BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Friday, December 30, 2005

Die Buddah & Ander Stories deur FGDP in AFRIKAANS

Die Buddah

D

ie meer-ernstige verteenwoordigings van Die Buddah, raak my nie áán, soos die Vettie Laggende een nie. Soos dit reeds is, neem ons die Lewe te ernstig op! ‘n Buddah sónder sy magie is vir my net nie Buddah nie – jammer, “Ernstige Maer Buddah.” Die naam “Hotei” – Dis nou die Laggende Buddah se régte naam, beteken letterlik ‘n “drasak” of “vraat” Die Laggende Buddah dra glo ‘n die sak oor sy skouer, waarin geld, soms
“sweeties”, kinders, kos & rysplante of ander indikasies van welaf-wees, gehou word. Hotei is gelukkig want hy is wel-gevoed (soos sy boepens al te duidelik wys) & ryk ook en hy kán dit bekóstig on vrygewig te wees. Hy is veronderstel om geluk aan ander te bring as gevolg van sy voorkoms en om sy magie te vryf, bring dan óók groot geluk te weë…Sy titel “Buddah” verwys dan ook nie direk na die oorspronklike Grondlegger van Buddhisme nie, maar dui daarop aan dat hy goedgunstig is en bekend is vir sy “goeie werke.” Hotei of “Laggende Buddah” is bekend as die God van Tevredenheid en Gelukkigheid. Hierdie Buddah is in werklikheid, fisies dan ook glad nie vet nie. Die vet is ‘n simbool van sy oneindige kapasiteit om die slegte dinge in die lewe. sowel as verspotting en ál díé dinge wat mense kan seermaak in die wêreld, te verduur. Alle slegte dinge word geabsorbeer deur sy groot maag, dáár gedigesteer en getransformeer in gelukkigheid in.
Hoe dit ookal sy, ek dink ekself het Buddah se wit ‘plasticene’ magie nou nét nie genoegsaam gevryf het, díé spesifieke dag voor Nasionale Troeteldier Dag daardie jaar toe ek met ‘Guzzler’ my ou Ford Fairmont, ‘n klein dogtertjie se hondjie doodgery het, oppad huistoe ná werk nie. Ek stop toe en tel die warm lykie op en dra hom na die hek toe waar sy staan en my bekyk met groot ogies propvol trane. Ai, jai! Ek oorhandig toe die dooie brakkie in haar arms terwyl haar Ma wat intussen uit die huis uitgekom het my verseker sy verstaan dit was ‘n ongeluk en dat die hond op een of ander duistere manier die strate in vanaf háár eiendom uitgekom het. Ek verstaan ook dit was ‘n ongeluk. Die meisietjie het egter duidelik níé verstaan nie en aanhou saggies huil langs haar hondjie se lyk waar sy dit op die graperk neergelê het. Eish, Buddah, eish! Waar’s die geluk en vreugde, huh, Vetgat? Waar? Grrrr…! Die T-hemp logo - He ain’t Heavy he’s my Buddah - Ek wil vrééslík graag vir my so ‘n t-hemp met díé logo op verkry. Ek is daarvan séker dit sal my hope maerder laat lyk. Al bring dit dan nou nie geluk nie, soos ek rééds weet! *sug*

Die AHA! - Ondervinding.

B

uddhisme leer dat daar ‘n bewuste direkte kennis van die SELF moet plaasvind om die absolute waarheid mee bekend te raak. Mense wat dan ‘wakker word’ met só ‘n direkte self-kennende bewustheid, sê hardop: “Aha!” of “Hierdíé is Dít!” of ook “O, my god!” en sommige sê “Dís ék! Dit was nog altyd ék!” Dit word dikwels beskryf as die ondervinding van eemheid of eenwees. Wel, toe ek die eerste keer my Buddah-beeldjie gekoop het by ‘n Chinese Winkel in Johannesbueg se midde-stad, het ek gedink hy is vervaardig van marmer of iets so ekskwisiet. Maar dit draai toe uit hy is gemaak van ‘plasticene’ – harde plastiek. Hmm…miskien is dít die rede dat hy my soveel méér ongeluk gebring het as enige geluk en tevredenheid óóít! ‘Aha!’ My eie self-kennende beswustheid is dat wanneer ek óókal my Hotei-buddah se magie gevryf het, het my vingers begin jeuk om iets te…steel. Ek stap toe dan ook in Kahn’s Pianos in mid-Johannesburg in geklee in ‘n groot army-jas wat ek by Henda se Dougie present gekry het, en kyk rond vir iets wat die moeite werd is om ermmm..huistoe te neem. (Kahns is dan ook waar Dedda destyds sy Baldwin orrel vanaf gekoop het en lank en hard daaraan afbetaal het, die honde!) Ek sien ‘n Fender elektroniese kitaar wat R 585-00 kos! Buddah help my! ‘n Blêrrie fortuin! Hierdie ouens is groot crooks en verdien om beroof te word! Ek vat die kitaar en loop buitentoe en oppad druk ek toe ook sommer ‘n wheezer-tweeter voetpedaal in my jassak.
Danie Greyvenstein was hoog in sy skik met díé presente van my af en soen my amper toe ek hom die kitaar wys. Sy droom musiekinstrument. ‘Hierdíé is Dít!’ sê hy. ‘Aha!’ sê ek Ek weet, ja. En ek het Buddah se magie gevryf, so alles het goed afgeloop…
Kort daarna, een reënerige nag, toe ek en Guzzler gaan kamp by Park Station, (dis nou nadat ek Buddah se magie warm gevryf het om veilig te kan ry en wees) ry ‘n ou wat spookdronk is en ‘n kombie probeer bestuur, in my gat vas toe ek by ‘n rooi robot stop oppad terug. ‘O, my got!’ sê ek hardop en kwaad vir hom. ‘Jy’s dronk my ou!’ En ek het nie ‘n bestuurslisensie nie! ‘Dis ék, dit was nog altyd ék! ‘n Blêrrie dronkgat. Meneer ek vra om verskoning. Ek sal jou skade betaal maar ek’t nie insurance nie.” “Aha!” sê ek maar net en vertel hom hy moet maar ry en die hele verdomde besigheid nét so los. Hy’s bly en ry. Terug by die huis bekyk ek die Buddah: “Dis jou lááste kans, Vetgat. Nóg ‘n snaaksie en jy’s uit!” Hy lag maar net vir my. Ek kannie help om terug te smile nie, sit die ligte af en gaan slaap. Volgende oggend...Ek kielie Buddah se magie dat dit lyk asof hy enige oomblik gaan ópkrúl van die lag: ‘Ek wens, ek wens…dat ek vandag vir Vernon my ou Matriek-skoolpêl, ‘n gun kan vasvat by daardie Guns & Ammunition Trader in Krugersdorp se Kommissaris Straat.’ Buddah hou nie op lag nie en ek wéét dinge gaan glad verloop. ‘Is dit hy wat my maak steel?’ wonder ek vlugtig maar skud my kop. “Dís ék! Dit was nog altyd ék!” Ek stap toe saam met Vernon die winkel binne, ons albei geklee in ons skooldrag van ‘n paar jare tevore. ‘O, my got!’ Ons móés gelyk het soos aanhouher-druipelinge. Ek vra om ‘n sekere vuurwapen, ‘n pistool met ‘n lang loop te sien, en die handelaar haal hom agter die glasblad uit en gee hom vir my en beweeg dan aan na sy volgende kliënt toe. Die winkel is nogal vol en verder aan dring Vernon nou ook aan om ‘n rewolwer te besigtig. Ek druk die pistool in my blou verweerde skoolbaadjiesak en loop vinnig uit. Niemand het my gesien nie. Níémand volg my nie. Ek loop om die hoek en begin hardloop na die kar toe. Ek spring in en ry huistoe (dis nou my woonstel in Krugersdorp-Wes). Die adrenalien hou darem op vloei en ek relax wanneer ek my flat binnegaan en die pistool onder my bed wegsteek. Ek check op Buddah. Hy lag heerlik omdat ek die blind move gepull het en daarmee weggekom het. ‘Aha!’ sê ek en verlag myself só dat ek bỷna
op die sitkamervloer opeindig. Vernon daag kort daarna op en klop. Ek laat hom binne en hy lyk angstig en verskrik. ‘O, my got! Ek was bang toe ek jou sien uitloop, maar die ou agter die toonbank het nét aangehou om sy customers te bedien. Jy’s darem maar gelukkig, Freddie!’ rammel Vernon af en ek besluit om hom nie van Buddah te vertel nie. Hy gee my R 20 vir die gun wat hy net op die plaas gaan gebruik aangesien hy nie geregistreer is nie. “Jy’s ‘n groot damn dief, Freddie. Ek admireer jou man. Sien jou!” groet hy en staan op om te gaan. ‘Sien jou, Vernon.’ Ek laat hom uit, maar sy woorde die sink in…
“Aha!” Só Meneer Buddah laat my steel hmmm? Ek’s ‘n ‘groot dief wat admireer word daarvoor’ hmmm? En ek raak betrokke in ongelukke wanneer ek hom duidelik vra om my veilig te hou, hmmm? Ek gaan fliek in die Soppies en sien Jungle Book vir die sóvéélste keer weer, maar dis rustig en ek hoef nie te dink of te reageer op Buddah se invloede nie. My “Aha!’ – ondervindinge huidiglik vergete, kyk ek hoe Mowgli en Bear Necessities te heerlik op die groot screen dans en ek eet my Smarties en drink my lemoensap en chill.

A

s jy hónger is, hoekom die Spỷskaart eet?

Om die Spyskaart in ‘n Restaurant te lees, stil net NOOIT jou hongerpyne nie. Om jou honger te bevredig, reken Buddhiste, moet jy Ware Kos eet.
Die verligtings-ondervinding is dan altyd die hoof fees op hulle spyskaart. ‘Aha!’ Hoekom die Spyskaart eet as jy Ware Kos kan eet? ‘O, my got!’ Lyk my MacDonalds is die ín-ding! En ék haat eintlik maar regtigwaar MacDonalds. Gee my ‘n Wimpyburger énígé dag eerder.
Ja wél: Die wurmpie in die boek Alice in Wonderland vra toe mos vir Alice, “Wie is jy?” En Alice beantwoord hom toe dan ook maar háltend: “Ek…ek wéét nie regtig nie.” Maar Buddah se magie-kielie het dat my twee aankope van splinternuwe eksotiese visse in my vistenks ‘gekook’ het omdat die termometer foutief was beide kere…én toe het ook sommer my nuwe Audi 80 se enjin laat blaas deur hom ook aanhoudend te laat kook, om níé te noem dat Buddah’tjie-boy my kar deur vreemde mense se voormuur laat gly het en in die vroumense se slaapkamer laat land het gedurende swaar reëns nie. Kos my toe oor die R 600 om nuwe pre-cast mure te koop! Én my kar se regmaak nog 'n fortuin, boonóp!

“Dís ék! Dit was nog altyd ék!”

E

nlightment
: It is often very ordinary and so obvious, that when you experience 'It', you realise that you knew it all the time, but didn't know you knew. And it can e very funny. A cosmic joke and you're often the punch line…” Cósmic joke? Púnchline? Eish! ‘n Direkte vertaling sou wees Slaanlyn of miskien Moerlyn of Bliksemlyn. En dis presies wat Buddah met my doen. Hy trek ‘n streep op my keer op keer én fok my lelik rond.
Terug by my woonstel gooi ek die wit Buddah-beeldjie by my venster vanaf die tweede verdieping uit op die grond. ‘Aha!’ Uiteindelik! Ek hóóp hy word of gesteel of is gebreek. ‘O, my got!’ Ek is kláár met hom.
Tertia kom kuier saam met Estelle en ek meld dat ek ontslae geraak het van die Buddah-beeldjie wat my so baie sorge gebring het met die maagvryf-storie éérder as geluk en tevredenheid soos beloof word as jy hom koop. Dis alles Bullshit, Tersia, Estelle! Maar Tertia gaan tel hom op en neem hom saam na haar huis toe om dáár sy magie te vryf en hopelik geluk en tevredenheid te geniet. Buddah lag vir my uit haar hand uit en ook vir haar, wanneer sy en Estelle gaan en groet, die Donner. Ai, jai, daai Vetgat is slinks. Ek is bly hy is weg by my maar voel ‘n bietjie jammer vir Tertia wat nou met hom en sy dinge opgeskeep gaan wees.
Dis nie lank nie of Tertia is betrokke in ‘n ongeluk. Het sy Buddah se magie gekielie? ‘Aha! Ek het, ja.’ Dink jy hy is verantwoordelik vir jou ongeluk? ‘O, my got! Ja!’ Wel ek het jou gewaarsku toe jy hom gaan optel en saamgevat het. “Dís ék! Dit was nog altyd ék! Ek kon nog nooit iets cutes weggegooi sien nie.” Tertia gee Buddah toe maar vir haar suster Heila en binnekort word dit by háár toe ingebreek en sy word rot en kaal besteel…Tertia gooi Buddah’tjie weg, hee-hee! Ek lag: ‘O, my got! Ek is bly ek is van hom ontslae, regtigwaar!’ Ek dink egter Hotei-Buddah lag ook op hierdie oomblik, ja. Hy lág! ‘Aha! Ja, hy lag díép en tévrede.’
Vandag nóg steeds, wanneer ek van ‘n tragedie, ‘n diefstal of moord en roof of selfs ‘n verkragting hoor dan wonder ek: ‘O, my got! Ek dink dis Hotei-Buddah wat alles bewerkstellig!’ Ek wéét dit!
So as jy ‘n Laggende Buddah aangeskaf het, ermmm…góóí hom weg, toe! Nóú dádelik OK!
Ermmm…Nothing happens next? Niks gebeur vólgende nie?
Híérdíé is dít? ‘Aha!’ - Jammer om julle & jou stelling te betwyfel, Buddahtjie Boy maar as jy my nou nog sou vra om jou maag óók te vryf én ‘n wens te maak- ‘O, my got!’ - dan gaan ek jou regtig béhóórlik aanrand! Eintlik…blíksém.

D

edikasie

aan:

L

ulu-

M

ay du Plessis

Hierdie 'Die Buddah en Ander Stories' - skrywe van my dedikeer ek aan 'n éértydse en nou oorlede maatjie wat ons lewe gevul het met plesier en my laat vóél het - Lulu. Lees dan ook haar storie vérder aan ín hierdie skrywe.

‘n Slotsom is eenvoudig díé tydstip waar jy moeg geraak het om verder te dink. Ek gaan myself nou op auto-pilot sit en kyk waarheen dít my neem…(en bly jỷ hierúít, Hotei-Buddah!)

C

hili Whiskey


ETen eerste, neem ‘n baie klein sippie. Whiskey is bedoel om stadig geniet te word soos ek vir jou sou wys as jy my kon gesien het. Sodra die klein sippies jou tong slaan sal beide jou tong én oë begin water. Jy mag dalk bang raak as die tintelinde sensasie in jou mond ontwikkel. Dit is maar net ‘n redelike reaksie tot die bastard drank se aanvanklike aanslag op die delikate weefsels binne-in jou mond. Moenie bekommerd wees nie, dinge kan vanhier af net slegter gaan en daar’s net mooi fôkkol wat jy daaraan kan doen nie.
Sóós jy besef wat ‘n uiters slegte idee hierdie hele ding is, sal jou mond besluit dat die beste ding is om skerp asem in te suig en te blaas oor jou brandende tong in ‘n poging om díé af te koel. Dít werk ámper maar nie eintlik nie. By nou reeds is die goed gesluk en het dit die totale binneste van jou mond gevul oppad af in jou maag in en géén hoeveelheid suig of blaas gaan keer wat volgende kom nie. As jy ‘n godsdienstige persoon is, is nóú die beste tyd om te begin bid (en ermmm…níé áán Hotei-Buddah, níé, OK?) Maar as jy a ‘definitiewe verdoemde’ is soos ek, dan is die beste ding om maar te begin huil soos ‘n klein dogtertjie geklee in ‘n ougat-cute pienk blommetjies rokkie…heheh!
Die volgende 5 minute gaan blêrrie bad wees. Té sleg vir woorde. Soos die duiwels-bose-bliksem-drank jou totale maag oorneem, begin jou brein jou organe beveel om sy gat te skop. Allerhande endorfene word vrygestel in jou bloedstroom in teen ‘n bekommerwekkende spoed - verder versnel deur die grootste adrenalin-bruising wat jou sisteem kán opdok, maar foeitog, nie vinnig genoeg om jou lyding te staak nie! Jy’t stééds ‘n goeie verdere 5 minute van pyn om deur te sien voordat die chemikalië in werking tree en dit laat verbygaan…uiteindelik…die ergste is verby en jy kan die dwelmgevoel van al daardie chemikalië wat in jou brein rondswem terdeë geniet!
Natuurlik is die beste ding ooit dat díé beswymende gevoel ‘n volle halfuur hou, terwyl die pyn en lyding miskien net 10 minute duur - al blyk dit langer te wees. Ek beveel dus Chili Whiskey hártlik aan vir ‘n goedkoop-buzz aan al julle goedkoop-buzz soekende bôggers daarbuite – dis friggin’ cool!

