BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Tuesday, December 27, 2005

Naai in die Garage

Vanaand is daar 'n glansende maan soos dáárdie aand, en hoewel ek wil skryf en vertel van die Naai in die Garage Episode, en dus voor my rekenaar moet gaan sit, kyk ek eers hoedat my skaduwee in sy lig val en ewigduurlik uitstrek, so asof ek deel van die hele aarde is. Ek dink ek ís, ek dink ál my mense is, weet jy… OK dan, nóg 'n skertsende, eerlike, pynsende, hartseer blik op my mense:

Sê nou ‘n mens sou die uitlating maak: “The end is nááí” (in beter Engels: The end is nigh [near]) In plaas van ons het ge-nááí… sou Dedda dít verstáán het? Sy Engels was maar brá swak as ek reg onthou en Mamma het al sy Engelse briewe en diésoort geskryf.
Dis juis ómdat sy Engels so swak was, dat ék elke skoolmiddag ‘n Engelse opstel moes skryf vir hom om “na te gaan” en opge-eindig het in Florida Park High School in Standerd 6 ‘n diep ongelukkige Afrikaanse boykie -tussen ware Rooinekke wat my verafsku het dink ek- vóórdat die skoolraad my oorgeplaas het na Roodepoort Hoërskool toe, waar ‘n wáre boereseun, sy goeie Engels ten spyt, behóórt het. Maar ek dwaal af…

Naai bring hierdie image op van íémand wat voor ‘n naaimasjien sit en werk (Soos ‘n Singer Sewing- Machine,) dán nie? Maar ons Afrikaners se stout gedagtegange het daarvan ‘n Afrikaanse pun gemaak, o ja! Bewéég die naald dan nie blitsvinnig óp en áf bínne ín die materiaal en die gáátjie daarágter nie? Natuurlik dóén hy, ja! Die assosiasie was oombliklik, selfs tóéterntyd, toe Afrikaans nog jonk was en naaimasjiene ‘n redelike nuwe uitvinding op die mark was, word nááí al lánk reeds gepraktiseer.

Ek hoor toe in my standerd 3 klas in Josua Naudé Laerskool in Roodepoort by ‘n laggende Wimpie Osche (wat ‘n soort-van pêl van my was) en Willem Vorster van naai en die dubbele entendré en dat grootmense sê dis net hulle domain en kinders mag dit nie doen nie. Die twee gaan dit toe glo binnekort doen, saam met twee ongenoemde wille wárm girls. “Hmmm…,” dink ek toe by myself, “die Maitland broers het my óók ingelig oor naai en Dedda het my verbied om vriende met hulle te wees, al het ek hom nie daarvan vertel nie. En die von Brandis seun langsaan wil Bonnie aan die ander kant van ons tog te graag naai, se hy, en verseker my dis die lekkerste ding in die wêreld.” Ek besluit toe daar en dan dat ek wil ook naai. “Ek’s darem al 10 en beslis nie meer ‘n klein seuntjie nie, jy weet…” Ek kyk gedurende pouse verlangend na Melinda van Niekerk, my laerskool crush, maar beskuit daartéén om háár te nader en van my groot nuwe behoeftigheid te vertel, nevermaaind haar te vrá om my uit te help! Sy’s ‘n ordentlike kerkerige meisie (met ‘n van soos van Niekerk? Heheh!) en óórwéldigend prágtig en sal my daarna vir ewig haat en ontwyk! No gó, dude!

By die huis daai middag eet ek my brood en eiers wat Ousie gemaak het, doen my huiswerk vinnig, leer die 12 X tafel en help Annette om háár 3 X te bemeester. Estelle is besig om die 6 X vanaf die agterblad van ‘n groen Exercise Book haar geheue in te memoriseer, deur dit óór en oor te herhaal: “ …6 X 6 is 36, 7 X 6 = 42…” Ek skryf gou my Engelse opstel en wil nie die Springbok Radio storie oor Die Geheim van Nantes misloop nie.Dis maar ons gewone middag na-skool roetine. Tydens die storie egter, klim een van die tantes van Nantes agter ‘n naaimasjien in om vir Armand ‘n nuwe hemp te naai…
Ek hou op storie luister en loop soek vir Aubrey by nommer 53 en vra hom uit óór naai. Hy wéét ván, verseker hy my. Ek is beïndruk. Aubrey weet altyd álles. Hy verduidelik my presies hóé dit werk en verseker my, soos die ander seuns, dat dit lekkerder as lekker is. “OK! Ons gaan dit nou doen! Daar by ons huis in die garage want ons kan die deur toemaak. Bring Joey, jou jonger broer saam asook Anne jou sussie. Ek sal met Estelle en Annette organise, moenie worry nie.”

