BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Tuesday, December 27, 2005

One fled the cuckoo's nest!Oupa Frank

Daar is oomblikke wat mens wil onthou, snaakse situasies, kere waar dit die lag met die traan is, dade wat jou trots laat voel oor persone se optredes – dikwels jou eie mense. En dan is daar dié tye en dade en mense – weer jou eie, wat jy wonder of dit nie beter is om te vergeet nie? Maar bloed is dikker as water sê hulle. “Was dit in 1872?” vra oupa Frank se paternale kleindogter, Mandy jare later – ‘n ondeunde glimlag op haar gesig en ongeloofwaardigheid duidelik in haar oë. Ek lag saam met haar en Estelle oor haar uitlating. Ons het almal Mamma se sin vir humor en haar lag. Ek skud sedig, ernstig my kop: “Dis soos Ma dit vertel, en ek moet glo dat sy die waarheid gepraat het.”

Ek dink ‘n mens het lief – dis al. Kánníé verander óf beëindig word sonder dat dit totaaal vernietig word nie. En familie bande is heg, ja. Anyway…Frank. Ek dink hy moes sy vrou baie lief gehad het. Sy vrou, ons paternale ouma, Judik, sterf in ‘n hospitaal en hy hardloop hartseer, verward sowel as woedend en irrasioneel oor ‘n besige pad buite die hospitaal, waar ‘n sê-maar 1872 model perdekar kom raakry of oor hom ry en een van die perde se ysterhoewe hom teen die kop tref sodat hy stil en bewusteloos lê. Nee, hy’s nie dood nie. Die Du Plessis mans vrek gewoonlik heelwat later wanneer Ina hulle doodbid op die toilet – maar ek dwaal af. So, die outop word toe as mentally unstable (Nee! Ek gaan nie retarded sê nie, bogger julle!) gediagnoseer en in ‘n mental institute, groen dak en al, aangehou.
Sy drie seuns, Chris, Frank en Harry (wie hy in ‘n dronk waas as ‘n Engelse Henry William laat registreer het omdat die aantreklike registerklerk ‘n Rooinek was, en dir moes Hendrik Willem geswwes het, ja) gaan toe automaties kinderhuis toe. Abram Kriel dink ek. Daar ondergaan hulle die gewone ontmenslike ontberings, eet amper net gem squash en sago pudding en spandeer koue, kaalvoet winters deur hulle tone in beesmis (nee ek weet nie - maar dit was lank terug,) te probeer warm hou. Al die tipiese ellendes wat met ‘n weeshuis en sy wesies stereopeer word, ja. HW leer toe ook sommer daar rook – sigrets en sterker goed ôk. O, en poeza. Maniki sterek. Wit drank was sy favourite, want dit het sy kop laat gons en wonderlik in sy maag gekrul en vergetenheid gebring van sy armsalige, ellendige en eensame bestaan. Maar, daar het hy ook darem op blaarhope saam met sy broers en mede-wesies geklouter, afgerol, ingeduik, mekaar gegryp en ingesak, was hy getref deur ‘n uigespoegde mieliekop en het hy geskree, gejuig, gejol en gehol en kindelik onskuldig, dog slinks en vindinryk -street-wise sê ons vandag- (hoewel streng en volgens die ewige meegaande reels, wat hy gekenmerk was om te breek en te toets) grootgeword. Baie pakslae gekry en vele meer toegedien met sy vuiste. Nooit aangeneem nie. Sy broers? Weet nie. Maar Chris het ‘n dokter geword en Frank het homself uiteindelik in Sasolburg gevestig met ‘n vrou en drie seuns en klaarblyklik OK vir himself gedoen. Tobias, Franco en Werner is my nefies aan daai kant.. Die rooi winterwange en loop-neuse, gepaard met die streng disipline het egter op 15 hulle bekoring vir HW verloor en toe die volgende harde winter hulle bekruip, ontsnap hy gemaklik en doen aansoek vir die harde werk van ‘n veel ouer man met ‘n lang liegstorie oor sy herkoms en hoekom hy jonk lyk vir 18.

