvreet. Trommeldik. Knippeldik. Dit was my eerste ondervinding van 'n menigte waar ons vis gebraai het en behálwe vir die kingklip (wat doodlekker is) is die kabeljou nou maar eenmaal 'my vissie.'
● Ek onthou dan ook daaronder in Mosselbaai waar ek vir die eerste keer 'n 'whitepipe' gerook het. Dis
nou dagga met 'n mandrax (slaappil) in. Wél, ek rook mos nie en maak net of ek doen, maar daai goed was so sterk dit het my gevang en daar sit ek in die wit Nissan 1400 bakkie op die heuwel met 'n lemoen in my hand omhoog gehou en stáár doer vêr oor die see. Boykie, 'n kleurling wat ons daar ontnoet het sê: 'Ểí!! Kyk hóé float ou Freddie nóú...!'
●My eerste kommersiële vlug...QBoeing. SAL. Johannesburg na Kaapstad. Vir werk. Ek dink dit was 'n oudit van 'n vorraadopname. Die gesuis in my ore was fenomenaal (ek het tinnitus in my regteroor) en ek het eers gedink ek gaan uitpass, maar gelukkig het ek lankal reeds in die SADF helikopters, flossies en cessnas mee gevlieg so ek was darem nie té onnosel, nuut en verskrik nie. Dit bly egter 'n totale ander ondervinding in so 'n reuse vliegtuig en wanneer hy dan nog ook begin stamp-stamp in die windrukkings raak 'n ou maar benoud, maar jy wys dit mos nie. Jy wil lyk asof jy al járe der jare vlieg en díé verskynsel 'n doodgewone een is - meanwhile kak jy in jou broek *lol* Kos was ok en drankies lekkerder. Daarna nogal baie gevlieg maar alles binnelands. Snaaks hoe mens gewoond raak aan enigeiets...
●Nini in haar Bobby Angel t-shirt en panty - en ek trek haar aan haar hare vanaf haar kamer agter by die huis uit, deur die straat voor ons huis verby die bure langsaan (was dit die Flemings of die Grovés?), maar skóp sal sy skóp en kráp sal sy kráp en áánhou na my toe slaan. Beneukte, hardkoppige meisietjie heheh! 'n Paar jaar later smash sy al die Sarah Moon spieëls wat ek vir haar gekoop het, een vir één. Ek dink sy't baie van ons ouers in haar bloed wat gereeld blyk te kook *lol*
●'Die Ou Oom Langsaan' - ek hoor vandag die seuntjie langsaan, wat glo hiperaktief is, iets sê van 'die oom langsaan' Ai, jai! Hoe het die jare gevlieg huh? Oom John wat ons buurman was in Agste Laan was dan altyd die ou oom langsaan...en skielik is dit ek. Ek onthou hy't voëltjiehokke gehad met allerhande ekskwisiete, buiteheemse voëls daarin en dat ek letterlik ure vir hulle kon kyk - wat hulle doen, hoe hulle eet en mate. Jare later toe ek en Johan Meyer en Annette en Claudine saam Theuns en Nico in Benoni gewoon het, het hulle ook so 'n voëltjiehok gehad met die vetste groen budgie (ja, soos Bradford,) wat ek nog ooit gesien het. Hy kon nie vlieg van vetgattigheid nie en moes vermoënd teen die draad opklouter met sy bekkie om by die saadbakkies uite te kom. Baie cute.
●My wit marmerbeeld van 'David van Michelangelo' wat Estrelita vir my gekoop het. Dit was só 'n mooi gedagte om díé nou vir my as 'n geskenk te gee, het ek gedink. Ek het dit regtig waardeer en hom lank gehou selfs nadat hy geval en gebreek het. 'n Ander nice geskenk was die bruin Chariot met 'n Romeinse soldaat daarop wat ek nog steeds het. Stellie is briljant met geskenkidees. Kyk nou net hierdie laaste 2de handse geskenkfees by Ninx. Wónderlik!¬ Jy doen so baie vir my, Stellie. Baie dankie.
