BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Monday, January 02, 2006

Harry

en

Ina





Opmérklik van Ina

is haar byna-raafswart hare en hazel oë wat blink en vól lewe is en dan haar dun middeltjie én enkels, waarbo fris, wel-gevormde bene onder ‘n lang romp skuil wat stewig met ‘n dik leerbelt vasgemaak is oor ‘n sybloesie wat sukkel om haar prónkénde, órente en ietwat sizeable buuste in tóóm te hou. Sy loop regop op haar hakskoene en swaai haar wulpse lyfie ómtrent hoor! Dit álles sien Harry waar hy op die bank van Florida meer hurk en die laaste broodgedeelte van sy hotdog vir die eende gooi. Hy sien sy stap op die paadjie asof dit aan háár behoort saam met ‘n ouer vrou (haar ma?) en haar hande gestikuleer soos dié van ‘n opregte Fransman, hier en daar en sommer oral, soos sy gesels en lag. Hy like haar lag. Dit klink of dit van die hemele af terugbons en haar bloedrooi lippe en glansende wit tande is behoorlik bekoorlik. Onwillekeurig en amper onbewus, grinnik hy sy bad boy smile haar kant toe terwyl hy teselfdertyd ‘n diep teug van sy sigaret vat: very James Dean. Die eende raas en blaas vir méér, maar hulle word nie gehoor of gesien nie. Sien, die tyd staan letterlik stil. Sy het hom raakgesien!
‘n Eienaardige stilte oorval Ina as sy tot stilstand kom sonder dat sy eers weet en hom op en af bekyk en elke detail inneem en verwerk met haar vlugtige brein, terwyl hy non-chalant terugkyk en die as van sy sigaret akskud met ‘n vinger en weereens ‘n diep teug daarvan vat. Sy ysblou oê dra ‘n ongesproke, maar oeroue en baie herkenbare boodskap. ‘n Gevoel van heerlike gevaar en on-onderdrukbare nuuskurigheid neem haar gemoed beet, en sy weet dat iewers gaan iets gebeur wat miskien nie moet gebeur nie – maar soos Ma Kate altyd sê: “Die kak het kláár die fan gestrike.” Sy onderdruk ‘n ondeunde glimlaggie oor haar gedagtegang en voel haar wange gloei. Nan kyk die spulletjie uit en sou graag wou hê dat Ina haar staaltjie oor Onkie en sy wange wat rooi word as hy wyn drink, moet hervat, maar sy sense die móment, sien die blos op haar klein-niggie se gesig en bly tjoepstil, dog dink sy by haarself: daai man lyk vir my blêrrie kátóóls en uiters geváárlik, ten spyte van sy aantreklikheid of miskien is dit presies óór hy so obviously bewus is van sy eie díérlike aanlóklikheid! Nou bloos sy óók en tik Ina met ‘n vinger op die arm om haar aandag te verkry en haar uit haar stom-, stán- en stáárstuipe te ruk. Váderland! Nou-nou dink die mansmens Ina is geintereseërd!

Ek hoor toe

‘n paar jare later toevallig, terwyl ek ‘n volwasse, verbóde gesprek áfluister, dat Ina vir Antie Peggie vertel dat Harry kondome op ‘n geréélde basis “breek”. Hulle albei giggel toe onbeheersd en ongelukkig daag Antie Poepolvrugte tóé op vir haar eiergeld en Ma wat wil wegkruip tot Peggy se konsternasie, vang my toe agter die muur waar ek probeer onskuldig lyk. Ek wou méér hoor, maar nou já. Natuurlik het Ma gewéét ek luister af en sy noem my ‘n “hangballas” soos gewoonlik as sy kwaad raak, cuff my aan die kop en stuur my die agterjaart in.. Ons het nóóit weer daaroor gepraat nie, maar die brokkie nuus oor my pa het my baie laat nádink oor die feit dat hulle reeds 5 kinders gehad het in hulle baie vroeë 30’s en dié kere, spesiaal Sondagmiddae, wat ek in die flat in Johannesburg buite in die gange moes speel met Sugus om aan te suig en kou as my troos. Die SMK code of conduct** het gerule in die Du Plessis-Pienaar gesin en ons kinders moes ons uit die voete maak sonder om te veel te wonder hoekom Dedda en Ma nou skielik hulle kamerdeur toemaak op Sondagmiddae. [** Sondag Middag Knippie]

Anyway…

Henry William stap toe

dóélbewus en met groot tree op Ina en Nan áf, nádat hy sy sigaretstompie op die grasperk geflick het. Ina bewéég nie. Dis asof sy móét wag, dink sy. Soos hy aangeloop kom, dink sy sy sien die hemel se suiwerste blou in sy hipnotiese oë. Sy lét op hy kyk vir ‘n sekonde na íéts agter haar. Sy kyk om. ‘n Studebaker Lark!
Fancy wiele, hmmm. Hy kom tot stilstand rég voor haar en sy ruik sy skoon sweet, gemeng met ‘n subtiele aftershave en sidder amper-órgasmies diep bínne in haarself. Sy goue Citizen horlosie váng die sonlig en skyn op haar lippe en sy sien die pypassende goue ring met ‘n tiersoog daarin ook glinster aan sy hand. Sy kan maar nét glimlag as hy haar hand stéwig vásvat. “Harry,” sê hy met die stem van ‘n mán. “Ek vát jou vir ‘n milkshake by die roadhouse.” Férm. Sy aanvaar hy gáán haar na sy kar toe stuur en besluit dáár en dán sy hou van hierdie mansmens. En, heiden weet, as hy nou nog net die motordeur vir my oopmaak, is die gort gaar…behóórlik! “Ina, “ sê sy in haar beste nagtegaal stem, met ‘n bietjie héserigheid bygelas vir éffek en laat hom toe om haar aan die elmboog te lei kar toe.

Hy halt skielik en kyk

terug na Nan. “Oóps!” Dink Ina skuldig; “Ek het haar skóón vergeet!” “Kan ek Mevrou iewers aflaai?” Vra hy beleefd en buig sy kop. Nou skuins agter hom maar stééds stéwig vásgehou, skud Ina haar kop en wys met haar oë vir haar Tannie om sy aanbod te weier. “Ai, die kind! Tsk!” Dink Nan as sy haar kop skud en sy sê ewe beleefd dat sy verder wil lóóp om die meer na haar motor toe. “Intjie, ek sal Conrad Straat toe ry om vir jou ouers te vertel wáár jy jouself bevind. Moenie té laat uitbly nie, hóór!” Sy skud haar kop in ‘n vriendelike koebaai en hervat haar uitstappie, maar nie sónder om vir Ina te mis vir haar skertsery én goeie geselskap nie. Die kind is slim, humoristies én bésónder volwasse vir haar 18 jong jare, ja nee!

Présíés.

Ná die milkshake volg daar toe ‘n héle paar stoeigevegte waar hulle óórmékáár ról in ‘n gehuurde kamer en toe die aantreklike duidelik gemartelde jong man haar daarná met ‘n kitaar sérénade met Jim Reeves se “Somewhere beyond the blue…” en selfs ‘n paar gospel songs nógal, vergeet sy sómmer om hom te vra hoekom hy élke kéér sy motor met drade onder die stuurwiel start en dat sy behoort éíntlik régtig nou huiswaarts te keer, dis laat. Impulsief voel sy beskermend oor hom en lyk of hy oor haar só óók voel, die manier wat hy haar heeltyd stewig vashou. Toe hy haar vertel hy was ‘n wesie, kom die heldin binne in haar na te vore en sy besluit dadelik daar-en-dan, om vir die res van haar lewe agter hierdie wonderlike man te kyk. Sy vertel hom met haar hazel-oë, waarvan die vroeër netjiese grimering nou min van te siene is. Maar hy wéét reeds.

Pa Piet

en Ma Kate se harte is seer. Hulle dogter verloor beheer. Sy wil Hansie Slim innie wye wêreld in. En dít saam met ‘n duidelike leeglêer en skerminkelagtige vént. Kán sy níé soos hulle deur hom síén nie? Voorwáár, die liefde is blind. Ina se lewe in haar ouerhuis, saam met haar familie is gemaklik en kommerloos en hoewel hulle nie skatryk is nie, kry sy nog altyd s alles wat haar hart begeer en voel sy is selfs so ‘n bietjie bederf én word op die hande gedra deur haar Pa en broers. Sy is gewoond aan manlike komplimente en aandag en het selfs al véle dates gehad, maar nog nooit regtig dié ou ontmoet wat haar hart laat bóns nie. Maar Hárry…”Wild Thing! You make my heart sing…”

Hy’t sy eie

besigheid en dit op 20! En hy werk vrééslik hárd daaraan, sélfs snags, sodat sy hom nooit genoeg sien in haar opinie nie. Maar sy verstáán hom. Hy wil homself bewys aan die wrede wêreld wat hom te ná gekom het, soos hy dit pértinent en met ‘n tortured stem en ‘n gepaste frôns op die voorkop stel. En sy wát Helena Claudina Pienaar is, gáán hom red en bewaar teen alle teëspoed. Tén vólle in sy pogings bystaan. Agter elke suksesvolle man is daar ‘n vrou, of wát? Besides, hy dryf elke wéék omtrent ‘n ander kar en hoewel sy wens hy wil nie altyd sy motorsleutels misplaas of verloor nie, is dit nice om te kan spog by haar familie en vriende. Sy help hom nou juis om sleutels te versamel en sy glimlag as sy dink dat hy reeds ‘n groot tásvól allerlei sleutels het.
Hy wil so graag voel hy is vry van die kinderhuis se toegeslote deure en sy help hom graag al is dit nou ‘n eienáárdige hobby…maar Harry is één van ‘n soort. Sy smile onwillekeuring weer en knap haar grimering op in die spieël van haar enamelled spieëlkassie. Sy wíl hom hê!

Hy wil haar óók hê.

Harry sit in sy huurkamer voor ‘n tafel wat al sy dae gesien het, sy doel gedien het, en gooi weereens 'n stuk vólgeskryfde papier weg. Fok, jy weet...hy wil graag vir Ina wys hy kan 'n gediggie vir haar skryf. Sy is so mooi en slim en hy wil haar beĭndruk met sy eie intellektualiteit en digterkuns:

My Floridameer nooi
tweetoringkerkie
in jou
wil ek aanbid...

