BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Sunday, December 25, 2005

Die GROOT @#%@!!! Loop! deur FGDP

Die Groot Loop



My Pa het altyd vir my gesê word ‘n Dokter of ‘n ding. Toe wórd ek ‘n ding… !!! Stories is koning. Dit is mos só! As jy 'n storie hét om te vertel, vertel dit soos dit aan jou oorgedra is, of soos JY dit érváár het. Punt. Period. Ek skryf my stories soos ek vóél, hóór en wil. Eish dán, hier kom ek met nog ‘n éíge, op-my-vertellings-maníér storie! (Hoe dit ookal sy, stories word vertel, waarvan ek glo meer as die helfte sommer net as geskinder gesien kan word.) Trou aan die kultuur van die Afrikaner is die één se storie natuurlik beter as die ánder een sin. Die duidelike woordkeuse van "ag dis niks, laat ek jou vertel wat met my gebeur het." Is die bewys daarvan. Heheh! OK dan-Die gróót loop:
"Verderflike dwaalleer!" dink en in my kloppende hart. Jesus waarsku mos juis in Matteus 7:15, “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.” Timoteus waarsku óók in 2 Tim 4:3 & 4, dat die mense wat nie deur die misleiding sien of na waarskuwings wil luister nie agter hierdie leraars sal aanhardloop omdat hulle dinge sal sê wat lekker op die oor val “ En híér is ék, ‘n voornemende Katolieke Priester, tussen die wolwe! Kommerwekkend! Maar ai, jai, jai! Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen brééd, en dié wat daardeur ingaan, is baie, soos Matteus ook sê in die Nuwe Testament. Die Pastoor check my uit vanaf sy hoogtetjie. No doubt ge-alert dat ek nuut, sondig, Rooms (!!!) én óngelowig is, díé spésífíéke Sondag in die Pinkster Protestante Kerk van Riversdal se gemeente. Dink hy ek is soos die vrot appel in die box wat al die ander ook vrot sal maak, wonder ek geamuseerd. Ek is 14 en in Standerd 7, maar ek wéét álles van álles. Of só dínk ek in my kinder-arrogansie. ‘n Vrou met ‘n hoed waarop ‘n tros vars likwarte hang met ‘n opgestopte swaeltjie daarbo-op sing en klap hande en dans met groot boude en buuste wulps wippend vóór my en verberg tydelik die pastoor se indringende staar. Phew! Ek onthou skielik díé onbenulligheid dat op Al Capone se besigheidskaartjie was hy ‘n meubelhandelaar. O, nou sien ek. Die pastoor lyk vir my soos ‘n gangster. Ek dink hy ís een. Ek wens skielik ek was Simson, al hét Delilah my verlei en my hare kortgeknip dan sou ek vir oulaas hierdie gebou se pilare laat ineenstort en dáármee die kak wat hulle hierbinne aanjaag in Jesus se naam nógal, tot ‘n ende bring. ‘n Vrou hardloop-vál en stort skuins voor my in die paadjie tussen die banke neer. Skuim kom uit haar bek uit en sy staar met groot hipnotisérende oë na my! Sê goeters in ‘n vréémde taal wat ook ‘n paar Latynse woorde in het. Ek vat Latyn op skool by Juffrou Hattingh. ‘n Ander ou héél aan die anderkant van die gemeente spring op en ermmm..vertaal? Ek dink: “Sluit jou hart hierteen, Seun van die Roomse Geloof!” Hy:”Sluit jou hart oop vir die Here om in te kom, my seun!” Ek, weereens aan myself: “Nee! Jy gaan nie jouself oorgee aan valse godsdienste en profete nie! Aan massa-histerie nie! Nee!” Hy: “My seun, maak oop jou hart. Daar is geen valshede hier nie! Géén histerie nie” Nou, hoe de hél wéét daardie vreemdeling wat ek dink hê? Hóé!? Ek storm uit. Hoe durf die Erasmusse my híérheen bring!? Hulle het my verséker alles sou goed afloop en dis maar net soos enige ander kerk. My eie ingesluit…Ek wag buite in die voorportaal. Ek dog my marteling is klaar vir die dag, maar nee: Om nie te práát van die daaropvolgende nie: “Olie oppie vóórkop, broer. Sakke om die skouers en as op die kop gestrooi, O Sondaar. Ons is nederig en bid in sak en as, ons voorhoofde met olie gesmeer vir die Heilige Gees, bied ons tog die vergifnis van sóndes, Jaa Heeeeere!” Mense was mekaar se voete, babbel en hol om die biddende, amper-skreeuende pastoor in kringe - soos Rooihuide díé aand voordat hulle op oorlog gaan teen ‘n ander tribe! “Laat hierdie oopoog duiwel uit hom uitgaan, djeesas!” skud die pastoor my oliebesmeerde, asbelaaide kop hárd rond…ek maak my oë maar toe, anders moer die gangster my sommer nou-nou ook. Hy’s groot en sterk en ópgewerk…
Ek wil huistoe gaan! Mamma, hoekom het Mamma my hier gelos? Is Kallie dan sóveel belangriker as ek? Ek móét uit die huis uit kom sódra ek klaar is met skool! “Hail Mary full of grace, The Lord is with Thee! Blessed art Thou amongst sinners. Holy Mary, Mother of God, pray for us sinners now and at the hour of our death. Amen”
Ek gaan huistoe lóóp! Dis reg. Die Langpad vat. Die Lang Loop aanpak. Ja, EKKE.
