BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Tuesday, January 10, 2006

Díé Gémáskérdé Fluitspeler


Ja, óú mites gaan ten gronde, maar ook núwes word gebore...maar hierdie vertellinge is nie vir sensitiewe lesers nie.



Jy kon nou wél die subjektiwiteit van my karakter aansienlik problematiseer as jy wou, maar ek glo vas ek beskik oor 'n refleksiewe vermoë ten aansien van my eie fasinasies en drifte.
Eintlik jammer ons boere emansipeer só lánk en móéílik want díép in my binneste is ek eintlik 'n baie behóúdende man, gedrewe deur 'n dráng om die wêreld skoon te hou van vullis en onkruid...en daar is 'n ewige soeke in my siel. 'n Soeke na rus. 'n Soeke na 'n 'plekkie onder die son', ja. Íéwers, híérbinne of dáárbuite waar eina 'n ou nie vrekmaak nie en waar jou sorge en pyn en lééd jou nét sterker maak.



Op amper-sesjarige ouderdom word ek ondersoek deur 'n kinderarts by Vereeniging Hospitaal nadat 'n stewige skop van Dedda my daar laat beland het. Die dokter klop toe teen my bors met sy hand en vra my: "Kan jy daai geluid hoor, Freddie? Dis die geluid wat jou longe maak. Weet jy wat is in jou longe? "Lug, Oom Dokter," sê ek, "Lug, want ek wéét mos! My Mamma sê ek is baie slim. Die dokter glimlag breed en nou vra my weer: "Hoor jy daardie klop geluid? Dit is jou hart, Freddie. Waarmee is jou hart gevul?" Sonder om te huiwer sê ek dadelik: "Liefde, Oom Dokter".


In my koorsdrome het ek dit wééreens beleef, 'n lank-vergete herinnering van etlike jare gelede. Honnerd bedonnerd! Nóú práát ons: Man, fire die wag voor jou mond! Nou slaan ’n krom stok ’n reguit hou, dán nie? Ja, dis reg. Ek is besig om Dedda se teorie wat hy gehad het oor hóé Katolieke Priesters gekies word uit te toets. Probleem is…die klok lui nooit by my nie, so dit gaan maar net oor ‘n nice warm vriendskap en dinge sáám doen. Noem dit maar ‘n intieme vriendskap wat glad nie enige fisiese aspekte dáárby het nie. Dedda het gereken, toe ek ‘n Priester wou word (en om my af te sit natuurlik) dat hy my sou vertel dat Priesters word gekies deurdat die kandidate almal kaal in ‘n ry staan met klokke om hulle trille. ‘n Mooi jong man wat sy gat baie swaai, loop dan verby hulle en ál diegene wie se klokke lui…húlle word gekies vir die Priesterskap. Die ander word weggewys. Soos ek sê: Mỷ klok het net nóóít wou lui nie…heheh! Hierdie beeld wat Dedda geskep het is een wat vir tyd en ewigheid in my sou vasslaan...maar die vraagteken bly hang in die lug. Tussen die hand en die mond val die pap op die grond...


Ek lê my kop doodmoeg op my sagte verekussing neer en nét voor ek my koorsige droomwêreld betree dink ek aan die ou, Boertjie, wat íéwers geskryf het dat hy dink 'n kussing moet die simbool van vrede wees, nie die duif nie, want 'n kussing het nie alleen meer vere nie maar het óók nie 'n bek waarmee dit jou kan pik nie! Vrede...ek stem met jou saam, Boertjie.



"Het jy al gebad, Freddie?" vra Mamma my.

"Ja Mamma" antwoord ek, "gister al." "Oupa Frank se ware kleinseun, is jy!" spot sy my en jaag my badkamer toe om 'm warm bad te vat. "Cleanliness is next to godliness!" sê Mamma deur die badkamerdeur en ek lag maar net, maar later jare was dít die measure van enigeiemand wat ná aan my gekom het, op enige manier. My vriend Anthony het my beskend gestel aan 'n wêreld wat ek nooit geweet het bestaan nie en ek was alreeds 24 jaar oud. Dit was 'n donker wêreld, waar Despéraatheid & Wellústigheid mekaar ontmoet het en albei het mekaar geháát soos gif. Dóg was dit klaarblyklik 'n aanvaarde lewenspatroon wat albei kante redelik goed verstaan en aanvaar het. Die één sou níé sónder die ánder kon bestaan nie. Ja, dit was die wêreld van die Bad Girls. Kom weer, Anthony? Die Bad Boys, éérder. Hmmm...laat ek nou díé ding rég verstaan. Ek kom tel 'n ou op wat nie alleen gevaarlik en gewapen mag wees met 'n mes nie, maar my óók bes moontlik sal béstéél én bétáál hóm dan om...wat? Seker asseblief níé om my vóël te suig nie?" "Is dit nie wónderlík nie? lag Anthony. Ek versuim egter om op daardie stadium sy humor te deel en ek kyk hom geskok aan. Ek ken hom reeds vanaf Graad 2 se dae af, hy in 'n Engelse skool en ek Afrikaans, maar ons het bendes saam gehad, kleilat gegooi, gaan swem by die munisipale swembad, Sprite met piesangs ingesny en 'n druppeltjie ment-essens in, saam gedrink en hy kon heerlike sjokoladekoek bak ook. Saam na LM Radio se hitparades geluister en tonne flieks by beide die inry en bioskope saam gaan kyk. Só báíé dinge saamgedoen...maar nóú?

'n Ou klop aan my venster en

Anthony laat sy Cressida se elektroniese venster my kant automaties oopmaak. "Ye-es..?" vra ek in my polisieman-stem, hopende om hom af te skrik. "Dit yoo ghôt 'n sigrét fôr I?" "Huh???!!" "Hy soek 'n sigaret, Fred. Kom hierdie kant toe dan gee ek jou een." nooi Anthony hom toe oor en verduidelik terselfdertyd die boemelaar se behoefte aan my. Ek weet glad nie dis 'n ysbreker, alhoewel 'n ware versoek ook, nie. Die ou lyk maar vuilerig en is bebaard sónder 'n enkele tand in sy mond. Ek sidder in disgust. "Het jy 'n groot piel?" vra Anthony hom in sy Engelssprekende-aksent dóg in Afrikaans en ek verstik aan íéts (weet net nie wat nie?) terwyl die ou ewe gemaklik antwoord:"Ja, baie groot en ek het pêrels reg rondom, binne-in. In die tjoekie laat insit...," grinnik hy trots. "Kan ek sien?" vra Anthony hom asof dit die natuurlikste ding in die wêreld is om 'n vreemde man wat by jou 'n sigaret gebedel het te vra hoe groot sy piel is én dit dan nog boonop te wil sien! Ek kots iewers in my binneste en voel nou ek wil net wegkom! "Anth, let's go..." dring ek aan. "In a minute, Fred, let me just check if what he says is true OK." Hy klim uit die kar uit en hy en Pêrelpiel verdwyn om die hoekie. Ek kyk rond om seker te maak geeneen van die ander ronddrentelaars approach mỷ nie, maar hulle bekyk my darem net van dóér-vêrrerig af. Ek is uiters versigtig met my hande en my kop, sodat daar niks is wat ek doen wat moontlik deur hulle gekonstrueer sou word as 'n uitnodiging om met my te kom...onderhandel, nie. Ek stel nou wérklik glád níé belang in hóé groot hulle vole is nie dankie.
Anthony keer 'n volle tien minute later terug na die kar toe en noem aan my sonder om te blik of te bloos, dat hy die vuiluil Pêrelpiel ge-inspect het en uitgevind het hy praat die waarheid. Die feit dat hy so eerlik is, is vir hom, Anthony, genoegsaam om Pêrelpiel te vertrou en sáám met hom huistoe te neem om die aand dáár deur te bring...

Geskok klim ek agter in die motor in

en Anthony hou selfs die voordeur oop vir Pêrel om in te klim. Pêrelp.... groet my vriendelik asof ek deel van die deal is, maar ek ignoreer hom en neem my sakdoek uit my sak en blaas kamstig my neus om sy walglike stink asem te ontsnap. Dit ruik asof hy ál daai oysters waaruit die pêrels kom self geëet het en hulle het nog nooit sy sisteem verlaat nie, maar lê nét daar binne en vrot...
Na 'n stillerige rit waarin slegs die love-birds met mekaar gepraat het, laai Anthony my by my huis af en ek spring amper-atleties uit die kar uit, sê 'n vinnige afsydige koebaai en drafstap by die driveway op, om die draai die huis binne, deur die agterdeur. My hart klop hard en ek maak vir my 'n koppie koffie en loop na my kamer-toe om daar op my bed te lê en peins oor die aand se gebeure.
Erkéntelik, was ek intrigued en heelwat bekoor deur Anthony se geheimsinnige belofte van 'n vreemde, tog opwindende onderwêreld waar daar 'stout mans' in rondbeweeg het, maar ek het g'n benúl gehad dat dit so-iets soos vanaand sou oplewer nie, oh no boy! Lyk my die 'stout mans, of te wél, Bad Boys dan, is mans wat haweloos en sonder werk is en dus nie 'n manier het om 'n lewe vir hulself te maak nie. Nou draai hulle na erm..desperate mans soos...Anthony (?) toe om geld te verdien en sodiende aan die lewe te bly? Ai, jai, jai, díd nóú vir jou 'n kakspul waarmee ekself nooit betrokke wíl raak nie, só!hélp!mé!gód! Ek trek uit, gaan borsel my tande, klim in my bed en raak gou aan die slaap. "Nóóít-níé! Névér-ever!" is my laaste gedagte.
Eish! As ek maar nét gewéét het...

Teen die oggend wonder ek of Anthony OK was en nie dalk in die aand vermoor en beroof is deur die 'rentpiece' nie ( - daai woord eers héélwat later geleer.) Ek ry toe maar na sy huis toe, soos dit 'n goeie vriend betaam, of miskien was ek nét nuuskurig *shrug* en vind hom toe daar reeds besig om in sy tuin te werskaf, soos sy gewoonte en roetine op 'n Saterdag maar is.
Hy groet my ewe-vriendelik en vra my of ek nie asseblief vir hom winkel-toe sou gaan vir sigarette en 'n Fanta Orange nie? Ek stem in en koop sommer vir myself 'n Coke. Daai Pêrelp... het seker maar al sy sigarette opgerook heheh! Terug by hom, wag ek geduldig dat hy my inlig oor gisteraand se gebeure nadat ek afgelaai is, maar hy werskaf voort en praat oor koeitjies en kalfies, díé en dááí, álles behalwe wat ek daaroor vrek om te weet. Uiteindelik kán ek nie meer nie en ek vra hom: "Hoe duur was jou...entertainment...gisteraand en waar ís díé nou?" "Ag nie baie duur nie, Fred. R 20. En ek het hom reeds afgelaai vroeg vanoggend. Early this morning..." sê hy tussen sy rokery deur, asof ons 'n doodgewone gesprékkie voer. "O..." sê ek. "I'm going out again tonight, Fred. Would you like to come with?" "Erm...I don't know Anth...where exactly áre you going hmm?" "Oh, the same place probably...I'll see...you don't have to come if you don't want to, you know." "I know. But OK, I'll come with you. What time?" "See you at 9 then, Bye!" dismiss hy my soos gewoonlik wanneer hy in sy tuin wil werk want hy reken ek weerhou hom daarvan met my teenwoordigheid. "Fair enough. See you then! Bye!"



