BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Saturday, December 31, 2005

Vampire Alert!

Hierdie pos is eintlik op Sat 31 Desember 2005 om 01:24:
Ons gaan kyk toe, op Mamma se aandrang en met Dedda in een van sy méér toegeeflike buie, na A Taste of Blood (1967)--Dracula's descendant's revenge on descendants…Ek word vir eens saamgeneem, en die meisies bly tuis waar Ousie hulle kinderoppaser is. Vóór die tyd en rit daarheen, ruik ek in die lug vir my Pa se mood met my diereneus wat by nou geleer het hóé belangrik dit is om sy mood korrek te peil: ‘n Tiksel whiskey en dagga, maar sy blou oë is helder en nie rooierig soos ander dae nie. Hy glimlag óók én lyk tevrede en gemaklik. Ek sug van verligting. “Sal ek Canada Dry Ginger Ale, Mamma se Peanut snack en Dedda se gewone bokdrolletjies en biltong by George gaan koop gou, Dedda?” vra ek, vol hoop om sy bui even meer mellow te maak. Ek weet dis sy gunsteling drive-in snacks, en Mamma s’n ôk! Hy knik sy kop om ja te sê en Mamma gee my die geld en vra my om gou te maak – sy sal solank ons aandetes met borde bedek en in vadoekke vasbind. Op daardie manier val geen kos uit nie en bly dit warm tot ons by die inry is waar ons dit dan kan eet, met die snacks daarna. “Koop vir jou ook iets, Freddie. Jy hou mós van daai G.I. Bars?” Ek glimlag as ek begin hardloop kafee toe. G.I. Bar is my favourite. Sjokolade stafie, met toffie binne in, maar nie harde óf sagte toffie nie. Nét reg om lekker te kou…yay! Ek koop vinning die goed wat ek moet koop en hardloop terug met die vol papiersak sónder om dit of die inhoud te breek. Daar wag Dedda en Ma reeds in die motor wat loop, en ek spring agterin met my aankope. Langs my, netjies langs mekaar gepak, staan drie borde kos, stewig toegedraai. Die reuke wat daarvan ontsnap, ten spyte van die een bord oor ‘n ander, maak my mond water en ek besef ek’s lekker honger. Nét buite die inry moet ek in die kar se boot (kattebak) in. Ek protesteer nie en klim gedweë in die redelike ruim spasie in en lê in doodse stilte. Daar is ‘n ouderdomsbeperking op dié fliek en ek moet dus myself skaars maak of my ouers moet omdraai en vort huistoe. “Stupid!” dink ek by myself, “Wat kan énige-één nou só bang maak, asseblief man!” Hmm..dit ruik nógal sterk na petrol hierbinne…Ek hoor my Pa die kassier betaal en dankie sê vir sy kaartjie. Ma moes intussen één bord op ‘n onopsigteluke plek soos by haar voete, geplaas het. Sy is street-wise ôk, my oulady  Ổbviously by Dedda geleer, heheh!
Nét binne-in die Sterlig Roodepoort Inry Teater, párk Dedda uit sig uit sodat ek kan uitklim sónder om gesien te word en laat my uit. Hy maak ‘n vinnige “rokie” en ons gaan parkeer naby agter by ‘n speaker wat mooi hard uitsaai. Mamma deel ons kos uit en gee ons lepels om mee te eet uit die cubbyhole uit, toegedraai in ‘n verdere spierwit vadoek. Sy vee elke lepel af voordat sy dit oorhandig. Beide ek en Dedda sê dankie en sy glimlag haar plesier. Horrors is haar favourite en vanaand, volgens die resensensie, maak Dracula se nasate groot kak! Sy gril al klaar heerlik in afwagting…Mamma is ‘n ware dramakoningin ! Ons eet in stilte en kyk en luister máár na die advertensies, maar ons sien of hoor nie regtig veel nie. Die weer buite is perfek vir ‘n lenteaand en die lug is wolkloos en ‘n diep, donker blou, bespat met sterre, soos ‘n kombers wat op die hemel se vloer lê, en die lig binne-in deur gaatjies deurlaat…Ek wonder waar ek daardie gedagteskets vandaan kry – nogal ‘n cool metafoor; maar ek ónthou ek lees baie, en skryf dit daaraan toe. Langs ons parkeer ‘n jong ou met sy meisie en sy sit alreeds baie naby aan hom. Ek is seker sy gaan binnekort op sy skoot sit as die hoof-fliek begin rol. Meisiekinners darem. Hulle is altyd bang en word seker nooit groot nie. Mamma raak nou wel óók bang, máár dis anders. Sy sal nóóít daarvan eers droom op op Dedda se skoot te klim nie. Nee, sy is banger vir hom as enigeiets anners. Maar ook vreeslik lief vir hom. Maar nes ekke.
