BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Friday, December 30, 2005

Die Du Plessis deur FGDP 2995/6 in AFRIKAANS
DU PLESSIS-STAMBOOM



Ons Familie is wérklik bevóórreg om sóveel talentvolle mense onder ons geledere te kan tel. Byna álmal beskik oor innoverende en laterale denke (dankie Harry en Ina) en dié wat níé, is weer artisties of dan ten minste briljant in díé beroepe of stokperdjies wat hulle beoefen deur bedrywighede te rasionaliseer sonder om die waardevolle aspekte daaraan verbonde óók te bekamp. Miskien sal Daantjie en Riaan met my sáámstem as ek daarop áándring dat net die beste selektering deur Moeder Natuur in ons familie se geval plaasgevind het. Die genetika is top-notch én uniek en nét die béste bulle en koeie is gebruik - En die nuwe geslag- álmal uithaler- bulletjies en versies, eet nét die állerbéste kikoejoe, hooi en kuilvoer, haha! Ina se kookbriljansie lewe vóórt in haar nageslag, dis nie altemit nie! Maar sónder ‘n goeie regterhand kom niemand juis vêr nie. Dankie tog vir ♀Louise Grenfell, ♂Johnny van Vuuren ♂Wayne Taylor en ♂André Barnard. Dan is daar darem ook nog Claudine se ♂Nick, Riaan se ♀Michelle en Jeanette se ♂Phil. Ons familitjie gróéí. Harry sou hoog in sy skik gewees het. Hy wou ‘n gróót familie hê, juis omdat hy alleen gevoel het. Ek skryf deesdae terwyl die Piet-my-vrou luid na sy maat roep buite in die Afrika-son, oor my familie:
Hulle méén, dis nou díégene wat dínk hulle wéét, dat die weer en die atmosfeer is nie altyd 'n goeie ding om ‘n storie of vertelling mee te begin nie. Of om die weer (of musiek) in símpatíé met die gemoed te laat saamkreun en ween is óók nie toepaslik nie. Gmmf! Ok. Ek ootree díé reël baie. Dit was gerééld onweer, bliksemstrale én donderweer in die Du Plessis se woning! Ek ken die lewe deur gelééfde ervaring ...sou sommige mense sê wónder ek dat ek het ‘n ontwykende manier van skryf en dat die omslágtige manier hóé die gegewe aangebied word in 'n amper (Victoriaanse) outydse sin vir fatsoenlikheid, hulle suspisiéus maak dat ek 'n onderwerp aangepak het, maar skróóm om díé sê maar “fasét” wat sentraal tot die vertellinge staan káálkop te beskryf? Dalk blyk dit óók vir hulle dat Die Duiwel uit die Kinderbybel klim en híér (dis nou op Kookrus destyds, in die vorm van "Dedda met die James Dean attitude") kom róndloop? Ook wonder hulle dan moontlik óór die motiewe van skuld en skaamte die valsheid en dwepery met godsdiens én obséssiwiteit met seksualiteit… Hmmm…Bull, man! En tóg…Wéllustigheid steek reeds vróég in die Du Plessis/Pienaar saga sy kop uit wanneer díé tweetjies stoeigevegte aanknoop en oor mekaar ról in ‘n enkel huurkamer en dít direk na ‘n enkele melkskommel by ‘n padkafee! Om níé die “Naai in die garage” – episode eers te nóém nie! Nou maar nóém dit dan maar 'n mynveld waar selfs die engele dit nie máklik sal waag nie, maar ek ís en bly ‘n Du Plessis en my Pa en Ma se kind. Fátsóénlíkhéíd? Ek herhaal wééreens ek is ‘n direkte afstammeling van Díé Franse Hugenote wat in die sewentiende eeu in die Kaap aangekom het. Vrome mense. Gaan lees gerus:


*F.G. *E. *A. *M.R. *E.