●'♪Ek is gelukkig, my hart is bly, net soos 'n vlinder, vrolik en vry - die lewe so wonderlik, vir jou en my, nét soos 'n vlindertjie, vrolik en bly...♫' Lamy D'Almeida het mos díé song vir Nini geskryf en sy't hom en 'Hallo Mama' op 'n 45 vinyl single opgeneem. Nógal 'n groot storie eintlik. Iéts om op tróts te wees: '♫Hallo Mama, hallo Papa, ek is terug - terug by julle...♪' Ek onthou toe Nini op Kraainess gesing het saam met Carike Keuzenkamp. Haar Nasionale TV debuut ☺
'Absolutely Fabulous' met Jennifer Saunders as Edwina Monsoon & Joanna Lumley as Patsy Stone. Edwina se dogter Saffron (Julia Sawalha) is ook priceless. = Eén van my mees-gunsteling TV programme en van díé mín wat my werklik kan laat lag - ek lag mos nie maklik in 'n fliek of TV show nie - dit moet hél snaaks wees en galghumor amper. Sy laat my baie aan Antie Marie dink. En die goed wat hulle mee opkom is werklik nou vir jou skreeusnaaks! Ek het my verkyk en verknog geraak aan díé karakters!
●Swartkops. Ons kampeer en daar is 'n vuur waarop 'n ketel kook vir koffie nadat die vleis reeds gebraai is. Dedda sit op 'n kampstoeltjie voor die vuur en ek staan tussen sy bene voor hom. Ek is 5 jaar oud. Dedda vergeet ek staan voor hom en staan op en ek val in die vuur in met die kookwater bo-op my. My linkerbeen blyk die meeste gebrand te wees en hulle sit 'n blikkie kondensmelk (!!!) daarop. Dit het toe snaaks genoeg genees, maar ek kannie regtig veel van die hele aangeleentheid onthou nie.
●Groot Teddie. Ek moes seker twee of drie gewees het toe Dedda vir my 'n helske groot teddiebeer koop. Toe hy hom egter vir my wys begin ek huil en dít gaan toe nie goed by hom af nie...sê toe hoogs-ontevrede dat ek 'n sussie is. Mamma het natuurlik vir my opgekom. Ek dink ek was bang omdat hy so gróót was en ék so kléín! Maar kan nie die details goed onthou onthou nie. Ek onthou ek het
ook 'n hout-rocking horse gehad om op te speel. Dedda het díé self gemaak.

●Nota: Die volgende paar grappies het ek gelees op http://www.watkykjy.co.za/ en geleen om hier met julle te deel. Die kommentaar na die → is myne.
●'n Vrou stap in 'n winkel in met DUUR PERSIESE matte. Sy kyk so bietjie rond en sien die mat van haar drome en stap nader. Soos sy buk om die tekstuur te voel poep sy kliphard. Baie senuweeagtig kyk sy rond met die hoop datniemand haar gehoor het nie en niemand haar nou moet kom help nie. Die volgende oomblik staan 'n verkoopsman langs haar en vra: "Mev. Waarmee help ons vandag." Baie ongemaklik vra sy vir hom: " Mnr hoeveel kos hierdie matvan julle?" Hy antwoord: Mev. as jy reeds poep as jy aan hom vat gaan jy defnetief in jou broek KAK as jy die prys hoor" → Ek onthou só 'n mat in ons lang gang in die huis by De Deur, waar die kar wat kwansuis deur ons huis gery het - dis nou 'n spookkar - régoor die mat, die gang áfgery het. Daar was egter nooit darem spore op nie, heheh!
●Drie verlamde connections, een van Gezina, een van Mabopane en een van Danville, wiel een aand met hulle rolstoele in Kerk straat af verby een van daai kak skoenwinkels wat die hele Pretoria vol is.Hulle het klaar gejol by Monroe's toe dit nog oop was (dit het lank terug gebeur, o.k!). Nou's hulle lekker liquid van al die dop en die knaap van Gezina scheme hy rol in die alley langs die winkel in vir 'n pis. Hoe hulle dit doen weet die here alleen. Ewenwel: Tot groot konsternasie van sy tjomme kom hy uitgehardloop. Hy tune: "Ouens, ek kan loop! Daars 'n genie in daai alley en hy pass wense rond!"