Mandy is ons jongste sussie. Sy is nou 3 jaar oud en praat baie goed en loop ook óral waar ons gaan agter ons aan met cute kort beentjies. Sy is ougat met haar blonde haartjies wat kwaai blink en krul en haar mamma-se-ogies wat altyd lag. Sy is op dáárdie ouderdom waar sy álles inneem wat sy sien en hoor en nógal nuuskurig ook. Maar ons groter kinders is baie lief vir haar en dis ons werk om haar op te pas, spesiaal as Ousie besig is met huiswerk, kos voorberei en wasgoed-dinge. Sy het ook ‘n spesiale klein eetstoeltjie met ‘n klein tafelbladjie voorop, waarin sy tussen Mamma en Dedda sit as ons eet en só maklik kan oorsien word vanaf die kostafel. Dedda se mood ruik veilig en OK, yay! (Ek ruik altyd deur te snuif soos ‘n wilde dier, sy moods. As dit soos White Horse Whiskey en Dagga ruik, wéét ek tye is gevaarlik!) Ek sien hy lyk relaxed en amper-joviaal toe ek die tafel help dek, en ek voel bly daaroor. Miskien help die steady job en verantwoordelikhede as Driveway Manager by Roodepoort Motors, hom om minder daai aaklig-ruikende goed te rook en ook stadiger te gaan met die whiskey. Lyk so, anyway.
Hy wil drive-in toe gaan en stuur my af George Papadopoulis se Corner Café toe vir die gewone met ‘n £ 5 noot. Mamma begin opskep en hulle eet solank en sit reeds aan die tafel toe ek vinnig Mandy se koppie soen waar sy oulik in haar stoeltjie sit, en afdraf kêffie toe. Ek sal my aandete later eet, sommer in die inry, waar Mamma dit met één bord omgedraai bo die ánder, in ‘n toegeknoopte vadoek vir my sou voorberei en saamneem.

By die kêffie, help Antigone, George die Griek se mooierige dogter, my vriendelik. Ek onthou dadelik ons naai-episode in die garage: Amper-toe-oop-op-‘n-skrefie garage deur. Skuur jou laer gedeelte oor die meisiekind se laer gedeelte waar julle teen die mure regop staan. Ek blóós nou as ek daaraan dink. Dis hóé Aubrey gesê het mens dit doen en sy demonstrasie was baie duidelik. Jy skuur hom net oor hare, ja. OK. So, ons het toe genaai. Anyway. Om éérlik te wees met myself, dit was nie álles wat Wimpie en Willem en von Brandis én Aubrey dit uitgemaak het om te wees nie. Grootmense kan maar hulle naai vir hulself hou. Aubrey stem darem ook saam, dis ‘n klomp stront hoewel hy glo mens moet ‘n ding oor en oor doen vóórdat jy hóm bemééster en dan genot daaruit kan put. Simpel idee, tsk! Ek is bly Mandy is te klein om ons grootmens-na-aping -dis nou dat ons genaai het- te kon verstaan. Ek verstaan dit glad nie. Waar is die lékkerte dan? Ek kyk na Antigone en wonder of sy al genaai het en óók so teleurgesteld was soos ek? Sy is immers al in die Hoërskool…sy glimlag onskuldig en ek plaas maar my bestelling:

Vir Ma: “One Peanut Snack, pliez.” Vir Dedda: “A packet of bokdrolletjies, pliez” “What? Say again, Freddie?” Ja sy ken my naam. Hulle almal by die winkel doen. 
“Ummm…Antigone, those tjoklit little balls wif peenuts in dem.” Sy glimlag en plaas ‘n pakkie op die counter. Vir Ma en Dedda: “A pakket of biltong & two small bottels of Kanada Draai Ginger Uil, pliez” Ek onthou altyd my maniere en sê asseblief/pliez, dink ek trots. Vir my: “A roll pakket of Rowntrees Cherrols, pliez.” Vir Estelle: “A roll pakket of Rowntrees Butterscotch, pliez” Vir Annette: “ A roll pakket of Rowntrees Mixed Fruit, pliez.” Ek wys na al die verskillende sweets soos ek daarvoor vra. Vir Mandy: “That réd lollipop there, pliez.” “Oh and Die Vadeland koerant, tóó, pliez, Antigone.” Sy pak alles netjies en behendig in ‘n papiersak, vat my geld en gee my my change. Ek’s haastig en ópgewonde om terug by die huis te kom en wuif ‘n koebaai vir haar en George en loop versigtig dog vinnig met die vol papiersak, die sypaadjie op huistoe. Dis net bietjie meer as 3 blokke en ek probeer die blokke se lyne misloop. Dis glo ongelukkig om op ‘n lyn te trap, volgens Trixie, die wel-geronde dogter by die skool wat my uitkyk en baie mooi kan sing. -Ek hoop net nie sy wil naai nie!- Trap op ‘n lyn is amper so bád as om ‘n sambreel in die huis oop te maak, of níé jou hare te raak as ‘n ambulans verby jou gaan –sodat dit nie met jou moet gebeur nie,- of onder ‘n leer deur te lóóp, beaam Ma toe ek haar eendag daaroor vra. Miskien sal ons weer ‘n Western/Cowboy fliek sien. Dis Dedda se favourite. Dít, en oorlog en science fiction flieks. Ma like weer liefdesverhale en Elvis of Doris Day movies en Peter Sellers komedies. Sophia Loren is vir Mamma die mooiste vrou in die wye heelal, maar Suster Theresa kom darem twééde, Béíde my ouers like Jerry Lewis. Hulle altwee hou ook van horror flieks waar ons moet wegkruip teneinde in te kan gaan, want daar’s ‘n age restriction op. Sal seker by Sterlig of Impala wees, of miskien Hillfox, want dié inry teaters is die naaste aan ons. Hmmm…Velskoen is nie buite die kwessie nie – hang af wat wys. Ek sal moet wag en sien. Ma sal darem onthou om vir ons kinders Sixo cold drink in ‘n bottel aan te maak met baie suiker vir energie, soos sy sê…hmmm, ek’s nógal honger.
Met ‘n ligte gemoed, gevrywaar van énige en álle sorge stap ek huistoe. Die lewe is wonderlik en ons gaan drive-in toe! Saam met my ménse, my familie. Wat méér kan énige kind wil hê?

Wel…miskien ‘n Pa wat nie altyd vérskriklik éxtrémisties óptree oor dinge wat sy vrou en kinders aanraak nie? Dedda het al die buurman aan ons regter kant gemoer, omdat hy kwansuis vir Ma gekyk met met “dáái kyk” en Ma is dan sommer óók geklap en geskop omdat sy kwansuis toegelaat het dat die man vir haar só kyk.. Nee, ek weet nie wat hy meen nie. Hulle albei klaarblyklik óók nie. Hy’t ook die man wat aan ons linkerkant bly bygedam en deur hulle voordeur gebreek nadat die ou se alsation brak elke keer ons asblik omgegooi het in ‘n soeke na kos, en Dedda die hond probeer vergiftig en doodshock het… Ja well no, OK. Ek arriveer toe by die huis met Die Vaderland dagblad en my ander moviesnacks in a bag, en vind dat chaos die vreedsame vroeër atmosfeer vervang het. Drive-in word nie eers genoem nie, en die woord op almal se lippe is…
…naai (!) (?) Já, my hart sak toe in my skoene in, despite die feit dat ek kaalvoet was.
Ek hérkonstruktureer dié gebeure sópas nádat ek wég winkel-toe is:

Dedda, gemaklik en amper-te-sweet aan die aandete-tafel: “En wat het my kinners vandag gedoen?” Smile. Kyk eerste af na Mandy, sy jongste dogtertjie.
Mandy, ewe gemaklik in haar stoeltjie, tussen-in Mamma en Dedda, besig om te kou-kou aan ‘n stuk skaapkarmenaadjie, sit diė neer in haar bord en wil wys wat sy geleer het –sy praat mos nou al goed en Dedda prys haar altyd vir elke nuwe woord wat sy aangeleer het- sy sê dit toe: “Ons het genaai in die garage.” Twéé nuwe woorde!
Hou dit ingedagte, dat al die naaiers-in-die-garage net onskuldig aangeneem het dat die énigste ding verkéérd met die feit dat hulle genááí het, was die idee dat nét gróótmense veronderstel is om dit te doen en dit dus ‘n verbóde aktiwiteit vir kinders is. Só, Estelle en Annette bieg dus toe onmiddelik en vertel die héle, vólledige storie, présies sóós dit wás vroeër daai middag in die garage, en Mandy beaam telkens haar twee nuut-aangeleerde woorde: nááí én gáráge..
Dedda raak soos gewoonlik mál. Sy kinders, sy DOGTERS, Goeie God! Klein dogtertjies, genaai, geskénd, gedisréputeer, gepenetréér, deur daardie skerminkel Golden-seuns! Om nie te práát van Fréddie nie! Hy jaag sy dogters na hulle kamer toe en vloek Mamma omdat sy volgens hom, óók verantwoordelikheid móét dra vir haar kinders en spesifiek haar dogters, se wángedrag. Hy bel Chris Golden en vertel hom kras en sonder om sy woede te beteuel, die volle details en dat hy, Harry du Plessis, Chris Golden se wanaangepaste, gedrogtelike, fokken katools seuns gaan doodskiet. Hy gooi die telefoon neer en wag vir sy seun om terug te kom van die kafee af, terwyl hy aanhoor hoe sy vrou haar dogters uitskel en fisies tug. Hy probeer hard om sy humeur onder beheer te kry, sodat hy met Freddie hieroor kan praat soos ‘n Pa met ‘n seun behoort te gesels, maar hy verloor die battle. Hy moes seker al vroeër met die kind oor die birds and bees gesels het, maar hy het geglo hy is nog te jonk. Waar het die tyd heengegaan…? Dis daai fokken Aubrey wat hom beïnvloed het, ek weet. Maar hy moet leer…! Ek moes, sonder die luxury van ‘n Pa of Ma! Ding is, donner ek hom, gaan hy dink seks is ‘n slegte ding en netnou word hy ‘n homo! Fok! Hy probeer harder om sy woede te stil, en slaag uiteindelik, hoewel nie totaal nie.

Mamma is geskok en voel skuldig. Die kak het wááragtig diė keer die fan gestrike! Móés ek nie maar lankal reeds vir hulle vertel het van die birds and bees nie? Maar, Heilige Seemonster, hulle is nog so bloedjonk en onskuldig. En hulle het after all net oor mekaar gevryf, as haar dogters die waarheid praat! Ek gaan Marie Golden vra om my te help vasstel of hulle nog virgins is, sy kan haar Anne ook sommer bring. Freddie! Ag my seun…ag, jou Pa gaan jou doodmaak! Sy loop foon toe om Marie te skakel sodat dinge verby kan gaan. “Harry is in ‘n gevaarlike mood, en hy gaan groot marakkas maak tensy ons dié gemors-van-‘n-gemors so gou moontlik uitsorteer.” Marie, vir eens nugter aan die ander kant, ken al vir Harry goed, en stem dadelik in. Sy noem met ‘n cool-as-ice stem dat Chris die seuns se gatvelle aftrek en sy Anne al voos geslaan het met ‘n nat waslap, maar niks ernstigs het gebeur nie? Die Franse en Europeërs noem wat hulle gedoen het ‘frottage’ – dis nou as ‘n man en vrou hulle liggaamsdele teen mekaar skuur. Daar was geen penetrasie nie. Relax Ina! Gelukkig was hulle misinformed. Sy plaas die telefoon terug op die mik en vertel vir Chris en die kinders hulle moet hulle weg na die Du Plessis’ toe baan, so gou moontlik.