Néé! Iemand het iewers dit rééds geskryf. hy’s séker! En sy sal dit weet! Dêmmit! Miskien moet hy íéts in Ingels skryf? Sy praat dit immers vlot:
Your protrooding pointid brests...(hy grinnik ónwillekeurig as hy visiualiseer…)

Shit, nee! Harry sukkel

met Ingels praat. Dis nié sy táál nie, man. Maar die blêrrie Ingels neem óór, dink hy met 'n winterhart. Wat gaan hy maak as die groot en kragtige kar Engels die véél kleiner Afrikaanse tjorretjie van die pad af dwing? Soos ‘n Lincon Continental ‘n Volksie? Gaan hulle sê dis Afrikaans se eie skuld dat sy so `n klein karretjie is dat sy háársélf nie op die highway teen Engels kan handhaaf nie? Hy skud sy kop. Gelukkig is Ina van Afrikaanse afkoms. Goeie gene. Sy gaan sy kinders baar, sê hy vasbeslote vir homself, nou beide fisies en verstandelik opgewonde. En hulle gaan Afrikaans wees. Baie kinders, sodat die Afrikaanse kar gróter kan word, sommer ‘n bus word, ja. Miskien sal ek my seuns laat leer om Engels goed te praat en skryf, nét ingeval, shit! Ding is, hy, Harry, is amper 21 en hy wil nié meer alleen in die lewe wees soos sy taal nou klaarblyklik óók is, nie . Die Lewe skuld hom. Op 'n baie jong ouderdom moes hy sy Ma Judik afstaan aan die dood en dádelik daarna is sy Pa Frank 'n gestig in as gevolg van droefheid en daai perdekar wat hom raakgery het...dankie God hy het uit die weeshuis weggeloop toe hy 15 was en aansoek gedoen as ‘n mynwerker deur te pose as 18 jaar oud. Dit het hom stérk gemaak, sowel as vólwasse. Wie weet wáár op aarde sy broers Chris en Frank is? Maar hy sál almal ééndag weer sien. Vir nou kan hy vir homself sorg. Maar die geld was skraps en hy vind toe (eers deur pêlle, maar later solitaire) uit dat daar ander, makliker maniere is om geld, klere, karre en ander jongman-behoeftiges te verkry…die lewe is te kort om vir ‘n baas te werk.

Ja nee, is tyd dat hy sy

eie familie begin. Hy lyk nou wel nie soos Rock Hudson, James Dean of Elvis Presley nie, maar hy kan mos vir hulle sórg – dis ál wat regtig tel in die wêreld! Hy voel al klaar reeds besitlik, beskermend, jaloers amper. Sy eie familie wat aan hóm behoort! Ina! Hy moet haar wegkry van haar ouers en broers af. Durban toe! Hulle beïnvloed haar teen hom. Hy tel die £ 800-00 note weer. Hierdie behoort hulle op hulle way te kry en dit was 'n gelukkie dat hy dit in daai lessenaar se laai gevind het, nadat die ou nagelaat het om sy fooi op 'n meer opsigtelike plek te los toe hy sy huis `inspekteer vir sekuriteits doeleindes` terwyl die eienaar op vakansie of só-iéts is...hy lag vir homself. Hy’s goed met daardie tipe ding, deesdae. Hy het darem al ook ‘n paar vroumense mee deurmekaar gewees, maar niemand só classy en slim en sexy en mooi soos hierdie girl nie! Ina! Dêmmit, hy wil haar hê! “I’m in love with an uptown girl…and she’s never known a downrtown boy…”

Hy kan duidelik

sien sy soek sy lyf ook. Hulle sal dit saam maak hulle tweetjies: hy weet mos hoe om die regte tydstip te kies om in isolasie te verkeer en wanneer om te assimileer en te sosialiseer, ja. As my moet. . Sy kinderhuis dae het hom street-wise gemaak en nou skryf hy vol self-vertroue:


In die somer slaap ons buite, my meisie, my vrou;
Spíérwit hopies wasgoed ál om ons huis gestrooi, my nooi.
Dan lê en kyk ons hoe speel ons kinders in die wind;
En word só, saam, hand-in hand stokoud en blind.
En deurentyd vra jy: “Het jy ‘n clue, Baby Blue?”
En altyd sal ek sê: “Ek wil jou hê.”


Die hoftroue, aangehelp deur Nan

en Onkie, was blitsvinnig. Daar was geen diamant nie. Sy saffieragtige-, en haar emerald-speckled-with-tigerseye -oë was genoegsame juwele vir ‘n leeftyd. Ook geen Pa Piet en Ma Kate nie. Net ‘n paar handtekeninge. Boeties ook missing. Dit was ‘n bietjie sad, maar hulle het dit uit hulle koppe laat sweef met die ligte windjie wat buite Ina se glansende, donker hare laat dans het.

Wys my wíé bly in jou hart,

vra Ina se blink oë haar bruidegom, half-angstig, dog opgewonde. Hy beantwoord haar met ‘n soen wat haar asem wegsteel en fluister daarna in haar oor, magistraat en Nan en Onkie skoon vergete: “Alle voëls het neste begin behalwe ek en jy. Waarvoor wag ons nou?”(kwoteer hy, hy weet iewers uit iets uit. So what?)

“Kom ons gaan maak my eerste seun.” ___________________________

Dinge gaan toe só

famile-aanvul gewys, oor die volgende jare heen:

♂ Henry William du Plessis (Harry) en ♀ Helena Claudina Pienaar (Ina) getroud in 1956.
♂ Frederik Gerhardus- geb.1957 in Pietermaritzburg, vernoem na Onkie; ♀ Estelle-geb.1959 in Johannesburg, lyk glo deur Ma se skrefiesoogtrekke soos Nan; ♀ Annette-geb.1960 in Oos London, vernoem na Nan (Nanette?) en het Dedda se blou oë; ♀ Mandy Ronelle- geb.1964 in Vereeniging, vermoem eers na Antie Nellie Erasmus (Petronella Dorothea) maar later verander na Mandy Ronelle omdat haar bestaan jare later eers tesame met Esmé s’n geregistreer is. ♀ Esmé- geb.1967 in Roodepoort, vernoem na Esmé Everard, Ma se heldin op Springbok Radio. En ook, volgens berigte wat nooit bevéstig is deur my nie, maar tog soort-van geglo word: ♂ Miskraam ongeveer 1969 in Roodepoort (Glo uitgeskop deur Dedda? Weet nie. Maar die moontlikheid is groot.)

Hulle luister saam

na Mark Saxon en Sergei, Taxi! En The Creaking Door op Saterdae aande en partykeer gaan hulle langarm dans en rock ‘n roll hulle by Impala of Velskoen. Maar hulle dans nooit tydens die Paul Jones nie, want daarin verander jy mos patrtners. Harry is obsessief jaloers op sy vrou. Ander aande weer, gaan hulle drive-in (miskien Dakota, miskien Impala of Sterlig, partykeer 5 Ster,) toe en koop eetgoed en koeldranke vóór die tyd (“Drive-in restaurant pryse is belaglik!” stem beide saam,) nadat hulle vasgestel het wat wys in Die Vaderland koerant se fliek-seksie. Ina hou van liefdesverhale en Afrikaanse flieks sowel as comedies, Doris Day en Rock Hudson movies ook. Harry like weer Westerns (gunslingers Lee Marvin en John Wayne is sy heroes) en dan ook ‘n goeie oorlog-movie of ‘n science fiction aksie fliek. Hulle het gehoor van televisie en dit ook in flieks gesien, maar in Suid-Afrika was dit nie beskikbaar nie. Beide lees comics van Marvel Comics met Superman en Batman, The Hulk (later) en ook ander superheroes met superpowers! Dan drink en eet en lees hulle saam in die bed vir ure. Harry hou ook van visvang en uitkamp en lang uitgerekte ritte die countryside in, met ‘n stop hier en daar vir ‘n whiskeykie en dan kan hy rook sóós en wát én wanneer hy wil. Hy verkies om alleen saam met sy familie dinge te doen. Net die ander dag het hy sy seun begin leer bestuur. Die kind is te veel soos sy ma…maar ek sien so baie van myself in hom. Ek moet dit uitdonner. Hy mág nie soos ek wees nie! Hy moet ‘n sukses maak van sy lewe, studeer en eendag ‘n goeie werk kry. Sy Engels is reeds goed, maar hy kan verbeter. Sal verbeter! Hy kry ‘n gedetermineerde kyk in sy ysblou oë en pluk ‘n lang wilgerlat waarvan hy die blare afvee met sy hand. Hy trek ‘n laaste diep teug van sy daggazol, flick dit weg in die langgras en loop na sy kar toe uit die verlate mynhoop area uit, waar hy kom stilte en privaatheid soek het om te kan rook, dink en ook so ‘n bietjie target-practice met sy pistool te kon doen. Oppad huistoe sien hy uit na Ina se kos wat sy vir Sondag middgaete sou gekook het. Sy vrou kan kook! Regte, egte boerekos en sy is ‘n uitstekende huishoudster en steeds na al hierdie jare, waarin sy by hom gestaan het ten spyte van die feit dat die waarheid oor sy “eie Besigheid” baie anders was as wat hy vir haar verduidelik het en hy sy Pa op haar geforseer het in De Deur, onder moelike omstandighede, waarna sy die ouman uitgegooi het, om nie te noem sy uiters hoë seksdryf nie, bly sy getrou aan hom. Hulle het albei oor die jare tonne gewig aangesit van die lekker eet, dag na dag. Daar was hongerige dae tussen-in, gemeet aan deesdae se opgehoopte borde kos en pudding noudat hy ‘n vaste job by Lawsons Motors as Drive-way Manager het, maar hulle het nooit honger gaan slaap, sy familie nie, al moes hy die klere ván sy lyf af verkoop in ‘n lokasie of op ‘n mynsite. Of steel, erken hy. Sy familie is nou mooi groot in getal soos hy gedroom het, maar hy sou graag nóg ‘n seun wou hê. Hy weet hulle liedemakings-sessies is frekwent, en hy probeer hard om haar níé pregnant te kry nie, maar verloor sy beheer in sy passie. Maar sy is ‘n warm katjie nog steeds na al hierdie jare en baie responsief! Kondome? Useless goed wat skeur en breek! Hy moet regtig ophou om haar so fisies te verniel, maar sy praat altyd terug! Sy moet stilbly, sy weet dit!

