BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Sunday, December 25, 2005

Oom Duiwel
Oom Duiwel

Ek kyk nou nét op Animal Planet op my TV na ‘n program genaamd Meerkat Manor. Hulle wys elke meerkatjie en dié se gegewe naam en gee dan ‘n enkele karaktertrek vat opvallend is van dié spesifieke een en hom of haar opsom in so te sê één woord. Ek sit nou dus en dink hóé ek elkeen van my familie se menigte karaktertrekke tot één só `n woord kan verkórt. Byna onmoontlik. They all contain multitudes! Ek kan try, OK, maar ek sal daadwerklik te veel goeie kwaliteite níé ten vólle eer aan kan doen nie en hulle eksentrisiteite nét moontlik té veel aksentuéér. Want sien, ek hou partykeer meer van mense vir hulle tekortkominge, as hulle heldedade. Spesiaal my ietwat ermm..”andersins” familie. Binnehuis is Dedda en Mamma besig om gipsborde, op die draaiwiel wat hy vanaf ‘n yskas se motor aanmekaargeslaan het, te vorm. Díé word dan gedécorate met verf in allerlei tonele (soos eende, swane, flamingo’s en huisies met water features) deur die ártistiése Ina, en verkoop vir ‘n ékstra geldjie. Ek lees ‘n boek, ál-lêende op my maag met ‘n kussing onder my ken en die boek op die vloer, aan die voetend van my bed. Buite sit Estelle en Annette op Harindu on Eight Avenue se voorstoep se trappies en luister, óópmond van skok. Máár terselfderheid dans daar ‘n gefásinéérde duiweltjie in élkeen se oë; want sien, Trixie, die wél-geronde, krulkop dogter wat saam met beide op laerskool is, déél met hulle ‘n joke. En die grappie is stout! Sy geniet die êffék van haar ondeunde jest op haar mede-skoliers se gesigte; in dié manier wat hulle eers tjoepstil sit, duídelik nie seker of hulle mág of selfs móét lag nie, en dan skielik próés van die lag en eenvoudig níé kan ophou nie! Sy lag weereens na sóvéle oorvertellinge vir haar eie grappie, maar sy reken sy lag eintlik méér vir dié twee onskuldige, beskermde meisietjies se reaksie op haar wilde en duidelik verbóde (?) relaas oor Deeper die hond! Die feit dat die vrou in haar grap haar brak “Deeper” gedoop het en hom tóé roep vir hulp toe sy gerape word: “Dééper! Dééper!” en dít toe die rapist laat uitroep het hy kan eenvoudig níé aan haar veeleisende versoeke voldoen nie en die hasepad laat kies het, is nie régtig só érg soos díé twee se reaksie aandui nie! “Julle hét tóg anyway gelag,” glimlag sy en besluit om haarself, soos die rapist, uit die voete te maak. Sy waai ‘n koebaai en loop huistoe. My twee susters deel láter dié opwindende ondervinding met my en ek lag soos hulle skamerig en met rooi wange, óórbewus van die feit dat Trixie se opvoeding báíé anders as ons s’n móét wees…besides, ons Du Plessis’ is nasate van die vrome Franse Hugenote vat destyds uit Frankryk gevlug het na Suid Afrika toe ná bloedige vervolging van die Rooms-Katolieke…
Maar dit het my óók terug laat dink aan ‘n gróót, sterk hond wat óns gesin gehad het by Howard se huis, in Kookfontein: Kaptein. Hy was ‘n tipe boerboel gemeng met ‘n rifrug en ontsettend beskermend teenoor sy familie. Niemand kon verby hom by ons uitkom nie – nie vir enige rede watookal nie. Hy val hulle dádelik aan! En glo my, niemand wou óóít ‘n kans vat dat hy hulle níé sou byt nie. Voornemende gaste en ander besoekers het gewoonlik by die voorhek geskree, waarna óf ék óf Oupiet, (die tuinier cum general factotum,) of dan Dedda, Kaptein in die buitekamer toegesluit het en die besoekers dan eers ingelaat het. Binne-in die buitekamer sou hy dan blaf en grom en vrééslik tekere gaan, totdat die mense die werf verlaat het en ons hom uitgelaat het. Eendag het ‘n kalf vanaf die Rassies se kleinhoewe skuins aan die bôkant van ons, draadheinings deurgebreek om in ons jaart op te eindig. Kaptein het die versie aan haar linker-agterhoef béétgevat en wou nie die beangste, skoppende, beurende kalfie net eenvoudig níé lós nie, maak geen saak wíé doen wát nie! Die uiteinde was dat Mamma ‘n poker rooiwarm gemaak het op die koolstoof en Kaptein op sy stert moes brand om hom te kry om uitéíndelik die arme kalfie los te laat!
