BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Saturday, December 24, 2005

Ek’s besig met 'n soort voorraad-opname van my jeug en my wordingsjare. Baie gebeurtenisse staan uit: en híérdie is nóg een…

Die Dryfles
Die teerpad word oases van water en die lig daar vêr maak my oë seer. Die grassies en blomme sug verlepperig en die reuse bome staan roerloos in die windstilte. Die Opel’tjie se ratte protester luidrigtig en die deure ratel (of is dit my hart wat so hard klop?) My skoolhemp kleef nat teen my rug vas en ek wil graag die ruit aan my kant oopdraai om so ‘n ietwat van ‘n verligting van die bedompige hitte en die angs wat my beethet te verkry, maar hy lig weereens sy hand en ek deins onvergeefs weg…man, Augustus is ‘n aaklige maand al is dit my verjaarsdagmaand – skielik is ek ‘n hulpelose bondeltjie mens en die blou tjorretjie kom tot ‘n rukkende stilstand soos ek benoud briek, clutch en petrol gelyk trap. Die son skyf op in die hemele maar ‘n dofheid oorval my as ek tussen trane deur verblindende wit voor my oë sien: het die voorwiel ‘n slaggat getref? Ja nee, Augustus is ‘n gevaarlike maand. Ek is 11 en word geleer dryf deur Dedda. Die wasigheid wat nou oor my vloei moet ‘n truuk van die lig wees, maar met elke hou wat op onnosele ekke val, word die wasigheid donkerder en trek na ‘n punt toe. “n Kar jaag verby in die pad. Toet. Haastig. Suisende wiele op pad gooi ‘n vlaag wind agter die kar op en ontwortelde grassies blok die verblindende sonlig vir ‘n effe. Ek kots weer en weer, diep binne in myself.
Vroegdag reeds toe ek hoor ek gaan vandag soos ‘n man leer dryf, het ‘n dreigende gevoel van onheil by my posgevat. Ek ruik sy moods aan die lug soos ‘n dier wat iets vermoed, wat waaksaam is – vandag ruik dit na White Horse Whiskey en dagga. Op sy gevaarlikste. Maar ek het nogtans daarna uitgesien om deur my pa geleer te word bestuur. Ja, daar is iets pervers in my, iets wat teer op die adrenalien van die oomblik, soos die spesifieke bestuursles, al weet ek…daar is dit in ‘n mens wat plesier put uit gevaar, wat in secret na alles kyk soos ‘n fliek, al is jy bekommerd. Anyway…ek kots.
Dis nou lankal nie meer ‘n speletjie nie. Dedda is besig om himself behoorlik op te werk. En ek? Ek kots en ek dink. My ryk verbeelding werk oortyd. In my dromers-kop vlam daar ‘n sterwende vlammetjie van wilskrag en determinasie binne in my op en ek start die Opel’tjie met ‘n perfeksie wat enige pa se bewondering sou afdwing. Ek bewonder myself vlugtig in die blink oppervlak van ‘n verbygaande bakkie, los die clutch bietjies soos ek die petrol intrap en ry met bewerige hande, maar opgewonde teen my sin, huistoe. Dedda kyk na my en glimlag. Ek wens! In die harde, aaklige werklikheid klim hy aan die passasierskant uit, slaat die deur hard toe en wys vir my ongeduldig om oor te skuif. Ek wil uitspring en weghardloop. ‘n Tirade van woorde wat ek nou wil vergeet, verteenwoordig die terugtog huistoe. Daar hou hy stil. Sit agter die stuurwiel en kyk met hipnotiese blou oë na sy enig-gebore seun. Ek raak weereens benoud. Hy lyk meer menacing as ooit. Ek moet vlug! Ek vra versigtig of ek mag uitklim. Hy knik sy kop niksbeduidend, light ‘n Springbok sigaret en sug terwyl hy blou rook insuig en uitblaas, duidelik teleurgestel.
Toemaar, Dedda! My kwartaal skoolrapport het ‘n groot “A” opgehad en my onnie het geskryf: “Frederik lewer werklik werk van ‘n hoe gehalte en standaard” en, Dedda, ek het dié keer nié my Helsa polshorlosie gebreek nie, Dedda. En, Dedda, ek het my vriendskap met die twee Maitland broers wat Dedda my verbied het om mee vriende te wees verbreek al verstaan ek níé hoekom nie, Dedda. En ek sal hárd werk volgende kwartaal en beter doen, en Dedda ek sal sorg dat ek baie goed doen in Engels, Dedda…
Ek loop die huis in terwyl hy met starre blou oë in die ewe blou kar bly sit en blou rook uit sy neus uit blaas. Ma weet. Sy sien en weet altyd alles. “Was jou hande en gesig, Frikkie, dan kom eet jy. Die kos is reg” Sagte oë en stem. Empatie. Besides, in Mamma se way van dinge sien, maak ‘n goeie opgehoopte bord boerekos, soos net sy dit kan kook, alles reg. Of dit, of kasterolie. Haha! Ek sug gelukkig en loop badkamer toe. My kop is seer…Oh well, tot volgende keer…☻♥



FGDP © 2005/6 ad ∞


Geskryf deur: boerenooi aan FGDP on Sunday, December 18 2005 @ 10:40 PM SAST
Jammer, dit is verskriklik hartseer en ek glo so baie jong outjies het dit so beleef. Ek het onmiddellik aan Meat Loaf se liedjie gedink - seker jy ken dit:

And when the sun descended and the night arose
I heard my father cursing everyone he knows
He was dangerous and drunk and defeated
And corroded by failure and envy and hate
There were endless winters and the dreams would freeze
Nowhere to hide and no leaves on the trees
And my father's eyes were blank as he hit me
Again and again and again

I know I still believe he'd never let me leave
I had to run away alone
So many threats and fears - so many wasted years
Before my life became my own
And though the nightmares should be over
Some of the terrors are still intact
I'll hear that ugly coarse and violent voice
And then he grabs me from behind and then he pulls me back!

But it was long ago and it was far away
Oh God it seems so very far
And if life is just a highway then the soul is just a car
And objects in the rear view mirror may appear closer than they are

0 Comments:

Post a Comment

<< Home