Die aand was soel en warm en...aangenaam, die maan het helder geskyn en die sterretjies was ekstra-hélder so-al asof hulle my duidelik wou laat sien waarvoor ek myself ingelaat het - miskien in die hoop dat dit die lááste keer sal wees? Ons ry met my blou Rover 3500 en die music of the moment is: "Private Dancer" hees en sexy gesing deur Tina Turner. Ek wonder so tussen die lirieke deurluister of Anthony sy Pêrelp... gisteraand 'n private dance laat doen het? Ek lag as ek 'n prentjie in my kop vorm van hóé dít sou gelyk het! Anthony kyk my bevraagtekenend aan maar ek wys met my hand dis niks. 'n Private joke. En dáár lag ek weer! Private joke, private dance? Hahahaha!
Maar eigentlik lag díé boereseun omdat hy kwaai benoud is en níé weet wat om te verwag nie. Anthony skuif ongemaklik rond maar hou sy peace. Piece? Hahahaha! Agge néé man! Ek moet óphou! Hy vra my op voor by die Park Station se ingang te stop, klim uit en sê hy gaan net gou toilet toe.
Góú? Gmmff! Na 'n amper 'n volle uur keer hy terug en vertel my die kakstorie dat hy dáár 'n dude ontmoet het en hulle twee het mekaar afgetos. Ek wys maar net met my gesig dat ek wéét hy lieg, maar ek wonder tóg waar hy so lank was? Ek sou later uitvind by ander, dat dit wat hy claim, het tog wél gebeur, en vind sommer báíé ook plaas.


Ek vra hom om te bestuur want ek ken nie al sy draaitjies en tierlantyntjies nie. Hy maak toe so en daar gaan ons toe terug na die Rotunda toe waar daar vanaand vir jou nou éérs 'n menigte ermm..Pêrelp....(?) staan. Ek sou dan ook later uitvind dat Pêrelp... 'n uitsondering was met die string pêrels om sy voël se punt en dat by vêr die meeste "rentpieces" net gewone, vervelige piepies het. Daar staan ook 'n groot verskeidenheid mans dan dáár by die 'pickup-point' of is dit joint(?) van sulkes soos wat Anthony gisteraand ge-entertain het - tot werkende ouens wat eintlik nét graag hulle skrapse verdienste-geld wil aanvul.
Op Anthony se aandrang moet ek toe één kies wat ek moontlik sou na sy huis toe wou neem om saam met my oor te bly in sy spaarkamer. 'Jy móét, anders,' sê hy 'gaan jou Ma abducted word vir ransom money Freddie, ás jy weier om te kies!' - Dis 'n óú speletjie tussen ons twee om een van ons te forseer om 'n keuse te maak.


"

I'll gladly pay the ransom money!" sê ek om hom te terg maar ek het darem alreeds 'n ou gesien wat redelik ordentlik vertoon teenoor die rés. Hy dra 'n geel t-hemp met 'n blou jean en groot bootse en dit lyk of hy 'n bietjie attitude het. "Ok. Tháttá-one!" En ek wys hom uit. Die ou sien my wyswinger na hom toe wys en kom dan toe ook dadelik na my kant se karvenster toe. Anthony besluit om uit te klim en homself in die donker alley in te begeef...Ek kyk bekommerd in Anth se rigting maar die ménéér het homself al klaar agter die stuurwiel tuisgemaak.


"Thys. Some call me Eric..."

Hy hou sy hand uit en druk myne stewig. "Claude." sê ek in 'n poging om anoniem te wees (dit het gewerk totdat Anth teruggekeer het kar-toe en my naam duidelik gesê het, waarna Eric my dadelik daarná Fred genoem het.) Wanneer Eric glimlag, wys hy jou 'n stel spierwit tande en oor die algemeen as mens eerlik is, is hy nogal aantreklik, ja. Dit blyk toe hy werk elke naweek as 'n Sjef by 'n hotel se restaurant maar gedurende die week is hy werkloos en dit is sy ekskuus, sê hy, om dáár by die ander gigolo-joes' (wéér sy term) rond te hang, in die hoop om 'n paar extra 'bucks' te verdien en synde aan die lewe te bly.
'Bedoel jy die sjef-job betaal dan nie baie goed nie?' vra ek, my nuuskurigheid geprikkel deur hierdie dude wat so ordentelik lyk en praat maar tóg híér by die ander hoere (ja, dis hoere, net soos die vroumense wat die straight mans optel, of dan 'besoek' by die Escort Agency...) "Hulle laat 'n ou darem toe om daar te eet en slaap oor die Vrydag, Saterdag en Sondag, maar hulle betaal kakkerig, ja!" grinnik hy en ek grin onwillekeurig terug. Teen díé tyd het Anthony sy eie keuse gemaak: die een of ander lelike eendjie wat in my opinie nóóít-óóít 'n swaan sal word nie, want hy lyk al redelik ouerig en sekere tande ontbreek alweer! En ai, jai, die hygiene bly 'n kwessie. Maar Anth maak géén verskonings nie en dit word nou vir my duidelik dat hyaangetrokke voel jeens mans wat heeltemal anders as hy is. Dis 'n ware feit dat Anthony altyd deur 'n ring getrek kan word in terme van sy higiëne en kleredrag. En hy het 'n stel pragtige, spierwit tande wat hy goed versorg ook. Ek wonder dadelik wat my dan aangetrokke tot enige 'man' laat voel? Is ek áángétrókke tót hierdie Eric? Eeeek! Ek kyk weer na hom en hy grinnik en sê: "As ek sou sê ek is verlore en jou huis toe volg, sál jy my hou, Fred?" Ek weet toe ek sou, ja. Maar is dit omdat ek seksueel aangetrokke tot hom is of is dit emosioneel? Sh!t. Hóékom is ek so complicated? Ons ry alvier terug na Anthony se huis-toe...
Anthony en ugly ducky is toegesluit in sy kamer en ek en Eric drink koffie in die sitkamer en ek vra hom 'n vragie oor ietsie wat my pla:
'Is jy gay?' 'Nee! Glad nie! Ek is straight.'
Met dié antwoord van hom, kyk ek na hom en lyk miskien 'n bietjie confused. Maar Eric is street-wise en het my lank-reeds opgesom. Hy toe modifiseer toe sy stelling en sê:, 'Wel, moontlik is ek bi-seksueel. Ek is definitief níé gay nie. Ek dink wanneer 'n ou jóú omdraai en van agter af bykom, dan ráák jy gay.'
Ek vra: 'Wat bedoel jy, Eric? Ek meen, hóé gebeur dít, hmm?' 'Wel, Fred, as 'n ou jóú naai verander jy man! Iéts binne-in jou, íéwers in jou verander...' En hy wys na sy naeltjie om my te wys waar presies díé verándering dan plaasvind en gaan voort, '... íéts híér beweeg óp en gaan nóóit weer terug af nie. En wanneer dít gebeur nê, dan verloor jy álle belangstelling in vroumense. Jy vind nét mans interesseer jou seksueel. Selfs menige ex tronkie-donkie próbeer om díé rede 'besigheid' doen daar op die blok. Nou ekke, ' en hy wys met sy vinger na sy bors toe, 'Ek issie só nie.'
'Níé hóé, nie, Eric?'
'Om reguit te praat, géén man naai my ooit nie.' beantwoord hy my vraag en grinnik met sy perfekte tande. 'OK,' sê ek, 'Ek's héél fine met dit, moenie worry nie.'
Hy lyk glad nie asof hy worry oor enigeiets in die wêreld op die oomblik nie. Hy lyk asof hy my iets wil vra, maar huiwer...Ek hou my hand op om hom stil te maak: 'Nee, Eric. Nog nooit nie en wil ook nooit nie, dankie. Verstaan?' Hy glimlag breed en knik: 'Dis presies hóé ek jou opgesom het.'
Ek sien hy't sy koffie klaar gedrink en dat dit reeds 1 uur in die oggend was. Hy strek sy arms uit en gaap met sy hand voor sy mond en vra met 'n ondeunde kyk in sy oë: 'Gaan ons twee nou bed-toe, Freddie?' 'Heyyy,' sê ek om my verleentheid weg te steek, 'nét my familie noem my Freddie, dude.' 'Wél, na vanaand, bélówe ek jou, sál ons heelwat nader aan mekaar wees as familie, heheh!' Ek sê niks dan ís daar niks, maar bloos bloedrooi en lei hom na Anthony se enigste spaarkamer-toe.
In die kamer hou ek my onderbroek aan toe ek in die bed klim en ek sien hỷ óók. Toe ek die lig afsit, beweeg hy dadelik nader aan my en sit sy arms om my. Dit voel nogal OK. Ek is egter ongemaklik toe hy met sy stywe voël teen my skuur en beweeg 'n endjie weg dog nie uit sy arms uit nie. Hy verstaan dadelik. 'Weet jy wat's 'n railroad queen?' vra hy my half-slaperig.



'

Nee. Wat is dit?' vra ek hom. 'Dis 'n homosexual wat die hobo jungles cruise om 'n tramp op te tel om liefde mee te maak.'
Ek's te lui om te vra wat die snaakse woorde beteken, dus string ek hulle maar self bymekaar wáár hulle in sy sin voorkom en verstaan gou.
'Bedoel jy nou Anthony,' vra ek en giggel.
'Ja. En ek dink jou maatjie is 'n 'rear specialist' - dis nou 'n ou wat 'n ander ou bỷkom. Dankie tog, jy het my gekies.'
Ek wil hom reg-stel en sê dat dit eintlik hỷ was wat mỷ gekies het, maar dink dit sal vir hom sinneloos wees...
Voordat ek aan die slaap raak dink ek dat dit is interessant - Dedda - dat mỷ 'klok' glad nie gelui het nie, nê. Maar ek geniet nogal die nabyheid en só ook die vashou-storie, ja definitief.☺ Ek hou hom terug vas en hoor hóé hy in die donker smile...



O, Frederic, jy is lief vir díé Aarde! Die prímítiwítéít, die vérgéétlíkhéíd...