Die musiek wat begin speel laat my dadelik ophou kou aan my G.I.Bar en vir ‘n oomblik aandagtig luister en op die screen konsentreer…”Die movie begin!” sê Mamma onnodiglik en ek hoor Dedda grunt. In die movie gebeur gedurigdeur van die begin tot die einde die afskulikste, gruwelikste dinge en orals spat net bloed rond. Ek hoor die meisie langsaan skreeu en sien sy beklim die ou wat maar self senuagtig lag, presies soos ek voorspel het. Mamma sê net elke nou en dan: ”… Heretjie tog!” en “Agge nee…” en deins terug in haar sitplek. Dedda eet sy bokdrolletjies stadig maar kyk nie na die pakkie of sy hand as hy hulle uitneem nie. Kyk amper gehipnoseerd star na die moviescreen. Ek wonder vlugtig wat in sy kop aangaan maar onderdruk ‘n skreeu as die vampier die vroumens se kamer ingaan deur haar venster en doelbewus, sy bloedlus duidelik in sy bloedrooi oë, op haar afstap waar sy onbewus in haar bed lê en slaap met haar nek in ‘n présíése posisie vir hom om haar lewensbloed dááruit te suig! Ek wil haar waarsku, dink ek en klap myself teen die kop vir stupidgeit…dis ‘n fliek. Besides, daar sit sy regop en druk ‘n kruis in sy gesig. Dit laat ‘n moviese groot brandmerk op die Dracula se gesig en hy skreeu soos ‘n maer kat en hardloop weg! Yaaaay! Maar later kry hy haar toe anyway en sy word sy bruid wat nou help om nuwe vampires te maak. Nasate vir hulle…en dié maak weer ander vir hulleself ens. ens. ad nauseam. Dedda klim uit om daar ánderkant die bome te gaan rook en ek raak onrustig en voel ‘n bietjie onveilig en maak dus my oë toe op die bloeddorstigste plekke in die fliek. Mamma uiter nou hard haar pasop-s en watch out-s. Sy vra my of ek OK is. Ek knik ernstig. Natuurlik is ek OK. Ek is Harry du Plessis en Ina Pienaar se seun! Geen blêrrie vampire sal my óóít durf aanval nie. Ma verseker my en my susters lank reeds dat wampiere wel bestaan, so ook weerwolwe en geeste wat dwaal. Ons is wel-ingelig ons gesinnetjie, o ja! En nie bietjie bang vir hierdie goed nie, maar ons voel veilig in Harindu, sáám met ons ouers, behalwe miskien dié keer toe Mamma ons almal inlig dat Annette, my tweede oudste sussie, wat haar duim gesuig het, binnekort in ‘n wampier omskep sou word, juis omdat sy konstant bloed uit haar duim suig en dus aan die smaak gewoond raak. Sy maak ook haar tande uitstaan vorentoe, wat haar dan sal help om ‘n volbloedige bloedsuier te wees. Mamma het treurig gehuil oor die voorsig dat sy ‘n dogter gaan verloor en ons herinner dat sy Annette al só lank probeer red deur alles wat jy aan kan dink, aan haar duim te smeer: allerlei medisynes, chillies, bitter-aalwyn en in desperasie ander goeters, ja…! Niks bleik te help nie, en sy gee toe maar op, arme Mamma. Ons het saamgehuil, dog Annette daarna begin vermy uit pure vrees uit vir ons eie nekke en sy het toe darem opgehou om haar duim te suig teneinde haarself en haar familie, van ‘n bose-bose ding te red. Dankie tog! Dít was nou vir jou ‘n close call!