ABRIE J.W. ACKERMANN Geslagregister van die ondergemelde te GISA biblioteek:
Genealogiese Instituut van Suid Afrika -
Navorsings-families: Ackermann asook van Vuuren, Rousseau, De Bruyn, Bouwer, Du Plessis*, Oosthuizen, Du Preez, Roelofse, Mulder, Mouton 1970 (Boek nie te koop nie)



Baanbreker boeretroos-koffie vir ‘n baanbreker boereman en baanbreker boerekinders,“ lag Ina vir haarself as sy díé idee hárdop kwytraak en sy voltooi die brêkfis wat sy vir haar familie voorberei het, deur die eiers, bacon en sosietjies in ‘n pyrexbak te plaas om warm te bly. Syself is nie lus vir koffie vanoggend nie en het reeds genoeg gepeusel tydens die kos gaarmaak-proses, anyway. Sy het in élk geval dinge wat moet klaarkom. Ina stap proe-proe met die Sparletta Cream Soda koeldrankie in ‘n lang glas propvol ys, kamer toe … “Vroeër, toe die Rassies se invloede nog várs was en dinge maar steeds skráps was £-gewys, het ons as gesin hande vasgehou tydens die tafelgebed,” dink sy ingedagte toe sy die Jehova Getuies se boekie op haar spieëlkas sien lê waar sy dit geplaas het nádat sy die man en vrou hoflik toegang tot haar huis geweier het, en op hulle pad laat gaan het. Sy maak Harry wakker deur saggies sy naam te roep en hom ligweg aan te raak. Sou jy hom hárdhandig wakker skud of raas, wéét sy nou al lánkal, dan bliksem hy jou of gooi jou met ‘n skoen of enigeiets byderhand. “Kom eet. Die brêkfis is reg. Sal jy my verskoon om gou ‘n paar takies te verrig, asseblief? Die kinders is reeds op en sal jou binnekort join by die kombuistafel.” Sy verlaat die kamer om haar menigte plante te gaan versorg…
As julle my vertellinge aangaande Oupa Frank en Harry en Ina geléés het, weet julle teen hierdie tyd julle paternale Oupa is Frank, Ouma Judik. Maternaal, is Piet en Kate Pienaar. Pienaar of in Frans Pínárd, is ook díé van wat ‘n ménigte déstydse Franse edelmanne gedra het. Barnard is dán óók ‘n Franse van en só ook Grenfell. Taylor is Engels en Harmse, van Vuuren en Grobbelaar het aldrie ‘n Nederlandse herkoms. Vandag is al ons vanne egter Suid Afrikaans en dít bring ons bymekaar. Maak ons één.
Die studie van geslagte en hulle name en vanne word genealogie genoem en is ‘n Anglisisme, direk gederiveer vanaf genealogy. Eish! “Gederiveer” is definislis Anglisisties. “Eish” issie! Dis moderne ermm… “spreektaal”
Het julle geweet ons is óók –van Du Plessis kant af- direkte nasate van die stoere, edele, patriotiese en fatsoenlike Oom Paul Kruger. Dáárdie historiese reuse-grote Suid Afrikaanse leier… Aaah…ons issie van híér nie – ons is géstuur! Nógal nice nê?
Settling in the Transvaal: Paul Kruger's father decided to settle in an area now known as Rustenburg. At age 16, Paul Kruger was entitled to choose a farm for himself. He chose a farm at the base of the Magaliesberg mountains and settled there in 1841. In 1842 he married Maria du Plessis and the couple moved to the Eastern Transvaal. Paul Kruger and his small family later returned to Rustenburg and Kruger's wife and infant son died soon after. It is presumed the double death is likely to have been caused by Malaria. Paul Kruger then married Gezina du Plessis, who bore seven daughters and nine sons and died in 1901. /
Ons Du Plessis’, direkte afstammelinge van Jean Prieur én Kardinaal Richelieu, die eerste minister van Frankryk déstyds en dan méér nog Paul Kruger nógál, woon in ‘n stad. Ja, Roodepoort het toe stad-status verkry. ‘n Groot lower-stad wáár, lángs die bot raamwerk van warm teerstraat na teerstraat, steen- en sementgeboue sy aan sy die hoë wolkies se magies ámper-kielie. Behoorlik massas mense wat wémel op die sypaadjies en in die winkels. ‘n Gróót gedrang, verkeers-geraas, rook, stoom, ons eie bydrae tot die afbreek van die ossoonlaag en álles wat ‘n groot stad behóórt te hê, dog óral darem ‘n boom! Of ‘n groenigheidjie! Die deugsame Ina is ‘n plantliefhebber en in ál haar tuine en wonings was en is daar stééds maar áltyd digte oerwoude met welige groen kroonkoppe oopgevlek na die hemel asook Ivy en ander rankplante wat soos wellustige kloue omhóóg krul óm boomstamme, pilare en ánder regop strukture. (Maak ek die simboliek alwéér te dik aan?) Daar is egter díép in beide my ouers en definislis my eie hart 'n klááglied vir die verbygaan van 'n era - die kleindorpse kultuur. (Ek wonder tóg - is dit níé maar altemit díé rede waarom jong mense liewer wégvlug van die kleindorpse beklemming af, "waar álmal mekaar ken" en "jy weet wíé besit wát en van waar en vir hóé lank", en almal op die dorp "die gawe ou mensies" op die vóórnaam ken, níé?) Máár nou ja… Ek weier om 'n klaende, moralistiese, bitterbek-stemtoon aan te neem oor Roodepoort Stad. Ek’s níé ‘n kermgat wat reken dís níé 'n lekker plek om jou te bevind nie. Inteendeel. Ek voel ‘n soort deernis vir díé lowergroen stad, sy mense, plekke, skole, besighede, stadia en nátuurlík, Harindu on Eight Avenue!