Sy skoppe en klappe en vuishoue

om sy onbeteulbare woede op haar uit te haal met die geringste provokasie, is nie reg nie, maar sê selfs die Bybel nie ‘n man is die hoof van sy huis en sy vrou moet hom onderdanig wees én respekteer nie? Hy grinnik. Ina onderdanig? Sy vat al lankal nie sy kak nie. Hy’s nog steeds ontsettend lief vir haar! Hy vryf sy boepie en besluit om gou sy company-Volvo by Willy’s Bar oor te stop vir ‘n dop. Hy hou baie van sy kar. Om te dink hy het eens op ‘n tyd stootskraper bestuur…

Later, tuis,

gooi hy sy bord kos teen die muur dat die kombuis-muurpapier eienaardige patrone aanneem soos gereflekteer in sy kinders se angstige oê. Sy kos is koud. Ina gooi haar bord ook nou in protes en duidelik woedend, teen dieselfde muur en nou begin die kinders huil; (terwyl sy moeite doen met koskook en spesiaal onthou om vir hom nie sagopudding en gemsquashes op te dis nie, want hy’t diė weeshuiskos verafsku…gaan rook, skiet en drink hy!) Harry keer die kombuiskostafel om en die kinders vlug verboureerd buite toe, om te hoor hoe hulle Dedda hulle Mamma klap dat dit weergalm in hulle seer harte. Niks nuut nie, maar darem ook elke keer hartverskeurend, want hulle is lief vir albei hulle ouers. Sy bly nie stil nie, maar uiteindelik wat ‘n ewigheid blyk te wees vir die getraumatiseerde kinders hoor hulle hul ouers se kamerdeur hard toeklap. Aaah…the coast is clear…hulle red van die kos wat hulle kan, eet hulself dik in ‘n wanhopige poging om hulself weereens te troos, draai die tafel reg en help selfs vir Ousie om die gemors op te ruim. En dán, dan gaan hop en spring hulle op die hasie, klippies op hande of voete, afhangende van hoe vêr die spesifieke een gevorder het. (Die hasie bestaan uit 8 blokke waarin gespring moet word en ook omgedraai in moet kan word. Eers vryehand en dan met klippe op hande en voete, ens. Die hasie word telkens voor die garage op die sement opgang met wit kryt oorgeteken en is die kinders se gunsteling speletjie tans.) Om te speel bring vergetelheid…môre, oormôre, is Dedda weer homself en maak hy dalk vir ons ‘n kite wat hy hoog sal laat vlieg en elkeen van ons sal laat vashou. Of dalk vat hy ons vir ‘n piekniek en tel ons later weer op? Miskien as hy voel ons was soet kinders, sal hy ons aflaai by die Century of Savoy om Chitty Chitty Bang Bang of The Gnome Mobile te kan gaan kyk? Mét sakgeld vir sweets en koeldrank! Ėn ons weer optel met ons motor. Of miskien koop hy net vir ons sweets vir géén rede nie. Ons Dedda is baie lief vir ons!

'n Huis moet kan pêlle wees

met die familie wat in haar woon, moet luister na wat hulle te sê het en kyk wat hulle doen. Huil oor hulle teëspoed en sommer haar mure kraak van lag vir hulle – die boere-gespuis wat daagliks in haar slaap, vreet, suip en kots, baklei, groei, ‘n lewe uitkrap en doodgaan. Sy moet hulle warm en soms koel hou en hulle geheime diep bewaar. Maar meestal, moet sy hulle veilig hou van alle gevaar. Dit alles terwyl sy die waansin wat onder haar dak aangaan, saggies by haar skoorsteen uitlaat…

Voor hiérdie gesin se huis

is ‘n dik afgesaagde boomstomp, omtrent hulle dogter Annette se hoogte in hierdie tydstip, met ‘n verleging van swartgeverfde gebuigde staal gemaak deur Harry, daaraan vasgeheg en bóaan dié, binne in ‘n kunstige gekrulde staalstruktuur hang ‘n stuk slasto met Ina se handskrif daarop geverf: Harindu (Get it? Harry [en] Ina du Plessis)

Hulle bly nou al hier

in Roodepoort-Noord sedert Freddie 9 was en in Standerd 1 by Juffrou Weideman, Estelle het toe gereken Juffrou Dippenaar, haar Graad 2 onderwyseres in kamer 19, by Josua Naudê Laerskool, was kwaai en Annette was nuut op skool in Graad 1. ‘n Paar jaar tevore, toe hulle in die flat in Florida gebly het met daai snaakse klein appeltjies wat so eetbaar was aan daai hoë boom in die middel van die woonkompleks nét voor die flat – dit nou na ‘n verhuising uit Kookrus nadat Ina se broer Dial wat haar eers die woonstel en later ‘n huis belowe het, miskien omdat hy redelik welaf was as estate agent en bouer, of om op te maak vir die jare se wegbly en ignoreer? Weet nie. – Maar ‘n paar jaar tevore het Dedda by die AA gewerk en so ‘n klein geel mini gedryf. Hy koop toe vir Estelle ‘n mooi blou ge-icingde koek met ballerina figuurtjies op en pienk rosies oraloor en ook ‘n klein goue seëlringetjie wat mooi op haar klein vingertjie sou pas. Sy was 6 en in Graad 1 by Florida Laerskool, waar hy haar kom optel het met die mini op haar verjaarsdag, 26 Mei. Groot fees, groot vreugde. Harry het altyd gedink sy dogter, Estelle, gaan eendag swaarkry in die lewe. Nooit ge-openbaar hóékom hy so dink aan enige-een nie.
Dit was 1965 en die kleinste dogtertjie, Mandy Ronelle, het toe haar asma-aanvalle oorleef, meer as gevolg van haar Ma Ina se determinasie om haar dit deur te laat sien deur gebede en sorg en Lennon se elixirs, as enigeiets anders. Ina was lief vir haar kinders, maar hard op hulle ook. Sy het nooit gehuiwer om ‘n paar houe uit te deel nie, maar die okkasies was raar, sowaar.Sy wil hulle vir die lewe wég van haar eendag, voorberei. Here weet, háár lewe is hard.

O ja, by daardie dubbelverdieping

enkelstaande woonstel was daar neutbome op die erf en regte appelbome ook en Ousie (Mabel Motona) het daar agter ‘n Engelse seuntjie, Darryl gekyk, voordat Ina haar oorgeneem het Roodepoort toe om daar agter die toe tweejaar oue Mandy te kyk. Die drie ouer kinders het ook dáár hulle alies afgewerk om die flat skoon te hou. Onder Ina se toesig is wasgoed getrap in die bad, vloere geskrop en gepolish en skottelgoed gewas en afgedroog, asook die strykwerk gedoen en is daar gehelp groente skil vir koskook, maar daar was darem altyd tyd vir die kinders om te speel en hulself trommeldik te vreet aan neute, appels en klein appeltjies uit die groot boom uit, na chores en skool.

Jare se amper ontonbeerlike

en nogal angstige, geswerf en weghol en wegkruip van die bloulig-bende af, karre se begrawe in diep uitgespitde gate, letterlik in hole, gehuurde kamers, telkens ook in die toe- net- aangeskafde “nuwe” kar, en selfs die Rassies se garage woon, asook woon in ‘n paar skaflike huise darem – dis nou Howard se huis, die De Deur huis waar dit gespook het, ‘n huis skuins oorkant die Rassies in Danie Smal Straat in Kookfontein, die huis skuins oorkant die kerk in Kookfontein, waar die kinders teen die mure opgespring het op die leunpilare en die Rooibaard-saga en die Oom Duiwel ding gebeur het, sowel as die blou huis by die Kliprivier, en ‘n paar plekkies voor dit in dié verskillende plekke waar die ouer kinders gebore is, onder andere - het uiteindelik in 1966, tot ‘n einde gekom in Harindu. “Agste Laan 43, Roodepoort Noord, waar “the green, green grass of home” nie net geplant, natgelei en gesnoei is nie, maar boonop gerook is. Jaaa, boet…” (Nou ja, het Ina toe werklikwaar vir Harry help ontsnap uit PE se dungeon uit? Het sy uitéíndelik leer dryf en die getaway car soos in die movies bestuur, terwyl hy sy aand-besigheid beoefen het met daai moerse tas sleutels en selfs masterkeys? Ha! Wat dink jy? My oulady is street-wise! Geleer by die beste. Bonny en Clyde se moses !)

Harry aanvaar ‘n werk

georganiseer vir hom deur Chris Golden, wat in nommer 53 in Agste Laan saam met sy vrou Marie en seuns, Chrissie, Aubrey en Joey en dogters, Louise en Anne woon. Dis by Roodepoort Motors en sy posisie is Driveway Manager. Hy ruk dinge daar gou reg met beide mond en vuis. Die plek is skoon en die diens flink en hulpvaardig. Daar is geen cash-shortages nie, en die petrol shees balanseer perfek. Petrol en diesel en olie verkope styg, asook die accessories te koop in die driveway winkel. Ėn hy stuur selfs vele customers na die oorkant van die pad toe vir parte en nuwe en tweedehandse motors! Eienaar-Kusner is tevrede. Chris Golden is happy, behalwe toe Harry hom eendag oor die pad jaag om hom by te kom met die vuis oor een of ander woordewisseling…ken nie die facts nie, sorry, maar Chris het toe weggekom. Chris speel mos toe nou orrel en hy en Marie en kinders word huisvriende met die Du Plessis’. Dis nie lank nie of Harry kan ook orrel speel, net deur gehoor. Hy’s mos anyway ‘n ghitaar-pro, of wat? Sy eerste groot legitimate skuld kruip triomfantelik by Khans in Johannesburg in die boeke in, en Harry aanvaar aflewering van ‘n Baldwin Organ. Hy speel goed. Die kinders sing saam en Ina join in wanneer sy nie kook of Ousie help skoonmaak nie of die een of ander huishoudelike plig nakom nie. Dis prettig. Dis ‘n familie-tipe ding en Harry is gelukkig. Ina. Wel haar alreeds rotund pensie, leun reusegroot vorentoe en haar rug voel of hy ‘n mes in het. Sy’s alweer verwagtend en haar afwagting van die nuwe baba is gevul met vreugde soos altyd, maar ai haar rug! Harry is onsimpatiek tydens sy dagga en whiskey sessies en skop haar as sy op die grond val om op te staan! Sy moet dit vat soos ‘n…man…ermm…regte boerevrou. Dis kak hierdie dat sy wat altyd so flink en regop is, sy vrou, nou skielik moet sit, teen mure en deure leun en nou sommer hande-viervoet op die kamer se grond rondkryp met wat sy sê, “‘n mes in haar rug!” Hy skop haar weer en swaai sy arm agtertoe terselfdertyd om Freddie, wat wil inmenng, ‘n slag teen die kop te gee wat hom laat terugdeins en val…

Ontdekkers Hospitaal

in Roodepoort se Discovery voorgebied, 1 Mei 1967: Dis ‘n pragtige dag buite en nie te warm nie. Wolkies speel kinderlik in die wind en die sonnetjie lag vir hulle manewales. Ina lê in die kraamsaal op haar spierwit hospitaalbed en sien dit alles deur die venster. Sy glimlag breed saam met die son. Dis verby. Sy het ‘n pragtige babadogtertjie!
Harry is kenmerklik oorstelp van vreugde oor dié nuwe lid van sy familie. “5 down, 10 to go to have my proper, mixed-sexes rugby team, yeah!” Móét wees wat hy op daardie oomblik gedink het, maar natuurlik in Afrikaans en definislis níé hardop vir Ina gesê het nie! Hy hou sy Esmétjie vas en soen haar pruilbekkie terwyl sy haar ogies saamtrek in protes en luid skree. Nóu soen hy Ina lánk en soos dáárdie eerste keer nadat hulle by Florida meer ontmoet het.