Kom ons gaan sáám na die land van gekheid, die témpel, na die wéggesteekte hémel van menslike-offerhandes. Dáár sal ons menslike harte eet, en menslike borse wat súlke harte huisves. O, só 'n begéérte, só gróót 'n hóngérte in ons. Ráák jy my áán en ek sal jóú áánráák. Drínk jy my bloed en ek sal joune drínk. Dáns die dans van kranksinnigheid en ek sal saam met jou dáns! O, súlke drómers, gékke en gelíéfdes is ons...



Ek skrik wakker uit my droom uit en ontvlég myself onmiddelik vanuit Eric se arms en bene wat soos verstréngelende boontjieranke voel op die oomblik.
Vanoggend is núgter. Gisteraand was...besópenheid?
Ha! Julle het koffie gedrink, Idioot.
Nee man, ek bedoel...besótlikheid. Símpélgeit! Gékheid! Ermm...'n fout. Dit gebeur nie wéér níé, Freddie! Verstáán jy!!



Ek trek vinnig aan en loop kombuis toe om koffie te maak. In die kombuis is Anthony en Ugly duckling reeds op en wakker en besig om 'n brêkfis te verslind. Wél, Ducky doen die vérslínding en Anth eet soos gewoonlik - all proper with knives and forks and spoons.
Hy kyk my quizically aan en ek ontwyk sy bevraagtekende gelaat deur te konsentreer op die twee mugs koffie wat ek voorberei.
'Fred...soos 'n régte huisvrou vanoggend, sien ek...' en hy lag vir my gesigsuitdrukking.
Ek bloos en glimlag maar saam.
Laat hy dínk wát hy wíl. Ek het níks om oor skúldig of óngemaklik te voel nie, dankie.



In die spaarkamer is Eric ook besig om aan te trek. Hy kyk waarderend na die beker koffie, neem dit uit my hand en glimlag en sê dankie daarvoor. Ek sip-sip aan my eie beker boeretroos en maak die venster oop en kyk uit na hoe dit vandag buite lyk. Die sonnetjie lag en die voeltjies kwetter. Duifies koer en dun wolkies speel in die ligte briesie. Dit is 'n mooi dag en ek voel goed. Baie goed. Eric kom agter my staan en sit sy arm om my en kyk ook uit.
'Pragtige dag, nê? Hou jy van swem?'
Ek draai om om sy arms oop te breek en glip daaruit, om, terug na die bed-toe, (wat nou netjies opgemaak is, sien ek) sit en drink aan my koffie.
'Ja, Eric, ek hou van swem, dankie. Maar ek gaan Anthony vra om jou sommer saam met Ugly Duckling terug te vat stasie-toe, OK. Wat skúld ek jou?'
Sy uitdrukking verander en nou lyk hy vir my soos James Dean met sy sulkery: 'Jy skúld my níks, Freddie! Ek dóg toe net dat ek en jy miskien op so 'n mooi dag kon gaan swem íéwers waar dit stil is en ons, onsself kan wees?'
Ek haal R 30 uit my sak uit en druk dit in sy hempsakkie bo-links.
'Nee dankie. Ek woon saam met my Ma en ek moet huistoe gaan anders gaan sy bekommerd wees oor wáár ek só lank wegbly. Dankie vir 'n aangename aand, Eric.' ek skud sy hand nou en hy lyk absoluut gekrenk en seergemaak, maar ek dwing myself om dit te ignoreer. Ek móét huistoe gaan anders sál Mamma geworried wees.
'Totsiens Freddie.' sê hy sedig en loop die vertrek uit om hom by Anthony in die kombuis aan te sluit wat hom toe ook sommer nooi om te deel in die oggendete. Ek waai totsiens vir Anth en neem my motorsleutels en ry kort daarna huistoe.



When I was a small boy, my name was wrítten in the sky where the clouds move quickly in fragments of sky. Rain and sun teased me with their presence. Now...I'm older...no wiser...and still I complain…Is the only thing missing just...what, I wonder? So many things are going so well. My life is gaining momentum. Know what, Eric? ...Fééd on me. Dígést me where I sit. Bé my one and only párásíte. Stríp my flésh bít by bít, then súck the márrow from my bones. And when you’re dóne...just fly away. Seek anóther meal. Damn! I'm dángling from a meat hook in the Freezer of Life!



Mamma is wég vir éwíg. Die huis is leeg sonder haar. Estelle en ek verkry 'n woonstel naby die veeartsgeboutjies en wat op Ontdekkersweg afkyk en Geraldine besluit sy wil met Estelle deel. Ek vat haar woonstel dan oor.
Eric trek in. Ek wou sê sak-en-pak, maar hy het geen werklike besittings nie. Hy is daarop uit om my te court, sê hy. Ek is een in 'n miljoen. Oor naweke werk hy homself oor 'n mik en nooi my vir etes by die hotel in Florida waar hy werk as Sjef of bring dan vir my doggie-bags. Weeksdae dan kook hy en maak die plek aan die kant. Ons luister baie na George Benson, wat sy destydse gunsteling sanger was en méér spesifiek na 'Nature Boy' wat hy toe aan my gededikeer het: "♪...there was a boy, a very strange and gentle boy...and then one day...he came my way...♫"



Eíénáárdig. Eric was baie liefdevol en dit was 'n plesier om van my werk af tuis (Thys te kom *lol*) te kom en hom dáár te vind, besig om te werskaf om iets wat stukkend was heel te maak, die heerlikste geure ontsnap uit die kombuis uit waar hy 'n hele eend gaarmaak en hy hou my vas en vertel my hóé hy na my verlang het en vra my hoe my dag was...man, dit was nice.
En só verloop etlike maande en een Maandag-oggend gooi ek sy tandeborsel by die balkon af op sy kop, nadat ons 'n groot argument binne-huis gehad het en ek hom vertel het om te gaan en die sleutel van die woonstel wat hy het, teruggevra het...die gentle Nature Boy het verander in 'n aaklige vent wat hy gedurende ons argument gemeld het hy kannie gló, werklik ek kan wees nie! Arme Eric. Hy het géén idee van hóé gemeen ek werklik is nie.
Goed dan, die rede: Eric is nogal baie seksueel en het sy drange ingehou vir lank omdat ek nooit wou 'saamspeel' wanneer hy my seksueel genader het nie. Emosioneel was ek die beste in die wêreld, reken hy.
'Kom by, Freddie! Ek het jou lief en ek kan sien jy my! 'n Man het drange, Freddie! Dit is só min wat ek van jou verwag, Freddie!'
'Wát présíés soek jy???' vra ek en my oë moes verdonker het want ek was op die grens van 'n uitbarsting.
Wat de f!k gaan aan met die dúde? As hy my dan nie wil hê nie moet hy f!kk!f en iemand gaan soek om te f!kken naai!! Daar is baie meer-as-gewillige hoere waar hy weet om hulle te vind!
Hy lees my soos 'n boek. 'Het jy gehoor ek sê ek is lief vir jou, Frederik?'
'Dúídelik ja. Dankie, Eric.' Ek voel en ís egter yskoud binne myself.
'Ek soek nie 'n hoer nie Freddie. Dit is juis waarom ek saam met jou is! Verstaan jy dan nie? Of wíl jy net nie vérstáán nie, Freddie?'
'Dis nie dit nie, Eric. Jy moet meer geduldig met my wees. Hierdie ...dinge...is nuut en vreemd vir my...'
'Wat? Om my p..l te suig is dieselfde as om 'n roomys te verórber, Freddie. En jy doen dit só móóí...'
'Wat!?'
'Suig aan die roomyse...'
Hy knyp sy broek voor by sy gulp vas en grimace asof hy in pyn is. Dít was die laaste strooi vir my. Ek het skuldig en verleë, sowel as woedend gevoel omdat hy van my verwag wat ek nie kan gee nie.
'Jy wéét ek kots as ek probeer, Eric. En ek hét jou al anders bevredig, jou liegbek!' 'Wat, Freddie? Dink jy aftos, wat ek self kan doen, is díé vólmaakte seksuele daad tussen twee mans? Ag my bliksem, man! Fok! Kom fokken by, Freddie!' en hy lyk nou behoorlik omgekrap.
"Is dit nódig om altys so kras en reguit te praat Eric? Besef jy nog nie teen nou al dat ek dit haat as iemand vulgêr is nie? Ek dink jy moet gaan, Eric. Baie dankie vir álles wat jy vir my gedoen het, maar ek wil nie voortgaan met díé verhouding nie. Ek reken ek gaan eerder vir my 'n meisie kry en nórmáál wees!'
'Hahahaha! 'n Fokken vis? Ek dink nie só nie, Frederik! Ek dink nie só nie...! Maar as jy dan wil opbreek met my dan sal ek maar gaan...'
'Asseblief.' sê ek koud en kyk ongeërg hoe hy sy tas pak.
Soos ek gesê het, het ek toe sy tandeborsel wat hy vergeet het om in te pak, van die balkon af op sy kop gegooi. Hy het net sy oë na die hemel toe opgeslaan, so asof hy wou vra waar in hemelsnaam kom díé ou vandaan?



Hy eindig toe by Anthony op en daarná wou ek absoluut oor die jare heen, niks met hom te doen gehad het nie. Ek is seker Anth het sy p... vir hom gesuig en méér. Hy is toe later met 'n Taiwanese vrou getroud en het twee seuntjies gehad, Donovan en Matthew, wat baie kom kuier het. Ja, ons was vriende van 'n sóórt, maar nooit ooit weer...saam nie.



Ek bly daarná weg van die mense wat veronderstel is om my
klok te lui, maar nie kán nie.



Kon Jacques my klok laat lui?



Lees maar my storie "Outenieke Gewaagdheid"
hieronder en vínd uit!




Sommiges sou ons sien as skimagtige figure met 'n onduidelike afkoms wat tevergeefs probeer om 'n respektabele identiteit te verower. Haha! Ek wonder tog nou, DG. as ek só na dinge terugkyk, of ons albei nie maar 'n geheime transformerende oogknip moes gehad het wat ons in macho-superhelde laat verander het, die óómblik as enige een van ons eie geslag, wat nie ons verstandhouding verstaan het, nadergekom het nie? En CDP. Hy was so 'n uitsonderlike figuur hierdie individu wat as 'n outonome wese met selfkennis en 'n "menslike essensie" maar net toenemend uitgereik het na 'n volmaakte realisering terwyl ekself telkens om definisie aan my destydse ietwat-onstabiele identiteit te gee, telkemale buite myself uitgereik het na 'n verskeidenheid 'ankers'. Ek blỷ egter maar in my inner-hart getrou aan díé stel bourgeois-waardes wat ek uit my jeug saamgbring het en aldus oorweeg ek toe die moontlikheid om 'n kick te kry uit getróúheid uit deur in 'n 'vaste verhouding' in te gaan..



Sê Timothy Leary dan nie: "'n 'Orgasme' 'n dag láát die Dokter wag," nie?