Mis maar nét Kookontein en sy ménige “dinge” wat dáár plaasgevind het en ons lewens beide terroriseer en verryk het, haha! Buitendien, jy síén, dit was ‘n tydstip en dorpie waar élkéén sy plék geken het, dink ek. En dít is díé káálkóp (én blátante-)“fasét”van my vertellinge. Die heilige waarheid ! Ek mis dit daardie tyd tóé reeds in 1967 (ek was 10 jaar oud) en ek mis dít vándag stééds in 2005 (amper-50!) ‘n Mens, élke man en vrou, seun en meisiekind, moet sy/haar plek kén. Goeie maniere is baie belanrik, ja! Maar weliswaar óók, het ‘n goeie seun of dogter wat gedurigdeur is sy/haar spóre trap geen plesier nie en leer maar mín in die lewe, of hoe? Balans. Ek is net nie so séker ek wil juis graag meer "modern" wees nie. Die vervanging van die ou “U” met “Jy en Jou” maak seker nog steeds Ina se as in die Garden of Rememberance waar dit gestrooi is, wild rondwaai in die wind! Sy het altyd, regtig woedend wanneer iemand jonger haar só aanspreek, hulle toegesnou: “Ek is níé jou ‘Jy en Jou’ nie!”
“In die Hoëveld waar dit oop is, en die hemel wyd daarbo…” Wonder of die digter dit óók soms tááí en warm en swéterig hier gevind het, soos ék vandag? Dit was omtrent hierdie tyd, ook somer en ek was 13, dink ek, dit was ook redelik kórt na Dedda se dood, wat op 12 Julie in 1971 was. Ek gaan die Katolieke kerkie in Roodepoort agter die Standerd Bank binne en genuflect gedienstig voor die hoofaltaar. Dan beweeg ek na die Maagdebeeld waarvoor etlike tientalle kersies aan die brand is. Ek neem 7 kersies en steek hulle aan deur hulle op ander alrééds brandende kersies se vlamme te hou en plaas hulle in die houertjies/staanders voor Moeder Maria se beeld. 7 ja. Een vir Mamma, vir Dedda wat reeds dood is, vir Estelle, Annette, Nini, Esie. Ek vra dat hulle élkeen veilig moet wees en díé dinge moet verkry wat hulle benodig om gelukkig en gesond te wees. My Dedda moet hemel toe, asseblief. En laat Johan Dippenaar, my vriend vir wíé ek die 7-e kers brand asseblief die 400 meter wen by die Interhoër, Saterdag. Dankie. Ek het nie geld om nóu vir die votive candles te betaal nie en ek vat nét hierdie één R2 noot uit die menigte wat in die kersbetalings bakkie lê, om vir my ‘n halwe brood en chips te koop want ek is honger. Eéndag sal ek álles terugbetaal, promise. Bye en dankie, Moeder Maria. Ek genufleer weereens sedig voor die altaar en oppad uit neem ek ‘n hangertjie met ‘n silwer kettingkie en ‘n blou uitbeelding van MM op ‘n medalje, uit die voorportaal se vertoonkassie. “Sy sal like as ek dit dra,” dink ek terwyl ek dan óók sommer ‘n silwer Saint Christopher medalje neem met ‘n magneet agterop. Sal ééndag betaal ok? Maar ek benodig sie SC-medalje vir Mamma se nuwe Ranger, wat sy die Opel’tjie voor ingetrade het en ‘n geneigdheid toon om mee bietjie te jaag. Ek en Mamma en Liz en Piet gaan juis vanaand Hillfox Inry toe…
Ná die ongeluk óppad huistoe van Hillfox af, is ek meer vásbeslote as óóít dat ons almal wat saam met Mamma gery het, juis veilig is óór die SC-medalje. Ek bedank die lank oorleë Heilige saggies. Dat die glo half-blinde stokou Oom met diklens brille, poer in sy moer gery is toe Mamma ‘n kar blitsvinnig verbysteek met die Ranger en toe in díé Oom vasry, wat glo dan óók sónder voorligte aangeswitch gery het, dink ek nie veel oor nie. Main ding is, ons is OK.