Hulle het gereken in die buurt, dat dit spook by Howard se huis. Ons het dáárheen verhuis nadat ons bywoners was by die De Jagers náby die Kliprivier, ook in Kookfontein. Dáárheen weer ópgetrek vanaf Oos Londen af, waar Annette gebore was. Die féít dat ons in ons éíé woning sou bly en aan níémand verantwoording meer móét doen nie, het my ouers die spookstorie laat wegshrug. Ekself het nóóít die spook gesien nie, maar ek onthou ‘n voorval waar Estelle my oudste sussie, wat toeterntyd so omtrent 4 jaar oud was besig was om in die buiteste “plaastoilet” die géwóne ding te doen wat mens op ‘n toilet dóén, toe ek haar nader en onder haar armpies kielie waar sy hulle uitgestrek het en aan die kante vasgdruk het teneinde haarself te support en só nie ín te val nie. Sy vál toe in. Díép in die grondgat vol onnóémbare goeters in, ja! Natuurlik was ek geskok! Dít, was nou régtig nie my bedoeling nie. Ek loer met ‘n bonsende hart oor die wal van díé stink, donker en diep afgrond in en sien tot my gróót verligting twee ogies blink. Estelle wil haar skôk en angs te kenne te gee deur te skree, maar dan kom dááí goeters in haar mond in! Wat doen ek toe? Wel, wat doen enige amper 6 jarige seuntjie as sy geliefde sussie in die kakgat geval het? Já, ek roep my Ma.
Mamma loer óók oor die rand en sien óók die angstige blink ogies koekeloer deur die kak, maar kan haarself nie beheer nie en braak in die toilet in. Estelle kom dit nie eens agter nie. Teen hierdie tyd is sy benoud en vreesbevange en skree soos ‘n maer várk: “Ek wil uitkom! Ek wil uitkom!” Mamma, nou érg bekommerd, roep vir Oupiet wat reeds ‘n draad klerehanger in sy hande het, besig om díé te verleng met ‘n tang. Oupiet se bruin voorkop sweet ‘n ietwat toe hy oor die toilet holte buk en die situasie opsom, of miskien meer as gevolg van die aaklige reuke wat sy neus indring – maar sy bruin oë is gedterminéérd as hy die hanger aflaat en die kleinmies vra om daaraan vas te hou. Hy trek haar vinnig uit met één gróót “Ummmfff!” en daar lê toe nou vir jou die spook van Howard se huis in helder daglig op die vloer van die kakgat. “Lyk of jy bruin camouflage aanhet,” sê Mamma op daardie oomblik, verlig dog ook gefassineerd en sy begin lag. “’Skuus, my Stellie Wellie, maar dis báíé snaaks!” lagsê sy verder toe Estelle nou indignantly begin huil. ‘n Afspuit met die tuinslang vanaf ‘n veilige afstand, terwyl Estelle in ‘n sinkbad vôl Omo sit, is toe die uiteinde van díé saga!