By die eerste geleentheid besoek ek die Katolieke Kerk in Meyerton. Dis ‘n endjie se loop, maar ek sien dit as oefening vir my Lang Loop- binnekort- tensy Mamma-hulle my nou dádelik kom haal. Die Kerkdeure is óóp soos gewoonlik en ek stap in en word wonderlik oorwéldig deur die stilte en die…gevoel van die sacredness, héíiligheid. Ek kniel voor die Maagdebeeld en steek ‘n klein kersie aan die brand en vra vlugtig dat my Lang Loop veilig en suksesvol sal wees. Buite die Kerk se binnehof, in die voorportaal, is daar poskaarte. Ek neem een wat die Kruisiging depict en sit hom in my hempsak- naby my hárt. Ek sug met ‘n diep en groot tevredenheid.

Ek knyp my oë teen die skerp oggend son. . . altyd warm..ek haat hitte, ek háát dit…!
Jannie en Johan volg my in ‘n groenkleurige bakkie en spring uit om my te probeer oortuig om níé die langpad terug huistoe aan te durf nie. 'Ek's nog te kléín, reken hulle. Ek stuur hulle nors weg: “Ek’s kláár vir ewig met julle Erasmusse. Julle kamtige gelowigheid wat julle gedurigdeur in mens se keel afdruk tot kotsens toe! En julle weird seksuele bedrywighede is wérklik síék! Ek is Harry du Plessis se seun. Boggerof of ek rand julle nou-nou aan!” Ek pof my bors uit in ‘n poging om kwaai en sterk te lyk soos my Dedda. Ek dink nie hulle het daarvoor geval nie. Anyway, hulle is toe terug huistoe. En ek? Ek loop Die Lang Pad huistoe by myself. Ek fluit ‘n Jim Reeves song wat my Pa altyd saam met my Ma gesing het as hy kitaar of orrel gespeel het: “Somewhere beyond the blue there’s a mansion for you…”
Dis nou reeds donker. Ek stap voort met my kortpad wat ek gekies het. Dwars oor ‘n veld met baie bome. Die wind ruk en pluk soos ´n kwaai demoon deur die takke, vól heimwee amper. Ek raak met my hand my hempsak aan, waar die Poskaart steeds is. Die wolke het ook saamgepak, maar dit lyk darem nie of dit gaan reën nie. ‘Lekmygat nie reën nie!’ dink ek hardop en lag vir myself. Ek voetslaan tree vir tree náder aan my destinasie, net die odd karlig in die verte en díé bleek lig van die maan en sterre. Deur die lang gras loop ek met takke en blare wat onder swaar stadsvoete kraak. Geen geluide buiten dit wat al die eeue maar in die wildernis was nie, en stilte… Dit is bitterlik koud en die veld glad nie vrolik nie! Asvaal en plek-plek swart gebrand. Die lang en pragtige stappad vanaf Kookrus tot in Roodepoort-Noord is nie wát almal dit uitmaak om te wees nie. Ek onthou skielik daai Gangster vermom as ‘n Pastoor in die Rassies se Riversdal-kerkie se woorde: Mense die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind. En ek voel moeg, bang en alleen. Die eensaamheid vou my toe in ‘n digte kombers. Maak my amper warm, ja! Maar ek’s onsettend unfit en my voete die pyn iets vréésliks. Wens ek kon ‘n uiltjie knip. 40-winks, soos die Engelse dit noem. Wáárom voel ek broos? Daar heers só´n onbekende stilte wat alles in die maanbeligte nagveld vasvang, alles vries. Díé andersheid maak my nét nog banger. Dis asof al vandag en laas Sondag se gebeure vasgehou word in my kop soos ‘n portret in die raam van ´n skildery. In hierdie lang gras en ruie bome kon ek wegraak in die stories in my kop. Tussen