Dit was ‘n feit dat ek in Standerd 6 reeds soos ‘n matriekleerling gelyk het. My baard was al hard en my pubic hair het prolific gegrow. Ek het telkemale myself as ‘n student-onderwyser vanaf Johan Dippenaar se Hoërskool voorgedoen, as hy dan sy Pa se kar vir my sou aanvra teneinde my leerlinge Volkspele toe te neem. Hy, Johan, het dan die kar gedryf want hy kon reeds goed dryf al in Std 6 terwyl ek maar steeds getraumatiseer was oor my dryflesse van Dedda af en dus nie kon bestuur nie! Hy’t maar nét gelike om vir Ronel du Plessis van Kilburn Laan saam met my en Elsa in my klas Volkspele saamtrek toe te bestuur gedress in onderbaadjies met borduursel op en spierwit nekdoeke saamgetrek met goue ringe en ons grys lang skoolbroeke. Die meisies het lang ligbou voortrekkerrokke gedra met wit lace kappies, wááronder hulle lang hare lós gehang het: “Meisies ja só móóí word die kring ingenooi…” Dit was mega-fun! Ek doen dit énige dag wéér, al wás dit drasties moeilik om ál die steps te memoriseer en dan foutloos te beweeg tussen al die ander Volkspelers wat dieselfde stappe kén én uitoefen in groot kringe met meisie, seun, meisie, seun buite en dan ‘n kleiner kring met dieselfde uitleg. Ons het selfs een jaar voor Eerste Minister Vorster opgetree en dit was ‘n groot sukses. Sing en stap en flirt. ‘n Gróót lékkerte! Maar dit het Estelle en Annette géénsins geĭntereseer nie. “Scara,” dis nou Annette ómdat sy áltyd mascara en pierced oorringe sowél as bangles en los, lang swartgedaaide hare saam met haar skooldrag gedra het en Estelle, wat haar skooldrag gedweë gedra het met kort haartjies en diés meer, het darem aan atletiek deelgeneem. Stellie het gewig gestoot en ook diskus gegooi. En Annette weer het ook gewig gestoot, hooggespring en 100 meter gehardloop teen Mariélle Twig van die geelspan, wat haar laat lyk het of sy parking soek. Ek was hoofdirigent in Standerd 9 en 10, in wélke jare ons rooispan en Roodepoort Hoer beide jare Huissport en Interhoër, sowel as die sangbekers verower het (wéeggerááp vóór Discovery se nét, órdelike vir-ewig voorheen - sangbeker wenners se neuse!) Nodelóós om te sê, was Estelle en Annette my gróótste supporters en het die hárdste van álmal geklap en gesing. Hulle is Du Plessis’.
