BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Tuesday, December 27, 2005

◄-Nicole & Frédéric-►



Sy sit pénregop en byna op die punt van die Queen Anne stoel. Baie nugter, baie stil, haar lang bene gekruis oor mekaar en lang blonde hare loshangend. ‘n Fraai prentjie, ja. Sy is immacutely groomed en asemrowend mooi. Sy begin praat in haar sagte, heserige stem, Franse aksent nóg steeds ná ál die tyd hoog-aanwesig: “Frederic my Love, love must be núrtured, nót stárved and pulled about, tórn apart. In loving me, you enact only that dance ordained before the earth's foundation. Enact it well.” En ís die liefde dood, Nicole? Dood-dood? Ek bemin jou steeds ná al die jare. Ék ís jy en jy het my dóódgemaak…
Was dit nie Pablo Picasso wat gereken het dat: ‘Daar is nét twee tipes vroumense. Godinne en Deurmatte.’ Wel, ek hou nie van ‘n iedereen nie. Enige persoon moet nét haarself wees. Soos my Nicole ja. Die éérste ontmoeting was in Le Mans in Frankryk. Daar was ‘n Formule 1 motorwedren in 1985 – nógal die beroemde en pópulêre 24 uur endurance race wat reeds vanaf 1923 jaarliks dáár plaasvind en nét onderbreek is deur oorloë. Ek en drie ander voornemende Geoktroieerde Rekenmeesters wat toe aan die begin van ons loopbane was en as ouditeur-klerke werksaam was by Arthur Anderson (já, die Oudit Firma in die Carlton Sentrum met die yslike groot eikehout deure met ware goue handvatsels!) het die prys verower vir die beste punte verwerf in die eerste raadseksamen: ‘n volbetaalde reis na Le Mans vir die 1985 24 Hour Endurance Race! Dit sluit verblyf en maaltye in asook vlugkaartjie daarheen en terug. Nou ja, dis toe ook so dan dat in die 1985 jaar (ek was +-22 jaar oud) dit nat was op die renbaan en die Rondeau span verkry toe ‘n baie emosionele oorwinning. Jean Rondeau was die éérste renjaer om díé wedren te gewen het in sy eie maak van motor en is ook dan dood in ‘n karongeluk ‘n paar jaar later. Dis jammer want hy was ‘n uitstekende renjaer inderdaad! Maar Le Mans in 1985 was óók La Reve (wat Die Droom beteken in Frans,) het ‘n donkerblou kopdoekie oor haar blonde hare gedra en haar oë het die hemelblou wat nou en dan gekoekeloer het deur die donker reën wolkies uit, getrou weerspieël. Dít sien ek as ek terugkyl op die paweljoen waar sy ‘n endjie agter my sit en skaam-skaam nou vir my waai.

Die briefie wat die ou vir my aangee is in Frans en lees: “Mes condolenses plus profonds à votre perte. Vous ne vous êtes pas attendu à ce que Rondeau gagne ? La MEILLEURE équipe gagnée ! Je pense que vous êtes attirant. Est-vous des gens du pays ou un Étranger ? - Nicole” Ek vind later uit dit lees só in Afrikaans, mỷ Moedertaal: “My innigste simpatie met u verlies. U het nooit gedink dat Rondeau sou wen nie? Die BESTE span het gewen! Ek dink u is aantreklik. Is u ‘n lokale inwoner of ‘n buitelander? – Nicole"
Maar op dáárdie tydstip skud ek maar net my kop sodat sy kan sien (ek verstaan nie Frans nie, ek is ‘n Afrikaner boereseun!) en stuur haar boodskapper briefie en al, terug na sy sitplek naby haar en spits my aandag toe op die wedren. Ignoréér hulle (dis nou vroumense) en hulle sál enigeiets doen om jou aandag te verkry én te hou. Maar my hart is ‘n Leeu en my lem sy kloue. Sy dapperheid onderhou my. Sy eer is my lewenstaak.

Joindre me à notre chateau pour le dîner ce soir, s’il vous-plait, Monsieur?”

Sy sit skielik langs my en ek ruik dadelik haar besondere parfuum en sien dat sy perfek opgemaak is met lang rooigeverfde naels aan die punte van goedversorgde vingers en hande. Maar my instinkte vertel my duidelik dat hierdie girl is gewoond daaraan om te kry wat sy wil hê, spesiaal wanneer dit by die teenoorgestelde geslag kom.
Please go back to your seat, Miss. I’m trying to concentrate on the race and you are distracting me. Besides, I do not understand French. I am á South African.” Sê ek beleefd maar ferm.
Sud-Africain? I was asking if you’d kindly join me for dinner at our chateau, Sir?
Pérfékte Engels met ‘n oulike Franse aksent. Dude…sê net ja! Of wag…
Please ask me again once the race is over completely. The fact that your Rondeau won his endurance race does not mean I do not want to watch the other competitors finish. I also have three friends to consider, before I can even think to accept your offer.”
Fine. Where do you stay?”
“Campanile Le Mans. See you later then?” Ek glimlag en dismiss haar met die wuif van my hand. Ek merk op dat sy haar gesiggie effens trek en die onderlippie huiwer op ‘n pout. Maar sy loop terug na haar sitplek met menige manlike oog admirerend én wellustig, afhangend van elkeen se natuur, op haar gerig. Sy sien niks en niemand klaarblyklik nie. Cool!
Heheh! Hippokrit! Jy kannie wág vir “later” nie, nê? Hóé láter hoe…kwáter…! Trúth is: "I've never séén...such a lovely Queen... "Nicole Le Goff-du Plessis