Ek is héél tevrede en OK met 'n drukkie, miskien 'n soentjie en net 'n paar ou aanduidinkies van teerheid en liefde, dankie. Vernuftig uitgekose tekste laat my dink aan die besóndere seksualiteit en wréédheid wat sovéél van die Bybel ten grondslag lê, ja - "Want 'n hoer is 'n diep kuil en 'n ontugtige vrou is 'n nou put..." En 'n man? Néé, ek dink nie dat daar ooit regtig 'n verwysing is na 'n 'man-hoer' nie. Is Die Bybel dan nie déúr máns geskryf nie?


Sédert die val van Adam bly één gedeelte van ons rys...maar ékself is nie regtig seker wíé of wát dít regtig is wat veronderstel is om die...ópstanding teweeg te bring nie. Hulle sê twyfel is 'n honderd keer meer smaaklik as die waarheid, maar ek wil eerder dan maar die bítter waarheid weet. Die van my familie en ja, vriende, wat vir Johan Meyer gekén het, sou nooit regtigwaar met my saamstem dat wat ek in die vorige paragraaf geskryf het oor my 'vaste verhouding' vir Johan geld nie. Máár hulle het hom nie wérklik geken nie. Hy het doelbewus homself as dom en somtyds niks minder as onnosel, voorgedoen, maar dit was bykans altyd om interaksie met ander te vermy en dan sy vólle aandag katpootjie-sag, aan my te wy. Hy't my moods gou leer ken en aanvaar.Hy was nooit intellektueel opgewasse teen my nie en nie werklik my meerdere in enige opsig nie...behalwe...hy was ekstraordinêr-aantreklik. En dít was nie alleenlik mỷ eie siening nie - au contraire, ons het heelwat próbleme opgetel omdat sekere idiwidue nie wou aanvaar dat so 'n model-agtige man sy vollee aandag aan iemand so ordinêr soos ek sou toewy nie. Díng is, wanneer Johan sy mond oopgemaak het, het jy geweet hy is beide ongeletterd en dadelik jou mind opgemaak hy is dom ook. Gróót fóút! Hy was slinks. Straatwys en het geweet wanneer om te glímlag, te húíl en wanneer om net sy smoel te hou en sy welige kop blonde hare te skud en te sweer hy is jammer en sal ierts nóóít weer aanvang nie. Ja, hy was soos 'n klein seuntjie in menige opsigte en gééneen wat só ná aan hom gekom het soos ek het, kon hom níé oombliklik vergewe vir enigeiets nie. Soos vántevore was dit weereens ékself wat nie 'n verhouding kon handhaaf nie. Ons het as’t ware op ‘n reuse-kruitvat gery, ek en hy. Soms hou ons hande vas en deel emosies. Ai, Freddie. Jy speel met dinamiet hier. Die brand is miskien nie altyd dodelik nie, maar dit is séér. En jy lê al klaar nagte wakker hieroor. Maar wat doen jy, wanneer jou geliefde se gesig telkens verhelder wanneer hy jou sien, soveel so dat dit lyk of iemand 'n duisend kersies in sy oë aan die brand gesteek het? En hy soen jou tótdat jy met hom saamstem oor iets waaroor julle geargumenteer het?
Soyez lumière ! Laissez votre mouvement d'esprit étourdiment! Wéés ligsinning en laat jou gees vrylik ronddwaal! Maar my siel versmóór in hierdie lyf!



Ééndag, na vier jaar van redelike goeie samesyn, met die gewone ups and downs, ontplof die kruitvat en ons altwee is opslag dood (- vir mekaar.)
Later ontmoet ek vir Raymond, wat gereeld waar ons ookal onsself bevind het, sleggesê het. Die gras was altyd groener aan die ander kant (en hy't báíé daarvan gerook, ja!)
Ek was dádelik tot hom aangetrokke. Nog self jongerig (ek 31 en hy was 27) het ek hom eintlik geidoliseer. Ek het inderdaad dan ook spesiaal sy tótále dissatisfaksie geidoliseer - want ék was klaarblyklik die enigste eksepsie.
Terwyk hy lief was vir my, het ek hom totaal aanbid amper. Ek het saam met hom kokaĭne wat destyds 'n hefty R 350/gram was, probeer snuif nadat hy dit met my bankkaartjie netjies gekap en in twee lang lyntjies georganiseer het. Hy het sy lyntjie uiters effektief opgeslurp in sy neus in, in die neusgat wat van onder af effe-groter vertoon het en gaan sit op die voorkamerbank asof hy werklik in die helel/nirvana/paradys is! Ekself het gebuig oor die tafeltjie met die tienrandnoot opgerol, en begin lag oor wát ek doen en daar lag ek R 200 s'n weg af op die mat, kreun hy! Ek snuif die res in, maar my neus begin bloei. Eish! OK. Die goed issie vir my nie dankie, Raymond! Máár, ek sou vir ewig saam met hom wees en ek het hom méér vertrou as enige-een voor hom. Maar één dag, ses maande in ons 'ding' in, val alles plat. Hy vertel my tóé hy wil saam met andere ook 'slaap'. Ek besef dadelik dat hy moeg is vir my klok wat nie regtig wil lui nie. Miskien méér ontevrede oordat ek nooit meer as wil...speel..nie. Speel is veilig. Dis níks regtig nie. Ek dag altyd my emosionele 'gee' is genoegsaam. Klaarblyklik nie. Met iemand anders of selfs meer andere 'slaap', ...? Nopers dude! Hmmm..ek kon dít net eenvoudig nie aanvaar nie. O, ek het dit verstaan, ja. Maar ek is 'n Leo. Ons eien ons dierbares. Woerts! Wég is hy!
Hy is dan ook dadelik Greefswald toe, anderkant Sonderwater se Tronk in Cullinan, waar hy gerehabiliteer sou word vir 'drug-abuse' soos ek hom destyds gevra het om te doen! Homself oorgeggee en gevolunteer. Sonder water, sonder seep... - dis wat die geharde Sonderwater moordenaars, verkragters en gewoontemisdadigers altyd glo sê, heheh! Estelle teken toe vir my 'n portret van hom van sy foto af en ek kan net nie genoeg daarna staar nie. Ai, ek was alweer obsessief. Ek't hom dan weggewys!
Ek het hom probeer uitsmokkel met polisie en polisiehonde en flitsligte in my oë in die nag se donkerte, hy in die boot ek bestuur en daarin geslaag ook, totdat hy van die huis af daarheen gebel het om te hoor wat gesê is oor sy 'ontsnapping.' Dit blyk toe dat niemand weet nie en hy laat my toe sowragtig ry sodat hy dagga en drugs kan koop en hom wéér (dieselfde aand) in die veld aflaai by Greefswald, sodat hy ongesiens en ongemis terug kan keer en sy vriende dáár kan trakteer! Ai! Vamoose Goose!
Ek wonder...het hy teen nou al 'n edele dokter geword wat die behoeftiges bystaan? Is hy dalkies nou getroud met 'n Koekie wat kan bak? Is hy nog steeds besig om 'n swendelaar te wees en met drugs te deal? Hóóp nie so nie. Onthóú hy my stééds? Hmmm...ek dink so. Hy't gesê ek het die grootste indruk ooit in sy lewe op hom gemaak en my bedank toe ek hom raakloop in Kaapstad (waar ek saam met Jacques was,) met die versekering dat hy my nooit sal vergeet nie. My hand geskud en my gedruk. Daar was 'n swanger rooikop meisie saam met hom maar hy het voor haar gesê dat hyself nie verantwoordelik is vir haar swangerskap nie. Ek't in alle geval daarop aangedring dat hulle die kind, as dit 'n seun is, Freddie noem. Beide was geneë daarmee en het breed geglimlag. ☺En toe keer ek terug na Jacques. Jacques Janse van Rensburg. Hy was besig om wasgoed op te vou by die laundromat waar hy dit laat was en stryk het. Jacques was baie domesticated. Hy kon kook, was, stryk, skoonmaak, bak, 'n naaimasjien operate en dan ook in die tuin werk en díé skoon en netjies hou. 'n Braai bou uit facebrick uit en die kar regmaak sou hy gaan staan. Hy kon 'n mean game pool speel en rugby was sy forté. In die bed was hy stil en rustig en uiters teer en liefdevol. Onthóú, ek wou dit só hê. Maar hy was ándérsíns 'n S.a.t.a.n:



Outentieke gewaagdheid

“I’m Popeye the Sailor Man! I’m Popeye the Sailor Man! I am what I am and I don’t care a damn. I’m Popeye the Sailor Man! Beep! Beep!”



Liefde, móét ons almal wéét, besef, is nie net díé méés verslawende dwelm nie, maar ook die bevredigendste…Dis nou as jy dit óóít regtig teëkom.



En só is dit ook dan dat ek dit eendag tot my konsternasie wéét en ja, besef. Daar is só baie tipes liefde. Ek wil nie díé een
verduidelik nie. Niemand sal tóg verstaan nie. Maar OK.
Miskien moet ek tóg maar meld dat ek na my Pa se liefde gesoek het wat ek altyd gevoel het nóóít daar was vir my nie. En wáár kry jy dieselfde liefde. In iemand sóós jou Pa…En dan ééndag weet jy skielik - dat jy dit nie meer nodig het nie. Dat jou Pa wél lief was vir jou. Op sy unieke, eienaardige manier. Sommer baie ook. En jy smile want jy’s vry! Maar vóór jy dáár kom gaan jy eers deur alles wat jy moet deurgaan om dit te besef – eendag!----- Toe ek in ’n blou uniform rondgeloop het destyds op Roodepoort Hoër, met ’n silent crush op Melinda van Niekerk, het ek gedink liefde is net vir moviesterre bedoel. Ek het ook maar altyd altyd geglo dat meer as een deksel gewoonlik op die meeste potte pas…