Sagas en Legendes

S

tories met stertjies, sómmige só lánk dat dit deesdae vanaf Johannesburg tot in Durban weerklink, heheh, Annette! Ek stem saam ek het jou gedonner as jy nie wou by die Blinde Oom koop nie maar dit was ook darem nie altyd nie. Net in die begin. Jy’t gou geleer heheh! (♪Is this the way to Amarillo♫) Was ‘fun’ om jou as ‘n professional voor te doen, sus. Hope fun!
Ek dink ‘Familie- en ander Sagas en Legendes’ is ‘n ware skat wat soos goud bewaar, en altyd oor en óór vertel móét word.
En dalk vind my “onthou-jy-nog” oor my skooldae toe Aubrey en Frikkie my by Marielle Twig se huis aangebring het en daar komberse oor die vensters gehang was dóg hulle my vertel het Frikkie doen ‘housesitting’ tót só ‘n mate neerslag in my vertellinge dat die storie ook oorvertel sal word as ‘n ware en werklike gebeurtenis wat nógal snaaks kán wees, as jy nou nie betrokke is nie:

Die Drie Musketiers

Beurend teen die wind, draf-stap ek agter Aubrey en Frikkie oor die veld aan, vergeefs probeer ek by hulle albei wat 100 meter atlete is, hou en ek val al verder terug. Maar ons is mos die 3 Musketiers. Ek móét aanhou en vasbyt! Ek kyk oor my skouer of die man wat ons begin jaag het, nadat ons oor die hoë hek gespring het – híér het ek gesukkel jong! En hy’t ‘n goeie geleentheid gekry om my gesig in sy geheue in te brand – my inhaal. Phew! Hy’t seker opgehou want hy’s nêrens in sig nie. Ek begin loop. My asemhaling is vinnig en hoogs-uitputtend, brand in my bors en keel. Wens ek het ‘n Sprite gehad om te drink. Die borreltjies relax my altyd. Ek loop voort na Frikkie Botes se huis toe ‘n endjie verder en ek dink aan die gebeure, wat my bevinding van myself in ‘n slegte situasie en groot penarie wat dálk drastiese gevolge kan hê, voorafgegaan het.
Klaarblyklik het Frikke en Aubrey reeds ‘n geruime tyd fees gevier deur vleis uit die diepfries te braai, die wyn uit die wynrakke te drink en die huis op horings te neem deur luide musiek te speel en dronk, klere uit kaste te pluk en soos ek met my eie oë gesien het, het Frikkie Marielle se panty oor sy kop getrek en daarmee rondgestrompel. Hulle het dan ook komberse oor die vensters gehang om enigeeen wat sou kom kyk of van vêr af sou sien, onbewus te hou van hulle “party” in die vakansiegangers se huis op die Anglo Alpha Sement Fabriek se gronde.
Hóé hulle geweet het die Twigs is weg met vakansie is vandag nog vir my duister, maar ek kan raai dat omdat Marielle ook ‘m uitstekende atleet is, sy dalkiets kon genoem het tydens ‘n oefen-byeenkoms. Frikkie het dan verder ook ‘n groot crush op Marielle. Beide hy en Aubrey is in matriek in Roodepoortse Hoërskool saam met my en ons word gereeld saam gesien aangesien ons drie vriende is. Hulle noem ons Die Drie Musketiers en ons het díé titel toe ook aangeneem. Ek is ook die hoofdirigent vir atletiek en wélbekend in die skool.
Ek kuier by die Goldens en Aubrey en Frikkie ry deurendeur op en af en bly vir lang tydperke weg en slaap selfs uit. Antie Marie besluit hulle moet my saamnooi op hulle ‘ekspedisies’ aangesien dit slegte maniere is om my by die huis te laat as ek daar kuier. “Geen probleem nie, Ma.” Verseker Aubrey haar. Ek en hy is al sedert kinderjare vriende en dis dus nie ongewoon dat ek tuis sou bly en met sy broer Joey, of ouer broer Chris of suster Louise óf Oom Chris en Antie Marie gesels nie. Maar ek is darem ‘n mede-Musketier! Hy besluit hy wil my graag saamnooi. Eish! Plaas dat hy níé het nie!
Toe ek by die huis met komberse voor die vensters kom, oor ‘n hóë hek moet klouter en bowendien deur ‘n gebreekte venster aan die kant van die huis wat nie die straat face nie, moes inklim, word ek suspisieues dat Frikkie agter die huis kyk vir die Twig-familie. Ek vra toe en hulle gee tóé dat hulle ingebreek het. Ek word daar en dan stokstyf en yskoud van skok en dring daarop áán om huitoe, na my ouerhuis gevat te word. “Jy’s ‘n regte nancy, Freddie. “ sê Aubrey, ‘n ietwat bekommerd want hy weet ek kan gedetermineerd raak.
“Jou moer, Aubrey. Vát my huistoe!’ grom ek en Frikkie probeer my nou oorreed om te bly dan hou ons partytjie! Hulle beide is darem tóg my vriende, dus gee ek uiteindelik maar in, maar omdat ekself nie drink nie, is die ‘fun’ nie alles wat ek gehoop het dit sou wees nie.
Ek bereik nou Frikkie se huis en gaan binne deur die oopstaande voordeur. Binne, in sy kamer en besig om skoon klere aan te trek is Frikkie en Aubrey. Hulle kyk my afwagtend aan: ‘Nee. Hy’t my nie ingehaal nie. Maar ek dink hy’t my herken. Só gelyk in alle geval.’ Aubrey reken: ‘Hy kon jou nooit herken het nie, man! Ook nie vir ons nie. Ons was te vinnig vir hom! Toe hy snuf in die neus kry toe hy die gebreekte venster seker gesien het en toe probeer binnekom het was ons lankal reeds oor die agterhek. Marielle se Pa-hulle sal nooit weet wie daar geparty het nie. Buitendien ons het niks gesteel nie, net kattekwaad aangevang eintlik-regtig. Frikkie moes nooit Marielle se onderklere oraloor haar bed versprei het en toe daarop geslaap het nie, die katoolse moer…’ Hy kyk Frikkie met ‘n glimlag aan. Frikkie smile terug. Díé twee is baie dieselfde. (Dat hulle beide eendag as Sekuriteitswagte by Shoprite en OK Bazaars sou opeindig, kon ek nie op daai tydstip voorspel nie.) ‘Wel, hy het my gesien.’
Verskeie dae later, op ‘n Donderdagaand kry Mamma ‘n besoek van ‘n polisiespeurder af. Ek is byderhand. ‘U seun was betrokke by ‘n inbraak Mevrou.’ ‘Nie my seun, nie. Nooit. Jy maak ‘n definitiewe fout Sersant.’ Hy wys haar ‘n vergrote foto in swart en wit waar ek voor die Skool staan by die pawiljoen en my mond wỷd oopmaak om iets vir hulle as hoof-skooldirigent te skreeu om te sing of dan te skree agter my aan. Ek lyk nogal góéd, dink ek, maar ís bekommerd oor wat Mamma se reaksie sal wees en dat ek in die moeilikheid is soos ek daar in die veld loop en gedink het ek sou wees…
Ek verduidelik vir Mamma dat Aubrey en Frikkie my soontoe geneem het sonder dat ek geweet het dit was ‘n inbraak en dat Frikkie volgens hulle, kwansuis agter die Twig’s se woning gekyk het terwyl hulle op vakansie see toe is. Die speurder sê daar was ‘n sterk vermoede dat Aubrey, Frikkie en ek betrokke was, aangesien Marielle Twig se Pa my herken het, eerstens deur sy buurman se beskrywing en tweedens deur die foto wat hyself geneem het vir sy buurman te wys en díé het toe gesê dit is definitief ek. Die onmiddelike assosiasie met Frikkie en Aubrey het gevolg omdat ons aldrie altyd saam was by die skool: Die 3 ‘Kriminele’-Musketiers.
Mamma is duidelik ontsteld, maar wys die polisieman daarop uit dat ek onskuldig daarheen gegaan het én onmiddelik huistoe wou kom. Oom Chris en Antie Marie, Aubrey se ouers kom toe darem ook vir my op en die uiteinde is dat ons aldrie moet gaan werk, op naweke by Boykie en Tina se plaas anderkant die Impala Inry, vir ons straf. Aubrey en Frikkie is teleurgesteld dat ek hulle weggegee het, en noem dit dan ook aan my. Ek verdedig myself deur te noem dat die speurder dit duidelik gemaak het dat daar alvorens ek enigeiets genoem het, alrééds ‘n assosiasie van hulle met my was. Hulle aanvaar my verduideliking en ons swem, ry perd en kerjakker rond in die landrover op die groot plaas. Boykie en Tina ons sogenaamde ‘jailors’ hou braaivleis saam met ons en kaste bier word leeggedrink! Ek gaan so ‘n naweek of twee en hou toe op daarmee. Mamma reken sy wil nie meer hê dat ek enigsens verder met die ander twee Musketiers deurmekaar wees nie. By die skool is Marielle en haar vriendekring yskoud teenoor ons en hulle vermy die 3 Boewe nou soos ‘n plaag. Aubrey en Frikkie word uit die Skool uit geskors oor die Twig-insident en gaan na Bekker Skoolplaas toe. Die Drie Musketiers is opgebreek…

Die Kreatuur van Mars af…

D

ie ♪musiek♫ speel luid en plesierig en ons het sopás klaar geëet by Jeremy Mansfield se Klub in die Hillfox Power Sentrum. ‘Ons’ is nou Estelle en Louise, ekself, Andreas en Karen Heide en hulle twee dogters. Ons bestel etlike drankies, elk volgens sy/haar smaak en sit terug, is rustig en gesels oor koeitjies en kalfies…Estelle skryf iets op ‘n wit servet met ‘n pen en staan op, loop tot by Andreas en hou haar duim uit en indikeer met haar kop dat hy dit moet skuur met sy eie duim. Amper soos ‘n hi-5 maar nie met die hele hand nie, nét die duim. Hy skuur ook dan sy duim teen hare en sy druk hard teen syne terwyl hy dit doen. Hy is ‘n ietwat puzzled maar nogtans gereed om geamuseer te word. Hy wéét al teen die tyd Estelle kan ‘n grapjassie wees wanneer sy wil.
Sy gee hom toe die toegevoude servet en wag dat hy dit oopmaak en lees. Die volgende oomblik bars hy nou behóórlik uit van die lag en wys die briefie, steeds laggend vir sy vrou. Sy is ‘n ex-Zimbo en verstaan nie Afrikaans nie(!), so vra hom om dit vir haar te vertaal. Estelle het dan ook soos volg daarop geskryf:

Ek is ‘n kreatuur van Mars af. Ons maak op ons planeet liefde deur ons duime teen mekaar te skuur. Jy is so pas gerape. Glimlag as jy dit geniet het.’ Of te wél dan in Engels: “I am a creature from Mars. We make love by rubbing our thumbs together. You have júst been raped. Smíle if you enjoyed it.'

En hy’t toe natuurlik sy lag nie kón inhou nie! Heheh! Louise neem toe dieslfde briefie/servet en oorhandig díé aan ‘n vreemde man by ‘n ander tafel, nadat sy weer op haar beurt, sy duim hardhandig teen geskuur het. Die ou se lag bulder die saal vol en ons almal lag saam.
Ekself reken hierdie ding van Estelle is ‘n uitstekende ysbreker en nóg beter pick-up line. Néé, noggie probeer nie maar sal graag wil sien of dit werk. Hoekom try jỷ dit nie hmmm?

Estelle & die roomkoeke

T

oe ons kinders was het Mamma dikwels, sommer vir die hel daarvan (just for the hell of it, ja!) ons 3 groter kinders versmoor onder kussings. Ons was héél gewillig om te kyk wíé die lángste sy/haar asem kon mee wegdoen sonder om te pég, en Mamma het dan ons breine met groot gelag en ‘n mal uitdrukking in haar hazel-oë van suurstof ontneem deur die kussing oor ons koppe te hou en díé dan stewig vas te hou. Mamma was ‘n sterk vrou. Vra maar die Rassies. Ek kannie onthou wie het gewen nie, maar ek dink Estelle het dit net-net gemaak met Annette ‘n goeie tweede plek. Wat? Kan julle dan síén ek het verloor? Ha! Gaan kak! ;-)
Hoe dit ook al sy, dit was Estelle wat op die roomkoek wat die vrou werk-toe geneem het op haar verjaarsdag en in die bus op haar skoot stewig vasgehou het, gestrompel het toe die bus wegtrek en Estelle al staande toe op die vroumens se skoot én aldus die koek óók geval het. Ek onthou iets van dat die vrou Estelle probeer afweer het, maar sussie-vissie was ekstra-swaar daai dae…eindresultaat: roomkoek so plat soos ‘n pannekoek, vrou ontroosbaar en Estelle bloedrooi van verleentheid. Dis toe nie ál nie. Gekom by die werk by Rebel Bottelstore se hoofkantoor in Houghton, is dit dan ook Lorraine Williams se verjaarsdag en sy het vir élke lid van die personeel ‘n aparte stuk room-koek of tert/pastrie gekoop. Kos die arme vroumens ‘n klein fortuin, maar dis nou Lorraine. Probeer altyd maar ‘n goeie voetjie voorsit en doen haar grimering en dra haar klere so al asof sy wel-af is.
Sy vra toe vir Estelle om haar te help die pastries by die trappe opdra na die volgende vloer toe waar die hoofbestuur haar beste stukke roompastries sou kry…
Ja. Estelle mis toe ‘n trappie want sy is behóórlik oorlaai van die boxe vol roomkoeke, sloeg neer en daar lê die duursame roomkoeke oraloor versprei en platgeval op die trappe…en Stellie is darem ongedeerd maar glinlag skaapagtig en bloedrooi en probeer ‘n aanvaarbare verskoning mompel.
Ek dink Lorraine het ook in trane uitgebars? Estelle seker amper óók, haha!
Eindresultaat: Lorraine gaan koop vervangings-roomkoeke en vra níé díé keer weer vir Estelle om haar te help nie. Estelle kry dan ook geen koek haarself nie. *LOL* Stellie-Wellie! = Hier volg nóg ‘n lekker storie oor haar:

Estelle die ‘Straathoer’?

H

mmm...! Wel vóórdat julle die titel totaal verkeerd opneem, lees eers my volle storie, OK? Ek bly in Hancock Straat bokant die spoorlyn in Joubert Park en Estelle wat baie oortyd werk by die Johannesburgse Hospitaal, is ‘n gereelde besoeker by my.
In Hancock Straat wat naby aan ‘n groot Hotel is, is die straatvrouens hard besig om elke aand hulle ding te doen: “She works hard for her money…”
Estelle neem die bus vanaf haar werkplek na my toe en word drie blokke verder op die busroete afgelaai en loop dan daardie distansie tot by my woonstelblok. Dis natuurlik dan óók net mooi op die dames van die nag se póssie en Estelle word een spesifieke aand die ligte voor geflits van ‘n prospektiwe kliënt af, sittende in sy kar en al-bekykende die stukkie vleis wat op die blok rondloop. Estelle gee hom haar beste vloekwoordjies toe hy haar nader en vra ‘What’s your price, sexy girl?’ en hardloop al die pad verder om by my uite te kom en daarin trane uit te bars. Sy voel vuil, vernederd en…kwaad. Hóé dúrf die hond haar só beledig?! Ek troos haar maar en verduidelik net die obvious. As jy op dieselfde blok loop as wat die hoere hulle besigheid beoefen, dan kán en gáán jy een of ander tyd vir ‘n hoer aangesien word. Verander jou roete hierheen. Sy het dan toe ook.
‘n Paar weke later is Estelle saam met Tertia Durban toe waar die twee toe ouens ontmoet en uitgevat word deur hulle. Tertia is na ‘n restaurant toe en Estelle se date vat haar op die tugboat, wat hy toegang tot het, vir ‘n rit die half-skemer see in. Kort voor lank stop die Hawepolisie hom en beveel hom streng om die passasier af te laai of ‘n boete te kry. Hy besluit toe saam met Estelle om haar naby ‘n skip in die hawe af te laai, waarna hy die tugboot vas sou gaan meer en haar dáár by die skip dan weereens te kry. Hy laai Estelle af en stuur inderhaas die boot terug na sy geregtelike plek. Die oomblik wat Estelle egter afklim, word sy saam met ‘n menigte ander vrouens wat swets en skree, (hulle rooi lang naels en lippe en oor-gegrimmerde gesigte asook hulle skrapse kledingstukke, wys duidelik hulle professie aan,) agter in ‘n polisievan ingeboender word. Ja, ‘n klopjag. En estelle is aangesien vir ‘n hoer. Wééreens op hulle beat gewees, en weereens vir een van hulle aangesien. Meng jou met die semels…haha! Shame, arme Stellie. Gelukkig vir haar is die restaurant waar Tertia en haar date gaan eet net, naby en hulle kon haar toe darem by die polisie verontskuldig en losgelaat kry…
Terug in Johannesburg, woon ek en Estelle ‘n paar jaar later saam in Madison Square. Ten volle gemeubeleerde woonstelle. Lulu, Estelle se poedeltjie, woon ook saam met ons en volg Estelle wáár sy ookal gaan. Nodeloos om te sê, want dis in Hillbrow - woon ons toe baie naby aan die Bad Girls se beat. Mens sien hulle gedurig in en uit die woonstelkompleks gaan met kliënte aan hand en gekleë in byna-niks.
Estelle, sopas ‘n nuutgekwalifiseerde Welsynwerker, loop so waar as padda manel dra - wééreens, met Lulu agter haar aangedraf, - die straat af waarin hulle (die hoere) handel dryf. Sy word dan toe ook opgetel deur ‘n jongerige man en negotiate met hom om haar na ons woonstel toe te vergesel!!! Sy vra egter nie vir geld nie en noem ook nie enige prys nie. Maar volgens díé dude, is beide sy en Lulu (heheh!) sy scores vir die dag!
Oppad na die woonstel toe meld hy aan Estelle dat hy ‘n polisieman is. Hy sê toe ook darem daarby dat dit vir hom duidelik is Estelle (en Lulu?) is nie ‘n hoer nie. Sy’t vir geen geld gevra of ‘n prys onderhandel nie. Estelle is glad nie gephase dat hy ‘n geregsdienaar is nie en noem toe ook dan vir hóm dat sy glad nie ‘n hoer is nie maar ‘n Welsynwerkster is wat navorsing doen en vra hom of hy haar ‘n onderhoud toe sal staan, natuurlik anoniem. Sy vind toe uit gedurende die onderhoud dat hy wél saam met hoere wat hy optel slaap, maar as daar ‘n klopjag is, is hy wat hy ís – ‘n polisieman! Nou ja, dis die storie van Estelle die ‘Straathoer.’ Heheh! Mamma en haar kussingversmoor-pret – geen wonder ons is almal effe mal nie. Ek dink ons familie-liedjie behoort híérdie een van Matchbox20 te wees:

All day staring at the ceiling
Making friends with shadows on my wall
All night hearing voices telling me that
I should get some sleep
Because tomorrow might be
good
For something…
I'm not crazy
I'm just a little unwell
I know right now you can't tell
But stay awhile and maybe then You'll see
A different side of me
I'm not crazy
I'm just a little impaired…♪/p>