Menige toeskouers kyk net na die eerste en laaste uur van die wedren en party dan tussen-in, besoek miskien ‘n ander deel van die baan in die aand net om te sien hoe die hoofligte verby flits teen bykans 200km/uur – dis die defining beeld van Le Mans!
Maar dit is toe ook só dat “hoe later hoe kwater” ‘n uiters ware gesegde in hierdie geval is, want soos die tyd aanstap en Nicole broei oor die man wat haar so kasueel wegwys asof sy maar net nóg ‘n meisie is wat agter hom aanloop, word sy al hoe meer kwaad en ook verward. “Lyk ek dan nie mooi vandag nie?” Sy laat haar lang blonde hare, wat nou glinster in die sonnetjie wat wil-wil uitkom, los en skud haar koppie op en af. Sy haal ‘n handspieëltjie uit haar handsakkie en beloer haar gesiggie in díé vir enige flaters, tekortkominge, gebrek aan goeie grimering-styl, errmm...sy lyk goed, soos gewoonlik? Sy wonder vaagweg of hy ‘n probleem het met haar Yves Saint Laurent Haute Couture – uitrusting? Saint Laurent kledingstukke is tog meestervol gesny en uitgelê om intrikate lyne aan te dui en besóndere aandag word gegee aan die teksture van gekose fabrikate…Kan dit wees dat hulle nie in Afrique du Sud sulke elegansie mee bekend is nie? Sy’t gehoor dat wilde diere daar saam met die mense in modderhutte woon en die straatomleinings is van goud gemaak. “Barbaars, as jy my sou vra!” sê sy hardop in Frans en haar metgesel kyk haar bevragend aan. Dis niks, beduie sy vir hom met ‘n geforseerde glimlaggie en ‘n skud van haar kop. Paul is haar lyfwag, aangestel deur hoogs-protektiewe ouers om na haar om te sien waar sy ookal gaan. Hy rapporteer dan ook haar elke beweging en totale doen en late meëdoenloos aan hulle en sy is nie baie lief vir die klikbek nie, maar verdra hom want tot ‘n mate is dit lekker om veilig te voel, maak nie saak in welke en watter situasie jy jouself laat beland nie. Maar sy wat Nicole is en ietwat van ‘n bo-dorpse meisie is, wonder nog altyd hóé ‘n onderdorper sal ..soen, nevermind ‘n barbaar van Afrika af!? Sy bloos oor haar gedagtegang dóg verontskuldig haarself dadelik met die idee dat sy jonk is en die warm, Keltiese-Frans bloed bruis letterlik in haar are. Sy vou ‘n papierjet uit haar briefie aan daardie ongeskikte dog weirdly aanvallige ou, en loods dit op hom af. Sy kyk vinnig weg en lag ondeund toe die papiervliegtuigie hom teen die kop tref en hy ruk soos hy skrik. Hy kyk nukkerig terug oor sy skouers, vrommel die jet’tjie op en kyk verder na die wedren.
Hmmm..híérdie een is ‘n moelike kalant, maar wag maar ek het nog ‘n menigte truuks in die mou!” Sy vra Paul dan ook vir die cognac wat sy uit die bolglas sip-sip, maak nooit haar lippe nat nie. ‘Om dit te maak in ‘n man se wêreld, bly altyd ‘n vrou…’ onthou sy haar Mamma se raad aan haar. Nicci het gehoor van die vroue wat vroue-regte voorstaan en ook hewiglik daarvoor veg, maar hoewel sy totaal kan insien en verstaan waaroor dit gaan, voel sy dat dit evolusionêr teweeg gebring moet word. Nie rewolusionêr nie.
Party dinge benodig eenvoudig net tyd om in werking te tree. Syself sal stadig maar seker dinge verander sonder dat daar ‘n bohaai van manlike kant af daaroor opgeskop word. Dis onnodig. Sy sal tog uiteindelik wén. Sy sip verder aan die cognac en voel die warm vloeistof in haar magie krul en die walms na haar koppie toe opjaag…wén. En daai man sommer ook. Dis nou lank genoeg. “Later” is nou. Sy staan weereens op en loop met haar catwalk-stappie na my toe. Díé lopie lok onwillekeurig ‘n menigte wolf-fluite van admirerende, warmbloedige Fransmanne uit. Sy maak eenvoudig of sy dit nie hoor of sien nie en nader die Suid-Afrikaanse 4-manskap waar sy dan elegansie-verpersoonlik, tussen-in die twee blondekoppe (dis nou Dawid en Wynand) sit en vriendelik glimlag. Hulle grinnik ongemaklik terug. “We don’t understand French.”
“Oh, but I speak English too. You understand thát, do you not?” “Yes.”“Well, are all South African men as rude as that one there?”sy wys haar vinger na my kant toe waar ek kamtig intens na die wedren staar, so al asof ek haar geheel en al níé gesien het of hoor nie. “Frédéric is not really rude, he is just in love with Formula 1 racing” glimlag Dawid Mouton terwyl hy my verdedig soos dit ‘n mede-werker en vriend betaam.
Frédéric…” sê sy my naam soos wat níémand dit nog ooit gesê het nie.
Ek kyk weg van die wedrenbaan af direk en stip na haar: “Ye-es…and your name is…?” Ek sien haar pragtige hare, deftige uitrusting in beige en swart (‘n Yves Saint Laurent, ek’s seker daarvan!) en mooi gesiggie wat my só ernstig aanstaar dat haar rooigelipstiffiede lippe haar mooi reguit en spierwit tandjies afwys soos ‘n portretraam. Haar buuste staan ferm orent en haar ligaamsbou is petite en tog díé van ‘n volwasse vrou. Sy moet wees…wat…18 of 19? Sy’s beeldskoon, dis nie altemit nie. Jammer sy wéét dit.
Nicole, maar my vriende noem my Nicci.” Weereens. Die heserige Engels-cum-Franse aksent wat my so…oorweldig? Hoekom klop jy só, my hart, as háár hart nie klop soos jy nie?
Nicole…” Die poppie draai haar koppie; Afrikaans rym met Frans; Die noodlot? O Got!
“Frédéric…?” Sy ruik na Muguets des bois se angelierseep! Vertel my sensitiewe neus my. So what? Die mooiste liefdesgedig is steeds: My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel . . .>“Het jy ‘n swarterige rokkie in jou klerekas?”Het ek 'n swarterige rokkie in my kas?’ vra sy in Engels. “Jaaaa…ek het?”
“OK. Gee my nou jou telefoon nommer.” Ek hou my arm uit vir haar om daarop te skryf. Ek ignoreer my mede-werkers se grinnike en wys vir hulle met my oë en kop, om sonder my terug Hotel –toe te gaan – ek’s besig, heheh! “Sien julle nou-nou.” Beantwoord ek hulle “Later..” groetes. Nicole konsentreer ietwat hard om haar nommer op my arm te skryf en beantwoord dus nie hulle bye-bye’s nie. Sy hou my arm vas met haar regter hand en skryf in groot duidelike swart inkskrif haar telefoon nommer op my arm neer. Paul stap nader en stel homself voor hierdie keer. “Aangenaam.” Sê ek en knik my kop vriendelik. Beste move is om maar met díé ou vrinne te maak, reken ek!

Mooi so! Ons gaan vanaand dan uiteet by ‘n fancy restaurant.” Ek dink aan my werkspanderings toelaag en kots diep binne-in myself. Ek sal moet verduidelik as ek terug is in SA. Vir nou is dit party-time met ‘n cool girl!
Maar my ouers het rééds tuis ‘n spesiale maaltyd vir jou voorberei, Frédéric! Dit sal as uiters laakbare en slegte gedrag voorkom as ons dit nie bywoon nie. Verstaan jy?” alles in Engels. Sy klink angstig en selfs ‘n bietjie kwaad.
Ek wonder hóé haar ouers reeds van my weet? Ek het haar dan nog glad nie uitgevra nie en haar eintlik geĭgnoreer! Paul, die bodyguard wys agter haar met handgebare dat hy haar ouers, sy wergewers, geskakel het. Phewie! Ek dag sy’t sóvéél vertroue dat sy sommer net gewéét het, ek is easy prey.
Ek gee toe dan ook in: “OK then, Nicole. We’ll go to your parents’ chateau for dinner.”
Meet you at your Hotel at 6 p.m. sharp then, Frédéric! Dress formally please. My Mamma is old-fashioned…The chauffeur and I will pick you up, OK.”
“Cool.” mompel ek. Sy’t dié rondte gewen soos die Fransman Rondeau die wedren gewen het. Blêrrie Franse en hulle endurance! Grrrr…maar ek sien nogtans uit na 18:00.

Kort voor lank flits die pragtige meisiekind by my verby, 'n toonbeeld van bruisende energie en modelagtige-professionaliteit. Sy klink nogal jollie, so jet-set-erig. En die enkele stylvolle nommer wat noupassend aan haar wulpse lyfie kleef, ís inderdaad swart…my gunsteling kleur. Dis sowáár nog ‘n Yves Saint Laurent kledingstuk! Swart syagtige-fluweel met ‘n pragtige skattebol (‘sweetheart’) neklyn en roos-detail daarop. Asemrowend mooi! Die einste dán... Mademoiselle Nicole...
Ek druk haar liggies en soen haar op albei wange soos ‘n wafferse Fransman heheh! Ek voel verlig dat daar geen smagting in haar greep is nie. Sy druk en soen my ewe-liggies terug.
Pragtige, elegante rokkie, Nicole. Geluk met jou goeie smaak. Yves Saint Laurent, dan nie?” Komplimenteer ek haar, maar wys ook terselfdertyd my uitstekende fashion-sense-cum-knowledge af.. Ek is dan ook geklee in ‘n deftige pinstripe pak met ‘n spierwit hemp en ‘n rooi das met ‘n Fleur-de-Lis motief in silwer daarop. Daarbygaande, ‘n swart leerbelt met ‘n silwer buckle en blink-leerskoene.
Merci-thank you for the compliment. Haute couture is a multitude of whispered secrets, Frédéric mon Chér. Those who have the privilege of transmitting them are rare." Beantwoord sy my vraag met ‘n misterieuse glimlaggie. Ons klim agter in die Lincoln Continental in deur oopgemaakte deure en die man tip sy hoed vir ons voordat hy ons bestuur na die Le Goff Woning toe. Yip. Le Goff. Die laaste aristokraat voor die Franse Rewolusie was ‘n Markies Le Goff. Blou bloed, blou oë…en dis duidelik sy hou baie van my. Dinge lyk goed!