By dieselfde huis (dis nou Howard se huis, omdat hy kwansuis hómself dáárín opgehang het,) het Dedda gereeld nagskof gewerk by ‘n staalsmeltery en Estelle en ek het beurteliks saam met Mamma ‘n bed gedeel. Annette was nog ‘n baba en het in haar kôt geslaap. Een spesifieke aand was dit my beurt om by Mamma te slaap. Estelle word toe vrééslik bang in haar eie bedjie en in plaas daarvan om by óns te kom inkruip, loop slaap sy in die vuilwasgoed mandjie waaruit sy toe gekreukel en steeds vás aan die slaap die vólgende oggand uitval toe Mamma die mandjie omtiep in haar bekommerde soeke na haar oudste dogter wat tótáál gedisappear het die vorige aand! Dan was daar, Willie en Tina - vriende van Dedda en Mamma en gróót admireerders van my Bonny & Clyde-tipe ouers (om nie te nóém handlangers van hulle óók nie.) Hulle kuier gereeld en ek vind toevállig uit hulle is my peetouers (- geen kommerntaar nie.) Hulle woon in Riversdal, waarheen hulle getrek het ná hulle my ouers éérs in 1957 kort na my geboorte in Pietermaritzburg, in Durban ontmoet het en daarná saam met hulle in besigheid ingegaan het. Dinge raak toe hot (soos Durban se tropiese weer maar is,) en die gang is tóé terug Johannesburg toe waar hulle vas gló die Besigheid sou floréér. Daar is Estelle in die Queen Vic Hospitaal gebore in 1959. Tóé weer vort Port Elizabeth toe om dáár dan verder besigheid te doen toe dinge in Johannesburg begin skeef loop. Tóé - Oos Londen, waar Annette in 1960 gebore is. Tóé terug Transvaal toe – óns na de Jager se plek en hulle na ‘n huis toe in Riversdal soos ek genoem het. Willie werk op hierdie stadium toe saam met Dedda, maar Mamma is nie juis té óórvriendelik met hulle nie, want sy wil ‘n órdentelike lewe begin vir haarself, haar man én haar familie en hulle tweetjies – Willie en Tina, wil graag éérder terugkeer na die Besigheid toe. Uitéindelik raak Willie en Tina toe net oordag weg en Mamma sug van verligting.
Dedda werk nog steeds by die staalsmeltery en ons verhuis nou na ‘n huis ‘n endjie verder op, in Danie Smal Straat, skuins teenoor die Erasmus-gesin se kleinhoewe. Dáár word ons familie vriende met die Earsmus-gesin, vir die eerstemaal. Oom Rassie en Antie Nellie het tónne offspring: daar is Jannie, Baby, Kallie, Bennie, Petie, Johantjie en Iggie. Oom Rassie en sy eerste drie seuns werk almal by Eskom en hulle is wónderlik ontvánklik teenoor Dedda, Mamma en onsself. Tot só ’n groot mate dat ek onthou hulle het Dedda hulle seun en Mamma hulle dogter genoem ééntyd. Daar was altyd iets te drinke en/of te ete by die Rassies. Baie Christelike mense ook. Hulle invloed van dáádie kant af is groot en amper-oorweldigend, of miskien is Dedda en Mamma nét moeg vir dááí tipe lewe…maar kórt voor lánk woon ons gesin geréélde Pinkster Kerkdienste by, asook bidure ens. ens. ens ons as kinders leer van Liewe Jesus, Die Duiwel en al daai stuff.