Dedda keer terug aan die einde van die fliek en Mamma vra hom of hy dit gevolg het in sy afwesigheid. In sy nuwe mood (ja, dááí één, ék ruik hom,) is hy nors en onvriendelik, en hy vra haar wat se besigheid dit van háár is wat hy doen of níé doen nie? Mamma sug en antwoord hom dat sy nét wou hê hy moet ook die volle impak van die fliek geniet het. “Die volle ímpák? Ek laat jou nou-nou my volle ímpák voel, as jy nie jou bek nou tóéhou nie!” En so gaan die argument hééltyd tot by die huis aan en Mamma gaan klim in haar lang nagrok en in haar bed. Ek is kamer toe, en bid hy donner haar nie. Dinge klink daarna rustiger en ek raak aan die slaap, maar met my ╬ Jerusalem Kruis in my hand, wánt wie weet of ek nie vanaand dalk ‘n vampire aantrek nie? Mens móét hulle glo nóóí om binne te kom, maar Ma het eendag, toe sy ons bangmaak stories vertel, waar ons kinders aan die voetend van haar bed gelê het met gróót, bevreesde oge en opstaar na haar, totaal gemésmerise, genoem dat die vórige eienaar van die huis reeds lánkal vir alle bose kreature magtiging verleen het om óns huis binne te gaan EN dit gedoen het OOK (uit die goedheid van sy swart hart) namens alle nákomstige inwoners van Harindu. So já…hulle kom nét ín. Nie dat ek al ooit énige van die bose kreature gesien het of teëgekom het nie. Ek is tóg dan Liewe Jesus se kind, al is ek Ma se banggepraatde seuntjie. “Though I walk through the valley of the shadow of death, I shall fear no evil...” sê ek saggies voordat ek in ‘n diep slaap ingaan. Ek’s moeg…
Intussen…
…duur die fight tussen my twee ouers voort, maar het darem nóg nie geweldádig geraak nie, en is dit redelik éénsydig van Dedda se kánt af, want Mamma is moeg en beantwoord nou nie meer sy beledigings nie. Sy staan op uit haar bed uit en besluit sy gaan by die agterdeur uit om onder die druiweprieël op ‘n stoel te sit in die vars briesie en weg te kom van sy áánhoudende uit-tartery, wat tóg nét sál opeindig in geweld van sy kant af. Miskien sal hy binnekort slaap. Maar nee. Dedda sluit spitefully die deur ágter haar. Mamma hóór die sleutel draai in die slot om die hoek waar sy wegkruip en dié twee kere wat hy kom uitloer en na haar roep om in te kom, skuil sy ook aan die ánderkant van die huis. Hy bulder toe die nag in dat hy die deur geslote gaan lós en sy kan buitekant rót vir al wat hy omgee en dwahhh, sláát hy die deur toe en sluit hóm!
Mamma is nie een om gou koud te kry nie, maar sy is nou ietwat spyt dat sy só hardekop was en nie maar íngegaan het nie. Dinge sou beter gegaan het anyway, want hy was óók moeg en sou gou slaap. Sy vryf haar kaal arms want sy het net haar lang, flimsy nagrok aan en mín anders. Sy begin kyk vir ‘n oop ruit by die meisies se kamer, want sy het reeds gemerk my ligte is af én vensters díg toe. Niks. Sy wil nét omgaan en maar klop, toe sy sien dat daar by my linkerruit ‘n gedeelte onder wég is en ‘n estate agent sales board daarin geplaas is, totdat hulle aan die einde van die maand ‘n nuwe ruit kan bekostig, onthou sy skielik! Sy trek die plastiese tuinstoel nader, beweeg die sales board diė en dáái kant toe, tótdat hy uitgly en sy klim in om in die venster te staan sodat sy op my vloer ónder by my bed kan áfspring…Bless Estelle dat sy op haar hande gestaan het náby die venster ‘n paar dae vantevore en per ongeluk die ruit met haar voete getref het, toe hulle néérkom.