Die dude van Mabopane rol in. Sekondes later kom hy uitgehol: "Heish, I ken wokk! Heish! Ees orrait thet whaaan!!! Gawie van Dannville rol --in. Hy kom weer uitgerol... "Hey blare, check hierie mags!!!" → Interessant van rolstoele...aangesien ekself véle geleenthede gehad het om met hulle gekarwei te word of dan self in een iewers te kom - jy voel totaal magteloos om hom te stuur in die rigting wat jy wil dóg het ek al in rolprente gesien hoe ouens basketball speel of selfs sokker in rolstoele en hulle tot só 'n mate kan manipuleer dat hulle selfs partykeer beter kan funksioneer ín rolstoele as diegene daarsonder. Miskien verg dit tog maar jare se ondervinding en determinasie. Dóg het ek steeds groot respek vir diegene wat hulleself permanent in 'n rolstoel bevind en daarmee saam moet leef.
●Jannie vra eendag vir sy pa: "Pa, wat is die verskil tussen 'n poes en 'n kont?" Pa tune: "Kom ek gaan wys jou." Hy vat vir Jannie na die bed toe waar Ma lê en slaap. Hy beweeg na die onderent van die bed toe en tel saggies die kombers op. Daar lê Ma toe nou so ietwat wydsbeen sonder haar pannas. "Sien jy daai ding, dis 'n kont," sê pa. "Cool!" sê Jannie, wat nog nooit in sy lewe 'n bosmossel in die gesig gestaar het nie. "Kan ek daaraan vat?" "Nee jirre," sê Pa. "Jy gaan die poes wakker maak." → By ons huis was dit eerder maar altyd Dedda wat nooit wakker gemaak moes word nie want hy gooi jou met enigeiets byderhand of dónner jou holdérstebólder vanaf die kamer die gang af buite toe deur die kombuis en agterdeur. Ek's bly ek het nie sy beneuktheid ten tye van opstaan ná slaap geërf nie, dankie. Dit was hél, glo my. Ek was telkemale in die onplesierige posisie waar ek hom moes wakker maak en dan het die hel behoorlik losgebars - daar wás nou maar eenmaal níé 'n mánier wat jy Harry du Plessis kon wakker maak sónder om gebliksem te word nie, glo my. Ek dink Annette het sy beneuktheid by wakkerword oorgeërf, heheh!
●Wat is die verskil tussen 'n chick wat die vorige aand heavy ge-booze het en 'n chick wat die vorige aand heavy gesaag het? Die chick wat heavy gedrink het, het 'n kloppende hoofpyn. Die chick wat heavy gesaag het, het 'n hoppende kloofpyn → Laat my só aan Isabel dink. Of jy haar nou bygekom het of nie...sy het altyd 'n seer ermmm...pyn gehad ;-) [FGDP1]
●'♪Hoe sag ry ons bootjie en wieg heen en weer, op golfies wat deins oor die maanblankle meer. Met kommer en sorge gelaat op die land, wuif óns aan ons vriende vaarwel met die hand...♫' - ek onthou dat Mamma altyd hierdie song gesing het in haar heuningbystem, soos Estelle haar altyd gespot het. Ek sien nog dúídelik haar tande beweeg en haar kop skuins gedraai...
●Blou oë: Ek kan Dedda se blou oë so goed ervaar en sien in beide Annette s'n en ook Gerhard s'n. Wonder wie gaan vólgende sy en Oupa Frank se oogkleur erf? ¬En 'n tweeling hê. Mamma was een van 'n tweeling en Oom Hendrik en Tannie Isabel se Freddie & Piet is ook tweelinge.
●'Slapie Kanini die bees in die kraal' & 'Tula, tula tula tula sana.. tula, tula tula tula mtwana.' Wieg- of slaapliedjies wat Mamma vir ons kinders gesing het. Die tweede een is in Zulu en kom uit 'n rolprent uit!
●Sheelagh Jellinek. Dink nou net aan haar by die inry in Vereeniging. Ek dink díé Engelse Roos het iewers gehoor 'n boerseun vat nóóít sy girl drive-in toe sommer-nét om fliek te
kyk nie. Nee, sy't gehoor hulle spyker befonk daar heheh! ¬ Dis toe ook nie lank in die fliek in nie, of sy beklim my behoorlik...