By Anthony, ‘n vriend wat ek deur Aubrey Golden ontmoet het toe ek in Standerd 1 was en wie ek binnekórt uitgevind het méér van seuns as meisies hou- máár leef en laat beef is my motto van kleintyd ál af. Ag, ek bedoel lééf en láát leef. Anyway, by Anthony, wonende in die grannyflat agter in sy jaart, ontmoet ek Liz. Sy is ‘n leerlinghaarkapster, toe 17 en haar boyfriend van 19, Piet Kriel, was in die army. Sy is deur haar overly-zealous religious ouers uit die huis gegooi want sy en Piet is uitgevang in die act of delecto flagranté. Blah, blah ens.ens. Sy wil op my mooi, dik donkerbruin hare eksperimenteer sê-vra sy en ek stem in want sy’t by die yshokkie by die Carlton Ice Rink, my hand vasgehou en ge-act ek was haar boyfriend om die mans sodiende weg te hou want sy wou getrou bly aan Peter. "Eers maak ons jou blond Freddie," sê-smile sy in haar Engelse aksént. Dit kom toe natuurlik rooi uit. Murili Uchili, soos Gerhard se Mitz in "As die flaminke dans" ‘n nuwe storie smiddae op Springbok radio waarna ons gereeld en byna-gehipnotiseerd sit en luister in Harindu se sitkamer. Mitz het rooi hare ja en in Swahili is dit Murili Uchili. Hierna dye sy dit pikgietswart. Soos swart skoenpolitoer, sê Meneer Young by die skool en kyk my eienaardig aan met sy Calvinistiese oê. Volgens rumours is hierdie seun’n Katolieke Priester! Hóé, wéét ek níé! Maar ek moet my Christelike Protestante plig uitoefen en hom bekeer Calvinisme toe.
Hy praat baie met my daarna en die kinders hits my aan want dan hoef ons nie Geskiedenis lesse in sy eentonige stem aan te hoor nie. Calvinisme intéreseer my toe glád nie en véle predikante en Young-pogings later, noem sekere kinders my steeds “Die Priester” Die rede? Wel. Hulle het my gesíén in Roodepoort se hoofstraat rondloop, tróts geklee in Vader Nolan se vólle Mass-mondering, díé met goue borduursel van die Lam en die Leeu op en verblindend blink in die helder oordagse sonlig. Díé ene prag en praal in my láng abbot habit! Karre het gestop en brieke geskree in verstomming, maar Vader Freddie loop vórt verby Roodepoort Town School. Waarheen gehasie? Weetie! Máár ek lyk uitéindelik sóós ‘n priester en ek voel great! ‘n Jongerige man parkeer sy motor en hardloop agter my aan: "Father, forgive me, but are you lost?" “No, my son, I’m just taking a walk” – “All the world’s a stage…” "But Father you are in public in your full Mass-regalia – even wearing your mitre! The parish is back this way…may I take you there in my car, please?" dui hy aan en offer hy beleefd. Ek stem in. Eers dáár weer, sal ek hom wegwys en gou verklee in die sacristy en álles plaas wáár dit hoort. Al so véle kere die verskillende gewade deurgegaan…"and no one will be the wiser for it…”
Vader Nolan bekyk my soos sovéél kere vantevore, hoog geamuseerd aan. Toe die persoon wat my afgelaai het ge-insist het om my tot by Vader Nolan se voordeur te vergesel, was ek benoud en skielik skaam, maar Vader Nolan het die deur oopgemaak, sy tipiese Ierse glimlaggie gegee en my welkom geheet: “Welcome Father, please come in.” ‘n Duisend duiweltjies dansende in sy oë. “Thank you for accompanying the Father to the Church, sir. God be with you. Goodbye.” Toe: “Never do it again please. Until you understand the full méásure of what you have done and the total holiness of all things, I cánnot hold you responsible. You are too young and I know and understand how much you wanted to join the priesthood only tóó well, Freddie my son. But your Father forbade it. Anything else to confess?” Sy blou oë kyk díép binne-in my siel in, voel ek aan.