Dit gebeur so vele kere dat mens eers die wáre impak en profetiese ondertoon van iemand se woorde ná sy/haar dood besef. Dit is dan ook die geval met Johannes Kerkorrel se Ewig Jonk-lirieke waarin hy sing:
Mag jy vir ewig jonk wees
mag jy gelukkig lewe
mag jy vir ewig mooi wees

Dit gaan oor Madame Claudia Le Goff - ons is almal sterflik, dis nou maar wors. (Maar die wetenskap maak dit aldag meer en meer moontlik om mooi oud te word. Weg is die dae van rimpels, plooie, kalkoennekke en sakke onder die oë - a nee a, jy kan nou net so oud lyk as wat jy voel, het Johannes die Sanger voorspel. Natuurlik met ’n bietjie hulp van kenners wat die stryd teen veroudering hul lewensmissie gemaak het…dis nou vandag – in 2005/2006.)
Ek reken nie Madame Claudia het enige sulke dinge tot haar beskikking gehad nie, maar sy lyk vandag nog soos daardie eerste keer wat sy my asem weggeslaan het. Kyk, móóí is mooi. En ‘n man kyk maar. Ek was verbaas om by Nicci te verneem haar Ma is 49 ……………! Sy lyk soos Nicci se tweeling suster sou lyk, behalwe dat Nicole ‘n enigste kind is en Madame Claudia meer donker is met met pikswart oë. Waar Nicci egter warmte en lewensblyheid uitstraal, is díé dame yskoud en kórrék. Haar rug het seker nog nooit gebuig nie, dink ek ondeund en wonder hoe Nicci geskape is, heheh! Sy kyk deur my, hierdie toekomstige skoonma van my en ons albei haat mekaar oombliklik! Nicole se Pa is ‘n edelman gepersonifiseer en is hoflik en vriendelik, maar die pantoffel regering het hom ook dáár waar hy maar homself gedwonge eensydig hou – behalwe met sy enigste dogter. Hy soen haar wangetjies rooier as wat hulle ooit weer sou wees en verwelkom my beleefd en in perfekte Engels óók, soos Nicole s’n. Madame haat enige iets wat nie Frans is nie en weier dus om Engels te praat, tensy sy noodgedwonge amper geforseer word om daardie walglike taal oor haar tong te laat rol…

Sewe messe daai kant toe (dis nou regs) en agt vurke doerie kant toe (ja links.) En boaan omtrent 10 lepels noordwaarts. Arme bordjies vertoon klein tussen al die silwer en goue(?) eetgerei. Ek eet aspris met my hande en Nicole giggel terwyl haar Pappa net geamuseerd en amper-envious toekyk. Madame Claudia vries behoorlik op in afsku en walging en kyk my aan asof sy my graag sou wou bevries soos die Yskoningin van my kinderjare. Maar ek’s ‘n grootseun. ‘n Boerseun. En ék maak soos ék wil.Verstaan? Ek kyk haar terug aan, oogstaar vir oogstaar. Sy’s goed hoor! Laat glad nie haar oë sak nie. Maar…dankie tog sy’s nie ‘n cyclops nie - sy vergeet skoon om te eet, haha!
Ekself verslind al 7 geregte en burp hard om aan te dui ek het die kos geniet, dankie. OK, Dis ‘n Arabiese gewoonte gló, maar daar was middel-oosterse geregte op die spyskaart! By nou lag Nicole so hard sy self kannie verder eet nie. Haar Pappa nooi my na sy studeerkamer vir ‘n cognac en sigaar. Eeek!
Die dames gaan élders hulle ding doen. Onbetwyfeld gaan Madame Claudia haar cute dogter berispe oor haar gedrag tydens aandete, asóók (definitief!) vir die feit dat sy hierdie Seun van Die Wilde Hond onder háár dak ingebring het!

Ek probeer rook maar trek net die rook in en blaas dit uit. Ek sien Uncle Daniel doen dieselfde. Die cognac is uit die boonste rakke en krul nou ook heerlik in my binnegoed rond en maak alles wakker behalwe my kop. Dáár is die walmpies besig om my inhibisies te verdof tot ‘n so ‘n mate dat ‘n valk-oë hulle nie eers meer sal kan raaksien nie. Oom Daniel praat min en sit net relaxed agteroor in sy maroen leer lazyboy-tipe stoel wat wieg. Myne wieg ook! En só wieg ons in stilte, rook en drink. Dis fantasties! Ek voel gemaklik en tuis en ons hoef niks eers te sê of doen nie. Net asemhaal en bestaan. Ek besluit dadelik ek like Oom Danny befonk.

Ek is veronderstel om huistoe, oops Hôtel toe te gaan, maar toe ek Nicole weer in die eetkamer raakloop, fluister sy dat ek haar na haar slaapkamer toe moet volg. Ek trek my hand uit hare uit. Ek wil graag. Maar hierdie girl is nie net nog ‘n pomp nie dude. Sy is ‘n luukse stukkie stert - pragtig en lyk so onskuldig en rein daarby met haar los hare en haar wit nagrok wat wyd om haar vloei en tog as sy loop, haar elke vroulike fasét netjies en presies afwys…sy’s boonop kaavoet en ek dink onwillekeurig aan Jan Celliers se gedig en díé gedeelte daarván wat huidiglik toepaslik sou wees op ons twee (en dit dan dáár op die tweede trap van die menigte wat oplei na plesier, vergetelheid, en ‘n mooie een-wees met die Universele vir ‘n paar minute…of ure…):
Die mooiste jong nooi'ntjie is myne, vanaand is my hart weer by haar. Haar oë, die sagste, die reine, is, net soos haar wese, so waar, eenvoudig en waar soos die velde, van wêreldse modetjies vry. Nie één is te kry nie, of selde, soos sy, daardie nooi'ntjie van my.”
Ek loop na die naaste klok wat op ‘n tafeltjie lê – en soos ek gesien het Madame doen dit, lui ek nou die silwer klok deur hom hard heen-en-weer te skud. Nicole bekyk my verslae aan met oë wat letterlik blits soos bliksemstrale. Weereens verwerp díé man my. Is ek dan nou werklik so onverdraaglik? Ja! Laat hy gáán, die Imbesiel! Sonder ‘n verdere woord storm sy die trappe op. Ek onderdruk die woorde wat nou soos jelly in my keel stol en my naar maak…Ek wil agter haar aan skreeu: “Don’t go, Nicole! I’ll be your Lover, like Romeo was to Juliette. Tender and sweet, my Baby. Infinitely loving and caring, yet a wild, wild beserker, like my gut feel tells me you líke and wánt it to be…”
Die chauffeur help my die deur uit in die lang slap motor in. Ek sit langs hom. Hy wil gesels maar ek voel nie lus nie. Hy draai die draadloos aan op Franse Chamber Musiek en ek relax. Môre is nóg ‘n dag…gaap ek.