Esmé huil weereens

vir haar deel van aandag en Ina neem haar jongste dogter en sit haar koppie aan haar bors om te voed terwyl Harry teer afskeid neem en vinnig loop af na die Opel’tjie toe. Hy’s reeds laat vir sy skof by Roodepoort se Busdienste waar hy ‘n busdrywer is om geld in te bring om vir sy familie te sorg. Sy groeiende familie!

Ina se jonger broer Piet

en sy vrou Kathy, bly in die karavaan op Harindu se erf totdat hulle huisbouery voltooi is nadat hulle terug is van hulle wittebrood na hulle onlangse huwelik in Durban wat Ina en Harry bygewoon het. Ina dink daaraan dat sy moet sorg vir skoon handdoeke in die badkamer. Haar broer en sy vrou kom goed met haar familie oor die weg en sy geniet die addisionele finansiële hulp terdeë. Dinge gaan uiteindelik nie te sleg tussen haar man en haar broers nie. Haar ouers is reeds albei oorlede, so sy hoef haar nie oor hulle te bekommer nie. Harry moet net nie saam met Hendrik werk nie! Die twee wil mekaar gedurigdeur afmaai!

Die kinders speel

buite huis-huis, en Freddie konkokteer potions saam bestaande uit sieringtjies (klawers), groen druiwe, vye en kwepers met Annette se klein speelpotjie wat hy laat kook oor ‘n kers, en dan opdis in klein speelbordjies as ‘n sógenaamde aandete. Saam met dit kom tee, wat gesoakte kappertjieblare is, met suiker én suiwelmelk, in oulike koppietjies en peiringtjies. Vir nagereg is daar weer groen druiwe gekook saam met groen, geelperskes, gemasker in hope soet suiker. Die poppe eet saam natuurlik maar die mensekinders kak iets verskriklik en braak en voel olik en Ina sukkel om die oorsaak te vind. Hulle kan dit nie in verband bring met hulle lekker eetsessies tydens huis-huis speel nie. Jamaica Gemmer van Lennon werk net eenvoudig nie. Ina besluit toe maar kasterolie in lemoensap, haar old and trusted cure for all, soos gewoonlik, met ‘n dag van die skool af en net swart koffie, is aan die orde van die dag. Na ‘n week is die kinders fit as a fiddle en sy wéét, dat sy soos altyd-deur, wanneer dit by haar gesin kom, ‘n goeie huisdokter is. Sy glimlag trots en tevrede.
Haar oudste, en enigste seun aard baie na sy Ma, en speel kort daarna Dokter-Dokter met sy susters en ook Joey en Anne Golden. Nou wééreens dien hy verdere groen-soos-gras remedieë uit wat boosaardig oorkook in dieselfde klein potjie bokant die kers. Hy gooi hope suiker by alles om die bitter smaak te verdoesel en sy pasiënte te troos en motiveer om sy voorgeskrewe medikasie dáár en dán te neem…en hy is baie suksesvol. Dokter Freddie besluit daarna dat Anne ‘n goeie verpleegster sal wees en laat haar dus na haar aanstelling sulke dinge voorberei en verkry, soos wat hy as Dokter sal nodig kry: “Kry die saag in die garage teen die muur gehang en sommer ook ‘n lang spyker asseblief, Suster.” Beveel hy sedig. Sy kom terug met ‘n houtsaag en ‘n ietwat geroeste spyker. Teen dié tyd word die pasiënte al meer. Tertia en Marina de Bruin, sowel as klein Dallie von Brandis en Trudie Booysen, wat albei dinge van langsaan, wonende aan beide kante van die Dokter, aanskou het, sluit aan. “Grond en water, Suster, en meng dit tot ‘n pasta. Ons moet ons pasiënte in-ent soos hulle by die skole doen met die kinders.” Dokter Freddie druk sy geroeste spyker in die modder en maak twee kruise soos ‘n vermenigvuldigings-teken op elke pasiënt se skouer op sy of haar beurt. Dit nou nadat hy eers elke boarm goed modder gesmeer het. “ Nee, Nini, jy’s te klein.” Mandy pout ongelukkig…‘Die in-enting verloop vlot; nét soos by die skool is daar ‘n bietjie bloed hier en daar, maar die pasiënte word getroos met groen perske-en druiwe tee wat lekker soet is. “Nou wil ek opereer. Saag, asseblief Suster.” Annette? Kom lê hier op die handdoek. Hy gooi bietjie water oor haar been, vra Suster Anne om haar vas te hou en begin saag…

Ina hoor haar kinders speel

skool-skool tydens die skoolvakansie. Sy lag by haarself – net ‘n kind kan dít wat hy of sy byna elke dag doen, ook in ‘n speletjie verander, sonder om verveeld te raak. Freddie is weereens skoolhoof en deel straf uit vir lae punte, maar sy interfere nie. Laat die kinders speel terwyl hulle nog kan. Die Dokter-Dokter-episode is darem verby en sy het streng met haar daaroor seun gepraat en sy Pa het hom in sy ouers se toegeslote slaapkamer ‘n gepaste loesing gegee, sodat die gekwelde ouers van die ingeëntene pasiënte dit kon áánhoor en tevrede hulle koppe knik, voordat hulle die sitkamer waar hulle gewag het juis om dit te hoor, verlaat terug na hulle huise toe. Dat Harry met die rottang op ‘n kussing geslaan het, en Freddie beveel het om soos ‘n maer vark te skree oor elke hou wat daarop val, sal hulle nóóít weet nie. Ina is bly haar man het dié aangeleentheid óók soos sy ingesien: Kinders speel en eksperimenteer en die gevolge van die suurtjies-druiwe-perske mengsels was vinnig verbygaande. Dat sy aangehardloop gekom het en die ander kinders huistoe verjaag het om vinnig Annette se been wat so ‘n ietwat beskadig was, reg te dokter, en dít nadat sy Annette eienaardig hoor skree het vanuit die kombuis, het sy níé gedink om hom oor in te lig nie. Die skade was gering en die kind was meer in skok as in pyn. En Harry se buie is vêr té wispelturig…

Die job offer by Lawsons

is té aantreklik om van die hand te wys. Dis die Sweedse Volvo mense. Takke oral oor Johannesburg asook ‘n Marine Section met groot, vinnige motorbote. Harry sê sy goodbyes vir Ernie en Liep en die ander ouens by die Busdienste met ‘n stewige handdruk en loop al fluitend en gelukkig in sy hart, kar toe. Hy sal nou beter en regmatig vir sy familie kan sorg. ‘n Company Volvo EN die bote is naweke beskikbaar, as ‘n perk vir staf. Hy sien homself al op die Vaalrivier rondjaag, donkerbril en ‘n hoedjie oppie kop…miskien een van die kinders wat agteraan ski? Man, die lewe betaal stadig maar seker sy skuld. Hy dink skielik en vlugtig aan sy Pa Frank wat hy daai tyd in De Deur by hom laat kom bly het. Wáár is my oukêrel in die wêreld, wonder hy? Jammer hy en my vrou kon nie klaarkom nie, en sy het haar voet neergesit en insist hy gaan. Wel, hy hoop die lewe betaal Pa Frank se skuld ook soos syne nou gedoen word. Hy dryf vinnig en reguit huistoe om aan Ina en die kinders sy goeie nuus oor te dra – dat hy die werk by Lawsons gekry het as Regional Driveway Manager for Johannesburg Region, met wat vir hom ‘n moerse salaris en perks inhou!

Ina is ook bly.

Die Kemp susters wat daar losseer het eentyd, was te demanding en al haar kinders moes in één kamer slaap! Die ekstra geld van hulle af was nie die moeite werd nie, Besides, hulle het nooit haar vetterige bacon and egg and sausage and toast with coffee-brêkfisse waardeer nie. Ina is trots op haar vermoë om regte, egte boerekos te kook, sonder om te skroom om ‘n hele pond botter binne in ‘n kalkoen te sit. Pampoen word gebraai in botter en suiker en die groenboontjies moet spek inkry of hulle is te droog. Die skaapboud word met spek en knoffel en speserye gestop en poeloekok dumplings word later bo-aan die pot waarin dit kook, gemaak. Dit trek die vette en souse en gekookte lekkerte in en vorm hopies vol sous, binne-in. Nou word die skaapboud en aartappels gebraai in vet in die oond en sommer die chops en ‘n paar stukke wors ook. Dan’s daar verskillende groentes wat almal in bottersous dryf en daar moet nie met sout suining gewerk word nie.

A

nee a! Kleintyd al eet haar kinders varkvet met peper en sout op hulle brood met bekers koffie met hope suiker in vir energie. Hoe kan jy nie ‘n yskastert met kondensmelk, pynappels en jelly voorsit om so ‘n maaltyd met skaapboud en mint sous, af te rond nie? Haar familie is nou wel meestal gerond…maar hulle is gesond! Sy het eentyd ‘n poging aangewend om as verkoopsdame by die OK Bazaars in die Roodepoort Tak te werk, teneinde seker te maak dat die orrel, telefoon, water en ligte en ander skuld betaal word, maar die betaling was beledigend swak en haar bene het spatare as bewys van haar heeldaagse staan en loop. Harry wou in elk geval nie dat sy werk nie en sy moes kwaai protester voordat hy uiteindelik hulle finansiële posisie en penarie kon insien, en toe sleg-reluctantly instem. Maar sy is toe daar weg by die OK en aanvaar toe eers weer in 1970 ‘n klerikale/boekhoudster pos by Roodepoort Motors, wat weereens deur Chris Golden georganiseer is. Miskien sê hy net vir Ina dankie dat sy, sy alkoholistiese dog deftige en vreeslik charming vrou, Marie, nie wegwys of agter haar rug lag en haar afkraak nie. Ina voel bietjie skuldig maar sy is bly om uiteindelik weer vir haarself ‘n botteltjie Tabu, haar gunsteling parfuum van Dana, aan te kan skaf. Sy wil, al is sy baie oorgewig, steeds vroulik en mooi lyk vir haar man en kinders. Sy plaas die duur vloeistof liggies op haar polse en agter haar ore en steek dit in haar laaikas weg. “Be delicious.” het Nan altyd gesê. Sy voel nou ook presies so. Maar, Marie Golden drink die goed om haar alcohol-asem te verdoesel, daarom koet sy dit verberg. Haha, sy móét vir Antie Peggy en Rina Coetzee by die werk tog vertel!