●Guzzler. My Ford Fairmont 1979 Straight 6, waarvoor ek die Alfetta met Geraldine verruil het. Mán! Dit was nou 'n kár! Lank en slap die bonnet strek dóér vêr voor jou uit en jy voel vreeslik veilig. En kon hy loop, boeta. Brullende enjin. Maar ai, die petrolverbruik. Guzzleguts de lux.
●'A Ball called Pussy' Estelle sê ek was poesbefok toe ons die bal by die see se naam Pussy gemaak het en hom sélfs gedoop het. Hy't lekker gehóp heheh! Stellie-Stel...'n pussy kan 'n kat of seekat óók wees, nê.
●Ons speel 'In and out the dusty weather...' en Dedda bekyk ons só skewerig: 'In and out...Freddie?' (Dis nou 'n rukkie ná die naai innie garage-episode.) Ek bloos toe en hy kyk my waarskuwend aan: 'Ek wil nie weer hóór van daai kak nie, vérstáán!?' 'Ja Dedda. Ek verstaan.'
●Dedda het baie donkerbril gedra omdat 'n stukkie yster vanuit onder in die kar waaraan hy gewerk het se ratkas in sy oog beland en díé beseer het. Maar om eerlik te wees ek dink dit was ook maar omdat sy blou oë so 'n bietjie rooi was op 'n gereelde basis van die baie rook van bobbejaantwak.
●Ma se Pêreloog. Dedda het Ma op die oog getref met 'n klap wat toe díé 'pêrel' gevorm het. Dit was 'n wit vlieserige weefsel wat gegroei het om 'n besering te dek, soos gom uit 'n boomstam vloei om 'n meskerwing of kaphou te dek en te beskerm. Ons het Mamma nogal baie daaroor gespot, shame, arme Donsie (Donsie is 'n eufemisme van my, vir Estelle se naam Donsdoos wat sy Ma genoem het, heheh!)
●"DúúúúúPlééééésssssssssssssíííssss!!!" skree die sammajoor - die RSM van SAGD in die Medicskamp Voortrekkerhoogte, en ek draf by die heuwel op vanaf die toilette en storte na my tent toe gedurende my basiese opleiding, begin 1977 vir militêre diensplig. Hy't sówáár alwéér my bed omgetiep die donner, dink ek verboureerd. Ek is so maer soos 'n riet want ek kan eenvoudig nét nie die vétterige, ááklige kos inkry wat hulle hier opdis nie en bówendien hardloop ek en doen leopardcrawl en..skiet en..ek voel lus om te huil. 'Maak op daai donnerse bed en rapporteer dan vir strafdril. Al jou mededienspligtiges in jóú tent word nou gestraf omdat jy nie jou bed reg kan opmaak of betyds 5 uur in die oggend hier was vir blêrrie inspeksie blêrrie-will nie, Weerman Du Plessis!!'
'Já, sammajoor! Rég, sammajoor! (Fok jou sammajoor!!)'
Die strafdril is heavy stough en ons swéét en swéts maar dril maar dat die stof so staan, ons 10. Hulle hou dit nie teen my nie. Gewoonlik polleer hulle my bootse, maak my gun skoon, maak my bed op pak my kit uit en stryk selfs my klere want hulle wéét ek kan dit nou maar nét nie doen nie. Besides. Ek is 'n baie nice ou. Maar vanoggend was hulle láks en so, ja...almal verdien die straf behalwe ék eintlik...(Háhá! Whát a cón!)
●'♪Longfellow serenade, such were the plans we'd made...she was my lady and I was her man...♫' Danie Greyvenstein aka Gary Blackburn kan síng, boerie. Neil Diamond en hy klink dieselfde, maar Danie se stem is genuinely beter. (Enigste ander goeie Neels Diamant nabootsing was Steve Hofmeyer en hy was nou regtig bébliksemd goed.) Ek onthou hoe hy saans kitaar gespeel en ek saam met hom gesing het by die huis. Dit was 'n wonderlike ervaring.