Ek vertel hom van die medaljes en die kerse en die geld wat ek gesteel het, maar hy sê net dat hy dit alles nou vir my gee en dit is alles reg, sólank ek dit nie wéér doen nie. Ek is verlig huistoe. Maar ja, ‘n paar kinders wat saam met my op skool is het my gesien in my priestersgewaad – “It’s a small world…”
Ek vra Mamma eendag toe háár opinie oor homoseksualiteit wáárvan ek by die skool gehoor het, net soos naai destyds. Eish. Dis 'n baie breë vraag. Ek onthou óók Dedda se verduideliking aan my déstyds oor hoé hulle priesters kies vir diens in die Roomse Kerk: “Niks fout dáármee regtig nie, Freddie. Ek dink dat twee selfdegeslag-persone wat aan mekaar getrou is, nie deur hulle seks iets ónbehoorliks doen omdat hulle van diesélfde geslag is nie. Maar…naai die mans mekaar régtig in die poepolle, wonder ek!?” Ina. Réguit en sónder om doekies om te draai. Té lank reeds in die land om te worry wat sy sê of dan níé sê nie. Ermm… Ons Du Plessis’ is mense wat uitbreek en selfstándig dink, al word ons natuurlik in 'n ander sin ook beïnvloed deur ons éíé tyd. Daar is gelukkig óók darem die verlede én die toekoms wat 'n rol kan speel in ons denke. Verder kan verskillende lede van ons gesin natuurlik ook dieselfde situasie verskillend interpreteer nê…En ons menige familie-sagas. Is hulle wáár? Hmmm… George Orwell het eenkeer in ‘n ánder verband iets gesê wat álle luisteraars en lesers van die Du Plessis-stories, beide oor gebeurtenisse lank terug én nou in die hede, ter harte behóórt te neem: “You have to be an intellectual to believe such nonsense. No ordinary man could be such a fool.” Haha! Darem nie régtig totáál nie, hoor! Truth be told, Waarheid is , ons las ménige stertjies aan in die oor-vertellinge (en noem dit “poetic licence” [ek kwoteer Annette gister met my op die telefoon van Durban af ! ]om onsself te veróntskuldig) en niemand wat aanluister of lees betwis sulke aanlastery nie – al was hy/sy sélf daar! En sódoende, sógaande, word die aangelaste deel. ‘n Absolute feit en deel van die werklike situasie daarna én presies só oorvertel. Ek sê lankal: bloed is dikker as water. Onthou dít wanneer jy jou oorvertellinge doen, geliefde familielid! En so-ook leef die Du Plessis/Pienaar nagedagtenis voort en in elke geslag sál daar ‘n storieverteller wees – of wát práát ek, Claudine?

Vincent van Gogga

'n Skaduwee is 'n soort van waarborg dat iets regtig bestaan en maak 'n mens besef dat realistiese dinge nooit uit die oog verloor of vergeet moet word nie. 'n Persoon kan nie 'n skaduwee "wegjaag" of "uitwis" soos wat jy wil nie. Solank as wat die realiteit teenwoordig is, is die skaduwee ook teenwoordig. Só 'n skaduwee was Vincent vir Annette. En hy't geklou soos 'n neet aan 'n wolkombers. Hy was ook nie regtigwaar verbaal gekortwiek nie: Dit is yskoud hier in jou skaduwee, Annette du Plessis. Die son wat my bereik deur jou mooi lyfie, raafswarthare en potblou oë, is flouerig, Annette. Ek vervries behoorlik hier in jou yskoue skaduwee, Annette. En dáágliks probeer Annette spring oor haar eie skaduwee, maar telkens tref sy Vincent en slaan sy wind uit! 'n Swart skaduwee val nou op Annette en sy trap terug om dit te laat miisval, en dáár lê Vincent! Ai, jai, jai! Sy plaas haar mooi-gevormde voetjie op sy bors en waarsku hom om weg te bly van haar af. Sy oë raak nat en betraand en hy lyk of hy nie asem kan haal nie...Hy volg haar in alle geval na waar sy met Tommy Oliver, die sanger staan en gesels. Hy (Vincent van Gogga) staan agter haar in haar skaduwee. Hy ís haar skaduwee. Sy besluit om hom vandaar af 'Skaduwee' te noem. Hy dink die naam is soos pêreltjies in sy oor. Prágtig en dit kom oor háár lippe. Hy het my laat dink aan die outydse ridders wat hulle geliefdes van vêr af bewonder het, maar nooit regtig genader het om vérder as dit te gaan nie. Arme ou. Dóódverlief. Skatryk. Doen enigeiets vir Annette en haar vriendin, Bernie. Dis nou ás Annette deel van die deal is. Bernie beteken self niks vir hom nie. Waar is die Gogga, Annette? Weet jy? Snaaks, net aan hom gedink en ek en Estelle het oor hom gesels, ou Vincent, die Skaduwee. Wie weet, Sus, vandag kon jy dalk skátryk gewees het hmmm? *wink* ;-) Ek sal kan dóén met 'n miljoen...