Mandy huil omdat sy die gevaar aanvoel en duidelik hoor dat haar susters, vir wie sy al baie lief is, nou geskel, gevloek en geslaan word en sy hoor hulle skreeu, protesteer en huil. Sy verstaan in haar eie jong onskuld geensins hoekom nie. Sy wens Dedda en Mamma wil terugkom tafel toe en ophou kwaad wees. Ousie probeer haar troos en wonder self wat aangaan, maar sy het summier aangehardloop gekom van haar kamer af, toe Dedda uit die agterdeur blaf dat sy agter die baby moet kom kyk. Sy is ook later beskuldig dat sy nie behoorlik agter die kinders kyk nie…





♫ ♪ Facing the music ♫♪



Ek het toe na chaos by die huis teruggekeer van my plesierige winkeltrippie af! Dedda neem my my kamer in, nogal hardhandig. “Naai,” se hy, is ‘n ding wat plaasvind tussen twee grootmense EN IS NIE VIR KINDERS NIE!” Hy gee me ‘n klap agter my kop wat my oë laat voel asof hulle gaan uitspring, en ek onderdruk ‘n gil. Dedda dink dat net meisies huil en gil as hulle getug of seergemaak word. Cowboys don’t cry. Jaaaa, John Wayne! Anyway, hy verbaas my toe “into absolute gobsmackedness!” Want sien, Dedda begin huil. Man, dit klink eienaardig en voel net nie reg nie. My sterk, bebliksemde Pa, vir wie almal bang is, en selfs die polisie voor in hulle vans op hulle rondtes vat, met stewige glimlagge en sê “Dup, in is jy! Jy’t alweer iemand gedonner. Haha! Mevrou ons bring hom netnou terug as hy afgekoel het” Hierdie selfde woeste-weeskind, wat nie skroom om sy vuiste en gun te gebruik nie en my geleer het, net sissies huil – HUIL!
Tjank behooorlik. Ek weet nie wat om te sê of doen nie. Ek wil hom troos, maar hy sal my moer…Tussen snot en trane deur kom die woorde wat my hart laat ruk en my in trane laat uitbars myself: “Jy’t my diep teleurgestel met wat jy vandag gedoen het, Freddie.”
So. Seks (dis nou naai) is ‘n slegte, slegte ding. Dis so sleg, dit laat my sterk, manlike amper-Cowboy Dedda huil as ek dit beoefen. Dit was nie eens de moeite werd nie! Almal lieg oor hoe wonderlik en lekker dit is. Nooit, ooit weer sal ek naai nie, ek sweer. Ek wil hom nooit weer sien huil nie. Ek voel so sleg en skuldig en aaklig. Ek het dit alles begin en nou word my sussies en Aubrey, Joey en Anne óók gestraf. Ek wens ek gaan dood. Ek kan Mamma nie in die oë kyk nie! Ek dink nie eers ek gaan naai al is ek ‘n grootmens nie!
Antie Marie het toe met haar knowing (?) vingers haarself en vir Mamma, Dedda en Oom Chris, tevrede gestel dat die meisies nog rein en maagdelik is. Sy claiim mos om eentyd ‘n nursing sister te gewees het. Aubrey en Joey is dadelik deur hulle Pa ten volle ingelig oor die voëls en die bye en hulle ouer broer Chris en ouer suster Louise, het ook sommer ingeluister, waarna Louise binnekort swanger geraak het sonder om getroud te wees.
Aubrey en Joey en Anne is toe gehok en mag net Sondae kerk toer gaan. (Ek onthou iets van Chris wat Louise se mond bloederig gemoer het omdat sy Nollie langs ons toegelaat het om haar te naai, en sy het huilend haar mond in ons badkamer se wasbak kom was.) Marie het haarself van alles en almal onttrek en gepoeza soos net sy kan, en vir ‘n tyd lank was daar ‘n stil tydperk waarin beide families mekaar geensins besoek het om te kuier of vir enige ander rede nie. Urggh, die lewe is deurmekaar en vol probleme! Ek het Aubrey gemis, hy is my vriend en beskerm my altyd teen ouer boellies en speel die orrel begeleidend, wanneer ek daar by hulle huis sing oor ‘n regte mikrofoon: “Love is a beautiful song. La la la la la la laa…” En ek en hy en Anthony het telkemale in Oom Chris se Datsun met Colgate shampoo onsself getos en gedink aan meisies wat dalk sou wou… (wel dit draai toe uit Anthony het aan ons gedink! Haha!) En vir Chris, Aubrey se ouer broer, wat my childhood hero was omdat hy altyd so opreg en rein en sedig was, maar ook ongelooflik snaaks as hy vir my ‘n Jerry Lewis movie nageboots het in hulle eetkamer. Hy’t my altyd belangrik laat voel omdat hy aandagtig na my geluister het en ook met my gepraat het asof ek sy ouderdom is. Dit was ongewoon vir ‘n ouer seun om te doen. Hy wou graag eendag ‘n akteur word, Chrissie. Die Goldens was vir my soos ‘n tweede familie. Antie Marie was altyd liefdevol en sweet en Oom Chris was op ‘n vaderlike manier baie goed vir my. Ek was vriende, eerstens met Aubrey en Chrissie, maar ook met Louise, Joey en Anne. Soos ek sê, ek mis hulle.