Dinge gaan goed

op die oog af in die Du Plessis huisgesin. Die kinders het nou wel genaai in die garage en Harry Ina, Chris en Marie Golden het tesame hulle gatvelle afgetrek daarvoor, maar darem vasgestel dat die meisies steeds virgins is. Later jare, het die Grové-gimnaste het langsaan ingetrek en Dawie, Theuns en Rika kan aldrie regoor ons tussenheining-draad spring deur te bollemakiesie! Vreskriklike godsdienstige mense, gaan al die kinders sendelinge word. Hulle meng nie juis met Harry en Ina nie. Net die kinders speel somtyds saam. Aubrey donner vir Theuns en stoei met hom voor op die rotstuin want Theuns eis om sterker as Aubrey te wees...Theuns wen.

Maar tans doen Freddie

goed op skool al breek hy aanhoudend die horlosies wat Harry vir hom koop, deur nataligheid en rowwe spelery; En Estelle, Annette, Mandy en Esmė, almal, maak dit jaar na jaar. Die kinders is gesond en die nou en dan se kasterolie in lemoensap hou hulle so, á la Ina, wie se amper-swart hare nou ‘n paar gryses toon en dit pas haar en versag net haar gesig meer. Ousie het Esmė so te sê grootgemaak soos haar eie kind en sy is ‘n lid van die familie in die beste way wat sy kan wees as ‘n Tswana swart vrou. Anyway, sy’t die kinders wonderlik gedonner met Dedda se volle support in die begin toe albei ouers gewerk het.Die groter kinders is meestal getraumatiseer deur Harry se amper-ewigdurende argumente en abuse van Ina en soms hulle ook, wanneer hy dronk en vol dagga is, meestal, maar soms in meer helder oomblikke ook. Ina slaan nooit terug nie. Sy weet dís doodsake.

S

huush! The secret of Life

is to endure.
Die twee kleintjies, Mandy en Esmė, verstaan nog nie goed genoeg wat aangaan nie, en selfs Annette bleik nie oorbewus of wys te wees oor Harry se wangedrag nie. Ina slaan wel aan haar kinders, maar probeer regverdig wees. Hulle moet getug word om te leer wat’s reg en verkeerd. Sy is hulle Moeder. Sy hou egter nie daarvan hoe Harry soms haar seun ook aanrand as hy haar probeer beskerm nie. Verder is hy miskien te streng met die kind in terme van fisiese disiplinering en die ewige aandrang dat hy op skool moet presteer. Maar nou ja…

Sy onthou nou vlugtig

die Rooibaard Man episode in Kookrus en Rothdene, waar Harry buite op ‘n klip gesit het in die huis se tuin (Dieslfde huis waar hulle die Oom Duiwel move uitgevoer het, en só gelag het vir die kinders se banggeit en skielike onderdanigheid om hulle chores te doen sonder klagte…) en rook. Ja, dáái goeters. Hy het Freddie nadergeroep en op sy skoot laat sit. My Frikkie was in sy sewende hemel. Dié soort van ding is baie raar. “So, vertel vir Dedda, Freddie. Wanneer ek by die werk is, en die groot Shell petroltrokke bestuur, wie kom kuier by jou Ma?” Die obsessiwiteit en jaloesie en waansinnige besitlikheid was alles daar in sy blou oë, maar sy mond het geglimlag. “’n Rooibaard Man uit Rothdene uit, Dedda.” Geen huiwering. Hulle soek toe, Harry met Freddie aan hand, die héle Rothdene deur vir die Rooibaard Man. Vroue moet hulle mans se kiekies of portrette wys as hulle mans nie tuis was nie en oral is geklop en gevra vir die man van die huis – spesifiek een met ‘n rooi baard! Nêrens herken die by nou beangste Freddie die Rooibaard Man nie wat hy opgedroom het om sy Dedda te plesier nie. Harry is steeds waansinnig jaloers en dink homself behoorlik mal aan allerhande fisiese prentjies in sy kop oor sy vrou en die Rooibaard Man en merk dus nie onmiddelik op dat sy seun hom dalk om die bos gelei het net om hom te please en naby aan hom te voel nie. Sy vrou, SY vrou, sy mooi, begeerlike, sexy vrou wat gesweer het hy is haar enigste liefde, VERNEUK hom! Terug by die huis, trek hy die fully confessed -Freddie deur kamer toe vir ‘n nie-ongewone loesing van sy lewe nie. En Ina skrop die vloere in haar skoon onskuld, maar word steeds ‘n skop toegedien. “Moenie hom slaan nie, asseblief.” Asof wat sy sê ooit saakgemaak het as hy mal raak…Sy skud die herinnering van haar af, kom terug na die hede en haal die kwepers wat sy gebak het uit die oond. Hmm…die kwepers lyk heerlik lekker…die kinders hou daarvan om hulle te rsper en met sout te eet, maar sy verkies hulle gebak, miskien met ‘n bietjie custard. Wel, haar kroos en sy kan dié gebaktes saam met flapjacks met die jam wat sy van die vyeboom se vrugte gemaak het met ‘n blob vars room daarop, en tee of koffie eet en drink. Sy neem ‘n stuk van die ontvriesde wors wat deel is van vanaand se maaltyd en meet dit af vir Oubaas, die hondjie. Hy kan later varkchop-bene en oorskiet kry en Estelle moet sy waterbak uitwas en vars water insit. Ounooi, die oulike pekingnese-tefie wat hulle saam met oubaas huistoe gebring het moes ongelukkig gaan toe sy begin om reg te wees vir teël. Hulle kon regtig nie bekostig om ‘n klomp klein, honger brakkies in die rondte te hê nie! “Ek wens daai Pieter Coetzee wil sy hond by sy huis hou in plaas van dat die mongrel elke keer hier inkom en Oubaas so byt. Nie dat Oubaas nie terugfight nie...” dink sy. Ousie skil aartappels en wortels en plaas hulle dan in skoon bakke water. Ina laat haar sekere kookwerk doen, spesiaal as sy by die werk is, maar sy voeg altyd haar magic touch by, anders sal haar gesin dit dadelik agterkom, wéét sy..

Harry stuur die kragtige motorboot

teen die golwe van die Vaalrivier in, wat die vorige skieër geskep het en stop in die holte voor waar die Rassies piekniek hou. Reg oorkant hom en sy gesin, wat aan die oorkant uitkamp, nogal. Hy wil brag en hulle is beïndruk. Bootry vir almal daar besluit hy, in ‘n goeie bui en hy laai Petie op die wal af om vir Ina hallo te sê. Petie Erasmus was nog altyd soos hulle kind, maar is reeds nou getroud met sy eie kinders en sal nooit probeer om Ina te tjaaf nie. Hy word bietjie rooi oor sy denke van Ina en tjaaf in dieselle sin, maar besluit om dit te laat gaan. Geen man sal dit waag nie! Môre ry hulle met die Volvo Durban toe vir sy welverdiende vakansie. En Ina hare ook. Hy moet dit toegee: sy vrou werk hard en goed en hou steeds die huishouding vas in ‘n stewige hand en die kinders is goed versorg. Hy’t nou die dag gaan kyk hoe sy soccer speel vir ‘n vroue span van haar werk, teen ‘n ander vrouespan van elders af. Groen baadjie en das (tiepin en cufflinks glinster goud in die sonlig) met wit hemp en noupassende wit collar, en donker broek wat sy swart leerskoene en bypassende belt mooi afwys en sy boepie verberg, daag hy toe daar op. Ina vertel later hoe verskeie vroue aangegaan het oor haar aantreklike man. Hulle het toe gewen en daardie aand gaan haar gesin Wagon Wheels Roadhouse toe om dit te vier.

In Durban-Noord,

net ná die naaste estuary, in die wilde, digte bosse wat aflei na die strand en see toe, slaan Harry sy tent op waarin hy en Ina en die kleintjies sal slaap. Hy’t nog altyd verkies om uit te kamp, weg van ander mense af, alleen saam met sy vrou en kinders, sy gesin. Hy strek himself uit en ruik die see en voel die sonlig op hom. Hy voel goed. Tevrede. Die skielike trekpyn in sy hart laat hom na die botteltjie pilletjies in sy sak gryp en hy sit vinnig en behendig een onder sy tong. Daarsy. Hy voel dadelik beter en haal diep asem. Ina, besig om uit te pak, merk op dat hy wit om die kiewe is, maar sê en doen niks. Die medici het dit duidelik gestel dat daar nie veel te doen is nie. Jare se daggarook en die aanvanklike werk in die myne se ondergrond, het hulle onkoste verhaal. Daar is verdikte are op sy longe en sy hart sukkel om by te hou. Buitendien is hy kwaai oorgewig en drink steeds te veel én rook steeds marijuana. Sy kan maar net hoop haar 36-jarige man is OK. Sy wil graag hê dat beide van hulle tesame hierdie vakansie geniet. Vorige vakansies by die see en elders was ook op ‘n uitkamp basis en sy is gewoond aan alles wat die Natuur haar way kan gooi by nou. Sy onthou toe hulle ‘n babatjie bobbejaan gevang het, ook in Durban_Noord eenkeer, saam met Willie en Tina, Freddie se pleegouers. En omdat die Ma na al die ander bobbejane se bakleiery en toe wegganery, treurig en alleen gesit en kyk het na haar baby. Harry het dadelik die kleintjie losgelaat…”Diep binne in hom is hy ‘n softie, sy bad boy-disposisie ten spyt,” glimlag sy. “Moet net nie my man wegvat nie,” bid sy vinnig en sag en begin om die tent netjies en leefbaar te maak. Sy hoor haar kinders lag en skree op die strand en onthou dat sy hulle gewaarsku om nie diep in die seewater in te gaan tensy sy of hulle Pa daar is nie. Hulle sál luister. Teen hierdie tyd is hulle goeie, gehoorsame kinders. Sy sug trots en skyf enige kommer terug in die skadu-gedeeltes van haar vrou- en moederhart in. Dis vakansietyd! Pret tyd! “Harry, my skat…sal jy my asseblief help om hierdie gasstofie te vul?” sag vroulik en amper-weerloos. Natuurlik kan sy dit self doen! Bah! Maar ‘n man het nodig om te voel sy vrou het hom altyd nodig…” Julle vroumense is ook almal tegnies-useless,” brom hy, nie te-ongelukkig nie en doen wat sy vrou hom vra…

Dis aand.

‘n Koel briesie streel die bome en die kampers se wange en lippe in ligte flirtasie voordat sy haar volle aandag gee aan haar geliefde, die groot oseaan. Harry stuur die drie groter kinders kar toe om te gaan slaap: “Moenie die kar verlaat op oopmaak vir enigeiemand nie.” waarsku hy sy 3 ouer nasate. “Die Volvo is buite sig en aan die anderkant van die bosse, naby die pad en ek is nie daar om julle te beskerm nie. Skree net vir Dedda ás iets gebeur. Koenaait.” Hulle wens hom en Ina goeienag en loop met komberse en kussings gehoorsaam kar toe. Harry en Ina kruip in hulle gemaakte bed en tuck die kleintjies mooi in, in hulle eie kombersbedjies met nagsê-soentjies. Ligte af. Hulle raak aan die slaap met die ritmiese slag van die golwe op die strand vanuit die see…

By die Volvo

slaap Freddie voor aan die passasierskant, Estelle agter die stuurwiel en Annette op die agtersitplek. En probeer hulle slaap. Die see roep hulle saggies en sy geliefde, die ligte briesie kielie en hou hulle wakker deur die skrefievensters. Dis vakansie en hulle is by die see! Watwou slaap! Hulle luister en gee hulleself oor aan die verleiding.