Díé Pa-ou, Dedda-clone, Henry William-be alike, hỷ tree my lewe in by ‘n poolkamer in Hillbrow, waar die ou Copacabana Dance Club eers was…hy wen elke keer maak nie saak teen wíé hy speel nie. Hy sit sy cue neer, tel sy geld en se (vir my?): “Vat my huistoe en kyk agter my asseblief. Ek is dronk en verdwaal,” en trek ‘n 750ml bottel Three Ships Whiskey van iewers af uit.
Ek kyk eers na Peter Wright, my vriend en dan weer na hom. Het ek reg gehoor? Peter het my die hool ingesleep om self pool te speel. Ek speel nie eintlik nie. “You heard right, allright.” Sê Peter hard bokant die musiek. “OK. See you later then. Kom jỷ?” vra ek koelerig na die ou wat kwansuis verlore is se kant toe. ‘Ek kom, ja.’ In die spaarkamer sit ek hom in die bed - pens-en-pootjies en steeds in sy klere, en gaan kyk TV in die sitkamer. Die gebeure daarná is ‘n warboel in my gedagtegang: Ons (ek en hy) trek kleinhoewe toe in Daleside. Dáár loop dinge goed af vir ‘n rukkie maar hy verdwyn met my werk-Audi. Estelle en Annette spoor hom op in Braamfontein en verkry my kar terug sonder dat my firma daarvan weet wat gebeur het. Later keer hy terug saam met Mariaan, sy vrou (só claim sy) en ‘n vriend, Whitey. Ek jaag die hele spul weg, nadat ek Doom in sy oë gespuit het en sy regterhand katswink geslaan het met ‘n baton. Heelwat later kom hy weereens terug. Díé keer om te bly! Ek’s klaar met daai vroumense! OK. Time will tell… Binnekort vat hy die bakkie, laai hom vol van my besittings en wêg is hy! Geen sien van die Blikkantien! Whitey, wat ek opspoor by Mariaan Se ouerhuis, vertel my gou hulle (hy en sy vrou) is Durban-toe waar hulle my bakkie gaan verkoop en sy gaan escort om hulle aan die lewe te hou. En hulle hoop om vir ewig gelukkig saam te lewe. Ek het niks teen die laasgesegde nie, maar my bakkie wil ek terughê. Hy’s nog op HP. Af Durban-toe is ek saam met Whitey. Vang hulle dáár met behulp van die Polisie en laat hulle opsluit in Durban se selle. Ek koop nogtans vir hulle sigarette en iets om te eet en drink in die selle. Die Meyertonse Polisie kom af om hulle terug daarheen te vergesel, want die diefstalsaak is gemaak in Meyerton. Whitey ry die Audi, ek die bakkie en hulle sit vasgeboei tussen twee polisiemanne oppad terug na Meyerton Polisiestasie. Dáár gekom, word Jacques en Mariaan in aparte selle opgesluit. Verhoor-afwagtend. Jacques gesels gereeld met my en smeek my om hom weer ‘n kans te gee. Die saak terug te trek. Mariaan kan teruggaan na haar ouers toe. Hy vat haar net altyd saam om vir hom te sorg want hyself het geen werklike werksondervinding en kán dus nie en wíl ook nie werk nie.
Ek versag in my hart. Ek gee om vir Jacques. Niemand sal verstaan nie, weet ek. Ek trek die saak terug, bedank by my werk en trek terug na ‘n woonstel in Hillbrow toe. Ek gaan óór begin. Ek móét oor begin. Jacques en Mariaan slaap oor by my in die woonstel. Mariaan kom skielik met wat volgens háár, ‘n briljante plan is na vore…ons aldrie sal saam in my bakkie afry Kaap toe en dáár almal ‘n nuwe begin maak. Sy besef ek en Jacques is naby aan mekaar (soos broers, add sy haastiglik on,) en sy wil nie die rede wees dat ons uitmekaar gaan nie. Jacques stem in en kyk lank en ernstig na my: Ek wil jou saam met my hê oral waar ek gaan, Freddie. Verstaan jy? Natuurlik verstaan ek Jacques. Ek wíl verstaan! OK. Mariaan trek toe daarná ‘n groen rokkie aan en ek is tot vandag toe nog nie seker of dit uit jaloesie of net ‘n kleurkeuse was nie. Haha! Jy weet nooit met daardie bitch nie – maar lees voort dan sien jy wat ek bedoel. Ons gaan Pretoria toe, ek en sy. Dáár gekom, vertel sy haar ouers ons twee gaan trou en stel my voor. En sy vat al haar besittings en pak díé sommer by haarself op die bakkie. Haar ouers lyk absoluut ongesteurd asof die tipe dinge elke dag gebeur.


En daar gaan ons vort. Laat my ou werk weet waar om my Audi op te tel, tel Jacques op en vort is ons Kaap-toe. Eish! Daar is dingetjies wat pla. Diskrepansies met wat beplan is, oor gedroom was. Máár om die waarheid te sê, dit sal ’n kwade dag en die dood van vriendskappe en verhoudings wees as mens dit nie kan regkry om klein dingetjies oor te sien en te vergewe nie. Ek is ietwat van ’n closet soapie-kyker. Soos almal wat my ken of behoort te ken teen dié tyd weet, al hou ek my ook hoe taf, is ek vreeslik corny in murg en been. Sien, ek en Afrikaanse mans het nog nooit om dieselfde braaivuur gesit nie…ons is nou maar net nie uit dieselfde materiaalstuk gesny nie. Ek beskou myself as sekerlik die mees oopkop nuwe generation Afrikanerman wat jy kán ken, met ’n verstand soos ’n vlymskerp mes. Maar Jacques is anders…hy gee met outenieke gewaagdheid erkenning aan elke deel van sy psigiese. En dít beïndruk my, sy ander swakhede – en daar bestaan ‘n menigte – skoon vergete. En waar in die wêreld kry jy ’n ‘boy friend’ (as ek dit so kan noem,) wat na ’n fight of stilstuipe vir jou sê, “Sulke dinge maak net ons verhouding sterker.” Én dan gereeld stoele vir jou uittrek ook! Respek. Ek demand dit!


Hy verstaan my! Ek hom. Wel tot ‘n mate wat sien hy óók is maar: -
Deur drank deurweek;
Deur Poes Verwoes;
Deur Piel verniel;
Deur A.G. Visser.

Gelukkig was daar dóp en dóós om my te troos!


Sóós byna alle Afrikaanse mans - en buitendien, ek en Jacques se ‘verhouding’ is ’n komplekse politieke, morele, ekonomiese én sosiale konsep. Nevermind iets wat Mariaan regtig sou verstaan nie! Partykeer verstaan ekself dit nie!
Ons fok toe maar voort. Bly in plekke en ‘vergeet’ om te betaal. Benodig ‘n kamera? Jacques ‘vat’ net een in Colesberg in ‘n kafee toe die eienaar sy rug draai om hom sigarette te gee. Mariaan sal natuurlik later in haar eie inkom – deur te gaan escort. Sy lyk goed in haar skrapse kleredrag wat mans gou-gou lelik jaggalas sou maak. Doen níks vir my nie. En sy kan dit sien ook. Ek score nog ‘n punt minder by haar heheh! Jacques dring daarop aan ons moetaldrie op een bed slaap, hy in die middel. Eish! Mariaan lê heelnag amper wakker om net toe te sien dat erm…wat sy dink tussen ons gebeur in haar befokte mind, níé gebeur nie!
Ons parkeer in die veld. Nêrens om heen te gaan om te slaap nie. Jacques gaan steel ‘n menigte kussings van banke af by ‘n hotel om ons gemaklik te maak. Mariaan slaap agter op die bakkie. Ek en hy in die veld op die gras. Sy kry vele nagmerries wat sy oombliklike aandag vereis, maar hy is darem ook street-wise en sien gou deur haar dinge. ‘n Klap hou haar stil maar dit het só weergalm in die stil aand, dat ek nou ook wakker bly lê. Hy slaap. Diep. Snork liggies.
Ons ry híér en dáár en eindig uiteindelik op in Oos-Londen.



Ek sip stadig aan my Cointreau en onthou op my tong se proebuisies dat die lemoene wat hierdie besondere likeur se basiese bestandeel is, kom van Seville in Spanje af. Ek noem dit dan ook aan Jacques waar hy sit en my koffiemeul visstokkatrol se kraaines probeer ontrafel. “Blỷ wég van die seksonderrig boeke en videos, jy weet donners goed waar jy vandaan kom!” Jacques Janse van Rensburg. Of te wel, soos sy ex-vrou wie se naam Mariaan is en wie hỷ Meraai roep, aandring om hom te noem: Hannes. Fok sy’s besitlik. “Ek praat van die lemoene wat in hierdie likeur is, Jacques.” Hy ignoreer my verduideliking flat en gaan voort:
“Môreoggend, nog voor die sonbesies hulle pishorings afgeskud het, drop ek die clutch.” Hmmm…-die maklikste manier om slim te wees is om oor iets onnosels te dink en dan die teenoorgestelde te sê of doen- (Hy bedoel hy gaan sy vislyn met hoek diep in Oos-Londen se hawesee incast.) ’n Mens sê natuurlik díé sin met die nodige mannerismes en intonasies wat dit soos die outentieke Jacques laat klink as jy dit sou oordra aan enige een. ‘Min mense weet dat as jy koraal vat en dit bruin verf en met houtskroewe aan die skedel vassit 'n kind dan net soos 'n takbok lyk, maar ek wed jy weet, Hannes!’ dink ek half-kwaad. Help nie jy’s ontsteld nie, Freddie. Dis eerder nou die tyd om die oranje kamers van Seville lemoene uit te suig en die soet smaak in jou mond uit te dop, Biepbop! Polish af díé bottel Cointreau!
Ongeveer 'n uur se ry suid van Johannesburg, op die grasvelde van die noordelike Vrystaat, kom ons toe, tydens ons afrit hierheen, heel onverwags op 'n heuwelland af met plantegroei wat lyk of dit eerder in die Hoëveld hoort en kort daarna ‘n veldbrand wat weereens aan die ou Transvaal herinner en verlange meebring: ‘O bring my terug na die Ou Transvaal, daar waar my Sarie woon…’ Dis vroeg in 1994 en ons is nog steeds die meer-bevoorregtes, hoewel ons nou nie juis innie pond-seats sit nie.. Dit was na ‘n insident dáár, wat ek besef het dat die flambojante beeld waarmee Jacques ’n kultusfiguur in my lewe geword het, behoort duidelik toe aan die verlede.
My obsessiwiteit was egter nog steeds héél lewendig en ál-groeiende. Die insident was toe hy Mariaan behoorlik aanrand en slegsê dat die see haar nie sou afwas nie. Ek besef nou ek was toe nog redelik simpatiek teenoor haar. Ek sou eers baie láter uitvind sy is most likely die grootste bitch wat ek nog ooit teëgekom het of moontlik óóít sál ontmoet in die toekoms óók! Ek besluit toe daar en dan om my eie attitude te verander. Díé oor-en-weer-gebliksemry gaan my nie oorkom nie, no way José! (Min het ek gewéét…)



Die nuwe voete-plat-oppie-aarde houding wat ek besluit het om aan te neem, is ‘n heerlike verrassing vir ek en Jacques, albei. Gaan dit hou? wonder ek. Ek’s steeds maar soos voorheen redelik kompromieloos. En Jacques blyk altyd en klaarblyklik vir ewig, gevul te wees met ‘joi de vivre’ (lewensblyheid) – ek gebruik juistement die Franse terminologie omdat die Cointreau nog vars op my tong lê en rus. Ja, Franse likeur - die Spaanse lemoene ten spyte. Sy blyheid – Biofiliakties - word darem ook nét soos my nuwe houding aan en afgeskakel soos hy wil en is nie wérklik ‘n algemene karaktertrek van hom nie. Déésdae soek ek voortdurend na nuwe opwindende ondervindinge. Soek na nuwe ervarings sonder om regtig meer te huiwer…en dit terwyl ek maar nog soos altyd my malle moer afwerk om ‘n Phme te verkry. Vir wíé en wát weet ek nie! Ja wat, dis geen pagan paradys díé lewe, see en son en saffier ten spyte, nie! Ek het ‘n voorgevoel van onheil, so asof díé lewe nie lank gaan wees nie. En die Piet-my-vrou sing ook dan al lank en gedurigdeur daaroor… ;-)
Ons woon in ‘n huisie in die Queenera Karavaanpark in Gonubie. “Gonubie a star one day!” Ha! Jacques sê nogal baie: “Óne day is óne day…” Spesiaal as hy ‘n dop in het en huiwer op die afgrond van mishandeling.” ‘Abused wife-syndrome.’