Ek weet die storie gaan oor Oupa Frank, maar hy verskyn weer later, moenie worry nie, haha! Intussen versamel Harry ‘n groot suitcase vol sleutels, besoek verskeie huise en woonstelle om besigheid te doen terwyl die huismense nie tuis is nie, word gou meer welaf as wat hy ooit gedroom het en skaf selfs ‘n kar aan teen ‘n uiters goedkoop prys, omdat sy eienaar dié by sy huis gelos terwyl hy met vakansie gegaan het het en daarom klaarblyklik nie veel waarde daaraan geheg het nie. HW het iewers leer dryf, ja.
Hy was by nou 20 met die natuurlike drange van enige rooibloed boerseun. Op ‘n vrugbare aand (ek moet grinnik oor dié woordspeling) ontmoet hy toe vir Helena Claudina Pienaar, ‘n hubare, wulpse boerenooi met hare wat byna-raafswart om haar kop dans en groen-bruin oë vol lewe. Sy vat hom. Hy vat haar, en ten spyte van haar ouers en broers se dislike van die rowwerige kêrel, trou die twee. Ek gesels later meer, oor hoe hulle ontmoet het en later saam gedroom het oor ‘n huisie met klaar geverfde mure en malvas en krismisrose en baie, baie gras in die jaart, in “Harry en Ina” ‘n hierop-volgende leesstuk. Ja die twee trou toe en die res is natuurlik herstory/history en 4 kinders en baie rondswerf later, besluit HW dis tyd dat hy sy Pa opsoek en duidelikheid verkry oor al die baie dinge wat hom jare reeds so jaag en pla, laat baklei, werke vat en los, uit tronke ontsnap en ermmm los joppies met sy groot tas sleutels doen, sy vrou nie reg behandel nie en sy kinders…wel, nie exactly ook reg behandel nie, jy weet. Kannie die whiskey en marijuana wees nie, nee a, wat praat sy kop?

Oupa Frank du Plessis. By nou is hy al ‘n long-timer in die mental institution, en nie te keen om sy lot in die lewe te verander nie. Dinge is OK hier. Waar’s Judik? Sy is al een wat hom verstaan. Is die vrou by Henry William, nee Hendrik Willem, sy Judik? Ina kyk hom aan en voel haar moed oombliklik na haar maag toe val, waar dit soos ‘n doodse naarheid bly lê. Asof dit haar mood verstaan steek die weer buite die inrigtingsmure op. Flertse wolke skuifel ongemaklik oor die donker lug rond en sterre verdwaal tussen die donkerstes soos nou in haar hart: instant hatred. Afsku. Minagting. Bedruktheid. Sy voel soos ‘n klein boompie wat heeltyd aanhou voortsukkel om te groei teen ruk…winde, dwars…klappe, skoppe. Maar daar is goeie tye ook: “Will you share the good and bad, will you kiss me when I’m sad, tell me darling are you mine and only mine…?” Maar nou hoor sy daar gaan twee Du Plessis wees. In háár huis. Haar skoon, netjiese huis waarvoor sy haarself afsloof…”Heilige Seemonster, wat staan my te doen,” wonder sy en byt-byt aan haar vingernaels, maar onthou betyds om hulle nie te kou nie. Sy wil hulle graag groei en cutex. Harry hou van mooi lang naels aan ‘n vroumens en sy't dit altyd tóg gehad, voorheen..
Terwyl sy haar skoonpa se skamele besittings in ‘n tas pak gril sy oor die stank van ou sweet en wat sy net kan noem vuilgattig-geit en sy laat haar verbeelding haar wegneem in ontvlugting na ‘n stukkie kindwees. ‘n Héle, vól kardoes bruin winkeltoffies. Swem in die rivier. Pa Piet en Ma Kate en Hendrik, Dial en Kleinpiet, ja Nan en Onkie ook by ‘n piekniek. Wholesome mense. Háár familie. Pienaars en Bouwers. Skoon mense…sy verlang skielik vreeslik na hulle. “Ma Kate is toe dood nadat die gangrene in haar been oorgeslaan het na volbloed kanker! Arme Mamma…en waar was ek? Pa Piet is nie lank daarna oorlede nie – seker van ‘n gebroke hart. Ai tog! En ek moes dié dinge toe oor ‘n foon hoor en maar na die beste van my vermoëns verwerk.” dink sy hartseer.
Bietjie later sit sy agteroor in die agtersitplek van die groen Pontiac en kyk deur die venster hoe die reën in donker riviertjies teen die ruite afswiep. Harry en Pa Frank gesels land en sand, Gemaklik. So asof hulle mekaar gister laas gesien het. Ina dink nou aan Piet die Kraai wat siek is nadat hy buite in die skielike- en hoogs onverrwagte sneeu vasgevang was. Sy moet tog vir die ougat voël ‘n Grandpa gee. Dít sal hom regruk. En daai drie wilde katte (sy noem die swart, vet een Blackjack) – sy moet tog probeer om vir hulle bietjie kossies iewers af te knou. Miskien sal die geldjies vir die verkoop van geplukte strawberries wat sy aan Mawingo in De Deur verkoop het, daarmee help. Intussen vang hulle soos regte katte behoort te doen, al die rotte en muise uiters goed. Sy dink moedeloos dat sy nou nog een honger, werklose mond bykry om te voer en wonder weereens hoe sy dit gaan oorkom? Vet weet, sy werk haar vingers stomp om haar huisie in De Deur skoon en blybaar te hou en dan miskien ‘n ou ietsie van die land af te oes om die skraps geldjies wat HW by Amcor as ‘n ystersmelter verdien aan te vul. En Mandy, haar nuutgebore dogter ly aan asma-aanvalle en verlaat elke nou en dan amper hierdie ou aarde, wás dit nie vir die familie se gebede en haar sorg nie…sy voel só moeg. Ag Here, dóódmoeg en sy word nou eers 28...

