BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Wednesday, December 28, 2005

'n Huis moet kan pêlle wees met die familie wat in haar woon...

Koue Vleis


'n Huis moet kan pêlle wees met die familie wat in haar woon, moet luister na wat hulle te sê het en kyk wat hulle doen. Huil oor hulle teëspoed en sommer haar mure kraak van lag vir hulle – die boere-gespuis wat daagliks in haar slaap, vreet, suip en kots, baklei, groei, ‘n lewe uitkrap en doodgaan. Sy moet hulle warm en soms koel hou en hulle geheime diep bewaar. Maar meestal, moet sy hulle veilig hou van alle gevaar. Dit alles terwyl sy die waansin wat onder haar dak aangaan, saggies by haar skoorsteen uitlaat of op ‘n ander dag as ons almal in wit pronk voor Roodepoort Motors se Krismis Party, haar kans te vat vir wraak en ons in swart as te bedek en vir die daaropvolgende chaos te skater…haha! Agste Laan 43, Roodepoort Noord, waar “the green, green grass of home” nie net geplant, natgelei en gesnoei is nie, maar boonop gerook is. Jaaa, boet.. :
So ‘n huis is Harindu. Skoon. Mamma se vaddoeke is wit wonders en vloermop, warm water en skrop is standaard survival kit saam met reuse borde kos met tonne vleis en steisel maar darem ook die gesonde groente. Poeloekoek, Hmmm. En pudding. En die gemmerkat Tom kry sy stuk wors, gelykstaande aan ‘n muis terwyl die brak Ore (Daar was voorheen Ringo en Oubaas) lippe aflek vir oorskiet en bene. En na die fees, ten spyte van Kallie se geklets, deurspek van banaliteite (altyd onder die belt!) onsnap ‘n diep sug van tevredenheid my rollende maag en ek hoor my bed my roep, gryp na my. Ek wil stoei want die dag is nog jonk soos ek, maar ek gee my geleidelik oor aan sy krag…
Voordat ek aan die slaap raak, herinner my vooruitsig na vanaand se jaffles en moontlik pannekoek of flapjacks met room en jam en koffie, my aan ‘n ander keer, jare gelede, toe ek kom sweer die koue vleis in die fridge my geroep het soos my bed vroeër…(Is! Ek sweer!):
Wees uitgeslape en vindingryk, Freddie. Ek trek liggies die sellotape af, sodat ek dit kan terugplak sonder dat enige-een sal opmerk daar is aan die bultende pak koue vleis wat ek vroeër die Saterdag vir Ma by George Papadopoulous by Corner Kêffie op haar tab gekoop het, gepeuter. Ma se oë is skerp as dit by kos kom en die Rassies sal vanaand honger wees na hulle trip Leeu Park toe saam met my ouers. Ek trek netjies ‘n stukkie olive loaf uit tussen die klomp slices polony en monoeveer behendig ‘n verdere stukkie bief vanaf die bodem van die pak uit voordat ek myself help aan ‘n slice polony heel bo-op. Terwyl ek uitkyk of ousie of een van my sussies my nie dalk sien gaps nie, verseël ek die pakkie soos ‘n pro. Ek wonder oor ‘n stukkie kaas maar besluit daarteen. Dié, sal Ma se skerp oë dadelik opmerk (gonna, maar ek’s honger!) Ek verstaan Ma. Ek dink ook heeltyd aan kos. Besides, het die Rassies ons nie vir ‘n ewigheid in hulle garage laat bly en ons daagliks vars eiers onder die hen uitgepluk of dan sop en pap gevoer nie? Ma sal graag wil wys sy is nou beter af en onafhanklik en ek twyfel nie daaraan dat die koue vleis en kaas vanaand in ‘n fees omskep sal word nie. Ek glimlag opgewonde. Hulle sal nooit hierdie drie stukkies mis nie! Ek kou lank en sluk tevrede my klein diefstal weg en gaan soek na Estelle en Annette en ook Iggie Erasmus, wat buite op die hasie spring…
Maar lees vérder en sien hoe ons die music geface het:

♪♫ Facing the music ♫♪


Buite is dit donker en aan die toetrek. Ek en Estelle en Annette staan onder aan Dedda en Ma se bed in hulle kamer voor die spielkas, pierings op die palms van ons hande wat omhoog gehou word. Lam arms wat graag grondtoe wil wys, maar dan tref daai torch batteries jou teen die kop of bors en dit is eina delux. Droog en onwillig uit haar keel: “ Ek het een stukkie geëet, Dedda…” Estelle. Hy ignoreer haar en kyk met daai deurborende blou oë na my. “Ek WEET dis jy!” Kapowww! Tref nog ‘n battery my teen die kop (snaaks dat ek vandag onthou dat die spieël van die spielkas nooit raakgegooi is of die pierings wat geval het as jy getref was en dit probeer afweer het, nooit gebreek het nie…) Ek durf niks erken nie. Vir my kan dit hospitaalsake word. Soos laas…toe ons kwansuis vir Oupa Frank ge- disrespect het deur vir hom te lag. Ai, jai jai! Nie waar nie. Maar die inflammasie laag in ‘n knop op my regterbeen waar Dedda my geskop het moes ‘n operasie regstel…” Ek het twee stukkies geëet, Dedda. Mag ek asseblief gaan water drink?” Annette in ‘n piepstemmetjie. Sy’s net 6 en vroëer, laatmiddag toe Ma ongeloofbaarlik en ietwat benoud, uitsaai dat sy nie haar gaste kan voer nie, want die koue vleis is alles opgeët deur die kinders, het Annette begin huil. Ek het yskoud geword toe ek Ma hoor. Alles?! Die Rassies is toe honger huiswaarts, maar ek verstaan later dat Iggie himself generously gehelp het aan die heilige koue vleis. Het Ma ons regtig verbied om dit te eet, of was dit ‘n standing rule? Anyway, ons word nou gestraf. Dis hel. ‘n Groot ontbering, ja. Ek’s moeg en honger en wil vreeslik graag ontsnap. Annette bly langerig weg om water te drink, haha! Ouch, my arms. Lyk of Dedda slaap.
Ek laat my arms saggies sak. Man, dit is pynlik. Kapowww! Estelle gee hom sy evereadies terug en vat ‘n vinninge ruskansie en Annette huil nou baie droewiglik. Ek sê steeds niks, tel my pierings op en vermy sy staar. Hy WIL my aanrand! Is alle Pa’s soos ‘n soort dier war brul by die reuk van bloed, grond grawe in sy waansinnige woede en met sy Capricorn horings wil gaffel wat voorkom? Die walglike reuk van testostereen vul die beknopte ruimte, assault my eie sensitiewe diereneus (so, vanaand is sy mood bullyboy, tsk!) en Ma gaan slaap in die meisies se kamer. By nou reën dit batteries op my bors, kop en ander blootgestelde liggaamsdele en ek hoor van ver af waar ek na dié fliek kyk, dat Estelle nou bieg: ‘Ek het drie, vier stukkies geëet, Dedda.” Annette mag gaan slaap. Ek voel net dankbaar vir haar onthalwe, sê en doen niks. Beter so. Tyd en pyn het my geleer, ja. “Fokken Rassies!” blameer ek onwillekeurig sommer enige-een in my kop wat vreeslik pols van pyn en om my arms tog net uit blote irrasionele woede omhoog te hou. Die nag is ongoddelik lank en iewers daarin, al staande, al bewende em met piering-belaaide hande omhoog, het ek weggerrak. Ontsnap. “Huil oor hulle teëspoed…” Sien jy die vernedering van Ma as erger as wat ons nou deurgaan, Harindu? Ek wonder…
Ek ruk uit my diep, ontvlugtings-reverie. Dagbreek. Ma is terug in haar bed. Dedda snork hewig. Dis ‘n skooldag, onthou ek moedeloos en laat sak my arms stadig en pynlik. Ma knik haar kop vir my en Estelle om ‘n paar minute se slaap te probeer inkry. Ha! Blêrrie ha! Bullyboy het my toe nie dié keer uitgevang nie.
Hier en nou, skud ek die herinnering van my af voordat dit netnou in ‘n slapende nagmerrie ontaard en vryf onwillekeurig my kop en bors asof dit alles nou-nou net gebeur het. Vanaand eet ons dalk weereens heilige koue vleis en hierdie keer gaan ek my daaraan verslind en sommer ‘n paar stukke polony vir Ore gooi, al kan ek die gedierte nie verdra nie! En Tom kan die gelykstaande van 4 muise verorber! En Estelle en Annette kan sommer ook elkeen 10 stukkies kry – olive loaf, ham, bief, brawn ens. In fact ons vreet sommer ‘n hele pak op - one skat! Hahahahaha! Wat? Kallie gaan ons daarvan weerhou? Ha! Om Andries Brink te quote: “Assé-blóu-blief!” Kóm weer?
Ek smirk, draai om, krul in ‘n bondel en slaap…Harindu is my shepherd. I shall not want. She supplieth me with holy cold meats, my plate runneth over…”
“Dit alles terwyl sy die waansin wat onder haar dak aangaan, saggies by haar skoorsteen uitlaat…”
(O ja, Ek gebruik as a matter of principle nooit Everready batterye nie!) ☻♥
-FGDP © 2005/6 ad ∞-

0 Comments:

Post a Comment

<< Home