Ons trek toe wéér. Dié keer steeds in Kookfontein ook in ‘n huis in met ‘n gróót boom in die agterplaas en ‘n groot rots ook, waar Dedda gelike het om te sit en rook. Daar was steunpilare langsaan die huis met hulle fondasies bokant die grond en ons kinders het gereeld daarop óp en áf gespring. Ons moes ons vuil voetmerke natuurlik afspuit met die hosepipe. Dáár luister ons baie na musiek en stories op die draadloos en speel na hartelus in ons ruim erf. Dedda los toe die gevaarlike staalasmeltery ten gunste van ‘n job by Shell Petroleum as ‘n petroltanker driver. Daardie vólgende Krismis kry ons Lucky Dips by Vader Krismis. Binne in is Cowboy suits en guns in slings en sommer baie ander wonderlike dinge. Ek kry ook ‘n kléíner weergawe van Dedda se tipe trokke wat hy bestuur om petrol drops te gaan doen. ‘n Klein Wit Shell Petroltanker! Die meisies het pragtige na-aan-menslykende poppe wat mens kan voer met ‘n klein botteltjie want hulle monde is oop. Ek is in Graad 1 en Mamma leer my tyd lees vanaf die horlosie bo-in die liggroen en wit panellite kombuiskas. Ek wéét al ‘n “a” is vir aap, ‘n “b” is vir by en verder aan is “s” vir slang ens. Ek kan tel in duisende ook! Eenduisend, tweeduisend, driesuisend…en Mamma sê ek is báíé slim. Ongelukkig het ek vir Dedda ‘n leuen vertel oor ‘n Rooibaard man wat Mamma kom besoek wanneer hy werk. Maar dis nou verby en Mamma het my vergewe. Sy bak pannekoek met suiker en kaneel daarop en maak koeksusters en melkkos ook, dit nou on top of haar gewone, ai te lékker-kos! Petie Erasmus kom kuier gereeld en eet hom trommeldik ook! Nou en dan kuier ons by die Erasmus-gesin wat nou reeds baie hou van Dedda en Mamma as mens sulke goed wil raaksien. Hulle gaan uit hulle pad uit om ons tuis te laat voel en Oom Rassie en Antie Nellie is díérbaar, regtig. Ma loer dan óók ín by Antie Hester Ehlers lángsaan. Sy’s nice, maar brag in my opinie té veel oor haar nuwe geel stoof met groen kante en die warmlaaie bo-op want Mamma het nie só ‘n fancy stoof by die huis nie. Ek hou egter van Antie Hester se jamtertjies en mincepietjies saam met lekker koffie met vars koeimelk en suiker. Haar seuns lyk maar onvriendelik en ek het hulle en hulle suster by die skool raakgeloop. Ons praat nie met mekaar nie en Mamma en ek groet Antie Hester en loop térug Rassies toe waar Dedda steeds darts speel saam met die ouer seuns. Hulle noem hom Oom Harry en Mamma Antie Ina. Dít nou terwyl sommige van hulle ámper nét so oud is soos my ouers! Hulle is stééds baie godsdienstig en bid vrééslik baie. Dedda sê sy knieë raak seer en hy’t eenkeer aan die slaap geraak toe almal een vir een bid. Ons kinders gaan Sondagskool toe. Daar leer ons meer van Jesus en dat ons sy kinders is. En van Die Duiwel óók, ja. Die Pinkster Protestante Kerk. Dáár het ons hande geklap en koortjies gesing en is daar in tale gepraat en Die Duiwel uit sekere mense uitgejaag. Dedda en Mamma is ook gedoop in ‘n gróót tenk water in láng wit gewade. Hmmm…cóól move, soos julle láteraan sal sien. Só, ons is toe nou Liewe Jesus se kinders ens ons haat Die Duiwel. Maar grótendeels is ons Harry du Plessis en Ina Pienaar se kroos. “Ja…hulle kroos wat hulle ‘n bietjie lus is om mindgames mee te speel.” gaap hulle in hulle verveligheid…Die storie gaan só:
Ons ry onderdeur die treinbrug by Rothdene óppád na ons woning toe nadat ons die Saterdag in Vereeniging, by Dickinson Park gaan rinkink het. Dit was aangenaam en ons 3 kinders – dis nou ek, Freddie, Estelle en Annette, was glad nie gephase toe ons ouers besluit om gou alleen ‘n paar inkopies te gaan doen en ons dus alleen moet laat om te speel nie. “Bly net wég van die rivier af!” waarsku Dedda streng. “Ja, Dedda. Goed Dedda.” Gee ons aldrie te kenne ons verstaan dúídelik. Toe hulle heelwat later terugkeer, is ons moeg gespeel en soos ek sê, ons ry nou huis toe: half-slaperig en honger ook. Kannie wág om tuis te kom nie!