Uitkamp by Hennops

M

amma het ons dikwels spook- en ander bangmaakstories vertel toe ons baie klein was en dan óók van die Lammervanger, bedags ‘n monster wat kinder wat skool bank, vang en opvreet en snags, ‘n nagmonster wat kinders opvreet wat nie wil slaap nie. Net die woorde 'Daar kom die Lammervanger' was genoeg waarskuwing van Mamma dat dit nou slaaptyd is. Dan was daar stories oor Bloedrivier en hoe die Zulus die arme Boeremans, vroue en kinders met spiese deurboor het! Alles in gory detail vertel. Stories oor lopende geeste, vampiere en duiwels en hekse was aan die orde van die dag en ons was gefassineerd maar ook vreesklik bang en verskrik.
In Roodepoort, toe ons uiteindelik lank iewers kon bly, het ons as kinders dus ryke verbeeldinge gehad en ons was redelik vry om ons verbeelding uit te leef – baie dokter-dokter, huis-huis, skool-skool gespeel en onsself heerlik daarin ingeleef en dit terdeë geniet. Ook nou en dan toe Dedda nog geleef het, uit gaan kamp by Floridameer of ‘n ander plek waarheen hy ons gevat het en vanaf kom haal het met ons motor. (Hoewel ons eenkeer Floridameer-toe geloop het – die volle 12 kilometer bepak met piekniek mandjie, komberse ens. ens. en terug óók!) Deesdae kamp ons uit by die Hoërskool se rugbyvelde en die Sesde Laan Parkie of sommer by enige groenigheid, verkieslik met water. Ons is werklik mál oor uitkamp.
En so het ons toe besluit dat ons gróót genoeg is om alleen by Hennops Pride, ‘n plesieroord op die Hennopsrivier en oppad na Hartebeespoortdam toe uit te gaan kamp, soos ons baie vantevore saam met Mamma en Kallie haar boyfriend, gedoen het. Ons – dis nou Ek, Estelle en Annette, wat daar wás weet te vertel dat die woorde koud en bang en honger vir ons nuwe dimensies aangeneem het… maar die warm vure wat ek daagliks sou maak en waarop ek ons vleis sou braai, moes die byt in die lug en ons hongerte se tande te getrek het, behalwe dat my vure maar powere pogings was en ek die vleis óf gebrand het óf dit was half-rou... aan die begin was dit vinnig om ‘kamp op te slaan heheh (ásóf!)’: rondawel bietjie uitvee, beddens maak, vuur maak, tjops eet, deur beveilig, inkruip. En dit was omtrent al…Nee, nie ál nie…watwou slaap! Nóú wil ons eers regtig in die donker die swembad wat opgewarm is deur die wintersonnetjie deurswem en water spat en induik en onderwater gaan en onsself behoorlik uitput. Bondels energie wat nét nie wíl afwen nie. OK. En tóé is ons uiteindelik so moeg dat ons nét wil slaap - ons is almal bietjie nukkerig oordat ons eers ná sewe in die aand vir die eerste keer regtig geëet het – en dan gebrande tjops en slaai en wit buns met baie botter op en aangemaakte Sixo rooi-koeldrank – nou nie juis ‘n fees nie, maar ons darem is hier ín die natuur. Na 'n bietjie ongemaklike rondvroetel en -hoppery in die slaapsakke kry ons elkeen ons lê. Zóóóóóm... Kláp! Mís, mís, pêrepís! Muskiete is maar nés ons jong, hulle hou verskriklik baie van uitkamp, heheh! En daar lê ons toe in die nagtelike natuurskoon, muskiete en al, nogtans selfvoldaan. Ons kán soos grootmense én sónder hulle ook na onsself omsien en alleen uitkamp!
Dúm-dúm-dúm-Zulu-dromme? Dúm-de-dúm-dúm! Ons hartjies krimp ineen en bons in tyd met die dromme. Ons dink almal tegelykertyd aan… Die slag van Bloedrivier: spiese, knopkieries, hórde Zulu Impis wat die Boere nét wil dood sien! En ‘n rivier vol bloed!!
En hulle dromme word so naby aan ons geslaan. Ons hoor dit asof dit reg langs ons is! Ons sleepdra ons slaapsakke tot téén mekaar. Bewe. Huil amper. Ons hou hande vas en bíd soos die Voortrekkers moes gebid het: Ag, Lieweheretjie, spáár ons drie tóg van díé dreigende gevaar! Ons belowe om soet kinders te wees en nooit weer lelike dinge te doen nie! Ag, assebliefies toggie! Dankie Liewe Jesus! Amen!
Maar ons slaap nie daardie aand nie en dít in ditself is ‘n angstige ondervinding want die Lammervanger kyk altyd uit vir slapelose kinders…Ons besluit dus almal saam die volgende oggend om huistoe te gaan. Die koue, hongerte en spesiaal die vrees dat ons ‘n Zulu-aanval mag beleef en níé lewendig anderkant sal uitkom nie (die manier wat Mamma die Zulus se krag en geweldadigheid sowel as bedreefdheid met hulle spiese en knopkieries beskryf het, het ons doodseker daarvan gemaak dat ons oombliklik sou sterf!) Buitendien kan ons nie slaap nie en die Lammervanger mag ons dalk net bespeur. “En Freddie se kos is ákkies…” voeg Annette by en kyk verskonend na my. Ons besluit is onmiddelik en eenparig, daar’s niks daaraan te doen nie – Annette moet huistoe loop want sy’s die fikste en Mamma daarvandaan kry om ons en ons piekniek-behoeftes per motor terug huistoe te ry. Ons dink glad nie daaraan om die telefoon by die kafee langs die Oord moontlik te gebruik nie. Daar’s net eenvoudig te véél Zulus wat daar inkopies doen en hulle lyk vreeslik vyandig…Annette durf dus nou die 35 kilometer-stap vanaf Hennops Pride tot by ons huis in Roodepoort-Noord, met afgemete treetjies aan. Essrs stap Estelle 'n endjie saam, maar raak moeg. Ek en Estelle soen toe maar vir Annette en wens haar voorspoed toe en vlug terug na die hut toe. Ons sit en wag bang en benoud binne-in die rondawel met die deur dig toe en ‘n plank daarteen geleun om binnekoms van buite af te verhoed. Die Oord is in die week heeltemal sonder besoekers en daar is net die nou-en-dan se Zulu (!) wat die swembad skoonmaak en bome se takke afsaag.
Die wag is lank en vervelig en ons raak aan die slaap…ZZzzzzZZzz.
Gelukkig word Annette deur verbygaande mense opgetel en tot voor ons huis se deur besorg waar sy dan vir Mamma inlig aangaande ons penarie.
Mamma kom haal haar kinders en troos ons deur vir ons ‘n heerlike warm ete te kook en te bedien toe ons by ons huis aanland.
Uitkamp? Piekniek hou sonder grootmense daar? No way. José! Nooit wéér nie, dankie! Heheh! Mamma-hulle se vure het darem altyd vlamme wat ál-lekkend om die vuurhouhout dans en draai en die knetterende vonke wat helder-rooi en vuurwarm daaruit spat laat mens vóél so al asof die vuurtjie jou omhels…en dán…die heerlike geur van gespyseneerde vleis wat braai...
Ja nee! Ons uitkampery kan amper beter só beskryf word (kannie onthou wíé my díé grappie vertel het nie, jammer!): Twee blondines gaan uitkamp. Terwyl een die tent opslaan, pak die ander een 'n paar houtjies reg om vuur te maak. Sy trek die een vuurhoutjie ná die ander, maar niks gebeur nie. Die ander blondine vra wat fout is en sy sê die vuurhoutjies wil nie vlam vat nie."Dit kan nie wees nie," sê die een blondine, "ek het die vuurhoutjies by die huis getoets en almal het gewerk."

Die Dungeon, Johan Meyer, My semi-tandloosheid se aanvang en Estelle die nuut-gekwalifiseerde Welsynwerker.

"

B

estial!!!"
sê ek, en my energie- en opgewondenheidsvlak het nou ‘n klimaks bereik. Ek voel so al asof ek gereed is om enige oomblik nou eiewillig aan die brand te slaan! Spontane Kombustie? Heheh! Ek kyk om my en sien hoedat die crowd hier by die Dungeon soos vanaand se maniese danse in die warm nag wegsmelt. Almal blyk hul lewenstories van vreugde en pyn, lief en leed, geesdrif en kastyding agterweë te gelaat het. “Sweet dreams are made of these…” Maar ek reken ekself soek inspirasie eerder as ejakulasie en Johan o.b.a. Boefie lyk besonder goed vanaand in sy wit kortbroek en t-hempie met rooi tekkies en wit kouse wat op sy enkels wil-wil lê. Ek trek hom nader en vroetel met my neus tot in die middel van sy armholte. "Jy ruik soos die aarde, vars en nuut, Boefie," skree ek vir hom bo-oor die klankversterkte geweeklaag, die luide gedoem-doem van die musiek. Hy hou van komplimente en smile dan nou ook breed vir my. Hy lyk soos ‘n wafferse model en is op die oogaf vreeslik aantreklik met sy blonde hare, groen oë en welige blonde snor. ‘Solank hy nét nie sy mond oopmaak nie!’ dink ek by myself. Dán besef mens dadelik hy is eintlik ‘n ongeletterde plaasseun. Hulle kyk hom uit soos maar altyd. Hulle wéét ons is saam, ja. Na sóvele kere wat ons hier en elders by hulle aktiwiteite was. Hulle. Dis nou die ‘Vervaldes’ "Ek is aangetrokke tot gewonde mense, die bevlektes van die samelewing," dink ek by myself. "Want dis vir my moerse interessant. Dis al, regtig." - "Verval is vir my moerse lekker!" roep ek uit voordat ek die dansvloer verlaat om by die kroeg vir ons elkeen ‘n drankie te kry. Jy los jou bottel watookal daar en verkry dan jou drankies van ‘n barman af in ‘n glas met ys en ‘n mix. Jy betaal vir die ys en mix en glas natuurlik. Johan drink Brandewyn en Coke en ekself Whiskey en water.
Ja, dis reg. Ek is besig om Dedda se teorie wat hy gehad het oor hóé Katolieke Priesters gekies word uit te toets. Probleem is…die klok lui nooit by my nie, so dit gaan maar net oor ‘n nice warm vriendskap en dinge sáám doen. Noem dit maar ‘n intieme vriendskap wat glad nie enige fisiese aspekte dáárby het nie. Dedda het gereken, toe ek ‘n Priester wou word (en om my af te sit natuurlik) dat hy my sou vertel dat Priesters word gekies deurdat die kandidate almal kaal in ‘n ry staan met klokke om hulle trille. ‘n Mooi jong man wat sy gat baie swaai, loop dan verby hulle en ál diegene wie se klokke lui…húlle word gekies vir die Priesterskap. Die ander word weggewys. Soos ek sê: Mỷ klok het net nóóít wou lui nie…heheh!
Onder díé mense wat almal díé aand dan ook by die Dungeon Klub saamdrom is daar telke mense wat dikwels voorwaardes vir vriendskap stel, soos dat jy in 'n sekere gebied moet woon of 'n sekere tipe motor moet bestuur om as ordentlik bestempel te word – en dit is ‘n verdere rede dat ek nie “in” voel met hulle nie. Maar dis lekker om hier te kom dans en jolly te wees. . . en buitendien is daar die Ware Vervalles. Genuine mense wat werklik net hulleself is. Hulle like ek! Dis’n lewenskeuse … omdat 'n bestaan in die grys skemerlig van wit voorstede, waar alle mans by dieselfde kroeë drink, naweekgholf speel, spog oor hoe hulle saam met hulle twintigjarige kleingatsekretaresses slaap en dan Sondagmôres kerk toe gaan om hulleself te prys, nie vir my is nie, dankie.
Nouja, terwyl ek wég is om drankies te kry, hou Johan aan met dans op sy eie. En soos die noodlot dit wil hê seker, peuter ‘n ander ou met hom deur aan sy gat te vat. Johan, altyd maar oordrewe in sy reaksies, gooi sy drankie in die ou se gesig en ‘n ou wat aan die kant staan en kyk, donner die offender met ‘n paar goeie houe wat hom laat neerval, opstaan en die dansvloer wil verlaat…maar tóé arriveer ek, drankies in my hande. Johan huil-kla by my soos hy maar is en wys my die ou wat nou oppad, af vanaf die vloer af, gaan. Ek gee Johan die drankies om vas te hou en druk tussen die dansende massa in om die ou in te haal. Ek vat hom aan sy arm en verduidelik in sy oor vir hom dat Ek en Johan ‘n ‘item’ (wel, dis ál hoe hy ons vriendskap sal kan verstaan) is en dit die rede is dat Johan ontsteld was. Hy knik dat hy verstaan en loop aan, deur na die kroeg toe.
Ek besluit dan ook om nou ‘n bietjie vars lug te gaan skep na al die drama buite, op die balkon verby die kroeg. Ek beduie vir Johan, wat maar net voortdans dat ek buitetoe gaan. Hy glimlag net en knik sy kop en swaai sy lyfie. Tsk! Heheh! Genoegsame vars lug geskep, keer ek toe terug deur die kroeg na die dansvloer waar Johan nog steeds dansende moet wees.
In die míddel van die gang, toe ek by een ou kom wat met sy rug na my toe staan, sien ek die ou voor hom wat na my kant toe kyk sy kop knik en die volgende oomblik bliksem die ou my met ‘n vol bottel drank hard op my mond deur sy arm amper totaal agtertoe te bring. Verdwaas en geskok en woedend, gryp ek hom en val saam met hom vorentoe waar hy my met die stukkende bottel op my hand en been steek. Omdat ek tussen sy bene geval het toe hy vloerwaarts geval het, dink ek toe dis ‘n goeie geleentheid om hom hard op sy voël te byt en hom daardeur uiters seer te maak, maar soos ek begin byt, besef ek my voortande is uit my mond uitgeslaan! Eish! Ai, jai!Ek besluit ek gaan díé fight los en by die trappe afgaan buite die Klubdeure uit waar daar oorkant die straat ‘n parkie is en my situasie dan dáár opsom en my hande en gesig wat vol bloed is, was by die kraan. Ronnie, die Klubeinenaar dink dit is ék wat die fight begin het en vrá my om te gaan. Ek is te deurmekaar om enigeiets te verduidelik en gaan maar in alle geval. “Ek’s vervalle! Héélemál vervalle!” dink ek terwyl ek buite staan en bloei, my arms uitgestrek soos ‘n wafferse Frankenstein met my mond wat hewig bloed drup. Fok ‘n bok! Hulle’t my voortande uitgeslaan! My voortande wat uitmekaar was en wat mense altyd gesê het beteken dat ek eendag ryk sou wees. Nou is ek verdoem om ‘n arm man te wees! Ek huil so ‘n bietjie uit selfbejammering uit en omdat ek altyd huil as ek kwaad word.
Ons vriende, Anthony en Leon en Derrick en Willie kom nou uit saam met Johan wat dadelik in trane uitbars toe hy my sien. Ek verduidelik die situasie in my haasbek stemtoon en hulle dring aan ek gaan dadelik hospitaal toe vir ‘n tetanus-inspuiting en die nodige steke. Dááar gekom verkry ek die nodige mediese aandag en wil dadelik vort huistoe. Ek is in pyn, in skok en woedend almal terselfdertyd. Tuis, probeer ek tevergeefs slaap met ‘n Johan wat my probeer vertroos, maar ek’s te beneuk en seer om dit te verduur en vra hom om dit te staak. Die nag is lank en moeilik en ek kannie regtig slaap nie.
Die volgende dag kuier Estelle by ons en sien my toestand. Sy is geskok en kwaad en wil sommer dadelik in haar nuwe kapasiteit as Welsynwerker die Klub toemaak! Sy maak dan ook gereed om die Klubeienaar te gaan aanvat en die héle plek tot niet te maak. Sy sou die polisie saamneem en werk maak van díé aaklige dinge wat met mense (en spesiaal haar broer) daar gebeur! Dis ‘n absolute euwel en ‘n tragiese belemmernis vir ‘n goeie samelewing! Toe! Toe! Toe! Met díé plek! Estelle lyk gedétérmínéérd en betwyfel géénsins dat haar nuwe kwalifisering haar die nodige mag gee om te bewerkstellig wat sy dreig om te doen nie. Ek voel goed dat my oudste sussie só baie vir my én die regverdigheid van dinge omgee.
Maar Estelle is darem ook van nature vol humor en kinderlike uitgelatenheid ...en dis aansteeklik. Ek lag haasbek en besluit dat ek die tandarts blêrrie gou móét gaan sien. Sy kan maar intussen Die Dungeon se deure laat toesluit heheh!
Waarom het hulle my aangerand en juis op so ‘n slinkse, aaklige manier? Hmmm… Ag, om party mense en situasies te ontleed-spesiaal nou sulke mense, is onsettend vervelig. Ons kan vir altyd 'waarom?' vra, en op die ou einde sal ons steeds nie die ware en regte antwoorde hê nie. Só ek los dit toe maar en vandag steeds-nog dínk ek nie daaroor nie. Ek en Johan het telkemale wéér daarna daar by Die Dungeon, wat Estelle gelukkig toe nie gaan vernietig het nie, gaan jolyt hou sonder enige stront. My tande? Wél, hulle lyk OK vandag en ek kan weer glimlag.

Makatne

T

e hel met JOHANNESBURG Jozi City te noem! Maak op julle minds en doop ons stad maar Bloed City, want die strate behoort tog aan motorkapers en verkragters, is die woedende reaksie van 'n gatvol stad vol vreesbevange inwoners…
’ Kom ons lós díé alledaagse kwellinge agterweë en ek vertel julle van Makatne…dit was in 1974 rond, toe dinge nog OK was en ons het toe veilig en ongeskonde vakansie gaan hou in Durban. In plaas van die gewone uitkamp wég van ander mense af wat Dedda altyd gefavour het, boek ons in in ‘n hotel! Mamma dra haar geld in ‘n toegrolde sykous in haar bra. Die veiligste plek in die wêreld glo sy. Die dik rol note staan daardie vakansie op ‘n punt in die brassiére en Mamma lyk nogal jonk en sexy in die één bors at least.…Mamma vergeet toe een oggend haar sykous onder haar kussing waar sy dit saans bêre as sy dan van haar bra ontslae geraak het. Sy kom dit agter waar ons in ‘n restaurant gaan sit het om breakfast te nuttig. Die bacon en eiers en ander geure ruik soaanloklik maar ons almal keer inderhaas terug na die hotel toe om daar dan hopelik Mamma se sykous (wat ál ons vakansie-geld bevat,) onder haar kussing te vind. Daar gekom, is die beddens rééds opgemaak met nuwe linne ens. Die sykous is weg en nêrens te bespeur of te vinde nie. Mamma vloek soos ‘n matroos en gooi die bed behoorlik om!
Die polisie word ontbied en ondersoek die kamer en die ander vertrekke deeglik. Ja, dééglík. Dis in 1973, nie 2005/6 nie! Hulle ondervra die personeel en dit word toe verduidelik dat Makatne ( uitgespreek Mákatíni) ‘n Zulu man, die beddens opgemaak het en met skoon linne oorgetrek het.
Maar nátúúrlik weet hy niks van die sykous vol geld nie! Glád nie met ‘n oog gesien nie. Hulle dring aan om sy kamer te deursoek maar teen hierdie tyd het Mamma ‘n ysterstaaf (poker wat jy ‘n vuur mee stook) in die hande en slaan Makatne op sy arms en hande en gaan tekere dat hy haar familie se vakansiegeld gesteel het die Donner, tot so ‘n mate dat Makatne begin huil en smeek en aanhou sweer voor N’Kosi (dis nou God,) hy weet niks van Mamma se sykous vol geld nie. Dit was nie daar toe hy die beddens opgemaak het nie! Regtig, Miesies! Dwah! Slaat Mamma hom weer. Jy wéét waar my geld is, Bliksem! Dwah! Dwah! Die polisiemanne tree nou tussenin en oorreed Mamma om haar pokerhoue te staak hoewel hulle duidelik probeer om nie te glimlag nie. Glad nie ontsteld of ontstoke oor Mamma se aanrandig nie. Inteendeel, hulle lyk hoog-geamuseerd. Makatne lê nou en krul op die vloer waar Mamma hom ook nou ‘n paar harde skoppe toedien. Kallie het heeltyd gedurende hierdie move van Mamma, net eenkant gestaan en kyk. Verstom? Heheh! Ina is ‘n Kreef, my ou. Sy is geld-befok soos almal van haar sonteken maar is en as haar geld wat haar en haar familie se sekuriteit is, haar ontneem word, fight sy soos ‘n wilde tier!
Die polisie ondersoek toe Makatne se kamer en daar binne-in sy kamera weggesteek (‘Díé duur kamera bes moontlik óók gesteel,’ raai een polisieman en gluur Makatne aan,) is Mamma se dik sykous! Mamma neem die sykous, tel die note een vir een tydsaam en sit dit dan, tevrede dat geen daarvan weg is nie, onmiddelik in haar bra sommer só voor die polisiemanne wat toe nog meer grin. Mamma gee Makatne ‘n laaste Dwah! met die poker, wat resoneer in die klein kamertjie tesame met sy skreeu en gooi die yster dan neer op sy kamervloer en loop uit sy kamer uit kop omhóóg met ons almal in tou. Nee, sy gaan nóú-dádelik vir haar honger familie brêkfis koop en wil nie ‘n saak maak nie, dankie Luitenant! Sy’t Makatini die Bliksemse dief klaar op háár eie manier gestraf! Die polisiemanne lig hulle hoede (uit respek uit dink ek), groet en gaan…
Die brêkkie was heerlik en ons gaan daarna na die Durbanse Indiërmark toe waar Kallie toe vir sy kar ‘n kopskud hondjie koop (en ek skryf later in die kar, met ‘n dik swart pen op sy maag: “Makatne” sodat ons altyd díé snaakse situasie sal onthou wanneer ons ookal onder die hondjie sou kyk.) En ons ontóú dit dan ook baie goed. Hmmm..die dink-proses om ‘n kop-skud-hondjie te koop blyk vir my soos volg te wees:
Ek het ‘n kar; Baie mense het dieselfde kar as ek. My kar is vervelig maar ek is op-en-wakker en interessant; Ek sal my kar dus dekoreer. My kar sal net so individueel soos ék wees. Ek gaan ‘n kopskud-hondjie koop.
Hmmm…hoekom onthou ek skielik dat Anthony Mitchell vir Kallie ‘n handoek geneem het by die huis, waar Kallie in Ousie se buite-toilet ‘n stort geneem het. Anthony rapporteer toe aan my dat hy uiters geskok is dat Mamma tevrede gestel kan word deur so ‘n klein ou dingetjie…heheheh! Anthony erken hy is ‘n Groote-Koningin maar ek reken die meisies en Mamma onthou dat sy (Anthony) se eie pink panthertjie self nie te waffers groot is nie!
In my opinie dien hierdie eienaardige kreatuurtjie geen wérklike doel behalwe om op die bagasie rak agter in jou kar se venster te sit en die kar agter jou se insittendes te vermaak terwyl hulle in verkeer vasgevang is nie. Ek dink ook naam ‘kop-skud’ of ‘nodding’ is effens misleidend aangesien die hondjie se kop oor ‘n volle reeks fasette beskik soos die kop wat draai, skud in mosie sáám met die motor se beweging, knik en die kop val selfs nou en dan af. Maar die een wat in Kallie se kar sy koppie geskud, gedraai en laat afval het, was darem ‘Makatne’ gedoop in amusante herinnering van díé dag wat Mamma haar ystervuis wat altyd in ‘n sagte handskoen gebêre was, uitgehaal, gewys én gebruik het! Die hondjie het dus ‘n uiters goeie doel gedien! Mamma se Kreef-natuur, spesiaal wanner dit kom by haar ‘£$R’ is uiters voorspélbaar, heheh! Oppas voornemende rowers! Sy sou die bogenoemde Johannesburgse boewe ‘n run vir hulle money (letterlik!) gegee het - Ina Pienaar, dis nou altemit!