Vraag: “Kan mense régtig verander?”
“Kórt of láng antwoord?”
“Kórt.”
“Hel, nee!”
En hy kerf ‘n donker versie neer
Op die loop van sy geweer…

Glimlaggend, met 'n silwer teepot in die een hand, ‘n melkbekertjie in die ander, staan die aanvallige, ‘frequently abused and more often fucked’ (ex-ex-ex -) Mevrou Janse Van Rensburg by die huurhuisie se tafel. Die soel somerluggie vanaf die Oos-Londonnerse see en die opwinding van al die ongewone aandag wat sy skielik van haar man af kry laat haar wange blosend gloei. Haar wit gebleikte haarlokke val koketterig oor haar wel-gevormde voorkop. Haar melkwit tande glinster soos pêrels tussen haar granaatrooi lippe. Sy is jongerig én sy is nogal mooi ook! Tiffany, the Escort Girl. Solank as hy sỷ deel van die seks kry worry hy nie wát sy vrou doen met wíé nie – solank sy geld inbring. Die lewe is té kort om te werk. Die 1400 Nissan bakkie blyk met dié filosofie saam te stem en ry soos ‘n droom Mosselbaai toe. Sỷ kla dat ek kwansuis met sy hare speel waar my arm agter haar in die middel en hóm wat bestuur, lê. Hyself sê niks. Ek ook nie. Ons gaan net voort met sing: “Put your sweet lips a little closer to the phone; let’s pretend that we’re together all alone…” Die rit se imposante berge is wonderlikmooi. Dis nou hoogsomer. In Mosselbaai, die óú dorpie is dit heel rustig. In die strate tussen die winkels loop enkele voetgangers heen-en-weer. Die kinders is op skool. Motors en motorfietse is skaars. Visgerei- en Pandjieswinkels is volop. Onsself beweeg met 'n slakkepas op die hoofstraat. Soek blyplek en díé dan nie te vêr van ‘n Eskortagentskap nie, gehoor? Jacques smile vir sy brood wat beide kante gebotter is en sy glimlag terug. Ek skuif ongemaklik, verkramp rond. Ons verlaat uiteindelik die mooi dorpsgebied en ry terug na die ATKV-oord by Hartenbos. Dié hutjie-huisies is te dúúr en naby te veel vakansiegangers verneem en ek toe ek uit die bakkie klim en ‘n saal binnegaan waar 'n paar tafels staan met 'n aantal primusstofies daarop. Sonneblomolie word gekook en 'n klompie stewige tannies is besig om vetkoek met mins te bak. Verder aan staan daar nog tafels waar 'n paar jonger vroue tee, koffie en koeldranke bedien. Hulle verkoop dit aan die menigte vakansiegangers. Dáárby saam ook vars en geurige pypkaneel & suiker pannekoeke soos matjies, netjies opgerol.
Ek koop drie pannekoeke, drie vetkoeke en drie blikkies Coke. Die langpad geryery, Mariaan se ‘moodiness’ en die blyplek-soek is honger- en dorsword aktiwiteite. Ons ry na ‘n vervalle, nabygeleë Inryteater wat nie meer in gebruik blyk te wees nie en eets ons proviand waar ons om die wit bakkie staan. ‘n Man begin naderstap aan ons vandaar vêr af aan die oorspronklike ingang van die drive-in en roep alreeds: “Hallo. Halloooo…” Amish.† Hy en sy vrou en kinders. Oppaser van die inry sowel as die omliggende eiendom waar telke rondawels beskikbaar is vir goedgekeurde verblyf – hy kyk ons uit en besluit klaarblyklik ons ís OK. Geen elektrisiteit nie en hulleself gee nie om dat ons ‘n motor besit nie, maar die twee perde en karretjie is buite perke vir verblyfgangers. R 200 per maand. Ons is huidiglik die enigste huurders. Ons trek in. Mariaan wil sepies kyk op die swart en wit TV’tjie wat ek saamgebring het en Jacques konnekteer díé toe aan die karbattery en maak ook ‘n kampvuur buite waar daar braaifasiliteite is. Wie wil nou kop bó water hou as jou naam Jacques is? Kry hierdie somer daardie ‘Jacques Cousteau-gevoel’ in die vlak water. Al wat jy nodig het, is 'n duikbril en snorkel - en dalk paddavoete en 'n duikpak.. Ek “verkry’ al hierdie ‘benodighede’ tesame met twee groot sterk visstokke (één aand tydens ‘n besoek, aan Hartenbos se agterlosige- AKTV-vakansiegangers, vir hom. Is ek dan nou nie my Pa se kind nie?)


Amish. Hulle seuntjie vertel my toe heel onskuldig dat sy Mamma sê dat die swart klere wat op die wasgoeddraad hang en wat aldrie van ons so graag dra is van die duiwel af. Die Amish wil ‘n eenvoudige lewe lei wég van die Wêreld en dié se invloede, tegnologie en euwels. Ek merk bv. Dat hulle nooit knope op hulle klere dra nie en ook dat die man net ‘n langerige baard dra maar geen snor laat groei het nie. Ek vind toe later uit dis as gevolg van die assosiasie met die militêre. Hulle leer dan ook hulle kinders by die huis en laat hulle nie na publieke- of privateskole gaan nie. Dink jouself nou in: ‘n Daggarokende swetsende moody en bitchy hoer, ‘n welbekend-in-geregsirkels én gesóékte dief, dan óók nog ‘n gewoontemisdadiger en vroueslaner en ‘n Glo-nie-in-die-Christelike-God-nie swartdraende, avontuursoekende, vorige Maatskappydirekteur en amper-maar-nog-nie-stamper man, -- aan’t wonende by díé “onskuldige, naïwe Amishse gesinnetjie.” ‘n Resep vir disaster? Ag toe níé hoor! Ons los hulle uit en hulle los ons uit. And ne’er shalt the twain meet!



Ons kampvuur gooi nou vlamvlekke in die skemer waar ons op boomstompe sit en die sterre en klank van die see bewonder. Dis laat-laatmiddag, net voordat Mosselbaai donker word om jou Ek koester geluide name, reuke en herinnerings van Johannesburg en mis díé sondige stad skielik iets vreesliks. Dóg - Mosselbaai is een van die mees pragtige kusdorpies langs die Tuinroete. Lank reeds bekend as ‘n oulike klein visgemeemskappie wat eers regtig opwakker aan die begin van elke vakansie-seisoen en spesiaal nóú met Kersfees om die draai…Mosselbaai met sy kilometers se wit strande langs die Indiese Oseaan, spektakulere uitsig van die Outenika berge én lewendige seeleeu-kolonie om nie te noem ‘n vissermans-paradys nie….nuwe ervarings, Freddie! Jy’t jouself belówe nadat jy móég geraak het vir die alledaagse werk en kompromie met alles en almal wat jou bykans dóódverveel het. Allés net so laat staan en opgegee om saam met hierdie ‘kind van die wille voël’ rond te swerf en saam met en déúr hom te leer om oor niks en niemand te worry nie. Om jou eie man te wees. Kophou! Jy sal moet soos ’n suigling weer leer loop…val, opstaan, kan nie net bly lê nie! Damn shame dat Mariaan vir hom ‘n ‘moet-saamgaan’ storie was. Maar ek verstaan duidelik dat hy wil hê sy moet haar gewone Eskort-pligte hervat so góú moontlik om hom (en my, haha!) te versorg en sodiende, júís omdat sy van 17:00 tot en met 05:00 ‘werk’, ons vry te laat om dinge(?) te doen…Onwillekeurig onthou ek dié tydperk toe ek nog net 10 was en Dedda saam met Mamma se broers Hendrik en Piet en ander mans, die legendariese skat in die grot agter die Augrabiese Waterval sou gaan uithaal en aldus almal skatryk sou wees. Dedda was dan ook die gekóse een om heeleerste met die tou afgelaat en ingeswaai te word agter die sterk water afvloei in dan deur ‘n sterk flitslig aan en af te skakel, te indikeer dat die skat wél daar is en sodiende die ander af en binne die grot te verkry (dís nou manwees?)…ek het die dag toe Dedda my Mamma vertel wáárheen hy gaan en vir wélke rede en ook hóé dinge gaan gebeur ingeluister en bang geword vir Dedda wat blykbaar eerste die gevaarlikste deel van díé idiotiese avontuur sou aanpak. Toe hy gaan wou ek hom goodbye soen, maar Dedda het my hand geskud en gesê “Mans soen nie mekaar nie. En raak ontslae van daai pers hemp, Freddie. Jy wéét mans dra net wit smarthemde.” Ek kannie onthou hoe díé avontuur toe geëindig het nie, net dat hulle sonder die skat en Dedda dan ook veilig teruggekom het. ‘n Vallende stomp wat klaar halpad tot as verbrand het, ruk my terug na die hede. Ek gaap lang gape, sê beleefd goeienag (Mariaan respondeer natuurlik glad nie,) en gaan lê in my dubbelbed wat Jacques (nie Mariaan nie! Heheh!) vroeër netjies vir my oorgetrek het met die linne en beddegoed wat ons saamgebring het en saam met ‘n moviese klomp goed onder die tarpaulin van die bakkie gepak het voor ons aanpak van ons “Groot Trek.” Hulle, die getroude-geskeide-getroude-geskeide wéér getroud en weer geskei ad nauseam -paartjie gaan bô in die plafonbed slaap. Skaars hét die twee toe die bed die leer-op bereik, of ek hoor ‘n onaardige gedoef-doef teen die plafon, suig-geluide, kreune en nat gorreltjies. Ek wonder vlugtig of dit in die rondaweltjies sonder elektrisiteit en ander moderne gerwiewe net dalkies spóók, maar besluit om dáár en dán my oë, neus, ore en mond dig toe te hou en te slááp!
Mosselbaai dan van daai dag af vórentoe:
Vis aankoop vanaf die I&J skepe oppie hawe en dan her-verkoop aan karavaanbewoners, die Hartenbos ATKV’ers, Vis en Chips winkels en Hotelle en Restaurante – spesiaal seekatte; Vis steel in boxe en uitloop asof jy dit gekoop het, by I&J en SeaHarvest; stoppe (klein R 2-stuk koerantpapier-toegerolde-dagga- hoeveelhede) uitsmokkel vir die Eskortgirl uit die kleurling gebied uit, Die Du Plessis Visserbroers noem die Spietkops en Polisiemanne ons met grinnike by die padblokkade, waar die stoppe in die bakkie se cubbyhole lê en ons moet uitklim uit die bakkie uit sodat hy ondersoek kan word! ‘n Paar van hulle kén ons vanaf visverkope by hulle huise met ons bakkie met visstokke agerop netjies vasgemaak en vis in yskoelers verpak. Ons vang self ons vis mos. “Laat hulle gaan.” Ek klim terug en probeer my verligting verberg terwyl ons koebaai wuif en vortgaan. Jacques. Hy drink daai cheap, vieslike Oom Tas-wyn en moer of my of Mariaan dan. Ék bliksem hom terug met wat ookal byderhand is. Steke-oppie-kop stories by die plaaslike hospitaal. My suiker is die hemel in op en ek moet aanbly. Jacques lê op die bed langs my. ‘Jou broer is lief vir jou,’ sê die verpleegsuster, ‘hoekom baklei julle so?’ Ons sê niks. Dan ís daar niks. Mariaan benodig ‘n nuwe voortand nadat ek díé uitgedonner het omdat sy eers die bakkie se ruit stukkend geslaan het en my daarna betakel het met ‘n swaar ysterpan. Kos R 85 by die tandarts en ek moan oor geldmors. Hannes sê ek dink ek is God, die manier wat ek met mense praat en hulle behandel. Ek luister maar voel niks. Sê nou deesdae niks. Obsessiwiteit! Beheptheid! Kompulsiwiteit en hỷ heers in my gemoed, my hart en siel.