Dis nou voordat iemand al 4 sy Mini se bande afgeblaas het een oggend toe hy werktoe moes ry en hy't gedink dit was ek! Ek wens ek kan uitvind wie dit wérklik was? Maar hy't
my ingehaal oppad stasie toe om Monnas toe te gaan en my 'n paar houe geslaan,waarna ek hom met 'n ysterpyp op die kop lightsout geslaan het...ai jai, jai...ek wonder tóg of dit nie Kallie was wat daai wielie afgeblaas het nie? Ek dink hy wou onmin tussen ons saai...
●Magaliese Biersosiekies: Ons was op een van ons lang ritte saam met Dedda & Mamma en stop toe by die Magaliesberg Hotel, waar Dedda 'n whiskeykie of twee drie drink en van die Magalies biersosiekies vir ons almal koop. Ons peusel te heerlik aan díé geurige sosiekies wat in bier ingelê is met lekker speserye ens. Nie lánk nie of ons voel dronk en toe ons by die huis kom gaan bad ek en verdrink byna in my dronkenskap want die water het oor my kop gegaan soos ek in die bad gelê het. Estelle kots haar longe behoorlik uit. aan die tafel en Annette gaan slaap maar net.
●Oom Piet en Antie Kathy ons 50c gegee het vir elke brandrissie wat ons sou eet en hulle kon ons watch suffer heheh! Dit was dan ook so, dat as jy van die perskeboom tot in die vyeboom sou kon spring en amper jou gat afval in die proses en definislis skrape en snye opdoen, kon jy ook 50c verdien - solank as wat hulle kan kyk en lag oor jou beserings. Estelle en Annette moes ook vir Piet & Kathy se entertainment met mekaar stoeigevegte aanknoop.
Siek heheh! En dis nou ons familie! Piet is Mamma se jongste broer en Kathy sy vrou. Die mal Pienaars ;-)
●Ek onthou toe ek skooldirigent was dat ek 'n plakkaat gekry het by die kunsonnie met 'n sign op: ROODIES ALTYD BO, vasgeheg aan 'n stok. Toe ek by die atletiekbaan, Cecil Payne Park, daarmee oor die veld loop en dit afshów, kom twee Florida Hoër seuns en druk daar voor al die skole en atlete die stok in my mond in sodat dit bloei, terwyl ek met hulle struggle dat hulle hom nie afvat nie. Die Enslins, Lukie en Dirk storm toe oor die veld en slaan hierdie twee behoorlik katswink. Haha! Hulle wóú mos. Dit was nice dat ons daardie jaar nie net die Atletiek nie maar óók die sangbeker gewen het.
●"Ek kan slegs in 'n god glo wat sou wéét hóé om te dans..." reken Friedrich Nietzsche. Die liedjie begin speel en jou sinne ontwaak en neem jou persoon oor soos die musiek alrééds doen. Jou voete begin beweeg en jou liggaam is sweiende vol van die ritme. Sonder dat jy eers besef, het jy begin dans! Dans nou die dans van vlamme en van vuur, van watervalle wat afstort teen die steiltes, van die ewige oseaan, van die hemelruim en van blomme en die wind...Ag ek mis dit om te kan dans!
Sien...my filosoof woon in my hoof en 'n digter-van-sóórte in my hart, ja. En daar is 'n sanger hier íéwers in my keel, maar die danser, my dánser - woon in my siel. En my musiek word dessdae gekomponeer teen die ritme van 'n stadig-stewig-kloppende hart. Meestal klop my hart nog altyd soos 'n miljoen dromme!
●'Een aand het ek Skoonheid op my skoot getrek en op my knieë laat sit. En ek het haar bítter gevind. En ek het haar geskaad...' - Une Saison en Enfer - Arthur Rimbaud
Hmmm..nou net weer my hare gekam toe dink ek dat so 'n menigte mense dwaal rond en bekoomer hullself oor hóé hulle lyk. Wonder of hulle die beste nuwerwetse kleredrag dra en of hulle liggame die hedendaagse standaard na toe oplewe. Is my tande so wit soos sneeu? Ens. Ens. Hoe dikwels bekommer ons, ons oor ons innerlike skoonheid en díé van ons harte?