Man, hóévéél kere het ek nie probéér my identiteit te verwissel en myself héruitvind nie! Maar ek kon nog nóóít my Du Plessis-wees ontsnap nie. Dáárom haal my verlede my áltyd in. Mag dit altyd so vir en met julle almal ook wees, my wónderlike, geliefde familie. Ek het toe maar besluit om nie ‘n priester te word nie. Partykeer dink ek dit was ‘n fout, maar meestal is ek OK daarmee. Ok dán! Ek vertel méérendeels Du Plessis’ feite, skándes óf té wél ekséntrisiteite in die hoofstuk (as ek dit so mag noem?) genaamd “Staaltjies.”
As ek só reflekteer dan is dit vir my duidelik soos daglig dat die Die Du Plessis was één en álmal, op hul dag `n instelling onder ons Afrikaner-families wat vergelykbaar is met The Simpsons, my gunsteling strokiesprent-reeks op TV! Of dan “Little House on the Prairie” Of ermmm…”The Brady Bunch” miskien, “Ponderosa” óf dalk “Dallas”? Mískíén ‘n mixture van almal! TV het in Suid Afrika aangeland in 1975. Rich Man Poor Man. Dallas! Haasdas se Nuuskas. Riaan Cruywagen lees die nuus daai dae én vandag nog! `n Skoolvriend, Wimpie Osche, se ma was verslaaf aan "Liefdeslied" op Springbokradio. En op die ou LM-radio was daar musiek…en boekgewys was daar “Plekkie in die son” en “Trompie” en “Saartjie”, Estrelita. Onthou jy? Onthou om te onthou. Ek onthou Dedda se sterk gevoelens oor Afriaans nou wééreens. Hy’t egter só daarop aangedring ek leer Engels lees, skryf en praat en vándag is ek bly! Snaaks nê – dat hy my wou verengels dóg Engels nie juis liefgehad het nie. Maar ek is tóg my goeie Engels ten spyte ‘n Afrikaner éérstens (en onthou tersélfdertyd Jeanette se voortreflike Engels en dat Wayne & Mandy se gesin geliefdes is én Engels-sprekend daarby, so ook huidiglik Phil van Jeanette,) Dan sou ek sê ‘n Suid Afrikaner. Dáárna is ek ‘n Afrika-bewoner (níé ‘n Europeër níé!) En ek is trots op Afrikaans, my taal. Ons taalstryd word nog steeds befoeter deur ‘n twis tussen die slapgatte en identiteitsmense-soos my familie en ek. (Wel, ek hóóp my familie!) Dit loop hoofsaaklik langs die lyn van kleur en langs die ouer en die jonger geslag, maar dit is nie ‘n rigiede lyn nie, hoor! Díé twee komponente kán as ‘n vennootskap saamwerk, mits albei aanvaar dat sterk erosiewalle in die verskillende instellings nodig is tesame met ‘n sterk taalwil by ons gesinne om te verhoed dat Afrikaans verder geërodeer word. Ek sê máár nét. Trou met ‘n Engelsman, ‘n Engelse vrou, ‘n Fransman of selfs ‘n Italianer. Waar jou hart óókal mag lê! Maar…onthou om Afrikaans aan die lewe te hou en te veréér. Jy ís ‘n Du Plessis, of die Du Plessis bloed pomp trots deur jou are sáám met jou ewe trotse, Grobbelaar, Harmse en Taylor-bloed. Hmmm..ek dink Dedda sou vandag ook kon glimlag soos ék nou…☻♥

"Die [Du Plessis/Taylor/Grobbelaar/Harmse-] genetika is top-notch én uniek en nét die béste bulle en koeie is gebruik…" - © 2005/6 ad ∞

Nét die allerbéste stoet Afrikanerbulletjies & koeitjies!