Kardeure versigtig gesluit

en vensters almal toe, hardloop hulle strand toe om daar te baljaar en van tyd en reëls en skool en nie-lekker dinge te vergeet. Die maanlig in die aand op die rollende branders is bekorend en alles voel vir ‘n rukkie vir hulle soos ‘n feëverhaal totdat hulle besef hulle moet tog uiteindelik, terug kar toe gaan om daar, angstig en bang, te probeer slaap sonder die beskerming van grootmense. Hulle skouers sak as hulle terugloop, kaalvoet en natterig, vol sand. Hulle besluit om hulself af te spoel waar die rivier die see ontmoet daar naby en hardloop daarheen, nou skielik weereens vol vakansiegees en vreugde. Maar alle goeie (en slegte,) dinge kom tot ‘n einde en toe hulle uiteindelik by die kar kom is die linkerruit-voor, waar Freddie moes slaap gebreek en die cubbyhole oop en daar is duidelik daarin gevroetel. Die inhoud van die cubby en glasstukke bedek die sitplek. Glasstukke lê ook buite die deur, oor die sanderige grond gesaai. Hulle al drie is eers doodstil en dan, skielik, en met absolute mag, oorweldig die vrees vir hulle Dedda hulle soos telke male vantevore. Hy gaan ‘n coronary skiet, sowragtig! En ons? Ons gaan definislis behoorlik ge-bliksem word omdat ons nie sy bevele gehoorsaam het nie en die kar tog verlaat het!

Hulle besluit om te maak

of hulle in die kar was en die insident nóu, op díé oomblik plaasvind. Die glas op die sitplek word buite opgetel en Freddie strooi dit binne oor homself. Byna elke stukke, behalwe ‘n paar wat hy dan buite toe uitgooi darem sonder om sy hande te sny. Die cubbyhole word toegemaak nadat orde daarin herstel is en hulle neem elkeen hulle posisie in, in die Volvo en begin skree…”Dedda, Dedda Heeeeeeelllppp!!” (Hulle weet vóór hulle siele hy sal hulle gatvelle aftrek en hele vakansie bedonner as hy moes weet hulle was uit die kar uit en op die strand, nevermind dat hulle die voeruig alleen gelos het.)
Harry hoor sy kinders se noodkreet en gryp sy rewolwer, verbied Ina om saam uit te gaan en skiet verskeie skote die lug in voordat hy hygend en duidelik asvaal die kar bereik en die gebreekte glas en terreur op sy kinders se gesigte merk. Hulle huil onbedaarlik en bewe skoon van angstigheid. Hy voel mal en magteloos van woede en wanhoop dat sy kinders aangerand kon wees en hy was nie by hulle om hulle te beskerm nie. Hy sien ‘n Indiër ‘n ent verder uit sy kar uitklim om miskien te vra wat aangaan, maar ‘n skoot vanaf Harry se nou-warm en ywerige gun maak hom gou die hasepad kies! Die vakansie is toe anyway oor. Harry, wat moeg en op-gewind is, drink sy hartpilletjie en begin die tent afslaan…”Pak in, ons gaan huistoe.” Sê hy norserig en trek, trek aan sy rookding. Oppad huistoe is die vakansiegees weg en Ina voel verneuk: Sy’t so uitgesien na hierdie breek.

Moet hy, haar man, dan altyd

so extremisties wees? Sy sou gebly het en miskien net probeer het om die kar nader aan die tent te kry. Selfs ‘n boom of twee afgekap het, maar definitief die vakansie voortgesit het. Die kinders het só daarna uitgesien en hulle het tog geen skade opgedoen nie. Ag Here, nóg ‘n vakansie by die huis en ons almal in mekaar se pad. Sy sidder onwillekeurig, maar bly stil. Hy, spesiaal hy, met sy hart en longe al in hulle glory in op 36, het hierdie vakansietjie regtig nodig gehad. By die huis sal hy net wil sy hande besig hou, stry en baklei en drink, rook en almal aanrand. Sy hart sal dit nie kan vat nie, kyk hoe gereeld plaas hy daardie pille onder sy tong!

“Moet ek help dryf, Harry?”

Nee.” Nors. Sy maak haar venster oop dat die wind haar koel waai en die vars lug haar longe vul. Heilige Seemonster, hy is vol kak en sooooo hardkoppig. Ek sal maar terug by die huis vir ons ‘n lekker ete kook met ‘n broodpudding met custard vir nagereg en Stellie kan vir ons koffie maak. Ousie is ook met verlof na Gopani Stad in Zeerust se wêreld toe, dus sal die kinders moet help skoonmaak, wasgoed was en stryk ens. ens. Ag tog, wat ‘n vakansie! En die Julie-vakansie was nog altyd so ‘n groot ding vir haar en haar familietjie. Miskien kan ons baie uitgaan en pieknieks hou by Hartebeespoort Dam of die Vaalrivier, maar damme en riviere is nie die see nie. En dis kouer binneland as by die Natalse kus. Ina se Kreef sonteken verlang met ‘n seer hart na die oseaan. Harry se Capricorn sonteken steek hom weg in ‘n diep, donker plek, waar hy nét die langpad en sy bestuursvernuf werklik kan inneem met sy sinne. Hy voel moeg en afgesloof en is steeds in die kloue van ‘n woede wat hy nie kan onderdruk of beheer nie: “Sy familie aangeval op hulle vakansie! Hoe durf hulle? En die Donners het weggekom! Oooo, hy sou hulle daar en dan vrek geskiet het, blitsvinnig en akkuraat, John Wayne-styl!” Hy plaas onbewustelik sy linkerhand eers aan sy sy, en toe op sy hart, en vryf opwaarts oor sy bruin nylon hemp. “Ek voel nie watwonders nie en ek dink sodra ek by die huis kom sal ‘n whiskey en lang rooksessie my regruk bínne sekondes.”

H

y ignoreer die bokdrolletjies wat Ina hom in die oopgeskeurde pakkie aanbied. “Snaaks,” dink sy en neem ‘n klein handvol daaruit voordat sy dit agtertoe gee vir die kinders om maar klaar te maak, “dis sy favourite en gewoonlik eet hy sommer ‘n hele pakkie by homself…ek wonder wat skort?”

Nog steeds op die terugrit

sit die drie groter kinders tjoepstil en laat die klein sjokolade balletjies, wat Dedda bokdrolletjies noem tot hulle groot amusement, smelt op hulle tonge voordat hulle die peanut binne-in kou en afsluk. Mandy slaap en Esmé sit voor op Ina se skoot, ook half aan die slaap. Harry en Ina dink beide dat die groter kinders is steeds in skok en vind die stilte nie eienaardig of ongewoon nie.

Die kinders: “Dank Liewe Jesus

dat ons daarmee weggekom het,” dink hulle aldrie amper tegelykertyd. “Dedda lyk kwaad en is stil en maak nie sy gewone grappies met ons nie, en hy eet selfs nie sy gunsteling bokdrolletjies nie! Hy rook nie daai stink goed wat hy so like nie en hy lyk gevaarlik en streng. Ons moet nóóít ons geheim oorvertel nie. Nóóít-óóít nie! Dis jammer dat ons tot so ‘n drastiese stap moes oorgaan, maar hy sou ons vreeslik geslaan en sommer geskop het ook, as hy sou uitvind ons was teen sy instruksies en wense in, op die strand.”

By die huis

word daar oopgesluit en vensters en deure oopgemaak om die vertrekke te belug asook uitgepak en die koolstoof aangevuur deur Freddie vir Ina om ‘n maaltyd voor te berei. Sy vra Harry of hy honger is. Haar boerekos maak mos alles reg en dit behoort hom in ‘n beter bui te sit, help my Heilige Seemonster, tog! “Nee.” antwoord hy steeds stug en gaan lê op hulle bed. Nog ‘n hartpilletjie onder die tong. “Freddie! Bring vir my water.” Freddie hardloop flink en vinnig met ‘n glas water na sy Pa se bed toe. Hy kan sy Pa se huidige mood goed uitruik teen dié tyd, ja. Hierdie een noem hy…”post testosterone-overload depression,” soos hy in ‘n Encyclopedia van gelees het, dink hy. Een van daai rooies wat van “A tot Z” gaan en wat sy Tannie Kathy, Oom Piet se vrou, van haar broer Anthony oorgeneem het, en vir Freddie as geskenk gegee het. Dedda is besig om sy rewolver skoon te maak en die verskillende dele lê oral oor die bed versprei, sien Freddie as hy die glas water op Harry se bedkassie neersit. Freddie sidder: “ Ek haat daai rewolwer! Eendag is eendag dan gaan hy een van ons nog daarmee vakant maak! Grrrr!” “Kom sit hier langs my op die bed, Freddie sodat jy kan sien wat pas waar. Dis nie soos al daai verkeerde spanners wat jy my altyd gee as ek aan karre werk, en waarmee ek jou gooi nie, seun. Hierdie is intellegente werk. ‘n Ware man se werk. Kyk mooi…” Freddie sug onhoorbaar en kots iewers diep binne-in homself, maar hy sit en kyk en probeer geïtereseerd lyk…”Môre sal ek jou ‘n verdere dryfles gee, wat sê jy?” “Ek sê dankie, Dedda”

Freddie, nadat sy geforseerde les

oor hoe om die gehate rewolwer aanmekaar te sit oor is, sien hoe sy Pa weereens ‘n hartpilletjie onder sy tong sit en agteroor lê met toe oë op sy kussings. “Koenaait Dedda” “Naait seun.” In die kombuis wag jaffles met savory mince vulsel en ander met eier en mayonnaise en Freddie eet een van elk wat hy afsluk met sy soet koffie. Die meisies het reeds geëet en is aan die slaap-wordend in hulle kamer. “Koenaait Mamma.” “Koenaait Frikkie Fishsticks.” “Mamma?” “Ja Freddie?”
“Is Dedda OK?” “Ek dínk so my seun, maar dit sal nie skade doen om vir hom ‘n gebedjie te doen nie. “ “Is reg, Mamma. Koenaait, Mamma.” “Koenaait Freddie.”