Die Jik Bottel

E

k het ‘n onderonsie met ’n Jik bottel gehad. Die storie gaan só:
Agter in ons agterplaas by Harindu - Agste Laan 43, Roodepoort-Noord - is daar gereeld ‘n groot gat gegrawe waarin vuilgoed dan ingegooi is vanaf die huis en tuin. Dis nou maar die groot surplus wat níé in die asblikke en later, plastiese sakke, wou pas nie. Dis dan ook gereeld aan die brand gesteek om die inhoud van die gat te vernietig of verklein, voordat die gat toegegooi word.
Díé spesifieke dag steek Mamma die vullis in die gat aan die brand maar versuim om vir my te sê sy doen dit sodat ek dan vêr weg kon bly, want die vuur kan nogal hoog brand en is dus redelik gevaarlik. Ek loop toe in die agterjaart in heeltemal onbewus van die vuur en skielik ontrplof ‘n Jik bottel wat natuurlik nog ‘n sekere hoeveelheid vloeistof daarin oorgehad het en bowendien toegedraai was. Die stukke plastiek vlieg die lug in en twee groot stukke wit brandende plastiek beland op my linkerbeen! Ek begin natuurlik skree soos ‘n maer vark en ook huil want nie alleen is ek geskok nie maar die plastiek is steeds aan die brand en smelt behoorlik binne in my been se vel in! Waar Mamma staan eenkant agter bỷ die vuur, het sy alles gesien en nou dubbel sy op van die…lag(!!!) terwyl ek skreeu en huil.
Ek word toe natuurlik vreeslik verontwaardigd en kwaad en skree iets vir Mamma soos: ‘Sharrap!!!!’ maar sy hou net aan lag en bied my geen troos of wys geen kommer nie. My susters, Estelle en Annette, ook byderhand in die agterplaas, volg Mamma se voorbeeld! Ai, jai, jai! Ek was woedend en seer! Mamma verduidelik toe darem later dat sy nét nie kón ophou lag nie want dit was skreeusnaaks toe ek so skrik, hoog die lug inspring en rondtrippel en huil en skree oor die stukke plastiek wat asof van nêrens af gevlieg en brandend op my been geland het. Sy lag toe wéér terwyl sy omsien na my been en ek kan toe maar my lag ook nie inhou nie en daar lag ons twee onsself toe half-dood oor die Jik Bottel-ding wat só amusant uitgedraai het!

“Jóú…jou…MANIAC!”

S

akkie wat glo met Alice wat in ons skool is uitgaan, is definitief níé heeltemal nórmáál nie. Ja, die lift Sakkie, Die Flasher!
gaan nie tot bó nie en hy speel nie met ‘n vól pak kaarte nie. Bowendien is ál sy varkies nie op hok nie. Hy ry gereeld deur die strate van Roodepoort op ‘n fiets en maak dan geluide ná soos die van ‘n kar wat ry. ‘Brrrrmmmm…bbbrrrrmmmm…bbbbrrrmmmm’ sê Sakkie hárdop en trap die pedale van sy dikwiel-fiets blitsvinnig en jaag soos ‘n…bésétene die strate deur. Almal is bietjie bang vir hom en hy moet so…25 tot 35 wees, reken ons. Hy lỷk in alle geval so oud.
Díé spesifieke dag loop Estelle & Annette deur die duikweg vanaf die groentewinkel af… (Gepráát van ‘n groentewinkel, Annette het eenkeer haar moer afgeloop na die groentewinkel in Kookfontein wat omtrent 4 myl vanaf die huis by die rivier was waar ons gewoon het. Dáár gekom vra sy vir ‘átpetals’ en die Porra gee toe vir haar lemoene! Mamma wou aartappels hê, maar Annette was nog baie jonk en het party woorde nou maar nét nie reg uitgespreek nie. Maar die Porra was darem nou damn dom, of wat-wat?)…hulle loop deur die duikweg oppad terug huistoe en daar is Sakkie…
En Sakkie flásh my twee susters toe so waar as wragtig daar in die duikweg! Estelle & Annette begin hárdloop uit die duikweg uit en hoewel Estelle actually vir Annette, die 100 meter atleet eers verbygesteek het, kom sy terug, vat ‘n wéérkykie en skree vir Sakkie: “Jóú…jou…MANIAC!” en hardloop toe weer terug agter Annette aan wat al dóér vêr voor is. Estelle kannie hélp om te dink dat Alice ‘n gelukkige girl is om Sakkie as ‘n boyfriend te hê nie – al is hy dan ‘n malletjie. Daar’s seer-sekerlik niks ander –tjie of –kie ...ermmm góéd aan hóm nie! Sy lag terwyl sy hardloop en haar asem probeer reguleer. Sy begin nou maar huiswaarts stáp…
Estelle het dan ook weer jare later ‘n Flasher gesien, waar díé ou nou weer in die garage onder sy woonstelblok in Hillbrow, teen sy kar leun en erm…die monkey spank oftewel die rooster strangle. Toe hy sien Estelle loop verby hom oppad stasie toe om haar trein te vang huistoe ná werk by die Johannesburgse Hospitaal, flash die donner haar! Estelle begin toe weer soos dááí dag in die duikweg te hardloop maar níé álvorens sy gehuiwer het, ‘n weerkyk gedoen het en vir hom geskree het: “Jóú…jou…MANIAC!” nie.

Die Pelsjas en die Tabu

D

is Mamma se verjaarsdag, die 22ste Junie: Die hele familie is dáár om dit saam met haar te vier – Ek en Estelle, Annette en Johan en Claudine, Nini en Fred, Esmé en Daantjie. Mamma is natuurlik bly oor haar kinders almal daar is maar soos haar natuur is voel sy alleen sonder ‘n metgesel van haar eie, spesiaal vándag op haar vérjaarsdag. Sy is huilerig en nadat sy ons almal vroeër in die jaart agter weereens verbaas het met haar towermagte, (sy’t aangedring ‘n kite wat daar dóér vêr naby Wimpie Osche se huis gevlieg het, sou binnekort in ons jaart land, haar oë toegeknyp en ‘n paar woorde gemompel. Die kite het dan óók binne enkele minute doef! in ons jaart geval, in flarde geskeur…) het sy na haar slaapkamer toe gegaan en was vól van self-bejammering en hartseer omdat sy álleen in die wêreld is. Kallie, haar boyfriend wat in die huis saam met ons gewoon het vir etlike jare, het nuwe, groener gras gesien, en dáárheentoe aanbeweeg.
Ek koop toe vir Mamma (ja, kóóp en níé by Die Blinde Oom nie OK!) ‘n swart jas met ‘n pelskraag by Judy’s in Roodepoort tesame met ‘n bottel van haar gunsteling Tabu by Dana –parfuum, die dag voor haar verjaarsdag en gaan nou haar slaapkamer waar sy is binne om my geskenke vir haar te gee en haar hópelik op te beur.
Toe ek haar egter soen en sê geluk met haar verjaarsdag en my geskenkies, die jas en die parfuum vir haar gee, sê sy in trane: “Jy moes dit nie gedoen het nie, Freddie…”Dáár-en-dán ‘lose’ ek dit net eenvoudig! Ek kon al die spanning en self-pity en rouery oor Kallie wat ek gehaat het, nét níé méér vát níé! (Ek het ook skoon vergeet dat Mamma maar altyd so-iets sê wanneer sy iets gegee word..) Ek neem die jas en parfuun en gaan na die agterdeur by die kombuis waar ek die bottel parduum póér in sỷ móér in die agterplaas ingooi dat hy in duisend stukkies breek. Tóé neem ek Johan se lighter, loop by die agterdeur uit tot op die grasperk, gooi die jas op die grond en steek dit aan die brand met die lighter. Dit begin net mooi brand toe Johan, wat die héle ding saam met Annette, Estelle en die ánder aanskou het, die vlammer doodtrap met sy bootse. “Nee, man, wát dóén jỷ, Swaer?” Ek antwoord nie. Loop net weg om die hoek die drive-way in en gaan sit in my kar. Mamma kom vra later om verskoning en kry dit reg om my uit die kar uit en om binne-huis te kom. Daar party ons toe nou maar voort en Mamma probeer haar uiterste om gelukkig en OK. te lyk.
Die volgende dag neem Mamma die gebrande jas terug Judy’s toe. Estelle is saam met haar daarheen. Mamma verberg die groot brandmerk deur die jas oor haar arm te hou met díé ongedeerde kant bó. “Ek wil die jas omruil, Judy, “ sê Mamma vir die Indiër-vrou wat haar lank reeds kén as ‘n goeie kliënt. “Dis reg so Mevrou, hang maar net daardie een terug en neem díé een wat u graag wil hê, hoor!” glimlag-sê Judy vriendelik en beweeg aan om ander customers te bedien. Mamma se nuwe jas was nogal cool en sy’t goed daarin gelyk, moet sê (Wonder wat toe in Judy se kop aangegaan het toe sy uiteindeklik die gebrande jas opmerk? Dís wat ék dink --> Júdy ís ‰‼Ψ&℅¿‼ stóóóópid!)

Die 1932-Tiekie-episode

B

y ons huis in Kookfontein ámper-óp-die-bánk van die Kliprivier, ons ligblou geverfde huis met ‘n swart dak waarlangs die ou groen Pontiac begrawe is in ‘n groot gat en waar ons kinders Estelle Herselmann se muntstukke met baie vleiery uit haar uit gekry het en dádelik, roomys, lekkers en crisps en koeldrank mee gekoop het by Spar, waar ons dan ook ‘n plastiese groen boompie-badgie gekry het, elke keer as jy daar koop, ja, by daardie einste huis, was ons nogal gelukkig as kinders in 1964, nét na Mandy se geboorte in die Vereenigingse Hospitaal en ook kort nadat ons vanaf die spookhuis in De Deur daarheen getrek het. Ons het bie bloekomboom-blommetjies se binneste heuning uitgesuig en dikwels ook die gom wat díé bome afgeskei het, geëet en dit as ‘n besliste lekkerny beskou. Die Rooi Roman spinnekoppe het ons skaduwees gejaag as ons kortpad oor die veld geloop het oppad skool-toe of dan winkel-toe vir Mamma en Estelle en Annette het gewoonlik vinnig oor díé veld en op díé pad geloop want Mamma het hulle gewaarsku daar was mense wat hulle ‘parras’ sou uitsny. Ons het dikwels skelm by die rivier gaan speel en dan mekaar met modder gegooi of probeer kleiosse maak wat meer gelyk het na duiwelse goeters en ons het hulle dan vinnig díép in die water ingegooi. Ons was verbied om by die rivier te speel en dus was dit regtig heerlik om daar te kerjakker wanneer ookal Dedda en Mamma ons nie sou uitvang nie. So was dit ook dan dat Dedda ons wél eendag daar teëgekom het, toe hy ons soek nadat hy vroeg by die huis gekom het, vanaf sy werk by Stewarts & Lloyds in Vereeniging. Die gort was behóórlik gáár daai dag en hy’t ‘n plastiese pyp afgesny vanaf die elektriese bedradig want nuut by die huis aangelê was en ons daarmee gemoer. Die hale was rooi welte op ons gatte en rǔe toe ons later almal bad en dit was maar hel-seer om selfs in die warm water te gaan sit in die bad.
‘n Verdere diesulke insident was toe ons Oupa Frank vir Dedda vertel het ons het hom gedisrespekteer deur vir hom te gelag het toe by ons nuwe huis na Dedda en Mamma kom soek het – ál die pad van die Rassies af geloop. Dedda bliksem ons weereens al ís ons díé keer totaal onskuldig en gee my toe sommer ‘n lekker heavy skop onder op my linkerbeen met sy swaar boots, just for fun? Sal nooit weet nie, maar ek is toe hospitaal toe soos julle kan lees in my vertellinge oor Oupa Frank in ‘Oupa Frank.’ Estelle en Annette besluit daar en dan ek word te veel bederf want skielik word daar vir my lekkergoed en koeldrank vir ‘n vale gekoop en hulle kry niks. Sit droëbek by die huis terwyl ek lekker in die hospitaal lê! Gmmmf! Hulle verkoop toe suiker aan die swart kinders wat díé gróót hoeveelhede vir ‘n tiekie ‘n sak, al te graag aankoop (moontlik ook deur hul eie Ma’s aangehits?)
Met die goeie en snel verkoopbesigheid dan in volle swang, gebeur dit toe dat Estelle en Annette eendag op ‘n 1932-tiekie of te wel 3 D afkom wat glo ‘n fortuin werd was daardie tyd. Die Reserwe Bank sou enige een wat in besit van ‘n 1932-tiekie was en dit sou aanbied vir verkoop, die bedrag van £ 5000 uitbetaal. Die swart seuntjie wat hulle die 1932-tiekie aangebied het vir ‘n sak suiker, het natuurlik géén ídéé gehad hy gee ‘n fortuintjie weg nie. Dit was heel toevallig dat Mamma toe op díé duur tiekie afgekom het toe Estelle en Annette moes opdok vir hulle suikerkaskenades. Mamma het dadelik die 1932-tiekie se waarde onthou en sy bêre dan ook díé precious tiekie binne-in ‘n Bybel en die Bybel toe weer in haar spieëlkaslaai.
Estelle en Annette voel wééreens verontwaardig, verneuk en ingedoen want, hét Mamma dan níé nét hulle geld wat húlle verdien het weggeneem nie, maar is ook wééreens daar weg by die huis saam met Dedda en ‘n klomp lekkergoed vir Freddie!

Estelle het gesien waar Mamma húlle tiekie weggesteek het en neem nou vir Annette hand-aan hand na die spieëlkaslaai toe waar hulle albei hulle tiekie toe neem om Zoom ice creams aan te koop by die roomyskarretjie wat sy klokkie juis nóú buite lui.
Hulle smul dan ook albei nou meer tevrede aan hulle roomyse, en sien dus glad nie dat die ice cream-vendor die tiekie ‘n weerkyk gee en dan blitsvinnig in sy hemp se bo-sak onder sy wit baadjie indruk nie. Nóg ‘n iemand wat klaarblyklik die waarde van skaars geldstukke ken…
Terug by die huis soek Mamma tevergeefs na die skaars, duursame 1932-tiekie wat sy sweer sy in haar Bybel en toe in haar laai gebêre het! Estelle en Annette erken uiteindelik dat hulle húlle tiekie gebruik het om roomys te koop by die roomyskarretjie ‘n hele klomp ure vroeër – hulle kannie onthou presies wanneer nie! Dedda en Mamma probeer die roomyskarretjie opspoor maar dit is ‘n onmoontlike taak – hy beweeg te veel en te vinnig oraloor rond. Buitendien vermoed hulle nou sterk dat die Vendor sy geldstukke kén en dus saak daarvan sou gemaak het om moontlike agtervolgers te ontduik.
Dedda en Mamma is beide te ontsteld en teleurgesteld om Estelle en Annette fisies te straf vir hulle oortreding. Díé twee glo definitief dat dit húlle tiekie was om mee te máák wat hulle wil! Só-whêêê!

Annette se e-pos:

A

nnette stuur vandag vir my díé e-pos vanaf Durban af. Ek kón dit eenvoudig nét níé uit my skrywe hou nie. Té mooi. Té sweet. Té Annette. Dankie Sus.
From: Wakefields, Shelly Beach
Reply-To: shellybeach@wakefields.co.za
To: fred.duplessis@gmail.com
Date: 08-Dec-2005 13:48
Subject: JUST FOR YOU

(Nota: Die spuitkannetjie is geanimiseer en spuit die woorde uit: I ♥ you! In pienk, heheh! Annette bedoel natuurlik met die twee leeutjies, óns twéé Leo’s.)