Skíélik briek Dedda die kar dat ons almal vorentoe skiet en deur ons slaperigheid wys hy na ‘n vae figuur vêr terug langs die pad en sê met ‘n eienaardige stem wat ons hare laat rys: “Dis hy, Ina! Die Duiwel is besig om ons kinders in hierdie area te ondersoek! Hy vat dan díé wat nie soet was en hul ouers gehoorsaam het en níé Liewe Jesus se kinders is nie, réguit hel toe waar hulle vir áltyd en éwig sal bránd! Die Here help hom, daardie duiwel, maar ek sal my kinders beskerm tót die dóód toe!” En Mamma begin huil en sê deur haar trane dat sy bang is en ‘n gevoel van gróót ónheil haar beethet!” Ons huil by nou vreesbevange en bekyk die vêraf nader-bewegende figuur met wat net kan beskryf word as ábsolute, histeriese terreur! “Ry vinniger, Harry! Ek wil my kinders wegsteek by die huis!” huilsê Mamma. “Maar ons ís Liewe Jesus se kinners, Mamma.” Huilsê Annette. Ek en Estelle kyk vir mekaar en hóóp maar net ons kan wegkom vanaf dié horror storie af. Dedda en Mamma sal ons natuurlik dééglik beskerm! Wátwou!
Tuis heers daar ‘n bietjie later ‘n tipe chaos, want ai, ons kinders wil nét wegkruip, maar ek, steeds in my spierwit speelhemp en broekie moet vuur maak met steenkool in die koolstoof sodat Mamma kan kosmaak en die kêtel kan kook vir koffie én sodat ons warm water kan hê vir bad. En ek wíl wegkruip! Estelle en Annette help Mamma met vandag se piekniek-skottelgoed was en afdroog, maar lyk ook vreesbevange en 3, amper 4 jarige-Annette breek ‘n bord voordat sy dóódmoeg op haar bed gaan lê en dadelik slaap, ná Mamma se raas. Dedda is nêrens te sien nie, maar ons kry nie tyd om werklik dááróór te wonder nie. Mamma hou ons twee te besig met chores. “Moet ons nie wegkruip vir die Duiwel nie, Mamma?” vra ek pértinent en met hóóp dat sy sal saamstem duidelik in my oë. “Miskien later, Freddie. Help my éérs die wasgoed opvou vir stryk nádat jy jou hande gewas het.” Daar’s ‘n klop aan die voordeur…dis ‘n luide, demanding klop. Mamma sê met trane wat nou oor haar gesig vloei soos ‘n damwal wat gebars het aan haar grootoog seun en dogter: “Ėk sal oopmaak. Wag hier agter in die kombuis. Ag Here, help ons!” Ons loop albei verder agtertoe om vir Annette in die slaapkamer wakker te maak en haar in te lig waarna aldrie hand aan hand en snel, terug kombuis toe loop waar ons ons Moeder hoor smeek in ‘n stem vól verdriet: “Ag Meneer Duiwel, móénie my kinders wégvat nie, hulle is ál wat ek regtig hét in die lewe!”