Die taxi laai my af en ek betaal hom. Nicole sien my aankoms vanuit haar kamervenster op die eerste vloer en ten spyte van haar voornemens om my nooit, ooit weer te sien nie, storm sy die trappe af buitentoe en omhels my. Ek soen haar saggies op die mondjie wat sy aanbied.
Vandag gaan ons bos-wêreld toe. Waar is ‘n lekker digbebosde woud, hier naby julle?” ek druk suggestief haar arm. Sy beantwoord my vraag deur die chauffeur te ontbied en hom te vra om die Renault’jie vir haar uit die garage te haal. Ons gaan daarmee ry vandag. Ek kon swéér Madame Claudia het uit die een ruit vanaf die verdieping bokant Nicole se kamer uitgeloer, want die helder ruit verander skielik in ‘n wit-verysde een…anyway, Ouvrou…ek vat jou dogter bos toe! Ek wys so-te-sê vir haar die vinger, heheh!
Die woud is pragtig lowergroen en dig en net langs ‘n Katedraal. (Waar ons later dan kan ontslae raak van díé sonde wat blykbaar op ons albei se minds lê en knaag, deur te gaan bieg?)
Ons loop hand-aan-hand die digbebosde woudjie binne en gaan sit op ‘n vervalde boomstomp naby ‘n forest poel waarvan die groen weerkaatsing van die bome in die bruin modder, ‘n weerklank vind in my eie hazel oë – nou gevul met ontsegbare teer liefde en deernis…

Dis héélwat later en ek lê op die welige ongerepte gras naby die waterpoeletjie en békỷk haar waar sy besig is om aan te trek. Nicole: Jy voel só ásóf jy ‘n dier beskou, ‘n eienaardige , ‘kommerwekkende’ diertjie…want elke bewegingkie as sy die modder van haar rokkie afskud, word gedoen met ‘n selfbewuste elegansie en die gemák van lang ure en dae se oefen? So asof sy jare geneem het om hierdie na-aping van ‘n grooming kat te perfekteer. Die pas waarmee sy aantrek, is gemeet en elke nou en dan is daar ‘n giggeltjie om al die sjarme van jong-meisiewees te suggesteer. Sy gee ‘n besondere opvoering en in sovêrre sỷ bewus is vir géénéén se voordeel watookal nie. Wanneer sy omdraai - haar welgevormde kop en nek eerste, haar rugraat wat dan volg, kronkel haar héle ligaam vanaf haar swane-nek tot by haar dun enkelkies, soos die van ‘n slang…hóé kan sỷ, so klein en wel-gekurveer, só ekspressief, mét telke en menigte modifikasies van haar bewegings en laggie, (wat bewonderaars totaal sou mesmeraais sou hulle haar nou, híér só sien) haarself só onskuldig en rein voordoen? Hmmm, dis alles in die oog van die beholder, die (toe?)-aanskouer… ‘n Klein pienk tongetjie lek damp tandjies en haar lippe parteer en dan weerklank en betower haar laggie soos ‘n fluit gespeel deur ‘n virtuoso! Sy glo in ware liefde met ‘n fanatiese passie, hierdie meisie. Níémand kan haar verlange om metafories te sterwe vir Die Liefde indink of verstaan nie, het sy my ‘n rukkie gelede vertel.. Sy kan selfs afkraking verduur, as jou liefde haar beloning sou wees. ‘Hierdie vrome, convent-raised Katolieke meisie verduur dit in álle geval…sónder erkenning of belonings,’ het sy ook vroeë aangedring. Dit is vir my duidelik dat soos haar Pa verduidelik het in die enkele paar sinne wat hy wêl die vorige aand met my gedeel het, dat Nicole is ’n pragtige oopkop-meisiekind wat die veeleisende beroep van ‘n Kliniese Sielkundige wil aanpak. Die verstand werk van kleinsaf oortyd. Vra baie vrae; skop die versene teen die prikkels. Tap bloed uit ’n klip indien nodig en presteer verstommend in álles wat sy aanpak. Sy is dan nou ook terdeë daarvan bewus dat nòg ek, nòg sy gaan deur uiterlike truuks gebluf kan word. Breinbliksems se moer! Álles wat ons nou sáám aanpak, bespreek en reël, móét berus op éwige waarhede! So help my ---Lot! ;-)
Ons voel albei goed en lyk ook goed, dog vol gras en blare en modder. Ons gaan maak gou-gou in die Katedraal ‘n draai en steek elk ‘n wotiewe kersie aan voor die Maagdebeeld. Mag ons liefde vir ewig duur..! Hand-aan-hand loop ons terug na haar motortjie toe.
Ek sing ‘n Afrikaanse liedjie en sy luister asof betowerd:


“Daar onder in die vlei stap ‘n mannetjie;
Hy is so klein en so skraal, en in sy hand
Dra hy ‘n koffiekannetjie en hy stap na
Sy werk vir die honderdste maal langs
Die bome en blink waterstrome, sing hy
Sovêr as hy gaan! Want gister is ‘n baba
Gebore, en hy is die Vader daarvan…
Sy naam is Bart Jasper de Kompaan en
Hy dink aan ‘n naam vir sy seun. Freek
Jasper de Kompaan kan dalk gaan, maar
Gotlieb Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou Vader, dat
Die kind na sy Oupa moet heet: Jan
Horrelberg van Storrelberg van
Staden; en daarby Kasparus Parkeet!”



Ek lag silly en gelukkig. Sy ook. Ek verduidelik die inhoud van die liedjie vir haar en haar blou ogies glinster in myne in. “Sê maar net, Frédéric…” Hey a nee a!” Stry ek, want ek wéét wat sy wil sê, sowaar as padda manel dra! Eish! Ons ry stil en gemoedelik na haar ouerhuis toe waar ek buite totsiens sê en in ‘n taxi inklim wat Paul alreeds vir my bestel het. Hy het Nicci eienaardig aangekyk toe sy terugkeer met die blos op haar wange meer geaksentueer as ooit tevore en haar glimlaggie wat net nie wil weggaan of stil wees nie. Hy kyk my ook uit, grinnik en loop laggend weg. Hmmm…