Hou vandag 'n spieël voor jou hart, ek dare jou. Wát sien JY? Heh! Nou kan jy kla omdat rose dorings het of jy kan bly wees omdat dorings rose het...hang af van jou natuur, nê? Ek dink wanneer ek aan goeie harte dink, baie aan Mamma wat ons almal so goed en met sóvéél liefde versorg het. En ek sê dankie. ☺
●My eerste wérklike orgasme: Iéts sóós 'n orgasme begin om homself aan te kondig iewers hier agter in my kop. My brein is 'n lugruimte waarin seksuele deeltjies van amberkleurige heuning en veryste robyne saamdrom in stormwolke in. My oë is dik swerms bye wat binne in die hart van 'n bliksemstraal instroom. Skielik spring my bene reguit en styf en elke been in my liggaam strek asof ek my vel wil ontgroei. Vir 'n láng tyd - is dit slegs tien minute? - is ek verstruikel op die drimpel van 'n verruklike elektriese skok en toe voel ek die stroom van weerligstrale wat uitskiet uit daardie soete plekkie agter in my hoof. Die weerligstrale kronkel hulself soos warm olie rondom my rugraat en vál dan kopeerste binne-in die sponserigheid van my skrotum in. Onmíddelik swem 'n miljoen digte, brandende spirale teen my rugraat op soos elektriese palings en bêre hulleself weer diep terug in my brein in, waar dit alles begin het. Oóóóh!
●...en eergister sien ek jou dáár by die rivier staan. En was daar trane in jou oë, Freddie? En al die vissies wat daar in die vuil water gelê en doodgaan het. Het hulle jou hipnotiseer? En gister weer, toe vang ek jou klein wit en geel daisiekies soen...maar ál wat leef, Freddie, word gebore om môre of oormôre, dood te gaan...
Ek vertaal rófweg 'n stukkie van Bread se Guitarman (een van my gunsteling liedjies)
♪ Wie trek die skare k speel so luid, Baby, dis die Kitaarman. Wie gaan die gehoor se harte steel, Baby, dis die Kitaarman. Hy máák jou lág, hy láát jou huil, hy bring jou áf, hy maak jou láf, Baby, dis die Kitaarman. Daar is iets wat hom laat aanloop, myle per dag, om 'n volgende plek te kry, waar die skare vir hom wag...♫ "Ek onthou Nini & Wayne het ook 'n Bread song op hulle troue gespeel. Was 'n baie aangename en nice tradiosionele troue en Ninx het so pragtig gelyk. Ek was baie trots om haar by die isle af te neem en weg te gee.
●Díé grappie is spesenjáál vir Eva Braun-du Plessis: Vader Krismis, Díé Perfekte Man en Díé Perfefte Vrou ry vort in 'n kar en die kar kry 'n pap wiel. Wíé ruil die wiel om? Díé Perfekte vrou natuurlik. Die ander twee is fiksionele karakters ;-)
●*sug* Noudat dit somer is, verlang ek weer na Winter: Wínter is soos 'n lang, rustige en cozy nap, gevoed deur drome van al die ánder seisoene. Ek onthou goed Winter was Mamma se gunsteling seisoen. Sy't altyd vreeslik gou warm gekry en haar kamervensters vóóraan die huis, met geen burglarproofing nie, was altyd oop gewees. Die Groentegees het een aand selfs daar probeer inklim heheh! Néé, nie Frankie nie - die ou in die groentewinkel lángsaan. Ma geskree? ¬ Nóg nóóít nie, a nee a! ;-)
●Rooi Colt Galant -my eerste motor. Ek klim in en ry hom sonder dat ek 'n clue het van hóé. Ek eindig op om die shebeen op die hoek vanwaar Johan en Annette gewoon het, se draadheining op te frommel. 'n Vrou hardloop uit met 'n bottel Klipdrift, prop dit in my hand en smeek my om tog nét te gaan anders daag die cops op. Ek ry toe maar en gee die branfien vir my swaer.