------------------My ‘Reply’-----------------------
Héy! Ék, nê, ék mís jou méér, Annette! ♥
-------------------- Freddie x --------------------

Díé én Dááí en díé Héílígé Wáárhéíd van Familiestories

Annette se e-pos met die twee leeutjies – twee diertjies wat werklik en amper tasbaar, amper-pragtig léwend lyk en táns my ou bedroë hart tot ekstatiese verwondering meevoer. Én ek dink nou júís aan ‘n klein leeutjie, met sy krom, kort en vir-eers-knakkende ou beentjies, al-huppelende deur die langgrasse. Sy haredos wat wélig in die savannah windjie waai en sy twee oortjies wat bykans altyd nuuskierig, pénregop staan. Wit tandjies ontbloot asof hy grinnik. Dis só ál asof hy ‘n groot opgewondenheid in homself ondervind. Móóntlik is dít omdat hy iets weet wat ons mensewesens nog nie weet nie? Weet hỷ dalk daar is haaie(!) in die pons? Pons is punch, heheh! OK. Ek dink regtig eerder hy weet die lewe is kort en vol geluk en ongeluk ook. Hy weet die obvious, díé klein leeutjie. Moet die tyd jou (die leser) dan leer of kan jy dit nóú en híér aanvaar en aangaan met jou lewe hmmm? Hoop so! Aanváár dat party dae is jy die duif en ander dae die beeld...
Ek moet sommer hier en nóú erken dat ek baie lieg. Aangesien lieg mos nie 'n mooi woord is nie, sal ek dit só stel: ek gaan kreatief met die werklikheid om ...Anyway ek glo vas mens moet nooit ingeneem word deur die onsekerhede van oppervlakkige mense nie. Hulle kan nie ernstig opgeneem word nie want hulle is leeg binne. As ‘n diepdenkende persoon voel ekself nooit onseker waaroor ek skryf of vertel nie. Vir mỷ is dit alles feitlik. Ek het reeds voorheen verduidelik dat as enige familielid ‘n familie-storie oorvertel en stertjies bylas, word híérdie núwe rendisie van die ou storie, die ábsolúte aanvaarde een. Maar kom ons aanvaar at least dat as ek dan die catalyst van meeste van die stories is, of Estelle of Annette miskien...dan is díé éérste vertelling die algemeen-aanvaarde waarheid.
Hmmm...watter dag eindig 'n gewone jaar as dit op 'n Donnerdag begin? 'n Donnerdag natuurlik - en dit was spésíáál waar vir die Du Plessis huisgesin toe Dedda nog geleef het. Nee wag, ek lieg...toe Mamma óók nog gelewe het heheh! Estelle en Annette se tasse is gepak - dis nou toe hulle vrééslík 'súkkel' om werk te kry ná skool... - en op Harindu se voorstoep uitgesit en die voordeur gesluit nadat hulle aangesê was om nie eers daaraan te dínk om terug huistoe te kom, tensy hulle 'n goed-betalende werk gekry het nie. Já, Mamma kon nogal wreed voorkom teenoor haar dogters, maar as jy régtig daarop ingaan (Lees: Harry en Ina en ook, Die Du Plessis') sal jy verstaan presies hóékom. Op die een of ander manier was ekself toegelaat om vir 'n jaar na-skool by die huis rond te lê, poesboekies saam met Herbert te lees, my ewige 'Blinde Oom-inkopies' te doen, tonne brood en eiers te verorber saam met soet koffie en nét regtig uit blote eie skuldgevoel, so hier en daar die tuin nat te lui en die gras te sny. Ek dink Mamma het steeds na al die tyd (Dedda was reeds in 1971 oorlede en díé was 1976) my bejammer het omdat Dedda my ermm..verniel het. Vir háár óók, ja. Vir ons twee saam.
Hoe dit ookal sy, haar empatie met my het by haar regtige kwaadword opgehou, heheh! Sodra sy woedend vir my was oor die een of ander aangeleentheid - soos die feit dat ek redelik baie tussengetree het as sy die meisies so hardhandig behandel of wil tugtig asook dat ek telkens met haar gestry het en daarop aanspraak gemaak het dat ek nóóít foutief was nie maar sy wás - het sy vinnig 'n enige ding byderhand gegryp en na my toe gegooi (een dag was dit die 5 pond-yster wat die agterdeur oopgehou het, eish!) het en deksels akkuraat was. Ek het maar gewoonlik begin weghardloop as sy haar humeur verloor en dan dadelik ook begin woes-koes, want sowaar as padda manel dra, sou sy my gooi met 'n baksteen, klip, mes, skêr, bord. koppie, pot - wátóókál byderhand was! Én moenie dink dat my hardlopery haar gephase het nie, my ou. Sy't dan sommer só in die hardloop agter my aan 'n stuk van die hosepipe met die broodmes afgesny om my mee te donner as sy my sou vang. En sódiende...het ons tuinslag stadig maar seker korter en korter geword, wat op die beurt 'n nuwe argument meegebring het, want ek kon nie die rotstuin voor méér daarmee bereik nie en dus nie die plante daarop natlei nie. Mamma wou toe dat ek emmers water daarheen drá! Ek het doodeenvoudig geweier met die gevolg dat toe ek weereens weghol toe sy haar vererg, sy in haar Volksie geklim het en my op die pavements rondgejaag het daarmee en dít voor die Hoërskoolkinders wat Satermiddag sport beoefen het en oppad huistoe was en toe maar ook uit haar pad moes bontspring en weghol!! Wél! Daardie ondervinding was amper so erg soos díé tyd in Kookfontein, by ons blou huis by die rivier, toe ek Spar toe moes gaan en inkopies doen vir Mamma met haar laaste £10 vir die maand voordat Dedda weer pay sou kry (en dit was baie geld in daai dae!) en die £10 toe oppad na die kafee toe, verloor! Ai, jai, jai! Mamma het behoorlik beserk geraak en die geldnoot gaan soek deur in die veld en op die grondpad rond te kruip op haar knieë totdat hulle gebloei het. Ek dink ék het ook gebloei maar my stukkend-geklapte bek was niks téénoor Mamma se huilery en geweeklag dat sy nou nie haar gesin sal kan voed nie...Yep! C.J Langenhoven het gesê: '‘n Kind kan sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf.' - daar is géén twyfel binne-in my nie, ons kinders, ons Du Plessis' kinders, één en álmál, IS wel-opgevoed, al was die manier miskien eksentriek en 'n ietwat anti-Dokter Spockties en meer nog...woes met véle Donnerdae in ons weke, maande en jare, heheh!
Ek lees díé gisteraand op 'n briefie wat die rondte gedoen het by die Garden City Kliniek, terwyl ek op dialise was (ek is nie seker hoekom ék juis een gekry het nie,) en in my Recormoninspuiting-sakkie gebêre het:
SKOOLGELDE : 2006 - By ‘n Begrotings vergadering gehou op 26 Oktober 2005 is die volgende voorstel vir die aanpassing van skoolgelde vir 2006 deur ouers goedgekeur en aanvaar. Dit dui op ‘n gemiddelde verhoging van 7,5%. * Een Kind : R2500,00 per jaar oor 10 maande. R250,00 per maand. Indien skoolgelde voor 8 Maart 2006 ten volle vereffen word is daar ‘n afslag van 7% en is die bedrag: Afslag R175,00 = R2325,00. * Twee en meer kinders : R4000,00 per jaar oor 10 maande R400,00 per maand. Indien skoolgelde voor 8 Maart 2006 ten volle vereffen word is daar ‘n afslag van 7% en is die bedrag: Afslag R280,00 = R3720,00. * Graad R : R3300,00 per jaar oor 10 maande. R330,00 per maand. Dit sluit “Playball” in. Hier is geen afslag beskikbaar nie.
Sjoe! Wát het gébéúr?! Ek onthou óns skoolfooie was 25 sent in Matriek en vroeër jare slegs 5c! Én Mamma het briefies geskryf om te sê sy kan dit net eenvoudig níé bekostig vir 5 kinders nie - dis nou ás sy lus was, anders het sy dit bloot geĭgnoreer tot ons grote verlééntheid soms. Wat op dees aarde is Playball? Anyway, ek het in daai dae baie gewonder oor die "Onse Vader" want daarin word net gemeld: '...en gee ons vandag ons daaglikse brood...' en tóg se die Bybel iewers ander dat 'die mens kan níé van brood alleen lewe nie...' Ja, ek issie stoopid nie, ek weet wat hulle meen, maar ek het intussen óók darem geleer dat indien jy nie die Universal Consciousness of noem dit dan God - soos en waarín jy óókal glo, presies vra wat jy benodig nie, kry jy dit nie! En ek onthou halwe bruin broodjies, dik-gesmeer met varkvet as ons enigste kos eens op 'n tyd. Miskien moes ons maar gevra het: "En gee ons vandag ons daaglikse brood en botter, koffie melk en suiker, asook vleis, groente en 'n lekker poeding...Donnerdag tot Donnerdag asseblief-tog!"☺

Skurwe, Rowwe, Siek & Silly Grappe

É

erstens dan skurwe grappe. Ek verstaan nie altyd waaroor almal lag nie - maar ek sterf eerder as om te vra. Ek lag maar net gewoonlik sáám. Wél dis seker maar my Franse Huguenote bloed wat praat met my kop tydens die vertelling en my dan deurmekaar maak, heheh! Ek onthou Alida Bekker wat op die hoekhuis aan dieselfde kant van die straat gebly het as ons in Roodepoort-Noord: sy het ‘n reputasie gehad as ‘n wille wragtige kind van die wilde hond en ek was bietjie skrikkerig vir haar want sy’t sommer mans baie groter as syself al bygedam en as die wenner uitgetree. Sy was dan ook so 4 of 5 jaar ouer as ek. Sy vertel my toe ‘n grappie wat ek nooit mag oorvertel nie. Ek belowe plegtig. Wel, die Marsmannetjies land met hulle vlieënde piering by ‘n motorhawe en begin met die petrolpompe te praat: ‘Neem ons na julle leier!’ beveel hulle die Sasolpomp. Doodse stilte. ‘Kan jy dan nie hoor nie?!’ Hulle loop na die Shell Regular Pomp toe: ‘Vat ons onmiddelik na julle leier toe!” Geen antwoord nie! En só gaan dit aan na dieó gaan dit aan na die Superpomp en uiteindelik is ál die pompe beveel en het glad nie gereageer nie! “Ek wéét wáárom julle aardse bewoners ons níé kan hóór nie!” sê een van die Marsmannetjies, “Julle álmal stáán met julle voële in julle ore!”
Alida lag heerlik vir haar eie grappie, maar ek is 9 jaar oud en verstaan dit glad nie. Die petrolpompe het voëltjies in hulle ore gehad? Maar hulle hét níé eers ore nie! En die voëltjies sou mos weggevlieg het as die Marsmannetjies nader gekom het? Dis ‘n simpel grap, maar ek lag maar heerlik saam en hou selfs my maag vas asof hy seer is van die lekker-laggery. Alida lyk tevrede en vryf speels my hare deurmekaar: “Onthou jy mag nie oorvertel nie, hoor!” Ek glimlag en knik my kop. Ek dink hierdie kwaai, wille meisie hou van my. Ek sug behoorlik van verligting en blygeit dat ek nou veilig behoort te wees by haar en nie meer bang nie. Ek loop verby die Booysens langs ons se huis en gaan in óns jaart in en deur die agterdeur na my kamer toe. Ek sal Alida se stoopid grappe nie verklap nie. Ek’t belowe! So, ja…nooit oorvertel nie. Ek gaap en gaan lê op my bed en raak aan die slaap. Dis netnou etenstyd, dink ek net vóór Klaasvakie my oorrompel.
Aan die aandete tafel vra Dedda en Mamma ons elkeen wát ons vandag gedoen het. Ek is laaste: “Alida Bekker het my ‘n grappie vertel,” bloos ek bloedrooi, “Maar ek mag dit bie oorvertel nie. Ek het belowe.” sê ek plegtig.
Dedda en Mamma kyk vir mekaar en een of ander boodskap word stilweg deur hulle oë na mekaar toe gekommunikeer. Dedda sê: “Ag toe man, Freddie, jy kan jou ouers tog vertel. Ek dink sy’t bedoel nét nie ander vreemde mense nie, weet jy?” “Maar Dedda…Mamma…ek het belowe. Ek sal hel toe gaan as ek my belofte breek!” huil ek ampertjies, nou ontsteld en jammer dat ek gebrag het oor Alida Bekker, maar ek was só tróts dat sy vir my uitverkore het om haar spesiale grap aan te vertel! Dedda: “Dis genoeg nou, Freddie! Vértel ons nou dadelik!” Nou is ek benoud: “Die pompers het hulle vóle in hulle óle gehad toe die mannetjies in hulle wou kóm…” Dedda en Mamma gelỷk: “Wáááááátt?!” Hulle vergeet skoon om te eet en by nou hou almal op met eet en Estelle en Annette is óók naby aan trane want hulle hou nie daarvan om my bang en ontsteld te sien of dat Dedda en Mamma hulle stemme verhard nie! “Skep diep asem en vetel ons weer, Freddie.” Sê Mamma nou saggies en glimlag vir my. Sy knik haar kop om my aan te spoor en aan te dui dis OK. Ek skep diep asem en vertel die grappie toe nou getrou aan die oorspronklike, oor aan Dedda en Mamma. ‘Mens mág jou Ouers vertel!’ probeer ek my skuldgevoelens, my gewetetjie, onderdruk.
Dedda en Mamma lag eers enn probeer hard om op te hou. Ons lag maar saam, al ons kinders. Dis lekker om te lág, spesiaal as daar sóveel spanning in die lug aanwesig was soos nou-nou net…
Alida is toe deur Dedda uitgekak dat sy vir sy klein seuntjie sulke skurwe grappe vertel. Sy’t my darem steeds vergewe en daarna is ek heelwat van die skurfste grappies wat jy jouself ooit kan indink in 1966 vertel, en dít nogal deur die Kind van die Wilde Hond heheh! Ooit oorvertel? Nooit! Regtig…ek was té bang en besides, daai dae was últra-kónserwatief en byna-Calvinisties om nie te noem Pinkster Protestant-agtig nie.
Maar ek deel in hierdie dae van lekker 'goddeloosheid' en vryheid van spraak én skuldgevoelens, ‘n grap wat my sussie Annette my eerste vertel het: Gatiep is baie lústig en sy katoolsheid maak hom byna mál! Hy sien toe vir Meraai bydie grondpad afkom met 'n emmer melk, oppad terug na die hoofhuis toe, nadat sy die koei gemelk het. "Meraai!" skree hy vir haar, "Ek is vreeslik lús man, kan jy my níé máár uithélp nie? "Nei, jou bliksem,"skel sy hom, "Djei moet betaal!" "Maar Meraai, ai jai, Meraai ek het nét 50c aan my, ek's 'n arm man, jy wéét dit! Wat kan ek by jou kry vir 50 cents?" hy hou sy broek voor by sy gulp vas van belustigheid. "Djei kan nét die punt natmaak, djou donner, hóór!" "Ek hoor jou goed Meraai…" Hy vat haar aan die hand en forseer haar om die emmer nét dáár in die middel van die pad te los en trek haar die naaste bos in waar hy haar rok oplig, sy gulp losmaak en liggies bo-op haar lê, nét die punt binne soos die deal wat hulle gemaak het, spesifiseer…
Die Boer arriveer met sy bakkie en sien díé emmer melk in die middel van die pad staan: "Wat de f…! Waar's daai Meraai?" "En Gatiep?" Albei missing…hmmm.. Die Boer loop na die bos daar naby toe en sien Gatiep so liggies bo-op Meraai lê. Hy trap Gatiep hard met sy bootse op die rug en sê kwaad: "wat máák julle twee híérso in plaas van om julle @#£ж%$!! werk te doen, huh!? Gatiep die amper-huilskree nou vir die Boer: "Ag got, Baas!!! Hóé díép trap jy my nóú innie skuld in!!!"
Die érgste grap wat ek egter óóít gehoor het was vir my vertel deur my vriend Peter Wright saam met wie ek al toeka se tyd by my eerste werk begin werk het en ons vriende gebly het totdat hy in 1996 oorlede is. Estelle, Annette en Johan, Annette se ex-man het Peter goed geken. Ek bring óók dan hulde aan hom (en ek weet hy sou dit gelike het-) deur sy grappie te vertel:

D

íé vrou het 'n verskríklike próbléém daar...onder...sy ruik só erg, dat mense behóórlik weghardloop, plante verwelk as sy verbyloop, voëltjies en vlermuise val dood uit die lug uit as hulle bokant haar vlieg en sy't absoluut geen meer vriende of familie wat eers náby aan haar wíl of kán kóm nie! Nevermind vreemdes! Sy's moedeloos en verdrietig en sy stink to high heaven! Natúúrlik het sy vele geneeshere al geraadpleeg, selfs toordokters en boererate probeer en so baie ander plantkure en ander diesúlkes, en dan ook ten groot onkoste tot haarself Switzerland toe gevlieg om dáár Internasionale en Welbekende Chirurge en ander Spesialiste te raadpleeg. Niks nie. Geen maníér om haar te help nie. Hulle vra haar dan ook baie gou om te gaan, aangesien hullself en hulle kliënte besig is om te versmoor in hulle gasmaskers wat hulle genóódsaak was om te dra! Hmmm...dis toe dan offisieël: DAAR IS NéT EENVOUDIG GEEN KUUR OF RAAD VIR HAAR PROBLEEM NIE!
Sy huil saggies en verdriedig in haar eensaamheid en isolasie asook oor die feit dat sy juis nou, wanneer dit reeds baie laat-aand is eerder moet rondbeweeg, want mense het selfs al klippe na haar toe gegooi wanneer sy bedags te ná aan hulle beweeg het. Ek voel werklik soos die melaatses moes gevoel het in Jesus se dae. Verworpe! Sy sug en sien dat sy naby 'n Klein Kerkie is en sy besluit om binne bietjie warmte te verkry asook miskien 'n bietjie te bid...miskien sal IEMAND tog hierdie keer luister. Binne neem sy dan ook die bakkie Heilige Water en terwyl sy voor die Kruis kniel, besprinkel sy haarself...dáár...maar selfs dít hélp nie en sy begin al self náár raak vir haar eie reuk. Sy besluit ook dan daar en dan dat as haar gebed nou niks gaan oplewer om haar van haar aaklige onontbeerlike ellendigheid te ontneem nie, dan sal sy maar 'n einde maak aan hierdie nuttelose, onverduurbare bestaan van haar...
Sy bid dan ook nou en plaas die bakkie Heilige Water vóór haar...
"Ag Asseblief Tog. Lúíster na my gebed wat ek vandag in alle nederigheid maak as my laaste, desperate poging voordat ek myself in die gróót-groot sonde gaan begewe om my eie lewe te neem. Help my asseblief ontslae raak van hierdie onwêreldse stank hier...onder...asseblief, ek smeek in die naam van álles wat heilig is! PING! Val daar 'n geroeste spyker in die bakkie Heilige Water. Sy snak na haar asem! Dit is 'n teken! Ag, dankie! DANKIE! En sy kyk op...
En daar hangende aan die Kruis is die 'Jesus Figuur' maar nóú hang hy met nét een hand vasgespyker aan die Kruis...want...sy ander hand se duim en voorvinger is oor sy neus vasgeklemp in 'n poging om die reuk uit te hou!!!