Voor sy Jerusalem Kruis

(wat hy gebruik het om ‘n vampire vanuit sy kamer te probeer weer – maar dis ‘n ander storie,) staande op sy tuisgemaakte altaartjie, kniel Freddie en bid vir sy Dedda. Maak nie saak dat diė ‘n ruk terug toe Freddie graag ‘n priester wou word en vreeslik aangevoer was met die Katolieke Geloof, die priester gewaarsku het om hom uit te los, en vir hom, Freddie, vertel het dat hulle priesters só kies: Die kandidate word almal ontklee en die mans staan kaal in ‘n ry met klokke om hulle voêls. Dan loop ‘n mooi man verby hulle, ook kaalgat, en diegene wie se klokke lui, kwalifiseer vir die priesterskap. Die ander word weggewys. Freddie was geskok en het daar en dan besluit miskien is die priesterskap nie vir hom nie, maar hy sal die Geloof bybly sovêr as hy kon, onder sy Pa se disapproving eye. Father Nolan het later verduidelik dat priesters beslis nie so gekies word nie. Ėn Freddie bid sommer ook vir vergifnis dat hulle drie ouer kinders, in hulle desperaatheid, hulle Dedda só moes flous.

Twee dae later,

toe die sonnetjie net oor die horison verdwyn en die voëltjies in hulle nessies kwetter so asof hulle, hulle dag se gebeure bespreek met mekaar , besluit Harry hy is lus vir boerewors, direk gebraai op die koolstoof se plate. Freddie het vroeër die gewone vuur-stoking gedoen vir warm badwater vir almal uit die boiler uit, dus is die plate nou doodreg vir ‘n stukkie braaiwors. Hy neurie saggies terwyl hy die wors met sy gewone behendigheid met braaivleis, sommer in ‘n lang stuk met sy hand afbreek en op die koolstoof plaas. Oubaas tjank liggies by sy voete en hy gee die hond ‘n stukkie en plaas dié en die hond sommer buite vir die nag. Harry voel goed en hy het besluit dat hy die gesin môreoggend vroeg reeds Johannesburg Zoo toe vat vir ‘n outing. Hulle het dit laas vreeslik geniet en hy onthou al die kiekies wat hy geneem het van hulle in hulle nuwe kersrokkies en skoene met sy self-developing instant kamera. Hy sal dit weer saamneem, ja. Hy vat vir Ina ‘n stukkie gebraaide boerewors kamer toe, sommer in sy hand en begin uit die lug peusel aan sy eie stuk wat afhang soos hy dit bokant sy mond hou. Lekker vetterig. Soos boerewors moet wees.

12 Julie 1971:

Harry sterf diéselfde aand aan ‘n hartaanval in sy seun Freddie se arms, nadat Ina hom kom wakker maak het met ‘n angstige: “Jou Pa…” en trane in haar oë. Die tablet wat hy, Freddie onder sy Pa se tong geplaas het, het diė keer nie sy wonderwerk verrig nie…’n ambulans se ligte flash buite en ‘n dokter storm in by die voordeur. Die meisies is ook almal wakker en huil verward tussen hulle gape deur. “Mevrou, u man is oorlede. Niks wat ek kan doen nie. Klont deur sy hart, maar die outopsie sal dit moet bevestig. Ek is só jammer, Mevrou du Plessis…”
Ina is oostelp van hartseer en voel alles is onwerklik en moet ‘n droom wees. Haar man is dood! Sy stort amper ligaamlik ineen, uiters onkenmerklik van hierdie sterk, gedetermineerde vrou. Die kinders huil saam met haar soos net sy hulle geleer huil het oor die jare met haar menige sad stories en speel met hulle emosies wanneer sy verveeld was. Die ambulansmanne kom haal haar Harry se lyk en sy kyk na alles asof sy na ‘n fliek kyk by die drive-in. Sy vra Freddie om sy bed in haar kamer in te help dra en daar te slaap vir die nabye toekoms. Ja, sy voel bang en alleen en onseker. Die begrafnis was gereël deur Chris en Marie Golden. Ja. Goeie huisvriende. En Marie het Ina at least laat lag en iets gegee om oor te praat met haar manewales met drank en pille, so tussen die begrafnisreëlings en oorslaap by die nuwe weduwee om haar te troos, in. Die meisiekinders het goed gelyk in hulle wit rokkies met swart trimmings en Freddie het soos ‘n groot man gelyk in sy swart suit, terwyl hy gehelp het om die kis die kremasiekapel binne te dra. Was hy net 13, haar seun? Sy huil in wat blyk ‘n diep en rou hartseer te wees, by die kerkdiens en haar kinders volg getrou hulle ma se voorbeeld. Ja, hulle harte is ook seer. Hulle Dedda is dood!
En toe is dit alles verby, soos ‘n nagmerrie en sy moet weduwee-alleen met haar kinders voortgaan. “Vrou-alleen.” besef sy. En Oom Rassie het nét vandag aan haar borste gevat in haar garage, nadat hy (die altyd so heilige pinksterman!) magau gedrink het! Ag wel. Shame, Manie en Tina en hulle kinders langsaan, het glo by vriende gaan slaap en die blêrrie groot wreath waaroor sy so geskree het toe sy dit in die sitkamer by haar huis sien na die kremasie, alleen in hulle eie huis gelaat, dit nou nadat nádat Manie die ding uit simpatie na hulle eie huis toe oorgevat het! Ina het híéroor gelag, soos haar wonderlike, ietwat-verwronge humorsin dictate het.

Toe, ten spyte van

haar teleurstelling en bedroefdheid, besef sy dat die lewe voortgaan en sy onthou ‘n man met ‘n mooi glimlag wat sy by Roodepoort Motors se vulstasie ontmoet het terwyl hy Sasol petrol dropping gedoen het…Kallie Meiring is sy naam, onthou sy. Die orrel is verkoop maar die Opel’tjie word gehou vir nou. Ina hou nogal van daai nuwe Suid-Afrikaanse kar, die Ranger. Mansmense? Wel, Pedro was nou wel nice, maar hy is lelik, die Here help haar. Sy besluit daar en dan daardie aand terwyl sy lê en dink aan al hierdie tipe dinge in haar bed, dat dit Kallie sal wees wat Harry se plek sou inneem. Wel, in sovêrre hy sou kon. Harry se act is nie maklik om te volg nie, o nee! Ding is, sy is alleen en voel die behoefte aan manlike ermm..geselskap. Maar nooit weer trou sy en behoort aan ‘n man soos sy behoorlik en in haar totaliteit aan Harry du Plessis behoort het nie! Sy het sy abuse en obsessiewe jaloesie verduur en lief vir hom gebly ten spyte van al sy foute en miskien presies as gevolg van hulle. Sy het sy kinders in die wêreld gebring en hulle versorg en sal hom nooit vergeet nie. Sy plek in haar hart is vir ewig. Soos die grys hare wat nou haar swart hare een vir een match. Nét sy mag wat miskien blyk negatiewe dinge te wees oor hom sê as sy wil. Maar sy weet presies wat sy bedoel, en dít is níé negatief níé. Sy vertel dit maar net soos dit was. Maar sy sal nie toelaat dat enigeiemand anders sleg van hom praat nie. Hy verdien dit nie! Hy was ‘n goeie man en pa. Maar weereens is dit nou wat saakmaak, die huidige tyd: sy sál hierdie Kallie-man kan stuur in die rigting wat sy wil. Sy glimlag. Kallie! Sy wil hom hê.

Freddie word wakker

uit sy ‘n diep droomlose slaap, die oomblik wat sy haar besluit neem, en ervaar ‘n eienaardige voorgevoel wat swaar lê op sy hart…
Na ‘n paar jaar waarin Ina redelik gelukkig is saam met Kallie Meiring, haar seun se dislike van hom ten spyt, is daar toe “The Winner takes it all” – episode, en Baby vat hom toe. Sommer net so. Ina probeer die situasie red deur steeds agter Kallie en Baby aan te loop, wáár hulle ookal gaan. No such luck. Baby, daai ouvrou, hét pond, ou girl. En Kallie maak seker voorsiening vir sy oudag, Bastard! Jammer. Wel, Ina huil ‘n bietjie oor haar alleenwees daardie Kersfees spesiaal, maar kort daarna wals Piet die Maplotter haar lewe in, net om ‘n kort ruk later Ina se Volkswagen Beetle koer in sy moer in ry, deur die tjorretjie te rol en so ook dan self te rol tot binne in ‘n rolstoel. Daarna werk dinge net nie uit tussen dié tweetjies nie, Piet is verlam en Ina het ‘n man nodig wat haar nie net finansieël kan bystaan nie, maar ook ‘n man is in alle opsigte. Sy het hom aanvanklik baie goed versorg, maar later gevoel dit is sy familie se verantwoordelikheid. Syself het haar gesin om na om te sien. En Ina keer terug na haar hubare weduwee status toe en troos haarself met ‘n nuwe rooi Nissantjie, baie room pastries en grenadilla freezes by Americano Roadhouse. By haar nuwe werk by Industrial Electrical, gaan dinge vlot en sy geniet hoë aansien, werk hard en verdien ook beter geldjies. Sy kook nog steeds Sondae nou groter maaltye as ooit en onthou dat Freddie nie rys eet nie en Estelle haat gekookte vleis. Die kinders doen nie tė bad op skool nie en sy druk hulle nooit soos Harry gemaak het nie. Harry…sy mis dié mal man skielik iets verskriklik. Hy wás haar eerste en miskien, nee wáárlik, enigste liefde. Sy doen deesdae alles saam met sy en haar kinders en wonder of hy sou ingejoin het? Hy was nogal ‘n bok vir sport op sy goeie dae. Sy onthou hy het vroteier saam met die Rassies gespeel en die baie truuks wat hy op hulle gespeel het om hulle bygelowige vrese uit te buit. En hoe hy en sy menige kere die kinders – hulle kroos – laat bontstaan het met duiwel-maskers en pink bedspreads en dan weer met stories oor die lammervanger, bose, wandelende geeste ens. ens. Sy besluit hy sou, ja. Hy sou ook, soos sy, inslip by die laerskool swembad en spesiaal by Hennops Pride vir ‘n nag-swem en miskien ‘n boereworsie met komkommer op groot stukke wit brood met botter eet of sommer ‘n stirfry in die cadac braaiskottel wat regtig lekker is. En daarna? ‘n Suiker-soet waatlemoen. Hmmm..dis nice by Hennops, maar sy val toe een nag en breek haar been! “Dis nou wat gebeur as ek myself jonk soos my kinders gedra! Ai, die ouderdom haal my in,” reken sy terwyl sy lank in Ontdekkers Hospitaal lê om te herstel as gevolg van haar diabetes. Sy spuit haarself in met insulin lankal reeds en voel dus sy is opgewasse om werk vanaf haar firma in die hospitaal te doen teneinde die moontlikheid van ‘n verlies van inkomste te bekamp. “Daai blêrrie loansharks wil óók géén rede verstaan nie!” dink sy angstig. “Dank die Vader dat Kallie, wie haar dárem bystaan deur die hofbevele vir skuld wat hy as hofbode vir haar moet aflewer (én haar laat toesluit vir skuld) só baie uitstel en somtyds squash, ál is hulle twee nou uitmekaar uit .” “En dank die Here, vir Antie Poepolvrugte se aflwering van eiers en ‘n geslagte hoender nou en dan. Gelukkig is sy darem nie te oorywerig om haar geldjies in te samel nie…” ‘Hmmm…Roodepoort Motors se petrol slips, waar ek so elke nou en dan geld kon opskryf vir my rekening en dan kontant kon neem in plaas van petrol, is ook iets van die verlede, ai!” sy byt haar lip. “So ook die shows en Nini se gesingery…” Sy skud haar sorge van haar af, sug diep en kalkuleer nóg ‘n quantity surveying chargeout sheet vir haar werk en skryf die totale in haar netjiese, amper artistiese handskrif neer…