Ek word skielik wakker, síén die vampire met sy cloak wat in die wind waai my vensterraam vul gereed om op my te pounce. Ek ek begin te skréé en gryp my ╬ Jerusalem Kruis wat ek tydens my slaap uit my hand laat gly het, om myself méé te verdedig. Vóórdat ek juis verder meer kan skree in angs en protes, béspring die vampire my en druk my mond toe! Ek druk die kruis diep in sy gesig ín maar hy praat met my met my Má se stem! Clever move, vampie, maar ek’t daai trick reeds in die flieks gesien. Kry vir jou! En ek sláát hom op die kop met die nógal-stewige houtkruis…Niks! Hy gaan nét vóórt om met my te praat en hardloop nie weg soos in die flieks nie. Vader Nolan het my ‘n dud gegee, dink ek angstig en gooi die kruis in die donker kamer in. Nou gáán hy my byt en een van sy násate maak, ag Liewe Jesus héééééélpppp! Ek voel my hart in my keel klop en probeer my nek verberg…”bye cruel world,” dink ek dramaties, en verslap uiteindelik in sy sterk grip…
Uiteindelik, at long long last, sien ek dis Mámma wat náárstiglik my mond toedruk, natuurlik sodat Dedda níé kan hoor sy kóm binnehuis nie. “Bly stil en hou op skree, dis ék,” sê sy sag en hou haar kop vas waar ek haar met die kruis bygedam het. Ek sug diep en bars uit in trane van verligting en Mamma troos my, soen my op my voorkop en tuck my netjies in, maak my venster toe (hélfte stééds gebreek, maar die plaat lê buite…) en gaan slaap in die meisies se kamer. Ek hoor Dedda wééreens láter die agterdeur oopsluit en na haar roep. Maar ek wéét nou soos sy, dat sy veilig en snóésig bínnehuis is, en Dedda kan maar sy worry, worry…hy wou mós…
Die volgende oggend tel ek berouvol my kruis op en sê diep uit my hart uit jammer ek’t gedink jy’s ‘n dud. (Dalk het ek hom nódig, jy weet nóóít. Daar’s vampires daarbuite!)
--------------------------
Die Jerusalem Kruis en hóékom ek so diep daarin gegló het dáárdie tyd:
Die Jerusalem Kruis
Desníéteenstáánde die bemoedigende beeld wat hy kónstant vir my voorhou, leun Vader Nolan nou terug in sy gemakstoel en probeer hárd om nie te lag nie, maar binne-in sy Ierse oë dans daar duidelik ‘n duisend lagduiweltjies, en hy próés uiteindelik sy laaste sluk cognac uit in ‘n lagbui wat hom sy maag laat vashou, só asof hy ‘n maagaandoening het…”I’m sórry, Freddie, but that is just tóó funny for bloody words!” Hy vee sy mond af met ‘n spierwit sakdoek uit sy broeksak en trek ‘n teug aan sy sigaar voordat hy my diep in die oë kyk en uiters ernstig, volgens sy houding, sê: “Your Father is a stránge man, a strange but wónderful man, who though misguided, lóves you a lót. He is of course wrong about this idea he placed into your head as to how we select men for the priesthood. Tótally wrong. We dó nót parade pretty young men náked in front of our candidates, nór do we tie bells to their privates to séé if they would go off at sight of anóther naked man! Besides, he informed me in nó uncértain terms I must let you be and nót try and influence you in ány way. You and I know I was nót doing thát, but we have to abide by your Father’s wishes until you are older and can take your ówn decisions, okay? I’m giving you this crucifix I got in Jerusalem in rememberance of your time and experiences here. Góód luck with your life, my son.” En hy skud my hand en laat my uit sy huis uit deur die voordeur… - Die verwagting was van my kant af gróót. En áánvanklik is dit 'n opwindende reis wat jy onderneem saam met jou hoêr-self. Ek wou so graag ‘n Katolieke priester word en spésífiek in Vader Nolan se Orde: OMI – Oblates of Mary Immaculate – maar oor die tydperk sedert ek en hy die bôgenoemde gesprek gehad het, en hy my sy kruis vanuit Jerusalem gegee het ter herinnering aan ons wonderlike tye saam toe hy my sy Godsdiens ván touwys gemaak het, het ek die geloof verloor wat ek dáárdie tydstip gehad het, sódat hoewel my Pa alreeds dood was en ek nou só te sê vry was om my éíé keuses te maak, het ek íntussen tot ánder insigte gekom en kón eenvoudig níé méér die Christelike dogma návolg nie, maak níé saak wáár of hóé en deur wíé dit gepraktiseer was in wátter vorm óókal nie. Dis ‘n jammerte in ‘n way, maar wat help dit jy is ‘n vals leier van mense en gló nie wat hulle glo nie? Die Jerusalem kruis het ‘n pértinente plek in my storie en kom dus van die Katolieke Priester af by die Roodepoortse Katolieke Kerk: Our Lady of Peace. Net kórt nadat ek dié geskenkie ontvang het, het ek dit op my klerekas geplaas in die vorm van ‘n tipe altaar, waar ek dan voor aanbid het.
Ek het vás geglo, toe ek in die fliek sien dat die Wampiere verdryf kon word deur ‘n kruis, dat dit werklik só is. Dis dáárom dat ek die kruis in Mamma se gesig gedruk het en haar daarmee geslaan het op haar kop en uiters wánhopig geraak het, toe dit níé wérk nie! Máár nou já… ☻♥ FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home