Was dit ´n drogbeeld? Het my brein ´n pragtige meisiekind geskep wat my oë gesien het omdat ek haar wóú sien? Ek moet hierdie kwessie analiseer en hopelik ´n oplossing vind…sit ek idioties vol vertwyfelinge en skuldgevoelens in my hotelkamer en peins…en oormôre gaan ons terugvlieg huistoe. My vriende doen inkopies vir familie en vriende soos mal en ek sit hier en tob! Ek moet haar bel. Met haar praat. Wéér daardie stemmetjie hoor wat my tone laat omkrul en ander on-noembare dinge met my doen! Waar’s daardie nommer, ek’t dit neergeskryf in my boekie ja…L. vir Le Goff. Ek sê dit óór en óór, so asof dit iets heilig is. Is die naam van my idolatrie Nicole? Dan gaan ek met graagte die verdoemenis in…maar aan haar altaar sal ek aanbid. Ek hoor haar Ma op die foon en probeer my stem vermom, maar my aksent gee my weg. “Nicole n'est pas à la disposition de jeunes hommes vigoureux!” “Wie-ghô-rou? Wat de fok?” Click. Sy’t die foon in my oor neergesit! Biets! Ek bel ‘n taxi en gee hom Nicole se adres toe hy arriveer om my op te tel.
Dáár gékóm, heers chaos in díé ééns-ordelike amper geregimenteerde woning. Paul het die beans gespil? Só asof hỷ die feite weet van wat gebeur het dáár in die woudjie by die modderpoel waarin ons nakend geswem het en langsaan rondgerol het totdat ons klere óók modderbespat was?. Dis die stuff van gode en godinne, nie órdinêre ouens soos Paul nie. Maar ek reken Nicole het toe maar ingegee onder die druk van ondervraging. Spesiaal met Spesiale Agent Madame Claudia definislis in beheer van die situasie! Ai, jai! Wat ‘n gemors van ‘n gemors! Strike die kak die fan, soos my Mamma altyd sê. Ek moet kophou nou.
Ek hoor vaagweg Madame sê dat ek nou eintlik moréél verplig is om met Nicole te trou maar sy sal eerder die skandes verbonde aan ons bose daad verduur as om my as haar skoonseun te hê! Ha! ‘Dieu m'aident ! Je tolérerais plutôt le scandale et la honte qu'ayez-vous en tant que fils légalement!’ Uh-huh! Maar Vaderland, Franse mense help my nou asseblief ook om dinge te verstaan? Is Nicole verwagtend na net één, one, une fois, one-skat…se erm…rol-oppie-gras? Nicci is nêrens te sien nie, en ek sou nie verbaas gewees het as sy in haar kamer toegesluit was nie. Vader Nicholas die Le Goff’s se lokale priester is óók daar. Ongetwyfeld daarheen ge-beveel. Maar nou ja, seën sy siel! “Jy staan onder géén verpligting om met Nicole te trou nie, my seun. Nie geregtelik of geestelik nie….maar…” “Maar is sy verwagtend, Vader?” “Nee. Nie sovêr ons kan vasstel sonder ‘n dokter nie, Frédéric…maar…” “Maar?” vra ek ongeduldig.
“Wel, om met haar in die heilige huwelik te tree is die regte ding om te doen nadat jy haar vir ander mans gespoil erm…minder aanloklik gemaak het…” “Eish Vader! Hierdie is 1996, nie die middeleeue nie…” Nogtans.” Hy klink ernstig en vasbeslote hy is reg.
Oom Daniel knik sy kop om aan te dui hy stem saam met sy priester. Madame? Sy luister na elke woord en verstaan dit héél goed, (vang ons haar toe uit!) want sy sê koud en ongenaakbaar: “As dit dan moet gebeur dat hy met my dogter die heilige sakrament van matrimonie moet deel, dan sal hy in Frankryk móét bly en ‘n landsburger word. Hy trou met ‘n Franse vrou en dit vergemaklik díé nie-onderhandelbare stap.”
Ek begin half-histeries te lag. “Ek. ÉK. Ekke? ‘n Fransman word. Julle is duidelik almal befók in die kop. Ek is ‘n Afrikaner Boereseun, ek!” en ek stamp hard soos ‘n wafferse gorilla op my bors en loop uit die vertrek uit, buitentoe. “Ons vlieg môre-middag. En ek gaan huistoe. Ek.” Ek was verskriklik gedetermineerd om huistoe te gaan.
Maar..ek moes nóóít ópgekyk het toe ek amper in die taxi was nie! Vandoerbô-af, wuif ‘n kléín handjie vir my en ‘n verslae, pap-nat gehuilde gesiggie glimlag braaf vir my, die blou ogies vol liefde…

Ons trou toe in dieselfde Katedraal net buite, links van ons woudjie. Nicole dra ‘n moviese mooi rok (wat haar ouma en toe haar ma eers gedra het) geborduur vir Afrika -heh! Haar sleepsel is seker baie swaar, my arme meisie. So lank en vol tierlanteintjies. Die bruidsmeisies kyk my uit en giggel. Hmm..Franse girls darem maar, tsk. Die verloof- en trouring is family heirlooms en kos my dus niks. Gmmfff.. Die troue word gereël deur my draakagtige skoonmoer en alles is prag en praal en net…té veel. Ek sê ja (oui!) vir die lang-afgerammelde Franse vraag wat Vader Nicholas my vra en Nicci ook aan hare. Ek weet ek lyk handsome in my tux wat my skoonpa vir my gekoop het en ons honeymoon/wittebrood gaan plaasvind by ‘n Villa wat aan die Familie behoort en in Toulouse geleë is, dis glo lekker warm en mooi daar, volgens Nicci. Ek soen my vrou en daar gaat ons…ek wil eers ‘n draai in ons woudjie maak voordat ek daai langdradige resepsie face, smeek ek my vroutjie, ons albei vól confetti en rys gestrooi. Sy reken ons moet dit skelm does as almal reeds weg is. Ons foto’s wat ons dus voor poseer daarna, kan jy in sien die duiweltjies dans letterlik in ons oë (wat aanhoudend woud-se-kant toe staar.) ‘n Dead giveaway haha! Anyway…ons ariveer by die ontvangs láát en bespat van die modder, nou gemeng met confetti, blare en grassies, maar niemand sê ‘n enkele woord nie. Nicole en ek is nou wettig getroud. Ons kan maak wat ons wil! Die resepsie is by die Chateau in die ruim tuin onder ‘n tarpaulin/tent gedoente en ons geniet onsself gate uit. Nicole wéét ek het my vlugkaartjie net uitgestel en my firma gevra om een by te las. Haar ouers weet nóg nie en ons weier om deesdae enigeiets met Paul te doen te hê, die skinderbek-tattletale!
Die gaste geniet hulle Skotse salmon in kruie gersmoor en die daarmeegaande komkommer slaai, blinis, agurkies, room en horseradish sous of dan versoete foie gras terrine in wyn. Daar het ‘n paar gaste selfs per helikopter gearriveer en geland op ‘n landstrook ‘n endjie van die hoofhuis af. Daar staan tans 4 ‘kopters sien ek en wil-wil amper ‘n mal ding doen en Nicole in een wegsmokkel…maar ek het nie ‘n vae benul hoe om een te vlieg nie…die drank die vloei en die muskiek bereik ‘n crescendo wat dit naby aan ‘n hedendaagse punk rock fest laat klink. Mense eet en mors met die kos en ons twee kyk na mekaar en dink dis tyd om te laat waai - witbors kraai na Mosselbaai (- sug ek hunkerend na my land en my mense,) en Nicole gooi die garter om haar been eerste en daarna haar alleminitige swaar ruiker vol Josefs-lelies en wit en geel daisies. Die Franse mansmense en vroumense wat beide om die beurt probeer vang skree en ween amper in hulle pogings om die goed by te kom. Ek kyk nie regtig wíé vang wát nie. Dink net: “Emosionele mense die Franse. Mind you, ek ook maar.” Ons ontsnap die onthaal en vlug-ry Toulouse toe en daar aangekom, geniet ons onsself vreeslik en onstpan, besoek interessanthede en menigte woudjies…en ons droom van ‘n mooi toekoms en ‘n huis waar ons kinders kan veilig en gesond grootword in sonnige Suid Afrika. Ek besef Nicole los baie agter, maar belowe haar en myself dat ek daarvoor sal opmaak. Sy kan nie kook nie maar belowe om lesse te vat. Intussen maak ek die odd gereggie maar ek is ook maar treurig in die kombuis so ons bestel maar vir aflewering of eet in restaurante. Ons wittebrood is kalm en rustig so asof ons al jare saam is en mekaar perfek ken. Ek bespeur so baie van Oom Daniel, my rustige skoonpa in Nicole en ek is bly daarvoor. Uiteindelik breek die dag aan dat ek en my wettige vrou Frankryk kan verlaat na Suid Afrika my Moederland toe! Ai, die papierwerk was die legendariese hope en hope van beide lande se kant af en die menige besoeke aan die Deptartemente- van Buitelandse en Binnelandse Sake én die Suid Afrikaanse Ambassade was vermoënd.
By die lughawe, probeer ek hard om my opgewondenheid te onderdruk, maar sy sien deur my soos sy deesdae altyd doen. Sy pik ‘n traantjie weg en ek wag angstig dat my verassing vir haar (ek het haar Pa gebel en gesê hy moet sy dogter, nou my wettige vrou kom afsien en groet want ek vat haar huistoe – maar hy moet álléén kom!) Terwyl ek nog daaraan dink sien ek die oukêrel aangestap kom met sy cherrywood kierie in hand en ek voel eweskielik ‘n eienaardige fondness vir hom. Ek kyk na Nicole en wys haar met my oë om om te kyk. Sy skree haar plesier en bars in trane uit as sy haar Pappa behoorlik bespring en soen en druk, voordat hy nog veel nader kan kom. Hyself lyk maar emosioneel maar beheer dit. Hy soen my op albei wange en kyk my aan asof ek sy eie seun is en nie net deur die wet so gemaak nie. Ek knik my kop vir hom. Ek verstaan, sê ek met díé gebaar. “Kyk agter my kind.” Hy verstaan ook, want hy grinnik en druk iets in my baadjiesak. Ek los dit maar om later na te kyk, hoewel dit swaar voel en my baadjie effe skeef trek. Hy wil seker maar hê ons moet dit as ‘n verassings-afskeid geskenk beskou.
Vele drukkies en soentjies later, betree ek en my Franse vroutjie, Nicole Le Goff-du Plessis die SAL Boeing-vliegtuig en sit in die eerste klas area, met komplimente en as ‘n trougeaskenk van Arthur Anderson af. Wow! Ek hou haar handjie stewig vas en verduidelik vir haar die Afrikaanse taalgebruik van die vlugkelnerinne sonder om hulle daarvan bewus te maak dat sy Frans is en beter Engels as Afrikaans praat. Sy moet aanpas. So gou moontlik. Ek het darem ‘n groot woonstel in Sandton gekry om in te trek in die Parkmore voorgebied. Eintlik ‘n duplex, ten volle gemeubeleerd deur die eienaars. Dawid het my op die telefoon meegedeel dat dit nogal kwaai lyk en glad nie afsteek by wat hyself in Franse wonings gesien het nie. Hmm. Jy was in Franse wonings, lag ek. Hy snork en sê ons moet liewer nie dáároor praat nie.
Sur le continent Africain dans le pays d'or de l'Africain Du sud il y avait un diamant soutenu aujourd'hui. Une belle pierre brillante sous forme de garçon, appelé Frédéric après son père fier - Op die Afrika kontinent, in die Goue Land van Suid Afrika is daar vandag ‘n diamant gebore. ‘n Pragsteen, skitterend blink en in die vorm van ‘n seun genaamd Frédéric, vernoem na sy trotse Vader.
My vrou ly aan post natal depression en ek neem my seun saam op ouditte in ‘n hangsak voor op my bors met sy dra-wiegie in my hand en sy bottelverwarmer, bottel babapoeier en doeke binne-in die wiegie geplaas.
Ek voer hom wanneer hy ookal honger mag wees met verhitte babavoermiddel en verander sy doekies gereeld en besprinkel hom behóórlik met poeier sodat hy so koer en gurgle van plesier. Ons is groot maats, ons twee. En hy slaap soet andersins sodat ek my regmatige gedeelte van my werk kan afhandel en dus my aanstelling behou. My base is goed vir my, ja. Sy Mammie sit by die huis in haar groot Queen Anne stoel wat ons aangeskaf het vir haar vanuit die geld wat haar Pa in my sak gedruk het ‘n klompie maande terug toe ons Frankryk verlaat het kort na ons wittebrood. Sommer ‘n groot klomp note ook! En twee tjeks met hoë bedrae daarop en aan Cheqque d'argent comptant uitgemaak. Dis nou kontant, dink ek. Maar ek wil graag hard werk en self vir my vrou en seun sorg. Sy doen haar naels oor en oor en trek elke uur of so ‘n skoon stel klere aan en doen haar hare. Dan stort sy weer en die roetine begin van voor af. Die Dokters se ek moet dit maar aanvaar en nie ‘n fuss maak nie. Ek sal nooit. Dis dan Nicole. Maar ek wens regtig sy wil darem vir ons kos bestel of iets probeer aanmekaar slaan, bedags. Ek is saans doodmoeg en moet dan nog vir Frédéric bad, voer en aan die slaap kry én kos gaarmaak. Sy lê dan ook later in die bed langs my en is yskoud en styf soos haar Ma. Sy weier ook om Engels te praat. So, ons slaap maar vroeg, ek’s in alle geval doodmoeg. Maar ek is ongoddelik lief vir my vrou en seun, glo my. Ek onthou dat ek Frédéric se baba formula moet aanvul môreoggend voordat ek my vrou se koue wang soen en met ‘n “Bonne nuit ma cherié” (haar maar in díé paar Franse woordjies wat ek wêl ken, ‘n goeie nag toewens,) groet en omdraai en onmiddelik aan die slaap raak. Dis seker nie maklik vir haar nie, is my laaste gedagte.