Dan breek iets skielik in Ina en sy skree-snik dit uit: “Pa sal moet gaan werk soek! Ek gaan gáán ledigheid toelaat nie, jammer. Ek sal was en stryk en kos voorberei, skoonmaak. Maar Pa sal Pa se gewoontes moet verander. Ek hou ‘n skoon, netjiese huis! Ek het ‘n man en kinders om te versorg en elkeen moet sy/haar deel bydra, verstaan?!” Die stortvloed woorde kom stadig tot ‘n stilstand. Sy kyk benoud na Harry…dié skud net sy kop maar sê niks. Dryf net voort in die reën. ‘n Ondeunde sprankie hoop kom skielik in haar op – só, sy’t uiteindelik haar regmatige plek as “Baas van die plaas” in at least haar huis, verdien in sy oë. Maar ‘n sesde sintuig of miskien intuĭsie, sê hard en duidelik vir haar dat daar nog baie dinge is wat sy sal moet deurgaan met “Pa”. En die beteken ook natuurlik Pa se Seun. Sy ril en vryf haar arms; dis nie juis koud nie maar die hoendervleis staan nogtans op haar vel uit. Dis nie verniet dat hulle hom aangehou het vir jare in die groendakkies nie, o nee. Sy voel ‘n soort van boosheid-amper van sy kant af na haar uitstroom en neem saggies ‘n eed om by haar word te hou. Die ellendeling moet gaan werk en binnekort sy eie blyplek verkry…asseblief Here.
Frank voel haar intense dislike aan. Hy draai om in sy passasier-sitplek voor in die motor en kyk haar al-glinsterede en lángdurig met sy seun se ysblou oë aan; “Dankie dat jy my terugvat, Judik.” Ina gee hom haar “man, fók jou, jou ou hangballas-look” en kyk dan weg sonder om enigeiets te sê. Jou sorteer ek later uit op my turf, vuiluil; En sy sien in haar mindseye hoe die monster spaghetti vreet – nee, dis kwyl wat by sy bek uitloop waar hy sit en kyk, hongerige oge op die skaapboud wat ek kerf vir my en die kinders, die katte en selfs die kraai, ja. En ek kerf dik stukke vir Harry se lunchbox. En sommer vir ‘n midnight-snack ôk! DIE WAT KYK KRY NIKS HAHA! Sy ruk haarself reg. Liewe Vader, sy gaan amper aan asof sy nou net deur haar seun genooi is om na vele, lang jare uit die gestig te kom en by hom en sy familie te kom woon! Iewers binne in haar vind sy nou ‘n plekkie waar sy amper-jammer vir hom kan voel. Armsalige ou man…