Duidelik hoor ons “sy” (Die Duiwel!) se antwoord in ‘n diep, boosaardige stem: ”Mevrou, róép jou kinders één vir één en ek Die Duiwel, sal besluit of iedere een of almal dalk, hel toe moet gaan of dán nie!” Roep hulle! Grrrr!” My sussies gaan eerste, want Mamma roep verboureerd eerste vir Annette wat huilend en verlig terugkeer en meld dat sy gaan níé hel toe níé en Die Duiwel wéét sy behoort aan Jesus. Estelle keer enkele óómblikke later terug met diéselfde storie, maar add aan dat sy bevéél is om haar Pa en Ma méér te gehoorsaam, minder te droom en speel en meer huistakies moet verrig, ánders... “Maar sy óók gaan darem nie hel toe nie,” huil sy verlig! “Freddie!” roep my Moeder my, en ek loop die sitkamer met treurige treë binne nét om daar ónmiddélik te voel ásof ek na ‘n movie kyk – een waarín ek níé self feature nie, o néé! Ek kon my oge níé gló níé! Dáár, nogal gemaklik sittende op ons sitkamerbank met Mamma ook sittende nie te vêr van hom af nie en geklee in ‘n vollengte lang rooi gewaad met ‘n groot vurk in sy hande, is Die Duiwel! Sy gesig is ‘n bloedagtige rooi en sy oê koue blou retinas met rooi omring - géén ooghare nie. Seker afgebrand in die hel? Ook vir díéselfde rede reken ek - in dáárdie blitsvinnige sekondes waarin ek hom opsom ten spyte van my vrees - géén hare op sy bald rooi kop nie, nét ‘n paar swartgebrande horings soos ‘n stoetbul s’n. Mamma is in trane, obviously distressed en béíde sy en hy bekyk my vir seker die lángste stilte in die heelal! Ek dink by myself dat ek hom níé verkeerd moet opvryf nie! Gebruik jou savvy, Freddie! Dís helsake díé! Maar hy lees duidelik my gedagtes want hy sê in sy walglik-bose stem: Só jy dink jy is slimmer as ék, nê! Wel, ek het nuus vir jou, stoute kind – ek weet álles wat jy doen en níé doen nie! Ek is álleswétend!” In my opinie kom jy my join in die hel! Skréé hy amper en Mamma huil al harder terwyl my hart wil gaan staan! “Issie! Ek is Liewe Jesus se kind, Oom Duiwel!” protesteer ek en Mamma beaam:”Hy is ‘n goeie seun, Meneer Duiwel.” Die Duiwel deins terug in vrees toe ek uiter dat ek JC se boykie is, máár kyk na my wit broekie wááraan ek my hande op die gat van afgevryf het toe ek vroeër steenkool vir die vuurmaak gaan kollekteer het in die koolemmer; “Jou broek is vuil! Help jy jou Ma en Pa genóégsaam met huistake en doen jy jou tuiswerk van die skool af? Of loaf jy rond soos ‘n boemelaar, Freddie!? Man ek wil jou só gráág saamvat hel toe, grrrr!” “Asseblief nie Oom Duiwel! Ek het nét kole gaan haal vir vuurmaak en is níé ‘n vuilgat nie, Oom Duiwel. En ek help baie my Pa en Ma en ek doen my tuiswerk, Oom Duiwel. Ėn ek ís Liewe Jesus se kind, Oom Duiwel. Dankie Oom Duiwel!” huilsê ek histeries, teen hierdie tyd rég om óm te kap!
Uiteindelik besluit my ouers toe ek is naby aan my Oupa Frank join in die gestig en Oom Duiwel, my gemaskerde Pa met tuinvurk, rooi-pienk deken van hulle bed af oor hom gedrape en met verdoeselde stemtoon, waai om ánder kinners te gaan recruit en terróriseer met dreigemente van ewige brandsessies in die hel! Of dan, dis wat hulle wil hê ons kinders moet gló. En natuurlik gló ons! Mamma begelei Satan na die voordeur en poof! Weg is hy! Sy dis met verligte trane ons aandete óp by die kombuistafel: my kinders is veilig en nie hel toe nie! Dankie Here! Ons huil saam, ewe-verlig en toe Dedda by ons áánsluit vertel ons almal hom histeries, amper onkapabel om te eet, van ons verskriklike ondervinding. Mamma se relaas is díé mees skril en gevul met vréés en ‘n absolute hístériese gewéén en gekners van tande! Dedda is woedend en wil agter Die Duiwel aanry en hom doodskiet omdat hy sy familie só durf traumatiseer en vul met vréés en simpel dreigemente! Hy swêts behoorlik sóós ‘n matroos en Mamma moet hom bedaar…ai jai, jai! Dedda hou nie daarvan iemand moet sy gesin te ná kom nie. Amper voel ek jammer vir Oom Duiwel maar onthou darem bedtyds hy is boosheid in die vlees – ‘n gevalle aartsgengel en soos die Pastoor in die kerk sê, “Díé Ántígris!” My ouers het híérná die duiwelsmasker bó-aan ‘n kapstok gehang met dieselfde deken daaróór gegooi en op ‘n suitcase geplaas vir díé ídéále hoogte. Dit nou in die voorportaal wat mens verbysteek oppad na hulle slaapkamer toe. Vir lánk is ons kinders steeds geflous en ná séker ‘n duisendmaal se “Ek is Liewe Jesus se kind, Oom Duiwel!” angstighede afgerammel as ons díé ding verbygaan en vele takies perfek en flink afgehandel omdat hy in ons huis is en kyk wát ons doen – sien ek at long last díé ding raak vir presies wat dit is – ‘n groot hoax! Dadelik laat ek my susters weet en ons topple die ding dáárdie selfde middag van sy suitcase af! Nee, ons was nie kwaad of selfs indignant nie. Onthou ons is Harry du Plessis en Ina Pienaar se kroos: vrome afstammelinge van die Franse Hugenote! Níks méér of mínder nie! Ons het maar al-blósend sáámgelag omdat ons so gevang is en as dit oorvertel is aan ander en die storie stertjies bygelas gekry het het ons nógtans sáámgestem die rendisie is feitlik. Juis omdat ons ouers, die culprits, of een van óns dit oorvertel het. Onthou – bloed is dikker as water, OK!