Yaay! Nicole is uiteindelik oor haar depressie en het dadelik een aand haar arms na klein Frédéric uitgereik en tot my grote verbasing gaan hy, wat nooit na ander mense toe wil gaan nie, dadelik in haar arms in! Sy bad hom, voer hom en sing hom met ‘n Franse liedjie “Frére Jacque” wat in Afrikaans Vader Jakob geroep word, aan die slaap. Daardie aand is ons weer na aan mekaar en syself staan etlike kere in die nag op om na Frédéric om te sien. Ek grinnik in my slaap, moeg maar gelukkig. Uiteindelik.

Nicole wys my ‘n telegram en kan haar blydskap daaroor nie verberg nie:
Frédéric et Nicole. Nous venons chez vous en Afrique Du sud pour voir notre petit-enfant. Amour, vos Mère et Père.” Dit beteken hulle kom SA toe om hulle kleinkind te sien. Père et Mère(!). Ek wil-wil die telegram opfrommel en in die asblik gooi, maar haar oë smeek my om dit nie te doen nie. Sy’s Nicole. Ek gee toe, soos altyd.
Die besoek is toe nie té onaardig nie en soos gewoonlik is my skoonpa ‘n totale plesier om hier te hê en gelukkig besef my skoonmoer sy is nou op my territory, my turf. Die ou draak gedra haarself dus nogal goed. Sy wil-wil Frans praat met Frédéric, maar ek verbied dit. Afrikaans en Engels. Ek moes hom al klaar op sy Ma se aandrang laat doop met Peetouers (Dawid Mouton en sy aanvallige vroutjie, Elsa) en al in die Rooms-Katolieke Kerk. Watwou nóg ‘n Fransman van hom maak! Hy kry ‘n menigte nuwe kleertjies en speelgoed en ek sien Nicole dra ook ‘n paar nuwe uitrustings en nuwe op die oog af-duur, juweliersware. nadat sy en haar Ma gaan shop het in Rosebank. Ek neem my skoonpa ‘n paar kere uit om pool te speel en hy geniet dit terdeë, so-ook die geselskap van die Suid-Afrikaners. Hy erken later dat hy baie van díé land en die mense hou.
My skoonma sê seker maar (- soos ek ook gewoonlik doen,) niks dan ís daar niks! Heheh! Goeie move, Madame Claudia!
Dit kom nogal as ‘n skok toe my skoonouers my herinner dat Nicole hulle enigste kind is en dus hulle enigste erfgename ôk. Hulle wonder…kan hulle nie maar sólank vir haar ‘n deel van haar erfposie nou en hier voorskiet nie? Ek wil dit eers met Nicole privaat bespreek, antwoord ek sonder om my gevoelems te wys. Hulle deel my toe óók mee dat hulle erfgenaam, indien Nicole iets sou oorkom – God forbid!- hulle kleinseun, Frédéric sal wees. Ek grinnik en hulle weet hóékom. “Nee, dis reg, Pappa.” Beantwoord ek Oom Danny in Engels. Dis doodreg! Maar daar is géén way in hel wat ek sal toelaat dat Nicole vóór my doodgaan nie. Nog minder my seun ‘n Franse Markies se erfgenaam word Ek is onrederlik en onregverdig ek weet, ja. Maar ek wil my eie familie versorg, my eie familie in my laaste testament laat erf! Maar ek gee maar wéér in. Nicole is Nicole. En daai oë…