…Oor Families…


 



Elke mens het die behoefte om te weet wáár hy of sy vandaan kom, wie sy/haar voorgeslagte was en watter plek hulle in die samelewing ingeneem het. Kennis van die voorgeslagte skep 'n gesonde familie- en volkstrots. Omdat prestasie en skande egter in elke familie voorkom, bewaar werklike en ware kennis 'n mens ook van 'n valse familietrots. In die verlede van élke familie lê talle geestesskatte verborge. Elkeen wil graag sy voorouers ídealiséér – en hoekom nie huh? They’re worth it! Só, ons Du Plessis is afstammelinge van die Franse Hugenote hier in Suid Afrika: 'n Romantiese verhaal van die oorsprong van die Hugenotekruis word dikwels vertel van vier Hugenote egpare wat in die huwelik in Cavennes verbind sou word, toe die gevreesde Franse Dragonders opdaag. Die aanwesiges het almal gevlug, maar twee van die huwelikspare is gevange geneem en voor die keuse gestel:Taylor Familiewapen

(Taylor Famile se Familiewapen) versáák julle geloof, of word verbrand op die brandstapel. Hulle het geweier om hul geloof te verwerp, en al vier is (binne sig van mekaar) elk op 'n brandstapel verbrand terwyl hul psalms gesing het. Terwyl hulle sterf, het 'n duif ten hemel gevaar.
‘n Metaalwerker van Nimes het 'n medalje ontwerp om die gebeurtenis te herdenk. Die kern bestaan uit
Hugenote Kruis←Die Hugenote Kruis die Maltese kruis, die middelpunt waarvan bestaan uit 'n sirkel, wat verwys na die vlamme wat die egpare verenig het. Die ruimte tussen die arms is gemaak in die vorm van 'n hart, wat herinner aan die liefde van die twee jong egpare wat, getrou aan hul geloof, op hul huweliksdag op die brandstapel moes sterf. Die Hugenotekruis, met sy ryke simboliek, word dikwels gedra deur afstammelinge van die Hugenote. Mooi storie. Kom ons máák dit ons eie. Die Du Plessis Hugenote, ja. Maar ons Familie is óók ‘n smeltkroes wat deesdae stol in ryk skakerings. En elke familienaam wat bygekom het, soos die Grobbelaars wie se Familiewapen hierbo is. Die Taylors en die Harmses en dan ook die Van Vuurens, Grenfells en Barnards, blyk ‘n skitterende perfek-geslypte diamant te wees. Ons ís en bly spésíáál! Grootdoenerig van my om só te sê? Miskien. Of dalk is dit bloot dat denke my woorde rig: bombastiese mense besit die wêreld. En sê my, wie in ons fandamilie is níé hardkoppig en eiewys nie, hmmm? Almal natuurlik tot verskillende mates en grade, ja. Maar stééds – ALMAL. My aangebore vooroordele vergesel my oral en ek meet almal wat ek ontmoet bewus of onbewus met die maatstawwe wat ek in my kop oor my éíé mense saamdra. En in my kop en hart staan my Familie heel-bo en voor-op enige lys van waardes, talent en oemf! Julle bly my verwysingspunt. Goed of sleg. Ek trek onbewustelik ooreenkomste en verskille soos ek mense ervaar en hulle leer ken. En julle, my Familie, bly altyd maar top-notch! In fact, ek is so mál oor julle almal, iederéén, soos ek oor kasjoeneute, Neil Diamond se musiektalent, Nissan Skyline 2.8 GTXe en kosmosse is!
"Reg en verkeerd en leuen en waarheid is in elk geval twee strome wat só deurmekaar geloop het in hierdie land dat geen emmer op aarde dit ooit weer uitmekaar geskep sal kry niekry nie.” Dalene Matthee het só oor Suid-Afrika geskryf in die Brug van die Esels, maar dit kon net sowel van toepassing gewees het op ons Familie…heheh! Maak dít tóg só báíé saak? Julle jonger lede van ons Familie moet tog éérder onthou dat daar is twéé dinge wat noodsaaklik is vir die bestaan van ons meer ermm… bejaardes: Genoeg om van te leef en genoeg om vir en voor te leef. OK. Dis nie net waar vir bejaardes nie. Nietemin word daar oraloor so waar as twee en twee vier is vir talle lede van Families hierdie basiese lewensvoorwaardes ontsê…Dít mág nóóít só gaan in Ons Familie nie! Ek is seker dit sál ook nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home