●Katkoppe. 'n Groot gúnsteling by die hoërskool se snoepie te koop. Ons verorber daagliks wit melkbroodjies uitgehol en gevul met Simba chips en die uitgeholde gedeelte word dan weer van bo-af teruggedruk. Manjifiek!
●Die 'Specials' in die Laerskool. Aanpassingsklas maar party sou nooit-ooit regtig opvang nie. Ons was absoluut verbied om hulle te slaan of koggel anders tree die Hoof persoonlik tussenbeide en looi jou gatvelle af. Aldús gebruik die Specials elke geleentheid om jou kos af te vat en jy? Jy gaan maar honger deur die skooldag, wat. Ek dag as ek 'n ekstra pakkie lunch vir hulle bring sou hulle myne uitlos. Nog nóóít gesien nie!
●Juffrou Blignaut gee Engels in die Laerskool. Sy's nogal 'n unpleasant specimen as 'n ou dom is in Engels en jy sit gou-gou in die Idiot Row as jy nie jou Bennet reg repeteer nie. As jy slim is, moet jy stilbly. Sy't my nogal voorgetrek want ek het altyd die beste punte vir Engels in die skool gehad.
●Gout. Jíg. Já, jig! Só pynlik dat as iemand net vir jou opgeswelde voet kyk, dan huil jy al klaar. Ek gebruik nou al jarelank Puricos daarvoor en vroeër jare as ek 'n aanval gekry het het ek dit uitgewerk met Colchicine. 'n Mens drink so twee tabletjies maar Esie gee toe mos vir Flint die volle 8 tablette en volgens wat ek verstaan, het hy toe 'n near death experience op die toilet gehad! Heheh!
●Ek het besluit dat die állér-lékkérste lekker is om onder narkose geplaas te word. Jy weet niks van níks af nie en verskeie ure gaan verby waarin jy net béstáán, maar onbewustelik. Dis amper net so lekker om op auto-pilot te gaan wanneer jy kar bestuur. Jy arriveer by jou destinasie, maar kan glád nie onthou hoe nie!
●Honde: Kaptein destyds by Howard se huis. Tóé, Lassie wat aan Ringo geboorte geskenk het. Ringo het saam met ons by Harindu opgedaag toe ons intrek en het dadelik die mense skuis oorkant se hoender begin eet dat die vere so spat. Hy't ook mal gewees oor paw paw pitte. Ongelukkig moes hy na 'n plaas toe omdat hy nie sy hoenderklopjagte kon stopsit nie. Toe Oubaas en Ounooi. Ounooi het verwagtend geraak en is toe ontslae van geraak. Hóé, weet ek nie, maar sy was die cutest-of-cute klein pekin(g)nésie. Oubaas is dood. Vergiftig deur Pieter Coetzee dink ons en toe arriveer Simpel, wie se naam eintlik 'Bliksem' moes gewees het. Hy't die sitkamer se gordyne en banke opgevreet en toe moes hy waai. Toe Ore. Ja...Daarná Seti, wat Nini se hond was. En tóé, was daar niks. *woof!* Behalwe nou Lulu, maar sy was 'n mens ;-)
●'Mango-mango! Véselperske! Die ander sit en klippe kou, dis ons wat wen en hulle wat brou...
Flee...Flee Fly...Flee Fly Flô... beebillyhoutebouteabiebnouabietiebout...'...en ek swaai my heupe Elvis-style as 1750 kinders agter my aanskree en klap...('Whát a fééling!') Atletiekliedjies en krete. Láát die bloed weer vinnig deur die are loop om te onthou.
●My ander 'Vertellinge' deel met sóvéle ander herinneringe. Lees gerus dáár meer.
O, en by the way... Ǒf díé ou Lewe het dalk regtig eintlik géén betekenis of doel wátookal nie, óf kán dalk 'n betekenis of doel hê wat nie mỳ persoonlike
magtiging het nie.

●FÝRÞÉÛDÜÉÝRÞIÛK D U P L E S S I S
© 2005/6 ad infinitum - 'HERINNERINGE'

[FGDP1]● = Ougat Grappies vanaf http://www.watkykjy.co.za/ Dáár bespeur en daarvandaan gegaps → = My eie kommentaar.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home