Frank loop nou al hééltyd in die huis rond en Ina hou haar besig met ditjies en datjies en maak asof sy hom nie sien nie. Hy’t gesê hy gaan werk soek! Wanneer gaan hy dan pad vat? Harry is reeds vroegdag weg met sy bicycle en die kinders raak honger! Maar dis ook een van daai dinge. Soos ‘n rofie wat jy heeltyd afkrap en karring en jy kan hom nie ignoreer nie, dink sy hoogs geĭrriteerd: “Ek dog Pa gaan uit om job te soek?” “ Sy Harry-oë trek op ‘n skrefie, maar hy sê bedees: “ Ek’s oppad. Is daar iets vir my om te eet en drink dalk?”
Nee, Pa! Nee! Ek het net ‘n bietjie varkvet en gaan Freddie kêffie toe stuur met ‘n tiekie, vir ‘n halwe bruin brood wat ek dan dik daarmee gaan beplak met varkvet saam met sout en peper en dan tussen my 4 groeiende kinders gaan verdeel. Gaan werk en bring geld in! Daar’s skaars genoeg vir my familie…!!

Jammer Pa. Niks.” Sug Ina en ontwyk sy blik as hy treetjie vir treetjie die huis amper-uitkruie. “Sien Pa láát vanaand?” Sy gooi die peace-in-the-home nat wat min gepla ál teen die gordyn uitgroei en roep die kinders vanaf buite in sodat sy haar dag uitéíndelik ordentelik kan begin…

Oupa Frank was glo ‘n generaal in die Tweede Wêreld Oorlog. Hy het die uniform en rank insignia en medaljes gehad en selfs ‘n militêre hoed met baie gold trimming voor op die tip. Ook ‘m mooi gepoleerde stok wat hy kwansuis onder sy arm gedra het tydens parades. Met my eie oge gesien, ja. Moet sê, hy het altyd baie régóp geloop. So amper asof hy marsjeer. Ongelukkig egter, het sy aanhoudende dra van vuil klere - twee onderbroeke oormekaar, swak persoonlike higiëne en effe-dof kommunikasie-vermoë, gepaardgaande met sy seniliteit en die menige gin half-jacks wat Ina onder in sy klerekas weggesteek gevind het as sy skoonmaak - tesame met haar gesukkel om ‘n ordentlike bestaan te maak as gevolg van die feit dat Dedda konstant sy werk verloor of gelos het, alles bỷgedra tot Oupa Frank se ousting uit dier huis uit deur Ina. Wie nie werk nie, moet uit!

Hy’t by die Rassies gaan woon, waar hy hoë aansien geniet het juis oor sy toeka se tyd se generaalskap. Ook hulle kerk gejoin. Daar hoef hy toe dán nie te moes werk of té skoon e en higiënies te gewees het nie.Hy’s daagliks driemaal gevoed en tot in twak gehou. Drank moes hy opgee, maar ek suspect hy het maar steeds voortgegaan skelm drink wanneer hy ookal kon. Blyk my hy kon die lewe sónder Judik net nie face dan óók nóg sonder alkohol óók nie. Arme man. Anyway, cool move, Frankie! Dié feit dat jy by die Erasmusse so ín was, Grandpa – dís nou vir jou ‘n kwaai gimmick! An admirable con! “I’m a survivor…!” – is jou song, oupa-myne. Haha!

Ons het Oupa Frank redelik gereeld gesien wanneer ons by die Erasmusse gekuier het en Antie Nellie se stukke ge-icingde koek saam met koffie deeglik geniet het en hy was dan vriendelik en het ons kinders se name nog steeds onthou en het met ons gesels aan die kombuistafel. Hy’t skoon en netjies gelyk met ‘n kortgesnyde militêre haarstyl en selfs ‘n das en onderbaadjie gedra wat hom nogal goed gepas en laat lyk het. Ina was steeds nie beĭndruk met haar skoonpa nie, sy new cleancut look en religious conversion con ten spyte. Sy kon nog altyd deur hom sien van die eerste ontmoeting af. Besides, sy’t alreeds sy seun in haar lewe. En God weet, die appel val nie vêr van die boom af nie! Een is genoeg, dankie.