híérdie láng gras en ruie bome kan ek jou gedoriewaar wégraak met vándag se stóries in my kop! Was dit maar twee weke gelede dat Mamma en haar boyfriend 'Kallie Meiring' saam met ons kinders die Rassies kom besoek het, lekker en lank gekuier het en toe ons wou ry, stry ek en Estelle en Annette oor wíé agter Ma by die linker karvenster sou sit. Gewoonlik toe Dedda nog geleef het, het ek agter hom gesit wanneer hy bestuur – die feit dat sy daggazol se as baie kere op my gewaai en geval het was maar net nóg ‘n ding om te aanvaar in die lewe. Maar ek het niks van Kallie gehou nie en geweier om agter hom te sit! Ek klim toe uit die kar uit en weier om terug te klim totdat my susters instem dat ek agter Ma by die venster sou sit. Blind move. Kallie ry. En Mamma waai maar net vir my, so ook my susters…en sodoende is ek toe stuck by die Erasmus-familie-wat-te-veel-bid soos Dedda hulle gedoop het. Ja, dis skoolvakansie. Iggie is bly want nou het ons geleentheid om op te vang. Ons was laas in Graad 2 saam op skool in Johanna van der Merwe, toe ons albei klein fietsies met drie wiele gekry het. Ek sien toe hóé Oom Rassie en Antie Nellie, sy Pa en Ma, sy fiets se twee buite-wielietjies lig teneinde hom te laat leer om te balanseer en aldus ‘n proper tweewielfiets te ry. My ouers het natuurlik dieselfde gedoen, maar ek het nooit weer naby my fiets gegaan nie! En vandag nóg, kan ek níé ‘n fiets ry nie. Haha, dis hoekom ek nou híér-én-nóú lóóp! Ek onthou ook dat hy ewigdurend katte op die warm koolstoof gegooi het om hulle dan te sien dans! Eeeek! Ons vang toe nou wél op met dinge, maar hy het baie anders as ek grootgeword. Hy sou later na Standerd 8, by Eskom gaan werk as leerlingelektrisiën en in sy Pa en ouer broers se spore volg. Ek wou ‘n Katolieke Priester word, of al dan níé, ‘n Sielkundige of Psigiater. Ek hou van breinbliksems !!! Ek kom beter oor die weg met Bennie, Iggie se veel ouer broer, wat toe ‘n Ouditeur was en kuier gereeld by hom en sy vrou Rita. Hulle is albei so om en by 25, dóg geniet hulle my geselskap vreeslik en behandel my soos ‘n volwassene. Bennie deel selfs met my sy menige seksuele conquests van vóór én nóudát hy getroud is, díé buite sy huwelik. Ek is verstom dat hy my uitvra oor myne. Ermm..Hello! Ek is pas 14 en in Standerd 7!? Maar ek is ‘n gebore en getoë thespian (dis nou 'n actor/akteur vir díé wat nie weet nie,) en ek vermaak hom, maak hom selfs krul van wellustigheid met my “éíé” seksuele gebeurtenisse wat ek opmaak bínne sekondes en soos ek praat. Ons is dadelik groot pêlle en hy laat my in op die geheim dat sy vrou maar ‘n koue vis is. Hy wonder…nee vergeet dit! Wat? Vertel my Bennie. Wel, miskien kan jy met jou wye ondervinding…my vrou bietjie opwarm as ek by die werk is? ”Ek sien” sê ek en hou my gesig sonder fronse of die saamtrek van my oë in skok en hoop my bloos is nie té opvallend nie. Jaaa, Ben! Eendag as die leeubekkies in jou tuin brul, miskien, tsk! Rita het in alle geval ‘n hanggat soos ‘n dameend.
“Mooi so, man. Ek maak staat op jou. Ek gaan vanaand laat wees want ek wil daai Porra-girlie by die groentewinkel naby die Riversdal-brug so ‘n bietjie regsien,” grinnik hy.