I love me, I love me not…My oorsprónklike doelwit? Ek is ‘n control-freak! Ek wil iemand vir myself hê! Iemand wat my kan help leer lééf! Ek voel dood binne-in. Ek wil opwinding hê! Avontuur – maak nie saak wat die prys is nie! Mariaan wil ophou eskort en haar twee dogters by Hannes laat afvlieg en dan in ‘n decent plekkie met ‘n tuin en swings en ‘n picket fence, woon. Dít beteken haar man móét werk. Hy was nog nooit dáár waar hy regtigwaar gewerk het nie, maar wat hy daarvan wéét, is dat dit hél op aarde is, sê hy dan ook, briesend kwaad vir haar oor haar voorstel..
My eie strategie dan? En ek voel stérk daaroor. Ek kan dit nie verhelp nie. Ek regverdig my gedrag. Maak verskonings wat ek nie bedoel nie. Ek blameer my menigte werke met hoë poste wat my uitgemergel het, Mariaan, Boykie die Visserklong, enige-iemand! Omstandighede dan! Mense en gebeurtenisse, my verlede. Dedda. Skoolonderwyser Young, Die Mormons! Kallie Meiring en Piet Engelbrecht! Enige-iets, behalwe ekself! “EK,” sê ek gedetermineerd en sonder om te blik of te bloos, “GAAN NIE WEER WERK NIE! ------ Jacques, jy’t my belowe…” Hierdie mense moenie bésef ek gebrúík hulle nie. Ek is ‘n kompeterende mens after all. Watchit Mariaan! My verskriklike vriendelikheid, my ómgee oor jou armsalige situasie, my luister vir ure in empatie oor jou kinders waarna jy verlang, my duidelik sigbare wegbeweeg van Jacques af – strategie, ou girl. Strategie! Hahaha!
Hmmm..ek dink my Pa het te veel dissipline toegepas.
Ek gaan díé situasie óf beheer óf vernietig in my selfsugtigheid. Ál wat my bangmaak is dat ek nie die dapperheid het, om ‘n verhouding met myself te hê nie!
Hóékom kan ek nie hierdie dinge by myself aanpak nie? Maar ek besef dadelik dat ek nie ‘n flippin’ clue eers het wat “hierdie dinge” is of behels nie. Ons moet hier weg. Kaapstad toe. Ek plant die saadjie in Jacque se vol-First Watch Whiskey-blondekop waar ons ‘n kabeljou en stompneus ‘vlek’ vir ‘n vrou wat dit by ons koop en wil voorsit vir haar familie tydens hulle vakansie… Hy kyk my op sy kenmerklike manier aan so ásóf hy alles wat in my kop en hart aangaan kan lees: “Ja, Freddie du Plessis.” sê hy sarkasties-amper-nugterklinkend en loop by die deur uit. Wanneer jy wegstap…dan voel ek nog steeds net déérnis. Want ek dink jy is vir my gemaak. Vir my om déúr te lewe. Déúr mỷself te vind. My manwees diep in my skaduhart weggesteek, uit te bring en uit- en daardéúr te leef!? ”Verkoop die bakkie hier by daai dealer op die hoofpad na Mosselbaai toe se garage. Ek weet hy is hy op HP maar vat ‘n kans. Dán kry jy vir ons twee goedkoop karretjies in George. Ek sal hulle in stand hou. En ons gaan dan Kaapstad toe, maar Mariaan kom sáám. Sy moet gaan wérk om ons te support.” Mariaan, my support? Come again?!” “Ja. Jou support. Kan ons nou gaan, asseblief tog?”



Hulle ry ‘n geel VW Beetle, watse enjin agter oop is. Ek ry ‘n beachbuggy, ook geel en nogal wind-en ougat! Om te dink net ‘n paar maande gelede het ek ‘n splinternuwe Audi 500SE gery! Was toé die nuutste model op die mark. Maar…avonture, wife-abuse syndrome en ander opwindende goeters roep of wat-wat? Watse, ge-hanna-hanna-poes-poes – kwoteer ek Jacques, issit met my oor die verlede? In hulle tjorretjie speel die muskiek kliphard: Bad to the Bone (George Thorogood & The Destroyers), Knockin' on Heaven's Door (Guns 'n Roses); Johnny B Goode (Chuck Berry); Won't Get Fooled Again (The Who); No Woman No Cry - Live (Bob Marley and the Wailers). Tsk! In my bunping car vang Engelbert Humperdinck se tenoor vang my oor met “The Shadow of your smile,” en ek grinnik gelukkig, bekyk die pragtige blou-blou berge van die Boland en die blommetjie(s)-gedink-aan-my oral versprei oor die asemrowende landskap en daar doer buite…’n grote oseaan.
Wanneer laas het julle die mooi bergpasse gery in die Kaap? Die Kleurryke Kaap. Met “Jantjie van die Onder-Kaap” vars uit Sonja Herholdt se song - (perlemoenstropers en seerowers se moses?) sommer hier by jou karvenster! “Díé Bergie wil ‘n paar sentjes hê vir brúd en schips, masta.” ”Werp jou brood op mooie Tafelberg, tot die einde toe rég vir gevaar, as 'n mens dan nie wil hoor nie moet jy maar voel, nê, Freddie? Ek gee hom ‘n R 5 in sy vuil hand en hy smile tandloos ‘n blessing op my neer. Klein biekie wyn, klein biekie wyn, klein biekie wyn vir my! O, klein biekie wyn vir my! En in sy kop sy pa die praat te mooi: “Jy’s half wit en jy’s half Koi-koi en jy gaat jou drink tot jy dooi!”
Hmmm… Die anatomie van 'n stapstewel? ‘Gee om vir jou voete,’ sê Jacques vir my en bekyk die rooi-bruin David Kramer bootse. “Hoeveel,” vra hy die Vlooimark-op-Mitchell’s Plein dude. R 150 meneer. OK. Ek vat hulle. Kry vir jou óók ‘n paar Freddie. “Freddie? Ken jy hoogstens die verskil tussen 'n sardyn en 'n snoek? Ek sal jou vertel wat jy moet weet om soos 'n ou kusbewoner te kan saampraat met die Kapenaars. “En bergklim,” hy betaal die vendor met ses R 50 note, “Daar’s ‘n lessie te leer, voor jy oorreageer - die pad kronkel hoog die berge in na waar die lug blou is en dit voel of jy in 'n verre berglandskap is, en dis moegmaak stuff so ek dink jy moet eerder die kabelkarretjie op vat.” Hy grinnik en stap oor na die jeans toe. Die son is daadwerklik ’n beneukte bal vuur hier in die middel van Kaapstad vandag. Wens dit wil reën. “Onthou jy hoe het daai polisievroumense my uitgecheck daai tyd toe jy my uit die tronk in Pretoria Central kom haal het? Ek het mos daai bruin broek aangehad wat jy vir my by die OK Bazaars gekoop het. Hierdie jean lyk net soos hy! Ek moet goed lyk om ‘n girl te kry om vir ons te wérk, Freddie. Lyk hy goed, die jean?” Vir ’n goeie rede slegte of selfs vir geen redenie kon ek nog altyd enige iemand ter woord bykom en sommer kwaai ook. Hy dink hy is Brad Pitt, tsk! Ek beter onthou ek het hom nog steeds nodig. “Lyk goed,” sê ek glimlaggend, “hoewel jy beter lyk in jou wit rugby kortbroek – wys jou tan en mooi bene af...” Hy kyk sowaar as wragtig nou krities na sy bene, wat hy een vir een oplig. “Jy’s reg, maar ek moet ‘n langbroek hê vir die aand. Hoeveel?” vra hy die stalletjie-eienaar. R 120 meneer. Hy betaal. “Hemp…” sê-vra hy my. Ek knik my kop: “Kry een, ja!” Daar’s nog oor-genoeg geld oor om ‘n woonstel te kry en die deposit sowel as die eerste maand se rent te betaal en dan nog geld oor te hê vir grocery-shopping. Ai Jacques, ons verskil soos koring- en mieliebrood, ek en jy. Ek moet soort-van amper gedurigdeur baklei vir my plekkie in die son – díé son wat jy só oënskynlik maklik jou man in staan terwyl ek hardloop en skadu soek! Ek kyk juis óp na jou dáároor. Daar is, om eerlik te wees, min anders wat jou vir my in ‘n goeie lig stel. Ek wil graag dít hê wat ek nie het nie en jỷ oor beskik in groot hoeveelhede: Die don’t care attitude. Die máák sóós jỷ wíl. Die vryheid van konvensionaliteit af. Die Fok society uitkyk. Die…mánklíkhéíd. Ek benodig dat jy dit aan my moet oordra - met my déél, sodat ek dit kan assimileer en één maak met my ander karaktertrekke sónder om hulle te verloor! Maar jy sien my nie meer ráák nie en dít maak seer…
Mariaan wou toe nie gaan escort nie en Jacques laai haar toe sak en pak onder ‘n padbrug af en ry weg. Ek was geskok maar ook darem delighted. My enemy was uit die pad uit! Ek het kontróle. Ek wén! Nóú, reken hy, moet hy ‘n ander girl kry om te “werk.” So eenvoudig soos dit! Ek is ámper beïndruk. Ámper…Ons trek toe in ‘n gemeubelleerde woonstel in en omdat hy kwansuis níé alleen kan slaap nie, deel ons maar ‘n dubbelbed. Ek moet ‘n plan maak om ‘n Eskort girl vir hom te kry sodat hy haar kan charm om vir hom (ons) te werk en hom (ons?) te versorg…Intussen gaan shop hy by Shoprite sonder ‘n sent geld! Hy keer triomfantelik terug met vyf sakke groceries en ander dinge soos gilette skeermeslemmetjies, canderel en yeast om vetkoek mee te bak in sy sakke. Oók daarin, ‘n pakkie sigarette vir hom met ‘n Bic lighter. Ek is stomgeslaan en gaan check die geld wat ek in die laai in die hoofslaapkamer hou. Álles daar. Woohoo!
Ok. Nou ís ek impréssed, Meneer Janse van Rensburg….
“Du Plessis,” korrigeer hy my streng. ‘Jacques du Plessis’ sê ek glimlaggend. ‘OK. Ek kry vanaand vir jou ‘n nuwe werkesel.’
Haar oë is toe ‘n hemelblou agter oulike nuwerwetse brilletjies, haar sterreteken Libra en sy swot Sielkunde, maar verdien ‘n ekstra geldjie om haar deur te sien, saans. Nice lyfie en groot noenoes. Jacques lyk in sy skik maar is getrek soos altyd en die twee het toe ‘n hewige argument oor vrouens en mans en elk se plek in die samelewing. Na ‘n uur sê sy haar tyd is om, neem die R 250 wat ek vir haar gee, en daar waai sy toe! Ek’s woedend. Al my moeite en hy bedonderd dit! “Man, jy weet net nie hóé dit gedoen moet word nie. Wag…” en daar tiep hy om en slaap. Ek maak vir my koffie en kyk tot láát TV. Loop slaap toe in die spaarkamer.
Volgende oggend is hy vroegdag op, fluit deuntjies en stort, borsel tande, trek die “catch-outfit” aan en vort is hy. Buite buk hy om ‘n verlepte rosie te pluk waarop die miere behoorlik party hou! Hy gee die toe vir haar nádat hy homself binne-in agter die toonbank en gordyne ingedorseer het, verby die lyfwagte en lang nael-bende. Miere hardloop oraloor haar en die roos is duidelik verlep en besig om te vrek, maar sy lag en vat sy hand…Dáárdie aand gaan ‘werk’ sy nie en slaap oor by ons twee broers. Wel, sy slaap by die één broer. Die ander een druk weer neus, ore, mond en alle openinge toe en is bly vir die seemeeue wat so raas bokant die woonsteller se dakke. OK. Van toe af support die girl ons toe.
En uiters goed óók! Ens. ens. Uiteindelik verkoop ons die beachbuggy. Een kar is genoegsaam en ek ry buitendien meer as hulle of ons saam. Soos gewoonlik like ek om te ry en die scenery uit te check. Mooi huise en tuine, die ewige see en strande…berge, bome, waterstrome…