P

eter wééreens: Apostel Petrus voel ellendig omdat hy sy Meester verloën het, die drie kere wat die haan gekraai het in Gethsemane. HY wil graag daarvoor opmaak deur Jesus wat op die kruis op Golgotha hang te vertroos of op enige moontlike manier sy lyding te vergemaklik, maar daar is soveel Romeinse soldate in die pad en hulle skroom nie om hulle swaarde en spiese te gebruik as jy durg nadertree nie!
Hy hoor Jesus egter roep: "Petrus! Petruuuusss..." en ignoreer die soldate wat eers sy hande één vir een asook beide sy ore met hulle swaarde afkap. Dáár gekom: "Ja, Meester?" Doodse stilte. Hy beweeg maar weer terug buitekant die drie sirkels van moordagtige soldate. "Petrus! Petruuuusss..." Hy hardloop wééreens die soldate verby wat nou albei sy voete en sy arms ook afchop. "Ja, Meester?" Stilte. Petrus kruip en ról buite die sirkels uit soos voorheen en lê nou en bloei en wil-wil net sy laaste asem uitblaas: "Petrus! Petruuuusss..." Petrus rol nou uitgeput en op die drumpeltjie van die dood, tot voor die kruis - die soldate het by nou ook sy bene bo teen die heupe afesny asook sy piepie. "Ja, Meester...?" hyg hy.
"Petrusss, ek kan jou huis van hierbó af sien..."

Naby-simpelste grap: 'I poured Spot remover on my dog. Now he's gone.'
Simpelste grap ooit: Vraag: Wat het die nuwe sykous vir die ou een gesê?
Antwoord: “Moet nooit dink jy is te oud om te leer nie!”



10 Eende...of te wel..."Sitting Ducks"

E

k vra dikwels vir mense: "Sou dáár tien (10) eende op 'n draad sit en jy skiet één dood hoeveel bly oor, dink jy?" Ek kry verskillende antwoorde vanaf die doodeenvoudige "Nege?" - díé antwoord word áltyd as 'n vraag gemaak, heheh! "Nege! Die ander vlieg wég as jy die één doodskiet!" - altyd uiters selfvoldaan gesê. *lol* Nog 'n antwoord is: "Hang af..." - en die persoon lyk dan asof hy/sy baie diep dink en 'n antwoord meë gaan opkom wat selfs vir Einstein sal beīndruk! Bah humbug! 'n Ander sal nou weer sê: "Laat ek sien, jy sê daar was oorspronklik 10 nê? En 1 word doodgeskiet, sê jy? Jy reken definitief dood geskiet? Geskiet sê jy, nê? "Hmm, die oorspronklike 10 sit op 'n draad het jy gesê as ek reg onthou? Urghh!
Teen díé tyd skree ek amper die antwoord: EENDE KÁN NĨÉ OP DRADE SIT NIE!
En tóg gaan ándere voort: Maar dit is nie wat jy gevra het nie! Jy't níé gevra of eende op 'n draad kan sit nie. Nee, ek het nie. Ek het óók níé gesê 'as' 10 eende op 'n draad sit...nie. Ek het duidelik gesê: 'Sou' daar 10 eende op 'n draad SIT...!



Substitute, Televisie-se-beste-Rendisie & Fliekfix

C

lout: (- die vroue-band waarin Cindy Alter gesing sorry, geblêr het. Sy't vir ons gesing het in 'n show by Heidelberg se Army kamp, toe Danie Greyvenstein en Johan Dippenaar nog dáár was,)
“I’ll be your substitue, whenever you want me to…woohoo-hoo-hoo”
“…u substituut wanneer u ookal wil…?” sing één dom Afrikaanse sangeressie nou die dag op MK89 TV.
Hmmm..ek reken gebruik eerder maar plaasvervanger
al is díé woord dan veel langer;
I'm a poet and I don't know it!
OK-OK! Ek wéét dat as iemand nou skuldig daaraan is dat hy Anglisismes gebruik om vir sekere Afrikaanse woorde te substituteer, is dit ekke! So, kill my! ;-)
OK. Televisie-se-beste-Rendisie is in my opinie "Angels in America" & "Band of Brothers" & "The Simpsons" & "Whose line is it anyway" en in Afrikaans: "Noot vir Noot" & "Dis Hoe dit Is (met Steve Hofmeyer)" & "Groen" & "Egoli - al is díé 'n mengelmoes van Eng. en Afr."
My Fliek-fix sou wees: "Ben Hur" & "The shoes of the Fisherman" & "The Eagle has landed" & "Bridge over the River Kwai" & "Gone with The Wind" & "Mad Max - die héle klomp" & "The Lion in Winter" & "Braveheart" & "Gladiator" & "Sweet November" & "Pretty Woman" & "Finding Nemo" & "Lord of the Rings I, II, III" & "Interview with the Vampire" & "Troy" & "Indiana Jones - die héle spul" ... vir nóú ☺

By the way...ek dink nou sopas aan Kurt Darren (Urghh!) - hy's mos ook nou op Dee Vee Dee - en dat Afrikaners moet ook maar eerder die woord "karton" gebruik in plaas van..."doos" right? Reg. Gee jou verbeelding 'n stewige woema wanneer jy Afrikaans praat en kyk net hoe oulik is jy dán, man! Thys & die Bosveldklong: "En die Antie dans by Waenhuiskraal.." Te ougat, dude! En o ja, Juanita du Plessis (sy móét familie wees!) se DVD is die Nommer 1 vir 2005 op Kyknet: "..waar ek drink uit jou fontein; verdwaal in jou kosyn; jy kan breek deur al my mure, baljaar in my riviere..." - "Jy is" kwaai Juanita!


Akkers & Kastaiings

E

k onthou Akkers en Kastaiings eet. Nét nie presies wáár, wánéér en sáám met wíé, nie! Akkers klink interessant. Ek het al gelees dat sekere mense dit soos koring en mielies fynstamp/maal tot 'n meel en dan gaarmaak met water en soos pap eet. Ek onthou béter dat ons mossies wat die Rassies geskiet het en in modder toegerol het en dan in 'n vuur gaargemaak het geëet het. Ek het beleefd néé gesê vir die hoenderrderms wat in 'n pan olie gaargemaak is nadat 'n hoender geslag is. Kastaiings is natuurlik stukkies varkvet wat hard gebraai of gebak is. Máár...kastaiings laat my ook daaraan dink dat ek iéwers gelees het van een van Japan se beste kuns-ouens wat ‘n Hollandse vroumens glo terwyl in Frankryk, haar dáár doodgeskiet en opgevreet het! En hy reken mensvleis proe nes sushi en tunavis. Die mensvreter is nie gevaarlik vir sy eie land se vrouens nie want sy eetlus is beperk tot blonde girls.

Vratte, Turksvye en Bloubotter

K

leintyd kry ons kinders toe most vraatjies (sic). Julle wil mos met paddas speel, sê Mamma en knik haar kop in daai "I told you só" -manier. Ons moet hulle afbrand met die poker. Sy plaas dan ook dadelik die vuuryster in die koolstoof se boonste opening, diep tussen die brandense kole in, terwyl ons geskok en bang maar ook verontwaardig toekyk: Ons het níé met parras gespeel nie, Mamma! 'Wél, julle moes om so vol vratte te wees!' Sy druk die poker dieper in die vuur in. Dankie tóg ons het nog nie daai tyd vir Marie Golden geken nie want haar raad vir vratte is as volg: Maak die vrat stukkend, smeer van die bloed aan 'n mieliepit en voer dit vir die hoenders, Die vrat sal verdwyn. *lol* Ek dink nou ook onwillekeurig terug aan díé keer toe ons ook 'gebrand' het, noudat Mamma die poker alweer in die vuur het...maar tóé as gevolg van klein doringtjies binne-in ons vel op ons borse, mae, arms, hande, lippe en wange! Ons het turksvye gepluk sónder om die lang stok met 'n blikkie aan die punt daarvan te gebruik vir die plukkery van díé bedoringde, maar heerlike vrugte. Ons druk dit toe maar voor in ons hemde en die sakke van ons klere in. Mamma se aanwending van 'bloubotter' het darem die pyn so 'n bietjie meer vatbaar gemaak, maar ons moes wraggies elke klein doringtjie een vir een uittrek met 'n tweezer! Dit het eeue geneem!
Mamma gebruik die poker om die vratte "af" te brand en ons hou braaf en vertrouend ons hande uit na haar toe. Die bloedrooi poker lyk gevaarlik, maar ons Ma se hande is stewig en doelgerig soos díé van 'n chirurg wat 'n delikate, presiese operasie verrig. Nou-en-dan brand sy 'n bietjie diep, maar ons hou maar ons gille in want anders maak sy dalk meer foutjies...
Vratte word veroorsaak deur 'n Adeno virus. Dit is gewoonlik 'n aanduiding dat die pasiënt se immuunstelsel 'n bietjie onderaktief is. Dit is natuurlik 'n probleem as daar baie vratte is wat dit moeiliker maak om daarvan ontslae te raak op die maniere wat ons gewoonlik gebruik. Dit sluit in vries of brand van die vratte.
Só. 'n Maand later is die vratte weer terug. "Ag nee, julle kinders!" sê Mamma vies terwyl sy die menigte vraatjies inspekteer. Daar is dan nou méér as voorheen én díé wat ek afgebrand het is weer terug! Wáár - en ek is nóú ernstig - speel julle met paddas?" Ons woon op 'n kleinhoewe in De Deur en hoewel dit 'n drol in die drinkwater is, is daar vele paddas ja. Maar ek persoonlik is bang vir hulle en my vrees het natuurlik aangepass na Estelle en Annette toe. "Netnou steek julle my Nini óók aan met julle simpel padda-obsessiwiteit. Dis nou tot híér toe en níé verder nie, gehoor! En die poker word weereens die stoof ingedruk...dankie tog! Dis duisend maal beter as die deftige loesing eiesoortig nét aan my Ma. Sy kon jou 'n taai BPK* gee sonder om haarself te veel te ooreis! Met die nuwe baba in die huis vra ek terwyl ons wag om gebrand te word, "Mamma" het Liewe Jesus klein sussie Mandy vir ons gegee?" "Ja, my seun" "Dis darem nou seker lekker stil daar by hom, nê Mamma?" Sy wil-wil lag en toe, wónderwerkagtig wónderbááaarlik onthou Ina iets! Calsuba! Ouma Kate het altyd gereken vratte kom voor as gevolg van 'n kalsium-tekort en Calsuba is 'n Kalsium-aanvulling. En siedaar! Binnekort was die vraatjies...vrek ☺
Kopluise wéér, is nou vir jou 'n 'n netelige situasie!! Heh! Maar ek kan eerlik nie onthou dat ons dit ooit as kinders gehad het nie. Daar was eenkeer sprake daarvan by Jozua Naudé se Laerskool maar ons was onaangetas. Scabies en Escabiol, is twee woorde wat ek wél onthou... en nou ignoreer ek duisend stappe tussenin en neem jou reguit na die kern van díé ding: Scabies is 'n aansteeklike velsiekte wat deur baie klein vlerklose insekte genaamed 'mites' veroorsaak word. Die vroulike 'mite' grou diep in jou vel gaatjies waarin sy twee of drie eiertjies 'n dag lê, die bitch. En intense gejeukery en gekrappery is die onmiddelike gevolge. Spesiaal aan die kante van en tussen-in vingers, op elmboë ens. Gelukkig het Mamma ons s'n dadelik behandel en die goed is toe vrek. Maar om weer terug te kom na 'reguit praat' -
Check maar gerús daai Sjinese wegvat-etes (take-aways) maar dééglik, hoor! En Miss Piggy (dis nou varkvleis, boetie!) maar ook. 'n 'Absolute Gunsteling' - Sjinese lekkerny is glo bevriesde varkbloedkorrels *kots* Die ouens wat sedert oertyd en deserdae nóg stééds so vreeslik diep aanbid met hulle vingers, lippe en tonge by Ina se versekering P.I.K.** kan óók maar meer versigtigheid aan die dag lê.
* BPK = Bloedpoesklap en ** P.I.K = Poes Is Koning! - Albei Ina se gesegdes.

Die Dag van Die 'Camel'-Ekspedisie

S

uid-Afrika het stokoud, ou-ou gronde, en omdat ons almal glo aan die bestaan van Miss Pless(is? *lol*), maak ons tereg aanspraak op die “wiegie van die mensdom of te sê dan die 'the cradle of mankind' -titel. Daai dag was ons dan ook voetslaners van die blou-blou inheemse berge en vlaktes en wéét hoe ons onsself nog die een oomblik in ’n snikhete grasvlakte kan bevind en skielik is daar ruie bosse om jou en dan sommer ’n grote woud waardeur 'n rivier inderhaas iewers heen vloei, dít alles op een plaas naby Rustenburg...
Die Camel-expedition: Man kyk, die winde, berge, klowe, dalk ’n rivier, die son, bome en verskeie ander dinge het dit álmal beïnvloed en wonderbaarlik unreal amper gemaak. Ek dink Andrew wou die “Camel man” wees? Hy is dan ook veel meer esteties en atleties van aard as ek ja, maar díé Camel man? Darem nou nie heeltemal nie. Wél dis hoe hy homself graag wou sien, en dis OK met my. Ek vernoem dan selfs nou is sy eer dáárdie dag, Die Dag van Die 'Camel'-Ekspedisie.
Nou praat ek nie van 4 misgewassies wat met hulle tingerige ou lyfies in 'n vinnig-vloeiende rivier dálk mág dompel nie OK. Intééndeel, die Camel-expeditioning Du Plessis/Grenfell is toe 'n dier wat hom- en haarself op die aardkors vastrek voor hy en sy daaruit losskeur met die geweld van 'n blok graniet wat uit een suiwer soliede stuk gekerf is. Iets soos 'n volmaak-geslypte meteoor, vól oer-aggressie. En daar gaan ons! Andrew, Estelle, Louise en ek. Op Andrew se Oom se plaas in die diep beboste berge - ek dink altyd aan ’n klomp reuse wat van hulle groen pruike ontslae geraak het as ek aan bebosde gebiede dink - géén leiding nie, net so ’n bos wilde hare wat uitloop. Daarom is dit toe vir my baie opwindend en hou ek duim vas vir interessante dinge. Ek sien dat Estelle en Louise ook my opgewondenheid deel. Wulps van voor tot agter gekurf met boude wat rond in hul volheid was, of vol in hul rondheid, pak Estelle die rotse, afgronde, hoogtes, bome en struike, rivierswem en álles aan soos 'n pro! Daar bestaan 'n vervlegtheid tussen die 4 van ons wat ek vandag huiwer om 'n naam te gee, maar miskien gaan dit oor ons as mense: ’n Klein ou bietjie gesukkel en jy kry karakter! 'n Tipe desolasie en tydlose stilte heers hier diep in die bos. Die voëlgesang is asof dit vêr weg is...jy hoor dit net vaagweg,

"Terrain et montagne ascendants" is Franse woorde vir hierdie tipe terrein en die hellings en hierdie steiltes in die berg, dink ek terwyl ek al-hygend nou vóór Estelle en kort agter Louise my swaerie, drentel. Ja-ja, dis weer ’n ander storie. Sjoe, ek was nogal moeg hoor! Atisjoe! Stowwerig en ek's papnat gesweet en ook nat van die water. En dáár struikel ek toe iewers op klippe, val terug op Estrelita Conchita en sy red voorwaar my lewe deur my te stut en nie sélf ook te val nie! Ons was juis besig om 'n hoë helling te bestuig. Ai, jai, jai! Normaalweg sou ek net daar en dan met 'n helikopter uitgevlieg wou wôrre, ek sweer! Maar raai wat huh? Die kenteringsdrif en -durf was daar en Andy het soos 'n wafferse Steve Irwin, The Crocodile Hunter, die leiding geneem en die weg vorentoe nie nét verduidelik nie, maar ook gebaan! Láter bemerk ek dat ons dan ook 'n tweede, fikser ontwikkelingsfase betree het, met merkbare verbeteringe in ons beweging tussen die digte beboste gebied asook ons swem in die water wat ons gedurig moes aandurf teneinde wéér op 'n stukkie droë grond of eerder 'berg' te kan loop en verder dan, nader aan die huis te kan kom en ook hopelik 'n skoon stort en iets, enigeiets om aan te peusel en 'n koel drankie om die hongerte en dors te stil en les dink ons almal, reken ek.
Nóú dink jouself nou in: En dun, atletiese, energieke dude, met drie ermmm..dikkerige rubenesque kreature in tou, wat die Magaliesberge aandurf soos die Voortrekkers destyds die Drakensberge aangevat en verower het! Haha! Maar ons het geglo ons is baie avontuurlustig en ons oë het gebrand met geesdrif, hoor! Heuwels óp en áf. Spring innie rivier in - kyk uit vir krokodille, likkewane en slange, nevermind dalkies pirahnas - Mense het al vreemde dinge ons land ingesmokkel jong!- swem nou vinnig oor na die vólgende heuwel. Nou wééreens, óp, áf, Estelle: "Pasop jy gly nie wéér oppie klippe en val my díé keer dood met jou grote lyf nie, Freddie!" Ek lag en val amper sowragtig weer agteroor!
(Jy weet, daar's etlike woordjies wat vreeslik moeilik is om in Afrikaans te vertaal. "Rubenesque" is een só 'n woordjie. "Sexy" is die ánder. Nou sê vir my toe: kan daar nie dalkies 'n dun ou katoen-garestringetjie díé twee verbind nie hmmm? Wél, in Rubens, die Hollandse skilderkunstenaar se eeu was móllig doodeenvoudig óók sexy.) Ons mag wel groot en vet wees, ons Du Plessis' of nóém ons 'vlesig', maar ons is sexy en kan move, my ou! Kyk maar na my sussie Esmé ook: Sy maak kaf en laf van 'n baie lang loop of draf, énige dag, ou maat! En dit was toe ook die geval met ek, Estelle en Louise, toe Andrew ons uiteindelik op die wal van die rivier inwag en na die huis toe wys. "Woohooo! We fucking made it!" skree hy uitbindig en dans rond! Ons sluit by hom aan, nat, vuil en vol sweet en al-ruikende na honde wat in die reën gespeel het, maar o, so tevrede met onsself. Ons dans toe ook ons eie geluk-dansies en loop stadig oor die kort-getrimde grasperk na die buite-storte toe...die heerlike, watertand reuk van kos wat gaargemaak word, duidelik in die lug bespeurbaar...
Die Camel sigarette is nou wel 'n klomp Turkse Kameelkak wat hulle toegrol het in wit papiris om ons Westerse mense se breins mee te smokkel en ons longe op te dons, maar die Experience...óns "Camel'- Experience. Dís nou vir jou 'n ander ding daai. 'n Baie opwindende, lékker ding. At least, ons s'n wás, regtig! Maak julle eie!