Vandáár, met Dedda toe wééreens werkloos en ons nomadiese gesin tóé reeds al gewoond om te move, verhuis ons alweer. Maar díé keer na die Rassies se garage toe. Klein en ongemaklik soos enkelmotorhuise maar is, het ons ouers nógtans hul bés gedoen om ons gemaklik te maak en besides, ons was almal amper hééltyds náby aan mekaar, wat cosy was. Ėn wel, beggars can’t be choosers, hey? Maar die Rassies voel dat hulle hul medemens moet bystaan in tye van nood, spesiaal mense wat óók lidmate is van hulle kerk is en daarin grootgedoop is. Broer Harry en Suster Ina is duidelik Godvresende mense, ja Here. OK, ek was dáár in die motorhuis, véle male bewus van tangos van my ouers wat geëindig het soos dinamiet wat bars maar ek het gou geleer om my mond neus ore en oë, druk toe te hou. Dedda sommer kry góu-góu ‘n tydelike job as ‘n stootskraper-operateur en ek ry partykeer saam met hom as hy grondpaaie skraap met die magtige lem vóór aan die enjin van die skraper. Ek is steeds in Graad 1 in Johanna van der Merwe Laerskool in Kookrus in Meyerton én in Juffrou Labuschagne se klas. Anna Ehlers, wat Org en Luke Ehlers wat ál in Standerd 3 en 4 is, se jong sussie is, is saam met my en Iggie Erasmus op klas. Hulle woon langsaan die Erasmus gesin. Mamma het altyd vroeër haar Ma Antie Hester besoek. Ons speel baie met klei, teken met vetkryt en speel pouses op die groot ronde swaai wat op die speelgronde is. Ek besluit dadelik dat Melinda van Niekerk, wat in die mooi blou huis met die eende oppad huistoe na die Ersmusse se garage en ôk in Danie Smal Straat woon, my girlfriend is. Sy weet nie dat ek haar like nie, maar Anna wil graag my meisie wees en raak toe jaloers toe ek haar inlig oor my keuse. Aldus, toe ek siek raak met pampoentjies en Mamma my ken vasgebind het met ‘n doek wat in ‘n strik bo-op my kop geëindig het en ek nie skooltoe kón gaan nie, versprei Anna Ehlers sówáár die leuen dat ek nie wérklik siek is nie maar sommer net van die skool áfbly! Wel…álmal wéét dat as jy nie skool toe gaan, tensy jy siek is nie, vang die Lammervanger jou! Hy’t glo ‘n groot sak waarin hy die kinders wat skool bank bondel en dan íéwers heen vat, om te eet!! Klink ‘n bietjie na die Oom Duiwel-storie, maar Mamma verséker ons kinders dat hy wél bestaan, die Lammervanger. Anna Ehlers se broers verniel my ook toe sommer sáám met Jannie, Petie, Johantjie én Iggie Erasmus ‘n ander, later dag op die “rugbyveld” waar hulle kwansuis dan saam met my rugby op die ongeplante gedeelte van die plot speel. Na vele ruck ‘n mauls en scrummages en high tackles wat ‘n skeidsregter mal sou gedryf het en álmal op my gemik was, stoot ek my onderlip vêr uit om my misnoeë te kénne te gee en probeer die rooigrond van my af afstof en lig hulle in ek speel níé verder nie. “Nee a!” sê hulle almal amper tegerlykertyd, “Daai dik onderlip beteken vir óns niks! Jou Pa het gesê ons moet jou help ‘n man maak!”