Op sy eerste skooldag lyk Frédéric te ougat in sy gestreepte groen en goud baadjie, kêppie en das met ‘n kort grysbroekie, grys kouse (wat aanhoudend afsak heheh!) met dwarse groen en goud strepies daarop en swart leerskoene wat verskriklik blink. La Salle College in Roodepoort sal sy Alma Mater word. Díé skool het ‘n uitstekende reputasie.
Díé streng Katolieke onderrig is buitendien goed vir die kinders van vandag. Leer hulle disipline, moraliteit en dan is daar die cirriculum wat beide skoolwerk en sport insluit. Dis ‘n seunskool en ek dink hy sal gelukkig wees hier, dink ek as ek hom aan sy Graad 0 onderwyseres. ‘n vriendelike non, oorhandig. Hy lyk onseker maar ek hits hom aan en dáár by die paadjie af, loop my seuntjie toe handjie in sy onderwyseres s’n, oppad na sy toekoms toe, - wat ek graag wil hê moet blink en suksesvol én gelukkig wees! Nicole het besluit om eerder tuis te bly want sy was séker daar sou ‘n ware tranedal gewees het as sy haar seuntjie moes oorhandig…
Ek dink vlugtig dat sy nog nóóít weer verwagtend geraak het nie, en sy het tog die Franse spesialiste geraadpleeg met haar en Frédéric se laaste besoek aan Le Mans? Ek skud die gedagte van my af en klim in my motor en ry werk toe.
Ons lees saans saam in die bed en lag of huil – afhangende van die leesstof.
‘n Groot gunsteling is Asterix & Obelix wat Nicci in die oorspronklike Frans, en ek in Engels lees. Daar is sóveel van slim innuendo in Goscini & Uderzo se prentjiestories dat mens hulle oor en oor kan lees en nooit alles sou inneem nie. Die Latyn daarin is ook wonderbaarlik snaaks as jy dit nou kan verstaan. Ek het Latyn tot in Matriek geneem, en Frans is nie té vêr verwyder daarvan nie, so ons twee lees dieselfde verhale en lag saam. Só het ons dan ook Kahlil Gibran se Prophet, die Dalai Lama se The Art of Happiness en ander sielsalwers ontdek het wat ons nader aan mekaar gebring het, beide geestelik en fisies:
"...as ons kláár is, druk ek my vinger in my mond en ek proe dan jóú en mỷsélf; ek hou van die reuk en die smaak van ons liefde is vir my ekskwisiet." Vir my ook, my Engel. Vir my óók.
Nicole het toe haar aanvanklike studies wat sy reeds in Frankryk aangepak het hier voltooi en haar M.A.Klin Sielk. verdien. Verder het sy by ‘n konglomeraat van mediese proffesionele aangesluit om dáárvandaan haar praktyk te loods. Ekself is ook darem nou ‘n geruime tyd reeds gekwalifiseerd en het ‘n uitstekende, lukratiewe werkspos. Frédéric word daagliks tussen die huis, skool en sy sportaktiwiteite wat hokkie, krieket, sokker en swem insluit, rondgekarwy deur beide van ons, afhangende van elk se beskikbaarheid. Nicci het ook vir haarself ‘n Hammerstein klavier aangeskaf met die ekstra fees van Franse Franke wat haar ouers haar gedurig meer oorlaai. Sy speel graag klassieke musiek en het dan ook gereël dat Frédéric musiekonderrig ontvang vanaf ‘n besonder ekksentrieke, mal-professor lookalike. Sy is egter deur ‘n hele paar ouers verseker dat haar seun net die beste kennis en vakmanskap by díé man sou opdoen. Frédéric, in sy kenmerklike manier daarvan om almal ‘n kans te gee alvorens hy hulle oordeel, reken hy is top-notch. En hy tokkel dan nou só mooi op daai klawers, boeta, as almal maar net wil kom saam sing, dink ek trots. Dinge gaan voor die wind met die Le Goff-du Plessis alliansie. Nicci het bietjie olik gevoel na haar laaste menses en haar geneesheer gaan raadpleeg. Haematologiese toetse dui toe daarop aan dat die S-Ferritin vlakke in haar bloed heelwat hoër is as 1000ng/ml wat ‘n beduidenis kan wees op bloedarmoede en selfs leukemia.
Hy skryf medikasie voor en dit blyk dat dit werk, want sy lyk goed en is vol lewenslus, energie en joi de vivre soos altyd. Ons skryf die bekommernisse af en lewe soos altyd, ten volle.
Nicole sweef steeds eerder as loop en haar grasieuse verfyndheid en “catwalk-elegansie” laat ánder van haar geslag maar lomp vertoon teen haar. Of dálk is dit maar net ék wat daagliks meer verknog, verlief en versot raak op my Franse Le Mans Chérie. Hoe dit ook al sy, haar Rooms-Katolieke vroomheid en absolute oortuiging dat haar Heilige Geloof die enigste ware een is, tesame met haar kleinmeisietjie-ondeundheid en sensualiteit wat sy inderdaad net openbaar as ons twee alleen is, bowl my over! Dat sy boonop ‘n goedversorgde voorkoms handhaaf, ons woning net en skoon hou en ons seun met ‘n amper-anderwêreldse-liefde ondersteun, versorg en na omsien sowel as my die dinge in totaliteit gee wat elke man graag ideaal in ‘n huwelik sou wou hê, is beslis iets om oor huis toe te skryf. En ek skryf toe dit álles vir Oom Danny en wens hom geluk dat hy (en sy vrou,) só ‘n wonderlike wese die lewe ingebring en grootgemaak het. Sy skrywe terug aan my was kort en kragtig: “Dankie, my seun. Kyk mooi agter my grootste akkomplisement in hierdie lewe, Nicole my dogter. Affecteusement, Daniel Le Goff”Dis toe akute, chroniese limphositiese leukemia gepaardgaande met akute myeloidise leukemia. “Dis nou ‘n pot stront as daar óóít een was!” is my onmiddelike beangste, onredelike reaksie.
Ons verkry ‘n tweede en derde opinie. Vasbyt, Nicci, my engel.”
Sy sê niks. Níks dan is daar níks? Nie híérdie keer nie, my Liefling.
Ek het nooit kon dróóm hoe siek my vrou moontlik kán wees nie. Ek het nooit-ooit kon rááí dat ek ‘n dokter sou hoor sê,” Die volgende paar dae is krities, as ons nie spoedig reageer nie, mag u vrou dalk sterf.”
‘n Simpatieke verpleegsuster sien my trane en sê sag: “Chemotherapie, radiasie, ‘n menigte inspuitings, en ‘n eindelose voorraad van pille sál en kán hierdie gedrog tot rus bring, meneer. Glo my, ek het dit alles alreeds gesien.” Sy raak my skouer liggies aan en beweeg terug in die intensiewe sorgsaal in.
Ek volg haar in met die bos angeliere wat ek vinnig gestop het om te koop. Nicci se gunsteling blom is ‘n rooi angelier. Ek probeer my trane verberg maar dit is alles vergeefs…Sy troos my in Frans. Ek verstaan nie eintlik wat sy sê nie maar haar stemtoon spreek boekdele. Ek wéét sy wil hê ek moet sterk wees vir ons seun. Vir myself. Én haar. Haar oë sê dankie vir die blomme. Haar hemelblou ogies. Ai, jai, jai! Ek soen haar liggies op haar natgeswete voorkop: ‘Adieu Ma Chérie.’ Sy knik swakkerig, glimlag en draai moelik om en slaap. Vir altyd.
O, vra my nie my liefde nie, ek het dit weggegee, aan ‘n kleine koringblommetjie en aan die grote see. Ek hou van bloue blomme, aanbid die hemel blou – jou oë vermy, dit kán ek nie – ek min hul meer dan jou…”