“Ok!” is al wat ek sê of kán sê. Ek onthou toe skielik iets wat Liep wat saam met Dedda by Roodepoortse Busdienste gewerk het en blóós weereens…”It’s not the size of the boat that matters, but the mótion of the ocean.” Maar… dêmmit! Ek’s nie lus om hier waar ek so lekker kuier nou skielik met die lykswa se starter te speel nie. Buitendien, ek dink privately dat Rita se vleismossel lyk soos ‘n uitgetrapte pantoffel en sy het ‘n lang gesig soos ‘n boerbok wat afdraande vreet. Húlle al by Dickinson Park daar by die Vaalrivier gesien, ja. Besides, ek’s 14 en het ‘n klein koppie soos ‘n lift knoppie…ek dink ek moet maak soos beeskak en val in die pad. My crush op Melinda van Niekerk, nog stééds baie lewendig in my kop, hart en ander gedeeltetjies, wéérhóú my toe darem daarvan om met my klein viooltjie in Rita se groot stadsaal te speel. Ek lóóp!
Ek loop terug Rassies se huis toe. Dit is nou Oom Rassie en Antie Nellie. Dáár gekom is my mond so opgeblaas, John Deere kan sy trekkers se bande oortrek met my lippe. Hulle wil wéét wat’s vérkéérd, maar ek kry daai vêraf uitdrukking op my gesig soos ‘n boesman wat hout soek en sê niks dan ís dáár niks. Ek onthou Bennie het my vertel dat as hy net na sy hande kyk, kry hy al ‘n horing. ‘Shit a brick’ soos Antie Marie Golden altyd sê, hierdie Rassies is katools verby! Ek wil Bennie se “heilige fariseër-ouers” skok. Ek is moeg vir al die drama hier in Kookfontein. Ek gaan in alle geval huistoe loop! Ek vertel hulle toe met ‘n vicious delicious grinnik wat glad nie by ‘n Standerd 7-seun tuishoort nie, ‘n íédere en élk van Bennie se indiskresies wat hy met my gedeel het en ook dat hy met sy broer Johantjie se vrou rondgefok het. Die waarheid is obvious. Sy’t my óók uitgekyk daai warmbloedige langhaar meisiekind. Johantjie moes vinnig meld dat ek oud en volwasse lyk vir my 14! Ek het net gelag en haar terug uitgekyk. ‘n Breinbliksem! Sy het nie gelyk of sy mind dat ek so jonk is nie…
Hulle bel Bennie toe en hy arriveer met skreeuende brieke: “Freddie, ek koop jou sómmer ‘n pak van 1000 buskaartkies, sodat jy in jou moer in kan ry!” Ek: “Jy snuif Vim , man! Ek kan, wil en sál loop met my eie voete!” Ek snork van kwaatgeit. “In alle geval het jou vrou ‘n parra so lank soos ‘n kerkvenster en sy lag soos ‘n hoer op ‘n worteltrok!…En jy? Jy is só lelik jou Ma moes wors om jou nek vasmaak om darem te verseker julle hond, Wonso, spéél darem met jou! - Bennie as jy dink ek gaan “Kak sê die Koning en die hele hof kreun,” met jou en jou familie speel, dink weer! Ek het al gróter ouens as jy geslaan net om by die fight uit te kom, man!” Ek onthou dat ek nie 14 lyk nie. Ek’s reeds nogal lank en my sidies groei welig en my baard wys duidelik op my ken en onder my neus en ek het ‘n groot beenstruktuur… Hy sien dit álles óók raak, onthou Oom Harry en Antie Ina se krag en huiwer om verder te gaan as praat.
Anyway! Ek hóórt nie hier nie! Ek wil huistoe gaan. Dis Sondag twee weke laas wat daai donnerse Kallie vir my weggery het en ek is seker ek sal hulle oppad huistoe kry waar hulle hierheen ry. Blom waar jy geplant is. En ek’s nie hier tussen hierdie jagse, bidmal Fariseërs geplant nie! Ek sê nie ek is altyd rég nie. Ek is nét nooit verkeerd nie. Standerd 7-seun-du Plessis- ego. Los my, ek’s my Pa se seun! Besides, die Rassies is so baie in die huis, as jy ‘n klip op die dak sou gooi sal dit lyk of die hoërskool uitkom! En die kos is regtig kak compared to my Ma s’n. Ek lóóp! En so haastig dat dit lyk asof my gat kook soos ‘n seeppot, is ek die straat in…
“Freddie, moenie uit vrees vir pyn ’n konflikvermyder wees nie. Dis normaal dat daar verskille en botsings tussen mense is, en hulle bring groter begrip en beter aanpassing as hulle behoorlik hanteer word. Anders verdubbel die pyne later,” praat ek met myself en onthou ek kwoteer amper-maar-nog-nie-stamper-nie, my moeder. Dêmmit, Freddie. Moenie ‘n slagoffer van jou eie ordentlikheid wees nie! Ook maar goed Bennie het my nie gevolg nie – soos ek nou voel skop ek sy blaas droog, die misoes!