Dust to dust en stekies & soentjies

M

et my laaste hospitalisering hoor ek toe 'n man met sy familie praat en hulle probeer oortuig om hom te veras, sou hy tot sterwe kom. Hy argumenteer toe dat sou jou as verstrooi word, keer jy tog onmiddellik terug tot die aarde: 'Ashes to ashes and dust to dust." Op dié wyse dra jy dan ook nog by tot die vrugbaarheid en die groei van die plantewêreld, omdat jou liggaam saamgestel is uit dieselfde elemente wat ook in die aarde aangetref word. Hy reken ook dat grafte nie vir 'n onbepaalde tyd in hulle oorspronklike toestand gelaat word nie. Na sowat twintig jaar of vroeër selfs, word die grafte ontruim. Die menslike oorblyfsels wat dán nog aanwesig mag wees, word nou bymekaargemaak en in 'n gemeenskaplike gat gegooi of meestal verbrand. Dáár verbranding in die meeste gevalle dus tog die eind-resultaat word, is dit heelwat beter om eerder die kortpad na die uiteindelike verbranding te neem deur sy wens te vervul en hom tog maar te veras...Ek luister aandagtig, met my oë styf toe op my bed oorkant syne. Die saal is stil en ek kon hom dus duidelik hoor. Ek besef toe dat dit is wat ek ook graag wil he, maar herinner myself daaraan dat my familie terdeë daarvan bewus is in alle geval. Anyway, Johnny, die Leerling AGS-Pastoor wat saam met my dialise kry by Garden City kom kuier toe vir my een aand in die Rehab hospitaal en ek sien sy kop het 'n grrot sny in. Ek toe: "En toe, Johnny wát het gebeur hmm?" Johnny: "Ag, Fred man, hulle het my opgeneuk in die bar, en toe moes ek tien steke kry by die hospitaal." Terg hy my toe en knik vir my. Ek's ôk toe nou nie stadig nie en sê so al asof ek baie beïndruk is, sê ék toe: "Wow Johnny! Ek is al weke hier, en ek het nog nie eers 'n soentjie gekry nie." Hy't so lekker gelag dit was 'n plesier heheh!
"Hoekom maak die blond net een skoenveter vas?" vra Johnny my, nou blykbaar innie mood vir grappies. "Nee, ek weetie!" "Op die skoen staan 'Taiwan' " Ek glimlag: "Slim. Gehoor van die 17 blondies wat buite die kroeg staan en wag het, Johnny? Hulle moet 18 wees om in te gaan!"

'n Sommer-net Gediggie

'n Bedompige krotjie by die see
Met die deinings waarvan jy so hou
Dis wat ek veg om jou te kán gee
'n Dak wat aan die blouhemel klou
En jy moet daagliks vir my sê
Waar ons in die diepsee lê
Hoe lief jy my kan hê


A

s ek sou redeneer my gediggie en ander Afrikaans is soms 'n tipe stywe bo-lip weergawe van Afrikaans, sou jy dit in alle geval as byna vinger-lek-lekker en F*k die Kenfucky Tried Chicken, beskryf? Heheh! Dankie, man. Ékself is nie baie lief vir die see (die nou om in die branders en water te swem) nie. Éérder dat dit so mooi lỷk, die scénery, die wit strande en die seelewe daar diep binne die see, ja. Maar om in die oseaan te swem is nou net nie deserdae my ding nie, dankie. Miskien is ek maar net aan die oud word, maar ek onthou tog dat Claudine altyd gekla het, ek en Estelle bly bedags uit die son (en saffier!) uit en waag dit net snags buite, heheh! Claudine onthou jy by Boulder Bay, toe 'n bloublasie jou gebrand het en ek net gesê het, terwyl jy skree van die pyn, dat jy moet na Estelle toe gaan om jou te help? Daai Donald was saam met ons, die dommie *lol*
Ja wel, "Kyk regs kyk links, kyk regs nog 'n keer. So het Daantjie Kat ons mooi geleer" Partykeer dink ek dat ek "weet so min" daarvan om myself op vakansie te geniet soos" 'n kat van safraan.."
Anyway ek kan nét een persoon per dag tevrede stel. Vandag is níé jou dag nie,wíé jy ookal is, môre ook nie en klaarblyklik oormôre ook nie en die dag daarna is ongelukkig 'n vakansie dag en die dág dáárna lyk ook maar sleg...Ek wonder waar's Seti vandag? En wát hét van daai brak, Ore geword? En Bradford die Budgie? Kokkie die Kokketiel? Ek wonder partykeer of die jagse Kallie nie net maar van Kokkie gehou het omdat hy 'n parrakiet is nie? Onthou julle nog dat Ma gereeld movies op die draaiprojektors nog, by die huis gewys het om ekstra geldjies in te bring? Sy't heelwat support gehad, die ou girl, heheh! Ek onthou beste die fliek "Blood on the Mummy's Tomb" wat heerlik grusaam was en ons maar lekker bang gaan laat slaap het. Só vele flieks by die Witpoortjie Hotel ook gekyk of by Mac's Snacks en ook by die Americano Roadhouse in Delarey, terwyl ons eet...Ek is deur Estelle vertel om te skryf oor André Loggenberg wat Ma kaal gesien het in die huis vroegoggend voor skool. Ma't natuurlik haar gewone gil "Ag Got in die hemel!" gegee en André vanuit haar kamerspieël bekyk vir sy reaksie. Het sy tevrede geglimlag? Heheh! Lyk my hy was ook nóóít weer tevrede met enige ander vrou daarná nie. Onthou julle Rykie ermm..Rapie? Toe hy Ma wou rape nadat hy die ónwillige Estelle áfgelaai het en sy (Estelle) hom 'n Maniac genoem het, het Ma gesê sy wil net iets gemakliker (en sy moes vir hom geknik het, ja?) gaan aantrek by die huis (hulle was in sy kar) en toe hulle by die huis aankom hardloop Ina en sluit haarself toe binne-in die huis!! 'Rapie' die waai toe maar en gaan soek seker 'n nuwe victim...☺

Die Marie Golden-saga

H

el, mensies, daar gebeur nou skielik opwindende dinge ná Dedda se dood, toe Marie Golden besluit sy gaan die arme weduwee, Inatjie, bỷstaan tydens haar beproewing... Ek dag áltỷd Antie Marie is hierdie tótále non-disturbing teenwoordigheid, want sy’s soos 'n wandelende gees by húlle eie huis. Sy loop of drafstap nie soos ander huisvroe nie, sy sweef behóórlik oor die vloere heen. Sy sweef dan ook altyd by haar huis te Nr. 53 Agste Laan deur die woning en maak beddens op en was skottelgoed en wasgoed, stryk díé dan dieselfde dag, en stof af en kook kos óók, sovêr as wat sy gaan. En regtig, sy skep orde waar ek nooit kon droom órdelikheid kon heers nie. Ek onthou net dat ek 'n bietjie in haar begin twyfel het toe ek hoor haar metode om bednatmaak te bekamp was om 'n streepmuis te vang, af te slag en te braai en dán te gee vir die kind om te eet, maar, reken sy, moenie vir hom se dis 'n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie. Verder, soos ek onthou het sy glo Aubrey se lintwurms gecure: Jy eet vir 'n dag niks om die wurms uit te honger, plaas dan op jou nugter maag 'n stukkie brood op die tong om hule na bo te lok, neem dan 'n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan pergasie om hulle uit te werk en siedaar! Hmmm...sy't ook insist dat dronkenskap genees kan word deur ongemerk 'n bietjie perdesweet in die drank te gooi *lol* Én sy't daarop aangedring dat vir hik 'n mens hoendervere moet rook!! Maar oor die algemeen was sy nogal op die ball met haar organisasie-vermoëns.
Aldús, groot my verbasing toe sy nou letterlik by ons intrek teneinde ten vólle vir Mamma 'dáár te kan wéés' en uiterse chaos volg in haar elke treë, wat sy híér in óns woning, gee! Drankbottels het begin ophoop langs haar bedside en Ousie moes díé daagliks probeer versteek in 'n swart plastieksak by die vuikgoed drom. Haar bedside was langs Ma in Ma se bed en sy't 'n halfjack altyd weggesteek gehad tussen die krismisrose op die rotstuin voor die huis. Altyd gestruikel binne die blomme in wanneer sy dit gesoek het en dan moes mens haar dáár uittrek, boude eerste in haar dik pelsjas met 'n jakkals om die nek gevou, die kop nog gepreserveer en die oë nou geel stukkies glas wat nogal authenties lyk! Ma is aanhoudend pille gevoer wat Marie uitgedeel het: "Een vir jou, een vir my..." En Ma het dan díé 18 of só pilletjies vinnig in haar bra weggesteek terwyl Marie háre drink met 'n glas cane of iets. Die gevolg was dat Marie só diep geslaap het dat die kerse wat gebrand het wanneer die ligte af was, dwarsdeur die pierings gebrand en díé soms gekraak het. Wat eienaardig was, was dat sy kwansuis agter Ma sou kyk gedurende die nag wanneer Ma gewoonlik so 'n bietjie bang was...
Dit gebeur toe ook dan een aand dat ons almal ons moere suur skrik: Ek en Aubrey slaap op die een groot bank van die sitkamer af wat ons voor Ma se kamer se deur plaas sodat niemand in of uit kan kom nie en óók sodat ons binne-in haar kamer kon sien waar syself half-wakker en Antie Marie diep- snorkend in die bed lê. Láát in die nag begin Ma skielik onaards te gil en Marie skrik wakker en in haar poging om uit die kamer uit te hardloop, tiep sy ons bank om en dáár val ons aldrie, ek en sy én Aubrey in 'n hoop opmekaar! Ons is dan ook aldrie in skok oor die geskreeuery wat ons wakker gemaak het en spook (haha!) om uitmekaar uit te vleg en slaan wild en woes na mekaar...
Ons almal vergader daarna, vol blou merke en seer, saam met Mamma om die kombuistafel, waar Estelle wie wakker gemaak is om vir ons koffie met báíé suiker in te maak, ons snaaks aankyk terwyl sy ons bedien met warm, soet koffie. Marie rook een sigarete na die ander en sit reg om van haar halfjack brannewyn in haar koffie te gooi. "Ek wil ook bietjie hê Ma, anders vertel ek vir Pa." dreig Aubrey en sy knik en kyk weg van hom af afwagtend na Ma se kant toe. "Ek het 'n gees gesien in die vorm van klippies wat onder-in die water lê - en so amper lyk of hulle sáám met die water roer..., " hier gril Ma duidelik sodat almal dit kan sien, "en toe gil ek want ek was bang gewees!"
"Is die fôkking spook nou weg, dink jy Ina?" vra sy en gooi nog 'n tot brandy in haar koffie. Aubrey bekyk haar en sy trek haar mond en gooi vir hom ook nog 'n tôt in. Ek is verbaas dat sy so wakker kan lyk en wees na al haar pille wat sy gedrink het! Maar hoe dit ookal sy, Ma en Marie is weer bed toe, hierdie keer met die ligte aan en ek en Aubrey moet die bank maar weer regop tiep en probeer slaap...dit was 'n lang nag...
Die volgende oggend moet ons vort Indian Plaza toe in Forsdsburg en Ma bestuur ons - dis nou ek en Antie Marie en sy.
Dáár aangeland is ons nogal beĭndruk want Antie Marie ken so waar as wragtig 'n menigte van hulle en gaan selfs in een se agterkant van die winkel om daar meer spices in hulle kos in te gooi nadat sy die deksel gelig het en geproe het uit 'n lepel uit wat sy daarin gedip het. Die vrou het geskok gelyk maar net beleefd geglimlag en toe Marie haar rug draai tiep sy die volle pot kos in 'n vuilgoed drom in uit! Dit ten spyte verkry Marie uitstekende pryse vir wit rokkies met swart verfraaĭnge daarop vir die meisies en daarmee swart skoentjies met wit kousies vir elkeen. Vir my is daar 'n deftige swart pak met with hemp, das belt en skoene. Mamma kry 'n swart rok en hoed wat haar skraal laat lyl toe sy dit aanpas. Marie betaal met haar kredietkaart en glimlag en lỷk soos 'n filmster - die maníér wat sy aangetrek en gegrimmeer is en haar hare gedoen is. Onmiddelik met haar terugkeer na die kar vroetel sy in haar handsak en haal 'n bottel Mainstay Cane uit, skroef die prop af en drink uit die bottel uit. Sy skop haar skoene uit en laat haar hare los en vee unknowingly haar een getekende oogbrou heeltemal af met haar hand. Stadig maar séker verdwyn die movie-star en in haar plek is die ermm...dronkie. ☺Díé metamorfose was indrukwekkend maar rééds bekend aan my, so ek't net gegaap en gewonder of my nuwe skoene my sou blase gee? Tuis het Oom Chris Golden 'n draai kom maak omdat hy sy vrou mis en wil sien hóé dinge gaan. Sy sien hy is dáár toe ons stilhou op die onramp by die huis...die bottel Cane, nou halfleeg gedrink, gooi sy na my kant-toe om weg te steek en sy trek vinnig met 'n swart potlood weer 'n wenkbrou, sit haar hare op, trek haar skoene aan en drink sewe slukke van haar Revlon parfuum wat haar asem behoorlik wegslaan! Nóú klim sy die kar uit en loop statig soos 'n filmster op 'n rooi tapyt, binne toe. Ek en Ma volg haar en sien hoedat sy Oom Chris lingeringly soen en hy haar boude so 'n...drukkie gee. Hy mis haar obviously báíé...Hulle glimlag vir mekaar en dis duidelik dat haar, dáár wéés vir Ina en haar kinders, 'n goeie ding is. Kort-daarna gaan hy en hulle soen weer en sy sê: " Moenie worry nie Tollie, ek het alles onder beheer. Die verassingsdiens is môre in Krugersdorp by die Krematorium en dan is dit nog net die onthaal, waarvoor ek kerrie-sop bestel het by Raja se vrou...en dan is ek by die huis!" "Reg so, skat. Bye skat." sê Tollie en lyk 'n bietjie gelukkiger.
Ons het almal buitegewoon goed gelyk toe ons aangetrek is en die diens was nét verby, toe's Marie op die bottel. Terug by die huis gooi sy van haar cane in 'n medisynebottel en gooi dan gerééld daarvan in haar koffie of tee en partykeer in 'n eetlepel maar láter drink sy dit sommer uit die bottel uit. Mense klik hulle tonge in simpatie vir die arme kroeplyer wat tóg té charming is! Wat lỷk soos 'n menigte hongerige mense het op ons woningkie toegesak en kyk afwagtend na wat dan bedien sal word vir 'n eetdingetjie? Gaan die weduwee hulle dan net met tee en koffie en 'n paar beskuitjies voer? "Daar is die állérhéérlíksté kerriesop oppad van Raja se vrou af, dis nou-nou hier...hou net 'n rukkie aan!" glimlag-se Marie en almal lyk of hulle nóú nét níé kán wág nie. Ek sien sommiges hulle lippe aflek en ekself maak ook so. Ek hou báíé van kerrie en sop het ek nog nóóít ge-kerrie geproe nie! Die manier wat Antie Marie dit beskryf klink dit soos koningskos! Intussen besluit Oom Rassie, wat homself hoog godsdienstig ag, om 'n gebed te doen. Dit was nie vêr in die gebed in nie, toe neem Marie oor en bid self harder as Oom Rassie vir die dinge wat syself as belangrik sien. "Kos, klere en 'n Ma! Wat meer wil die Ouman van Jou af hê, Here? Verskoon hom asseblief..." 'n Doodse stilte sak neer op die gaste en familie en toe praat almal tegelyk en Marie loop buite toe om 'n sluk kosbare medisyne te vat...
Die gesogte kerriesop arriveer toe omtrent eers 22:00 daardie aand en vir die volgende paar dae smul ons wat van kerrie hou lekker daaraan...maar ons begrafnisonthaal-gaste moes huistoe gaan met 'n honger gevoel op hulle mae en so-ál asof hulle iets spesiaal misgeloop het deur nie deur die aand te wag nie...heheh!
Marie wou nie graag huistoe gaan nie want sy sou daar weer ge-ration word op haar alkoholverbruik en haar gewone huistake moes opneem asof sy nou régtig entoesiasties dáároor voel, blah! Mamma wou graag nou haar lewe voortsit en was selfs bereid om alleen in haar kamer te slaap, alhoewel ek my enkelbedjie daarin moes beweeg en daar slaap vir 'n ruk. Marie Golden moet nou huistoe gaan! dink Mamma en bel skelmpies vir Tollie, terwyl Marie mince op die stoof kook met baie uie en knoffel in (Ek dink by myself toe aan Dedda wat altyd as hy by die huis kom en hoor ons eets mince, gesing het:'Mince vamôre, mince vanaand, mince gisteroggend, mince gisteraand...') "Chris, baie dankie vir die 'léén' van Marie."praat Mamma op die foon, "Sy was 'n ware hulp en ondersteuning vir my tydens haar verblyf hier en ek sal julle albei ewig dankbaar wees vir die opoffering wat julle om my onthalwe gemaak het, maar...ek dink ek is nou sterk genoeg om op my eie voort te gaan en buitendien is julle baie naby as ek julle nodig het. Marie kan maar gerus huistoe gaan. Sal jy my 'n gunsie doen en haar kom haal?"
En síédáár. Laaste sien van die...alkohol-kantien. O ja..én die heavy-beknoffelde mince yaay! ;-)