Jacques lyk treurig toe ons sy VW Beetle verkoop, maar dis a means to an end. Die ouens in Mosselbaai wéét teen hierdie tyd lank reeds die bakkie was op HP en die Amish het ons sien wegry in geel tandem. Seer-sekerlik albei voertuie deeglik opgmerk en beskryf…en die pad wat ons gevolg het óók. Ons koop toe ‘n blou Mini met die Volla se geld. Ry OK. Buitendien is Jacques dáár as hy probleme gee. Ek wag en wag vir die “Dinge” wat sou gebeur om te gebeur. Niks. Die lewe is alwéér eentonig en voorspelbaar. Slaap, eet, kyk TV. Gesls oor kak. Nou en dan ‘n fliek. Miskien ‘n piekniek by Kommetjie. Ek ry Houtbaai flat opsoek na íéts! Ek besef ek’s alweer waar ek wás! Jacques blyk gelukkig te wees. Hy doen alles wat ek doen en het bowendien gereelde seks, drank en sigarette. Ek klá. Hy raak befok. Ja nee! Ek en jy ís so verskillend soos winter en somer, en nou blom jy álwéér in jou son en ek stágnéér in my skadu…
Hardekraaltjie Karavaanpark: in my klein karavaantjie – Geen slaap vir my as dit reën nie, o nee! Die weer is te swaar. Ek sit maar uit respek uit pénregop en lees. Ek onthou iets van Oom Chris Golden wat vir ons gesê het as kinders, toe ons vra hoekom dit reën, dis die engeltjies wat huil. As ons dan sou vra hoekom die engeltjies dan huil sê hy ongestoord: “Seker oor iets wat julle gedoen het!” Wonder waar’s hy innie wêreld? Dink ek ongewoon en skielik vanaf nêrens af aan hom. Ek druk een van die beskuitjies wat Jacques vir my gegaps het vanuit ‘n ander karavaan uit, in my warm koffie. Hierdie is anysgeur. Nice! Hy’t ook ‘n hele paar bottels drank, kwart, half en vol hier gelos, maar ek drink nie daarvan nie. My plaatstofie laat ek aanbly vir warmte.
Jacques, toe ek vir sy werkeseltjie vertel het ek en hy is nie broers nie, en met die volle waarheid uitgekom het (was ek verveeld?) het my oombliklik aangegee by die Mosselbaaise Polisie en hulle my laat opspoor waar ek toe alleen in die huurwoonstel bly – hy’t na háár toe getrek, en ek het toe darem hulle – die speurders, gekry om terug te gaan Mosselbaai-toe. Ek sou die daaropvolgende Woensdag in die hof verskyn op my eie. Jacques berou hom toe, met die gevolg dat hy my toe sak en pak na die karavaanpark toe getrek het in Belville, ‘n hele endjie van Kaapstad af, sodat sy broer nie in ‘n tronk beland soos hy nie! Hy bly egter áán by haar en voorsien my van die karavaan se deposit, huurgeld en kos en drinkgoeters, so-ook toiletware en twee nuwe komberse. Hy slaap nou en dan oor. Ek laat hom op die enkelbunker slaap en weier dat hy my dubbelbunk met my deel. Ons kyk saam rugby by ‘n rugbyveld langsaan wat aan ‘n klub behoort en stry oor ‘n paar reëls. Hy weet altyd beter!


Ons gaan ry ‘n paar keer hotrods en hy breek soos gewoonlik ‘n paar rekords. Hy lyk goed in die racing uniform. Ek voel skielik jaloers. Man ek kan mos nou regtig op my eie twee voete staan, sekerlik? Ek kán en ek gáán. Bogger hom! Hy wil nou skielik óók Belville toe trek maar dan moet ons twee in ‘n boarding house gaan bly waar daar dry cleaning gedoen word en vir ons gekook word. Miskien…is daar dalk ‘n nice girl iewers dan ook vir hom om aan die werk te kry. Hy lag diep uit sy maag uit maar ek lag nie saam nie.
Dis huistoegaantyd vir my. Ja huistoe, na my familie-en Johannesburg toe.
“Verkoop die Mini aan haar en bring my die geld. Ek gaan ‘n trein vat huistoe, Jacques.”
‘Jy verlaat my alweer! Laat my alleen soos vantevore! Ek is altyd alleen. Nee! Jy mag nie gaan nie!’
"Ekskuus?!"
‘ Ja Freddie. Ek is álléén in die lewe, jy is my enigste wel, die nááste, persoon aan my. Ek’s jammer oor alles. Ek sal wéér hier saam met jou kom bly. Sy beteken niks vir my nie – net geld.'
” Nee, Jacques. Ek gáán.

Láter terug uit Kaapstad uit in Belville, oorhandig hy die geld. R 1000. Ek vra nie oor die ander geld nie. Ek verstaan ten volle. Bye, sê hy sulkily en kyk my nie in my oë nie. Hy soen my op my voorkop. Hy ry weg, uit my lewe uit, met haar Mini, na haar toe. Ek hóóp hy is gelukkig.
Ek bel die taxi…die stasie is ‘n endjie weg en my tas swaar, die duvét ook. Annette het gesê ek kan by haar kom bly.
Op die trein dink ek lank en ernstig - Ek het my gevoelens, my gedagtes op die strand úítgegóóí sodat dit in die see kon versuip, Jacques, maar die golwe van die lewe sal dit tog altyd na my toe terugspoel, sodat ek gaan aanhou om maar altyd aan jou te dink…beskik ek nou oor genoegsame manlike subjektiwiteit om my manlike subjek gereeld aan ’n grondige en soms meedoënlose ondersoek te onderwerp? Sal sien…Hmm is dit juis in ons aanbidding van elke aspek van manlikheid dat die versekering lê dat dit sal bly voortbestaan?
Anyway…ek is oppad huistoe en voel ek beskik nóú oor daardie ‘outenieke gewaagdheid’ wat ek voorheen gedink het net ander mans tot hulle beskikking het. Ek sien vanhier af uit na dae opgevlám, opgevúl, met ’n goue sonryke energie! Jacques-lose dae. En dis OK. Regtig.
Vandag kan ek, in alle eerlikheid met myself, uitroep: Go to hell, Firey brimstone-dudes, pitchforky-numbers and guys with pointy tails. Man, ék stel nou nét-níé méér belang nie – woohoo!
Ek wil hê my leser moet verstaan dat ek na liefde gesmag het wat my Pa nie vir my kón gee nie. Hy het nie geweet hóé nie en dit was nie sy skuld nie. Toe soek ek dit maar vir dit op vreemde gesigte...by diegene wat nooit my priestersklok kon lui nie. Arme húlle. Arme ék. Heheh! @#$!!?! Díé óú léwe, darem maar huh?!
Jacques het my daarná by Annette gebel en gesê hy is oppad Johannesburg toe met die trein en ek moet hom ontmoet. Dag. Tyd. Stasienommer. Ek sê ja, maar gaan nie. Ek is besig om werk te soek met Nini se klein Renault’jie. Ek het Jacques nie meer nodig nie. Die lewe gaan aan… En regs van my táns, slaap Mejuffrou, Mevrou, Ms. Egoli/Jozi/Joeys/Johannesburg soos ’n uitgestrekte urban jungle. Ek het nie lus om in hom te klouter soos 'n wafferse Tarzan meer nie, nie eers vir 'n Jane nie ☺

◄einde►
FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home