My skoonma blameer my vir haar dogter se dood – dis ék wat haar weggeneem het na ‘n land toe waar haar hart en bloed ja, uiteindelik net nie méér die verlange na haar Moederland kon verduur nie…Oom Danny maak haar stil vir die eerste keer in jare. Hy kyk na my en omhels my en toe vir Frédéric wat nou groot genoeg om reeds so baie te verstaan. “Dis níé jou skuld nie, my seun. Dit is God Self, wat nie ‘n oomblik langer sónder sy spesiale engel kon verduur nie. Dís hóé dít éénvoudig ís!” Ek sien Frédéric luister aandagtig na sy Oupa en knik sy kop asof hy ten volle saamstem en verstaan. En ek dink hy hét verstaan, ja! Daarna huil hy nooit weer nie, nie eers by die verassings-diens in dieselfde Katedraal waar ons getroud is in Frankryk nie. Hy strooi dan ook saam met my, sy Oupa en Ouma, sy Mammie se as in die Tuin van Herinneringe en vryf sy swart leerskoentjies blink aan die agterkant van sy swart Italiaanse pak se broekspype en ek lag onwillekeurig sag vir myself.(Haha! Die broekspyp-ding; soos ek ook altyd maak!) Ek en my seun moet voortgaan. Ek sal nooit weer ‘n Nicci kry nie, weet ek. Maar sy leef voort in hom! Dit gaan van nou af dan nét ons twee manne wees. Ek vat sy hand en en druk dit. Hy druk myne ook soos altyd om my te laat weet: “Ek’s OK. En ek wéét Pappa is OK.” Ek het hom dit reeds klein-kleintyd geleer. En ons gáán OK. wees. Ons is Boertjies! Fighters…Maar soms raak 'n mens so 'n aks moeg vir die stryd...my skoonouers se versoek het my bene behoorlik lam gemaak en ek sukkel om myself te beheer en nie dadelik in die negatiewe uit te skree nie. Ek móét hierdie situasie mooi bedink. Dit affekteer ons almal. Ek sug en sê: “Ek moet dit met my seun bespreek en goed oor alles dink. Dis ‘n groot stap, ek is seker julle verstaan…” Beide knik . Elkeen volgens hul natuur. Oom Danny knipoog dat hy ten volle verstaan hoekom ek huiwer en dat dit ‘n groot besluit is. Madame…sy lyk asof sy gereed is om my alweer aan te vat met leë, te veel reeds gesproke, woorde…woorde wat hulle trefkrag verloor het, Ouvrou! Ek loop buite toe na die rivierbank van die Sarthe Rivier toe wat deur hulle eiendom vloei. Dáár sal ek met Nicci kan praat, kan dink en kan besluit…

Besluit of my énigegebore seun, Frédéric Le Goff-du Plessis, tuis sal gaan by sy grootouers en híér versorg sal word, soos ‘n Fransman grootgemaak sal word, met baie geld altyd beskikbaar om hom alles te koop waarvan hy tans net kan droom. Hulle sal sorg dat hy net na die beste universiteit toe gaan om te studeer. Hy sal baie vir my kom kuier tydens vakansies – altyd herinner word wíé sy Vader is (dis nou Oom Danny wat dít byna verskonend, gesê het) en ek kan ook vir hom kom kuier enige tyd. Ek is ‘n wewenaar sonder ‘n vrou. Hy het ‘n goeie vroulike invloed in sy lewe nodig (Eish! Die Draak?!) en bowendien, hulle is beide ontsettend lief vir hom! Die laaste gedeelte kan ek nie ontken nie. Dit is so. Maar ek is ook lief vir hom! Nicci, help my asseblief! Laat my die regte besluit neem vir ons seun!
Hy is in elke geval uiters Katoliek, nes jy was en hom grootgemaak het om te wees, my geliefde. Miskien sál hy tóg beter hier inpas.

Ek gesels met my seun wat my met sy Oupa en Mamma se oë aankyk só asof hy diep binne in my hart kan sien. Ek dink hy kán ook. Ek dra my gevoelens lewenslank al op die mou. “Ja, Pappa. Ek is bereid om hier te bly as Oupa en Ouma dit so wil hê. Maar wil Pappa dit só hê? Sou Mamma wou?”
Ek dink dit sal jou ‘n wonderlike toekoms gee om hier groot te word. Hulle is baie gevorderd hier…” Ek kyk ‘n oomblik weg. Fok! Is my seun nou in die plek van die lamoffer soos met Abraham die geval was? Moenie dramaties en selfsugtig wees nie, Freddie! Dink aan wat die beste vir HOM is! “Ek wil graag hê jy moet hier bly, Frédéric. Ek is baie, baie lief vir jou en sal jou mis, maar ons kan mekaar gereeld sien met skool vakansie. Dis nét ‘n vliegtuigritjie vêr, my seun.” ‘n Nietige en vreeslike klein liewenheersbesie land met oopgespreide vlerkies op my arm en ek bekyk díé pragtige weerlose swart en rooi insekkie verbaas aan. My kop se iets wat in my hart weerklank vind: Nicole!
Ok. Dit is waaragtig‘n teken as daar ooit een was! “Ja ek wil graag hê jy moet bly! Kom gee Pappa ‘n drukkie…”
Saam sê ons toe: “Ladybird, Ladybird, fly away home, your house is on fire, your children will burn…!”Ek vlieg die dag daarna terug ook terug huistoe. Na my land toe. Ek voel nie. Ek voel nie. Ek voel nie lus om enigeiets te doen nie! Behalwe…díé dinge wat ek moet doen om aan die lewe te bly. Ek wérk, eet, slaap. My lewe bestaan uit hoge berge van verantwoordelikhede wat ophoop…onaangeraak. Sal ek dit óóít kan oorbrug? Ek maak dit, maar dra gedweë die masker van respektabelheid en dit laat my geestelike vastrapplek in die lewe net meer en meer wegval. My gebrek aan orde, roetine en netheid is amper-oorweldigend.
Frédéric en ek is geréélde, uiters liefdevolle en besorgde besoekers van mekaar, dog my seun is ‘n blêrrie Fransman! Heheh! Maar nou ja, hy is at least ‘n gelukkige, gesónde en voorbééldige Frenchie! Lieflike kind! En hy woon in my hart.
Nou ja, baie water het die afgelope ruk in die see geloop. En véral hier in Johannesburg was ek al in en ek was uit - ek was al só uit, ek was amper weer in. En nou's ek so te sê koel, bru. En só stap die jare aan en niks verander werklik nie. Maar daar in die Tuin van Herinneringe in die vêrre Frankryk van die Le Goff’s…(dóg my voorouers óók -)

Le jardin de Rememberance : Là, dans la brise douce, les cendres de ma aimée remue et si vous écoutiez étroitement, vous entendriez un petit soupir doux - "mon Frédérics je t'aime..."

In die Tuin van Herinnering: Dans ‘n sagte briesie…

En…



Tendrille van warmte
Soekende...
Swaai sensueel
Reik skaam
Na die dieptes van my siel.


Én wanneer ek die pyn nie meer kán verdra nie, dán hoor ek 'n stem: "Moenie treur nie," en sien 'n geliefde pruilmondjie se glimlaggie en diep binne-in hemelblou lees ek: "Hier vêr bo-op berge en onder-in dale, en ówerál, Frédéric, is ene. Ene, wat wag, nét vir jou."




◄einde►




♥ - FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home