Oom eend?


Ėn daar begin die hele spulletjie toe weer óór! Uiteindelik, na wat ‘n ewigheid moes gewees het en waartydens my lip seker al op die grond gehang het besluit hulle, hulle het nou genoeg gehad en lós my toe uit net om in verskillende rigtings te spat om te doen wat hulle wou, moes of kon gaan doen. Mamma het my getróós met van Antie Nellie se ingelegte perskes. Dedda hét darem toe al ‘n nuwe job by Amcor in Meyerton gekry en na vele ondervindinge en báíé pap vreet en bid by die Rassies, trek ons uiteindelik na ons eie gehuurde plek toe in De Deur. Dáár gebeur baie dinge ook en ‘n spookkar ry deur die gang elke nag om middernag, Piet die kraai vrek nadat dit gesneeu het en Mamma hom ‘n Grandpa ingegee het toe hy siek voel en Estelle en Annette kry masels en toe dan ook sweets, waarvoor hulle my soos ‘n hondjie laat rondkruip en blaf het, teneinde nou en dán één ou toffietjie na my gegooi te hê. Ek is in De Deurse Laerskool in Graad 1 en ons nuwe sussie, gebore terwyl dit gesneeu het in Vereeniging Hospitaal, kom huistoe saam met Mamma en is al te fraai maar vrééslik siek en ons almal bid vir haar terwyl Mamma haar konstánt en met baie liefde versorg. Oupa Frank kom woon by ons, maar trek nie te lank daarná na die Rassies toe. Dedda is skaars en werk klaarblyklik lang ure met vloeiende brandende staal. Alweer geváárlike werk. Hy gee dit toe darem óp en hervat ‘n ou, vórige aandjob wat hy as ‘n jongman gedoen het en waar hy en Mamma baie rondry met ‘n groot tas sleutels in ons swart Ford. Ons kry gerééld toe nuwe klere en Mamma tel £-note af en glimlag bly. Meestal ry ons almal saam en raak aan die slaap in die kar, maar met tye vereis díé besigheid dat ons tuisbly. Ai, Dedda en Mamma, “julle oë is kuile vol diep geheime!” Mamma se Nini is toe reeds baie beter gesondheidsgewys en toe hulle genóég geld (dis nou véle £-e) versamel het, verhuis ons weer ‘n keer. Dedda aanvaar ‘n werk by Thorntons Transport as transporttruck driver en ons gaan woon in ons éíé blou huis naby die Kliprivier…
“En vandáár weer na Florida se duplex-woonstel en toe wéér híérnatoe…” Ek dink ek en hoor buite ‘n Piet-my-Vrou skérp uitroep na sy maat…
Hmmm..nie díé keer nie, my voëltjie…
Ek dwing my by nou vêr-verlore-in-die-verlede gedagtegang terug na die hede en gaan kyk hóé Mamma die twee-dimensionele voëls en ander items op die plaster-of-paris muurborde verf terwyl Dedda nóg ‘n groot platterige ronde bord vorm met sy hande, op sy tuisgemaakte draaiwiel…”Ek moet die figure dieper dimensie gee met my verwery.” sê-vra Mamma my, maar kyk nie óp nie.

Ek lag by myself. Dieper, Mamma? Deeper? En ek’s skielik bly daai stout grappie is darem nóg níé óórvertel aan ons ouers nie! Yaay! ☻♥
FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home