Ons kinders het hom toe weer op ‘n dag gesien toe hy by die blougeverfde-Kliprivierhuis in Kookfontein na Dedda en Ma (?!) kom soek het – hélse ent geloop vanaf die Rassies in Danie Smalweg en smoordronk. Hy loop nogtans baie regop, arms beweeg saam met bene in ‘n militere presisie-mars. Hy halt. Ons het beleefd gegroet, amper gesalueer. Bloed ís dikker as water! Vir Oupa toe te kenne gegee dat Dedda en Mamma iewers heen gery het, ons weet nie waarheen nie, jammer. Hy marsjeer toe oombliklik weg terug oor die begrawe ou Pontiac oppad na die Rassies toe en ons groet hom soos dit ordentlike kleinkinders betaam om hulle Oupa te groet. Hy groet nie terug nie en lyk nors en onvriendelik. Vóórdat hy heeltemal weg is, sê een van ons drie groter kinders íéts (níks met Oupa Frank te doen nie,) wat ons almal laat lag en teen die huis se draadheining opklim…

Later moet ons hoor hoe ons kinders ons paternale Oupa Frank deliberaat en total gedisrespekteer het deur hom uit te lag omdat hy ‘n drankie ingehad het! Harry besluit in sy eie whiskey-belaaide dronkenskap om hom op sy kinders namens sy Pa te wreek en moer ons almal holderstebolder met vuis en voet, maar vir my, favour hy met ‘n spesiale harde skop van sy leerboot op my linker-onderbeen. Hospitaalsake. Ja, die inflammasie bevat in die groot knop op my been moet uitgesny word deur ‘n chirurg en Ina vloek Frank uiteindelik lánk en hárdop en met diė woorde wat sy so lank reeds inhou. Sy maak só dan ook stadig haar belaaide gemoed skoon. Nee, ek gaan nie die woorde repeat nie, maar genoeg om te sê dat selfs die grote see hom nóóít skoon sou kon afwas daarna nie. Ouch! Hy is wééreens verbied om binne ‘n miljoen jaart van haar huis en kinders te kom en geen hoeveelheid van smeek en bid vanaf die Rassies se kant af namens hulle hero kon haar van besluit laat verander nie. Dit was KLĂĂR! Dankie God, klaar! En dit was. Ina kon haar voet neersit met tye. Selfs al was Harry nie in totale saamstemming met haar besluite nie. Sy eentyds-Florida-se-meisie kon obstinaat wees wanneer sy wou, en hy’t beter geweet as om haar in dááí tye teê te gaan. Koue bed…en Harry was ‘m warmbloedige man, ja nee! Anyway…Oupa Frank: Hom nooit weer gesien nie. Weet selfs vandag nie wat het van hom geword nie. Ek onthou vaagweg iets van dat hy van die Rassies af weggeloop het nie te lank nadat ons Florida se flat toe getrek het nie, dieselfde jaar toe Ina hom haar huis verbied het. Ten spyte van sy eie nukkerigheid dink ek Dedda het maar besluit genoeg is ook genoeg. Miskien het hulle tweetjies gepráát, die Du Plessis Vader en seun.. Weet nie.

- Oupa Frank -

Was Harry soos hy, higiëne-wise? F-k ‘n bok…Ina sou reeds in die staanspoor van hulle verhouding weggehardloop het haha! Hmmm..Estelle noem my partykeer Frank…maar net partykeer. Heheh! Oom Frank en sy Duitse vrou en drie seuns het ‘n paar kere by ons huis Harindu, vir ons kom kuier, maar nie weer daarna nie. Oom Chris was glo ‘n dokter naby Stilfontein of iets…nooit gesien nie. Ek onthou tye bo-op Oupa Frank se skoot en dat hy my oorlogsverhale vertel het met baie handegebare– ek was 6 en in Graad 1 by De Deur Laerskool en onthou nie vandag die inhoud van sy stories nie maar ek onthou ek was gefassineërd.

O ja, varkvet dík gesmeer op brood met sout en peper saam met koffie ís en bly lekker!

“…En dan is daar dié tye en dade en mense – weer jou eie, wat jy wonder of dit nie beter is om te vergeet nie? Maar bloed is dikker as water sê hulle….” (Bleh! Ek wonder tog…)

Maar nou ja, stry en baklei soos julle wil, my familietjie, FRANK WAS JULLE OUPA! -
FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home