Die gewone tugmaatreëls het vir ons gevolg: Na skool mag ons nie verby die agtermuur gaan nie; ons mag vir ‘n onbepaalde tyd nie Century en/of Savoy bioscopes toe gaan op Saterdaemiddae nie; Geen vriende mag by ons speel, by ons eie huis, Harindu, of ons by hulle huise nie, SPESIAAL nie die Goldens nie! Huiswerk moet gedoen word en hoër tafeltabelle moet gemoriseer word vir Dedda se toets daarvan elke aand; My Engelse opstelle moes nou drie bladsye lank wees en foutloos; Ons moet reeds 8 uur saans in die bed wees en spelery, selfs in ons eie jaart, was iets van die verlede; Ek moes grassny en tuin natmaak en motor skoonmaak. Ons mag ook nie meer smiddae stories op Springbok radio in die sitkamer geluister het nie. Ons moes selfs almal om die beurt gereeld koffie maak en soos gewoonlik ook skottelgoed was en afdroog. Die hasie, geteken op die opdraande sementblad na die garage se ingang, moes uitgewis word en ons kompetitiewe springessies daarop was daarmee be-eindig. Die garagedeur was gesluit. Dit was hellerig, maar ek het gevoel dis geregverdig omdat ek die chief culprit was. Ousie was onder instruksie om op ons te spy (Enter Agent Mabel 007) en ons elke move te rapporteer, en sy kon nie bekostig om haar job te verloor nie, so sy het presiese details saans voorgelê aan Chief Agent Dedda, wat dan die usual houe uitgedeel het vir foutiewe gedrag. Ek was behoorlik stroopsoet nou. Ek kan net nie vergeet dat hy gehuil het nie! Netjiese, presiese huiswerk, wonderlike, spelfoutvrye Engelse opstelle en die grasperk was netjies en die tuin het gefloreer. Verder het ek nie verby die muur gegaan of ooit gespeel nie. En naai?
Wat’s dit huh?

En so het ook dit verbygegaan. Ons straf. All things come to an end. Ian van 6 de laan, Aubrey en Raymond van der Poel sê toevallig vir my by die kleedkamers van die munisipale swembad waar ons almal dié Sondag swem, dat hulle op ‘n gereelde basis naai deesdae. “En nie soos ons daai dag by julle huis nie, Freddie, ek doen dit nou reg,” lag Aubrey. “Naai jy darem ôk?” terg hy my soos sy gewoonte is.
“Haha, natuurlik, Aubs! Ek naai als wat beweeg of stilstaan. En as dit nie stilstaan, naai ek dit aan die beweeg!” lieg ek ego-onthalwe. “Ha!” sê Aubrey, “moenie stilstaan nie, ouens, Freddie is ‘n gevaarlike seun!” En ons almal skaterlag en harloop swembad toe, waar ons in die koel water induik en mekaar natspat.



Dit het my ‘n hele lang ruk geneem om dit uit te werk, maar is ek nie my Pa en Ma se kênd nie? Dedda se trane was krokodiltrane omdat hy my wou bereik op die beste manier moontlik en hy het my geaardheid uiters goed geken. Ek’s nogtans geskok dat hy dit kon regkry om op demand te kan huil. Hy wat ‘n Cowboys don’t cry EVER-motto nastreef, soos amper al ons Pa’s van sy tyd. Dit was ‘n slinkse, maar briljante move. Bravissimo Pappa! En “frottage”? Haha! OK dan. Miskien as jy dit reg doen, ja. Ai, ons was klein en só verskriklik onskuldig. Dankie toggie, tog!

Uh huh… - FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home