Ek pie teen ‘n boom in die donkerte en sien dóér dáár vêr Anglo Alpha se liggies en die rook (?) wat die lug inblaas…darem nie meer te vêr nie dink ek en lê tussen die gras en raak ontslae van my stres en trauma wat die herkonstruktuering van die dag se gebeure in my kop veroorsaak het, deur die monkey bietjie te spank. Ek dink, snaaks genoeg aan Johantjie se vrou…
Daarná strompel ek maar voort tot ek weer in die teerpad is naby die nuwe Randse Skougronde. ‘n Kar stop en bied my ‘n lift aan. Die ou lyk nie normaal nie. Kyk my te veel uit, so asof ek ‘n groot Frankfurter daaronder in my broek weggesteek behoort te hê. Later my ou, Hettie en Isabel sal jou eendag dalk kan vertel. Dis nou as ek húlle vertel. Héélwat later haha! “Nee dankie. Is nog net ‘n kort endjie en ek het die oefening nodig…Bye!” Ek loop en loop en loop en beloop die langpad! Vroeër, toe ek verby Ohenimuri loop, was ek dors en honger, maar ek het dit onderdruk. Ek gaan lekker gewig verlóór met díé uitstappie, man! Die naam “Walkerville” het my ook laat grinnik oor die toepaslikheid daarvan op my situasie. Toe ek die opdraande gevat het waar die afdraai na Meredale aan die afdraande anderkant is, het ek lekker gesweet én geswets soos ‘n matroos! Maar ook dit het ek oorkom. Eendag sal ek mense vertel ek het Die Lang Loop aangedurf…

Uiteindelik by die huis kry ek die agterdeur se sleutel op sy gewone wegsteekplek. Ek vertel jou wáár nie! Ek is maar al te terdeë bewus dat “Steel daai deng is the rule of Gauteng!” ‘Skuus, in daai dae was dit: “Steel hulle kaal is die wet van Transvaal!” Eers binne, loop ek badkamer toe en spoel die stof uit my oë, dan borsel ek my tande, bo, onder, langs die kante en laastens borsel ek my tong . . . o jissis, ek beter die hond en kat kosgee, níé seker wanneer hulle laas gevoer is nie. Hóóp dit was vanoggend. En die plant wat van die dak afhang in die sitkamer, (waaruit Ina later jare haar kleinkind Claudine voor “sweeties” uit sou toor…) moet probably water kry. En ek beter sommer die tuin ook natlei, maar ek wil regtigwaar eers my moegies bene rus. Miskien brood en eiers eet…koffie. Mamma-hulle moes ‘n ander pad gevat het. Ja, hulle het toe ook. Die Alberton hoofpad. Trust Kallie…En ek raak aan die slaap op my bed. Die Lang Loop verby!

Die Rassies nie weer gesien nie voor lank na Mamma se dood. Ek en Estelle en Johan Meyer in sy groen Datsun. Hulle het rugby gekyk in die sitkamer. Iggie, Petie, Johan en Bennie. Antie Nellie soen my diep en innig noudát Oom Rassie dood is…die kinders ignoreer ons en Lettie bring vir ons koeldrank wat ek van die hand moet wys vanwee my diabetes. Hulle kyk onvriendelik op en konsentreer dan weer op die rugby. Ons groet en ry…Eers daarna weer eendag gesien toe ons (Ek en Stellie, ) daar verbyry nadat ek kort uit die hospitaal is. Kallie Erasmus groet ons van vêr af reeds, so asof hy wéét wie ons is…Antie Nellie het ‘n stroke gehad en Rooikop Sannie, Kallie se vrou het ook diabetes…baie van hulle is dood sê Kallie waar ek in die kar bly sit. En hulle het by my Pienaar-neefs gehoor ek is ook dood…ha! Die Piet-my-vrou sal nog baie jare moet sing voor hy my doodsing!* Ek is ‘n survivor van “Die Groot Loop,” ekke!

* ‘n Klein bygelofie van my. Telkens nog tot dusver - as die Piet-my-vrou iewers naby my sing waar ek hom kan hoor, het ek siek geword. Maar nie meer nie, voëltjie!
-FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home