Vroeër jare,

tydens die Kallie-era en selfs daarna met Piet en nou ook, organise sy toe konserte met Afrikaanse kunstenaars en motiveer en ondersteun haar dogter Mandy, wat so uiters pragtig kan sing en gehore in vervoering laat gaan. Sy is uiters trots op haar. Maar Ina is ook trots op al haar kinders en lief vir elkeen op sy/haar eie manier. Annette is nou reeds getroud en woon saam met haar man, Johan en haar pragtige dogterjie in Mayfair oorkant Johan se ouers. So ook Esmé en Daantjie by Anglo Alpha, op die perseël. Esie is verwagtend en Ina is nogal opgewonde daaroor. Sy is geensins phased dat haar dogter net 14 is en binnekort 15 word nie. “Sy sal dit máák, Esmé, sy’s my kind. Hulle almal sal. Hulle het my gene.” En Harry s’n. glimlag sy, terwyl sy skerts met Wayne, Mandy se nuwe boyfriend. Sy hou van dié mannetjie. Hy is malverlief op haar Nini. Hy staan vas op die aarde, werk hard, en is sterk in sy eie oortuigings. Ina hou van ‘n man wat sy man kan staan, soos háár Harry was. En duidelik is al drie die sê maar almal skoonseuns (om Wayne dan in te sluit,) nie onbevoegd in haar opinie vir die vrouens in hulle lewens, haar dogters nie. Fred Cheetham was OK en sy het hom ook baie gelike. Ja hy was amper soos ‘n seun vir haar en sy mis hom nogal, maar let bygones be bygones en sy wens hom ‘n wonderlike lewe toe. Dis nou wat tel. Freddie het teruggetrek huistoe nadat Kallie en daarna Piet uit haar lewe is, en sy is bly. Help hom om sy slaapkamer te verfraai. Die verlowingstorie met hom en Rina Coetzee het toe nie uitgewerk nie en sy mis nogal dié vroumens wat voorheen so ‘n hegte familie-vriendin was. Maar die lewe stap aan en dinge verander. Stellie, haar getroue Nan-lookalike woon nou reeds eintlik vanaf kleintyd by die huis en het ‘n nicely decorated zozo agter in die jaart. Sy het ‘n dag of wat saam met haar broer ‘n woonstel in Joubert Park uitprobeer, maar verdrietig van verlange huiwaarts gevlug. “Dié kind staan haar altyd so mooi geldelik by en werk hard…Roger Correia, die Porratjie, hoewel gaaf en vriendelik en baie ingenome met Stellie, is nou maar net éénmaal nie vir háár nie. Freddie het hom glo tóéstemming gegee om met haar te trou en spot haar daarna dat sy in die lande gaan werk met ‘n kopdoek aan, haha! Noem haar Estrélita Cónchita. Hy’s láf. Die ou is nie regtig haar tipe nie, dink ek. Hmmm…Richard Laurie Liz se broer, is ‘n nice kind maar ek dink die Lauries is almal ‘n bietjie cuckoo soos Skoonpa Frank!”

Sy moet tog onthou

om vir Annette en Johan met haar kleinkind, Claudine, oor te nooi vir ‘n ete en definitief vir Esie en Daantjie ook. Sy wonder of Esmê se baba ‘n seun of ‘n dogtertjie gaan wees? Miskien kan Piet en Liz ook kom saameet. Daar’s oorgenoeg kos! Sy loop foon toe in die gang en skakel haar verskeie kinders en dan vir Liz. Maar natuurlik sê álmal ja. Sy wéét haar kos is tops en haar geselskap word as besonder nice beskou. Die kinders se vriende drom almal hier by haar saam. Sy dink aan Hubert en Wynne, Andries en Willie Brink onder ándere, wat dáágliks nie kan wégbly by háár huis nie. En sy voel goed oor al híérdie dinge. Die Here is goed vir haar.

Dinge gaan goed in

die Du Plessis/Grobbelaar/Harmse gesin, behálwe dat Johan, volgens alle beduidinge, Annette verneuk deur rond te gekárfoeffel het met daai Janet. “Nog ‘n Kallie,” dink sy effens bitter. Maar hy’s haar skoonseun en dus familie en besides, sy like hom baie én dinge is nou uitgesorteer. Freddie werk by Greyhound Bus Lines, as Management Accountant nógal. Dankie tog hy is terug van dááí Wêreldspektrum hoax af waarmee die Brinks hom verlei het en hy géén geld mee verdien het nie. Hy kón nie eers die Colt Galant aanhou betaal nie en moes dié vir Deon, Daantjie se broer teruggee. OK, hy en Dupie – dis nou Charl du Plessis wat saam Freddie die bedrogspul in Klerksdorp gelos het - het eers gesukkel om werk te kry, maar na verskeie los werke is Dupie uiteindelik finaal weg om te gaan studeer in Durban en het Freddie die pos by Greyhound aanvaar. Freddie en Geraldine het karre geswop ook. Sy ry nou die Alfa en hy haar tannie se groot wit 1969 Fairmont.

E

stelle werk by Rebel Bottle Stores, steeds as ‘n Debtors Processor en doen goed vir haarself daar. Sy’t voorheen ‘n bruin Chevie 4.1 gery, maar bestuur deesdae ‘n lig-geel Ford Cortina. Mandy werk by die Allied Building Society in Johannesburg en neem daagliks treinritte werk toe. Dinge lyk regtig baie voorspoedig tussen haar en Wayne, vir wie sy deur Ahrlene du Toit, Joos se dogter, oorkant die pad ontmoet het. Freddie het sy vriendskap met Anthony Mitchell van 107 hervat om Ina se aandrag, aangesien sy hom as ‘n nice ou aangesien het, despite sy pink panther goediemajigswat eendag uitgehang het tot haar groot vermaak. Dit gaan nogal vóórspoedig met Esmé en Daantjie en die pragtige seuntjie se naam is Gerhard, na sy Pa én Oom vernoem. Béíde deel die middelnaam Gerhardus. En behalwe vir haar seemingly ewigdurende skuld, waarvoor sy nou óórtyd werk om dit te delg, gaan dit rédelik goed met háár óók. Sy kan maar net sowel haarself in haar werk begewe, daar is nie ‘n mán in haar lewe nie. En haar verpligtinge teenoor haar kinders het sy goed nagekom en hulle geléér om sélfstandig te wees. En hulle ís. Elkéén van hulle. En Ousie sorg goed vir haar huishouding, soos sy haar geleer het. Dis jammer Ma Kate en Pa Piet kon haar gesin nooit leer kén en geniet nie. Hulle sou só trots wees op die manier wat sy hulle grootgemaak het en op háár ook, ja. Om nie te noem hóé mal hulle oor hulle agterkleinkinders sou wees nie! Sulke cute babies, Claudine en Gerhard – ek hóóp hulle is darem eendag vriende, nie soos my kinders en hulle niggies en nefies wat mekaar nie regtig eers goed kén nie, ai jai jai. Dié lewe darem! Maar, ja-nee! Dit gaan goed met háár familietjie…

En toe word Tom,

Ina se geliefde gemmerkat raakgery in die straat voor die huis en Ina stort ‘n traan vir dié onverwagte, só onnodige tragedie en verlies as sy hom in die agterplaas begrawe. “Nes Oubaas daai keer toe ons gedink het hy is moontlik vergiftig deur Pieter Coetzee. Nog een ding wat ek liefgehad het weg, …” dink sy terwyl sy agterkom dat sy het per ongeluk ‘n stuk wors gelykstaande aan ‘n muis afgebreek het vanaf die lang stuk wors wat sy wil voorberei saam met hoender, skaapboud en gebakte skaapchops, as deel van Sondagmiddag ete…

'n Huis moet kan pêlle wees

met die familie wat in haar woon, moet luister na wat hulle te sê het en kyk wat hulle doen. Huil oor hulle teëspoed en sommer haar mure kraak van lag vir hulle – die boere-gespuis wat daagliks in haar slaap, vreet, suip en kots, baklei, groei, ‘n lewe uitkrap en doodgaan…”



Daar was nog nóóít,/p> en sal ook nooit, ooit, never ever, ‘n bebliksemde, gék, wónderlike Pa sóós Henry William du Plessis, wéés nie. Hy’t sy familie liefgehad en vir hulle gesorg soos ‘n behoorlike, órdentlike Vader - sy menige uitbarstings, woedebuie en “diésulkes” maklik vergeefbaar, ás jy na die over all picture kyk.

Helena Claudina du Plessis (geb, Pienaar)

sterf ook aan ‘n hartaanval in Desember 1983.
Sy word veras in die Johannesburgse krematorium na ‘n kórt-en-sád-but-sweet roudiens, bygewoon deur die Goldens, haar broers Hendrik en Dial, haar vriendinne, Peggy en Geraldine, haar Ousie en véle andere (wat my moet vergéwe dat ek hulle nie régtig kán onthou nie. Estelle blyk meer van hierdie hele aangeleentheid te onthou as ék.) En natuurlik haar seun en dogters en dié se mans, kinders, boyfriends én Wynne Scholtz wat Freddie se hand váshou en hom troos. Was Ina nie háár tweede Ma vir járe nie? Haar selfs met ‘n paar klappe bygedám as sy tugtiging nodig gehad het. Sy pik ‘n lastige traantjie weg…Ina se as is toe daarna gestrooi in die Garden of Rememberance.

Daar is níé woorde,

om ons Moeder se wónderlike sorg, haar mál-geit en fántástiese ékséntriese Ma-wees te beskryf nie. Wééreens, sal daar nóóít wéér ‘n Ina hierdie ou aarde beloop nie. En die aarde sélf, met haar ménigte wit daisybosse, kan maar nét sô vol verlange en hartseer en vol vreudevolle en laggende verlange, sug na haar dogter Ina se besondere liefde en presence, soos háár, Ina Pienaar (hier quote ek haar), se eie kinders maar áltyd sál.
◄einde►

F

GDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home