Lulu-May du Plessis

L

ulu was gebore op 22 Junie 1987 en is dadelik deur my in 'n venster in 'n Hillbrowse petshop uitgeken as 'n klein prinses, toe ek síén hoe sy die wit maltese saam met haar in die hok régsien en op hulle plék sit, die mongrels! Sy't hulle lelik gekarnuffel en toe ek die eienaar vra om haar vir my aan te gee, het sy my 'n ietwat afsydig en uit die hoogte uitgekyk. Ek wonder toe of sy haar houding sou verander as ek myself as 'n Prins of iets voordoen. Ek sê toe maar vir die man: "Ek is Prins, aangename kennis, meneer" Dádélík waai daai pofstertjie, haha! Dádélík is ek dolverlief. "Hoeveel?" En ek druk haar oortjies toe dat sy nie kan hoor dis nét R 150-00 nie. Béter as sy dink die prys vir haar was ultra-hoog en het my sak gerúk al is ek 'n prins. Ek dra haar na my nuwe wit BMW toe, wat sy uit die kant van haar oog tevrede na loer (was my Company kar maar sy hoef dit nie op daardie stadium te weet nie, my nuwe girl.) Beginnings are so...tender *sigh* Gelukkig is sy 'n bloubloed Afrikaanse meisie ermmm...hond en weier om Engels te blaf, óf te verstaan. Haar naam sal Lulu wees besluit ek. Dis 'n Franse naam vir 'n Franse Poedel. En sy sal "reggemaak" word so gou moontlik. Ek's te jaloers om haar met ander mans te deel. Dis 'n Franse naam vir 'n Franse Poedel. (Die 'May' gedeelte het Estelle jare later bygevoeg. Het altyd vir my geklink na 'n poging om díé stréng-Afrikaanse hond te verengels, aangesien haar en Louise se ander honde Engels is, gmmmfff! ;-) ) Lulu het oor die langhaarmat in die sitkamer, áf in die gang tot in Estelle se kamer, waar sy op haar bed gelê en studeer het, geskuifel. 'n Klein, plat wollerige dingetjie wat mens aan Plum (daai veerdingetjie) op TV herinner het, het sy toe ook onmiddelik in Estelle se hart ingekruip en is op die bed gelig en gedruk en amper gesoen. Mens kon sien daar was 'n oombliklike mutual liking tussen díé twee meisiemense, want Lulu het so gelek-lek na Estelle se mond toe, iets wat díé afsydige enigste kind maar min in haar lewe gedoen het vir énige een, indien ooit! Haar potty training was flink en sy't gereageer op my kamtige 'houtjies' op haar voluptueuse boudjies, deur te tjank wanneer sy gesien het my mood is donkerig en vir my te knor wanneer ek in 'n goeie bui was. Sy't dan ook dadelik besef 'n mat en hout- of sement- én teëlvloer binne 'n vertrek is taboe vir piepie en méér. Haar speelgoed was 'n rubberslang en spinnekop en natuurlik 'n bal. Nee, 'n ball. 'Lulu, waarsie ball?' - het haar rasend gemaak om 'n bal tussen haar klein muistandjies, wat nooit groter geword het nie, vas te knel. Sy's dan liggies begin tjank om te sê: "Maar daar issie 'n ball nie, jou idioot!' óf ás daar dan 'n bal was het sy hom gaan haal en na jou toe gevring, maar níé oorhandig nie, o, nee! Jy moes altyd sê: 'Gee daai ball!' dan het sy hom vasser gebyt asof dit absoluut nét háár eiendom is en jy moes hom afvat as jy durf waag! Mens moes dan die bal tussen haar gedetermineerde tandjies loswoel en dan gooi...en sy hardloop dan en gaan haal hom en dáár is dan weer 'n volle re-enactment van die vorige keer toe sy in besit van die ball was. Maar ignoreer haar nou en sy tjank alweer! "Sweeties" of die ritsel van 'n papier wat dálk 'n lekker kan wees het onmiddelik ál haar aandag verkry. Albei Estelle en Lulu = 'Sweet-toothed' dis nou altemit en aljimmers wáár, ou swaer. Toffies, Chocolate Eclairs was Lulu se gunsteling, wat Estelle leter, toe haar tandjies effe seker begin ingee of gepyn het, eers vir haar moes kou.
Kaas het sy dan ook vreeslik geniet en daar was nie 'n káns om kaas te eet en háár nie 'n paar ordentlike stukkies af te sny nie! 'Tata' het beteken ons gaan óf in die motor ry of nét stap iewers, en sy't gethrive op sulke uittogte, gló my! Na waters waar rus is, lei hy my heen...Ha! Nie met Lulu nie! Sy is geen gepamperlangde poedeltjie wat op 'n satyn of fluweel kussinkie heeldag lê en mooilyk nie. Sy wil g'n rus nie. Sy duik in daai water in soos 'n egte waterhond en haal klippe uit of swem vêr ente agter 'n floating ball - wat jy vir haar ingegooi het naruurlik! - áán om hom wal toe te bring, al slúk sy nogal baie water in haar poging! Lulu was 'n waterliefhebber (die woord poodle beteken dan ook 'waterhond', alhoewel ek nie juis enige poedel ooit regtig sien die water aandurf soos ons Lulu nie! Poedels lê mos maar gewoonlik op duur kussinkies en word gevoer met cordon-bleu geregte, dan nie?) Dit was 'n groot plesier om Lulu die see te sien aandurf en ek dink sy't méér getravel as enige hond ooit haha! As dit nie ék was wat haar in die motor iewers heen gevat het vir 'n 'tata' nie dan was dit Estelle. Sy was uiters soet in die kar en het stil gelê en wag dat ons, ons destinasie bereik het, waarna sy met daai waaiende stertjie uitgespring het en dadelik aksie wou hê! 'Waar's die ball, Lulu?' en sy raak mál, *lol!*
Dit is verwonderend hoe 'n Franse Poedeltjie soos Lulu (en dan later Frankie óók - van wie ek 'n bietjie verder aan skryf,) presies weet wat jy níé wil hê hulle moet dóén nie, maar by tye het sy uiters instinktief gereageer...tipiese brakkie. Beide Lulu en haar destydse boetie Frankie het die hoofbank in die sitkamer asook Claudine se fiets-saal behoorlik opgevreet, om nie te nóém die toiletpapier wat soos kersfeesversiering die héle huis vol gesleep is totdat daar eenvoudig niks meer aan die vol rol oor was nie. Huisraad, kleredrag en menige huishoudelike item is hoog op die lys van 'dinge' wat lekker mee gespeel kan wôrre indien ons dan so simpel sal wees om te besluit om ons jong poedeltjies alleen tuis te los vir 'n paar ure... Verveeldheid neem nogal gou oor en 'n Poedeltjie (of twee?) is uiters effektief daarin om maniere te vind om haar/sy eienaars se aandag te trek, heheh! Néé, ek was wél kwaad maar ek het geen tugtiging toegepas nie. Ek het selfs 'n bietjie later heerlik daaroor gelag ☺
Frankie het ek by 'n vriendin vanaf my werk gekoop en alreeds toe ek hom gaan haal het (en die voorreg gehad het om sy neurotiese ma, wat vanonder die hoofslaapkamer se bed vir my geknor het, te ontmoet) was ek daarvan bewus dat hierdie hondjie sal nooit kan kers aansteek by Lulu nie en hy was bowendien absoluut nés sy ma - neuroties de lux! Maar nou ja, hy was myne en ek het die verantwoordelikheid gehad om agter hom te kyk. Sy aankoms het Lulu glad nie gephase nie en sy't met hom gespeel en rond gerol en gehardloop soos jong honde maar doen. Toe ons moes vanaf ons huis in Greymont verhuis na 'n gemeubeleerde woonstel in Hillbrow omdat ek nie langer die verskriklike verkeer om by my werk uit te kom kon verduur nie, was daar net plek vir een hond en natuurlik was dit Lulu wat nou reeds baie geheg aan Estelle was en gedurig saam met haar in die bed geslaap het. Frankie het ek toe vir 'n Engelsman wat saam met my gewerk het gegee en ek was tevrede dat hy mooi agter gekyk sou word. By Maddison Square het ons op die grondvloer gewoon en Lulu kon met die 'agterdeur' uitgaan op die parkering onder, se dak. Daar het sy dan ook 'n sausage hond genaamd Barnabas ontmoet en ge-ignoreer. Behalwe as Estelle gedreig het om haar kos vir Barnabas te gee as sy nie wou eet nie. Lulu het min geëet en dan meestal ook net laat in die aand as jy hoor hoe sy haar kos kou. "Barnabas!" skree Estelle en Lulu eet vinnig haar kos heheh! Cuteste hond ooit man! Toe haar magie seer was en sy kreun en huil saggies, het beide ek en Estelle beurte gemaak om haar op haar ruggie te laat lê, en haar magie saggies te vryf en kielie. Ek dink dit was winde? Lulu was soos 'n kind in die huis en Estelle en ek het haar dan óók leer liefkry sóós 'n menslike kind. Ek het gereeld gegrap dat sy tussen Estelle se bene lê en dus gewoond raak aan haar...'reuk' heheh! 'G'n wonner Lulu is méér lief vir jóú as ék nie!' terg ek maar ek weet dis omdat Estelle meer gereeld saam met haar is as ek wat gewerk het. Estelle het studeer daardie tyd. Ek maak toe vriende met André, wat vandag my swaer is (hy is saam met my jongste sussie, Esmé) en ons twee besluit ons sal 'n tweeslaapkamer woonstel deel waarvoor ons dan halfies sou gaan, aangesien ons albei by dieselfde plek gewerk het. Estelle wou haar eie woonstel hê en ons het toe besluit dat solank sy Lulu gereeld vir my laat kom kuier (hehe - visiting rights) kon Lulu maar hare-alleen, wees en by haar gaan woon. Lulu was baie bly oor hierdie besluit dink ek. En só het ek haar dan ook baie gereeld gesien, nou en dan uitgevat vir 'n tata en dinge het goed uitgewerk. Lulu se lewetjie was great en vol van geluk en aandag en liefde. Ook biltong, kaas en sweeties en tonne tata's, ja!
Ek wou Lulu eendag saam met my in 'n restaurant inneem, toe sit ek maar my donkerbrille aan en 'tap-tap' my weg binne-in die restaurant in. Die naaste waiter sê toe: "Hey, jy! Jy mag nie 'n hond hier binne-in bring nie, man!" Ek antwooord natuurlik hóóg veronverwaardig: "Ek's blind! Hierdie is my gidshond wat my begelei! "Probeer jỷ nou vir my vertel dat daardie póédéltjíé is 'n gidshond?" "Wat???!!, " skree ek en act uiters-geskok, "Hulle het sowrágtig vir my 'n póédel gegee?" Die kos was heerlik en Lulu het haar been baie geniet alhoewel ék maar baie moes mors en goed misgooi ens.ens. Ja. ;-)
Toe Louise in Estelle se lewe inkom, was ek kort daarna Kaap-toe saam met Jacques en by my terugkeer het ek eers by Annette gewoon en later by Estelle in haar woonstel. Vandaar het Estelle toe verhuis na die huis waarin sy en Louise tans woon en 'n verhouding handhaaf. Lulu het natuurlik saamgetrek en eers was daar net 'n kat wat sy glad nie erken het bestaan nie, maar later het Montgomery arriveer.


Montgomery du Plessis-Grenfell

"Dachshund" beteken "Badger Hond" en híérdie klein seuntjie dra sy genetiese oorsprong dan ook úíters goed, dink ek. Lulu, natuurlik, het haar stiefboetie met tye verdúúr, maar meer dikwels totaal geĭgnoreer. En tóé arriveer eers Katie, die klein skerpioentjie wat tans diep in Estelle se hart ingekruip het en daarná, Mowgli of Mógali soos Estelle hom partykeer roep. Díé swart Dachie is jonk en wild en spélerig en het gou die ander twee eiesoortiges aan't speel en hardloop en byt. En hy trek heel plante uit die tuin en...én...
Voorheen die "Ruler of the Roost" & "Queen of the Hill" moes Lulu séér-sekerlik die íntrúsie van die drie ander honde (Dachies Monty, Katie en Mowgli,) absoluut ge-résént het. Maar sy ly toe maar in stoĭse-stilte en bekỷk die dinge wat díé ander drie honde aanvang met 'n éffense bevraagtekénende en verstomde uitdrukking vanaf of haar bedjie óf dan gemaklik lê-ende op 'n kussing bo-op 'n bank. Sy het nog steeds Estelle se voorste aandag en liefde en word baie uitgevat vir stappies en 'n swem en ball-play, om nie te noem vele vakansies by die see en ander plekke nie! Maar Lulu se een agterbeentjie het iewers 'n knou weggekry met rumatiek of iets en sy dra-sleep hom pateties agter haar aan. Sy geniet nou wel stééds haarself, maar is in baie pyn en moet greeld medikasie inneem.


Fifi, 8 jarige poedel van die Postmasburg DBV reken dat 'n duitse herdershond die "James Bond" onder die honde is. (Hy laat die tewe bewe!) Hy is intelligent, dapper, handsome, sterk en vat nie kak nie. Hy is ook een van die min honde wat 'n professionele loopbaan kan beoefen as polisiehond, gidshond ens..
Hierdie is 'n déél van díé artikel te verkry té:




▲ Ek reken ek kan met groot veiligheid sê dat Lulu géén reunhond óóít as "intelligent, dapper, handsome, sterk ens..." sóú of wóú sien nie. Lulu dink ek, het werklikwaar gedink syself is nie 'n van die canine spesies nie maar definislis 'n méns.

Ná véle jare van 'n gelukkige en vól lewe, word Lulu uitgesit deur die veëarts in Melville, waarheen Flint haar namens Louise en Estelle geneem het. En dit was rég en góéd so. Haar lewenskwaliteit het vêr gedaal en sy het in haar laaste tyd meestal net in haar bedjie gelê en díé soms selfs benat.
Sy word baie gemis deur ons almal, Lulu-May. Maar dáár waar sy sekerlik is, is 'n menigte van mense wat wéét sy's eintlik een van hulle en hulle voer haar gereeld sweeties, kasies en biltong, soos díé wat ek altyd spesiaal vir haar by die Chinese butcher in Newlands gekoop het. O, ja, en hulle vat haar vir tatas en swem in 'n menigte riviere, damme en swembaddens en die see, ja! Sy blaf dan gelukkig en demand die ball moet aanhoudend gegooi word - en hulle lag en doen dit dan ook...



S

ê-goed van die Fandamily


► 'Heilige Seemonster' Helena Claudina Pienaar
► 'Eish!' Louise Katherine Grenfell
► 'Jy lóóp álwéér níé!!' Eva Braun-du Plessis
► 'Frikkel...' Estrelita Conchita Gonsalvés
► 'Wát het Dedda se kinders vandag
gedoen, hê?' Harry du Plessis
► 'Wat's jóú storie?' Frederik G. du Plessis
► 'Lambchop...where did I put my keys?' Louise Katherine Grenfell
► 'Ek gee jou sommer nou-nou 'n
bloedpoesklap as jy nie wíl lúíster nie!' Ina Pienaar-du Plessis
► 'Poes is Koning!' Ina Pienaar-du Plessis
► 'Jou ouma se vóël!' Ina Pienaar-du Plessis
► 'So...?' Ty Taylor
► 'Slaan my dood met 'n pienk vis
en sméér jam onder my arms!' Annette Grobbelaar
► 'What's your stóry, Morning Glory?' Freddie du Plessis
► 'Jou fókken Hángbállas!' Ina Pienaar-du Plessis
► 'Jy sóék mos nou vír kák!' Henry William du Plessis
► '♪ Little -Boy's name- you're a star...♫' Mandy Lee Taylor
► 'Vat jou @#!?&* tumbledrier! *gooi by
balkon van huis áf ná JJ Grobbelaar toe*' Estelle du Plessis
► '♪ Chérie-chérie Lady...♫'. Johan Grobbelaar
► 'Your ass!' Jeanette Harmse
► 'Am I getting smart with you?
And how would you know?' Fred du Plessis
► 'Bárrabíng' André Barnard
► 'Flik-vlooi' Esmé Harmse
► 'Jou poepol!' Gerhard Harmse
► 'Fók-it!' Riaan Harmse
► 'Woef-Woef!' Razor Barnard-Harmse
► 'Whatever...' Teika-Q Taylor
► ' `Ow ya dóínnn?!' Wayne Taylor
► 'Maak nie saak nie' Mamma (H.C. du Plessis)
► 'As die muis vol is, is die kaas bitter' Claudine Grobbelaar
► 'Wat jy saai sal jy naai' Mamma (H.C. du Plessis)
► '...NÍÉ ÉK NÍÉ...' Die Duppie kinders
► 'I was born under a wandering STAR…
do you know where HELL is …
Hell is in eight avenue …' Dedda - Lee Marvin
►'Góéíé Génáde, gróte gríét!' Annette Grobbelaar
►'Whátévér !!!!!' Johnny van Vuuren
►'Vérstáán jy ?????' Claudine Grobbelaar
►'Ja-stoel' (Annette se naam vir Estelle) Annette Grobbelaar
►'You knów then???' Louise Grenfell
►'Ek het jou góú gebruik vir *insert
Market Research product, etc.*' Estelle du Plessis
►'Já-Já' Louise Grenfell
►'Wát présíés soek jy????' Freddie du Plessis
►'Wat soek jy van mỷ lyf af?' Annette Grobbelaar
►'In mỷ húmble opinion...' Mandy Ronelle Taylor
►'Hello Kleintjie' Puff Daddy Barnard-Harmse
►'Jou Ởúmá se voël man!' (Copycatted) Freddie du Plessis
►‼©ﮛ♫℅‰&??¹¿Ψ‼?‰¿!!! Die héle Familie!

Koebaai, Nissan Skyline 1987 2,8 GTX

J

y was móóíer as mooi en jy was mỷne. Ek mis jou iets vérskrikliks en wónder waar jy jouself vandag bevind, My Liefde? Is hy só lief vir jou soos ék vir jou was? Hanteer hỷ jou so liefderik en versígtig so ál asof jy van die eertydse adelstand afkomstig is en bloubloed vloei deur jou koppelaar en remme, jou krágstuur en automatiese ratkas? Speel hy óók dan die sagte muskiek van gekóse, uitverkorene sang- en musiekkunstenaars wat rondsweef in jou pragtige kajuit en géén ínbraak maak op die stéwige hartklop van jou krágtige enjin nie? Is hy óók so trots soos ek was as mense na jou gewys of gestaar het en 'n vêraf amper-liefdevolle blik in hul oë was. Ek het dan onbewustelik my bors 'n effe uitgestoot en nónchálant probeer lyk, heheh! Hou hy jou vol brandstof soos ek het? Word jy darem nog onder 'n seil gehou sodat die son jou nie kan uitdroog en kraak en jou binneste ruim ook nie skade aan berig kan word nie? Miskien het hy 'n garage. Maak my skoon jaloers, maar ek is dan tóg bly vir jou. Wéét jy dat ek al splínternúwe Audi's en BMW's gery het en steeds bly jy nommer een in my hart? Laat hy jou gereeld skoonmaak en polleer? Ek stuur maar net vir jou positiewe energie my karretjie, dis die beste wat ek onder die omstandighede kán doen. Mag jy steeds en altyd OK wees, wáár jy óókál is. Ek mis jou, jong!
Móóí ry en wees jy nou versigtig, hoor! Adieu!
Ns: Dankie tóg jy was nie soos daai klein rooi Datsun/Nissan van Mamma nie. Sy't so waar as wraggies deur daai dingetjie se vreeslike klein agterruit deurgeskuur ermm..geskiet eintlik of dan gevlieg, buite toe van die slag? Dit was nou met daai logge lyfie toe sy per ongeluk by 'n hoë wal af bestuur het!

e-pos van Annette af
__________________________________________

L

EES DIT ALLES Inbox

Wakefields, Shelly Beach
to fred.duplessis
10 Dec (15 hours ago)

From: Wakefields, Shelly Beach
Reply-To: shellybeach@wakefields.co.za
To: fred.duplessis@gmail.com
Date: 10-Dec-2005 11:21
Subject: LEES DIT ALLES
As jy nou die volgende attachment sien sal jy verstaan …………………
Hi daar my BOET….die besondere mens in my lewe ……ek het nie gevra om jou te ken nie maar is net met jou geissue……..dankie vader ek kon nie vir beter gevra het nie. Jy het my lewe soms versondig maar meestal in baie maniere (DIEP) geraak. En dink nie ons het nog ooit die een vir die ander gese wat ons rerig vir mekaar beteken nie. BOET - ek moet se ek het regtig nou eers onlangs besef wat ek seker lankal weet maar nooit gese het nie?, hoeveel jy eintlik vir my beteken, hulle se n mens besef nie altyd voor dit te laat is nie. Daarom se ek nou vir jou want AMPER was dit te laat. BOET – ek is baie LIEF vir jou, jy beteken vir my baie , en dankie vir alles goed en sleg ek het baie van jou geleer hulle se….IT TAKES A BULL TO LEAD THE HERD…..en glo my jy het nie geworry oor die heard nie maar net jou 4 koeie en hulle beskerm so ver moontlik. Dankie daarvoor ek dink nie met die groot word saam he ons altyd besef hoe moelik en groot taak dit was nie, maar jy het nooit op gegee nie maak nie saak wat nie? Wel jou 4 Koeie is vandag groot en ek weet nie van die res nie maar ek kyk vandag terug met groot wardeering en se dankie vir al die opofferings. Ek dink jy kan terug sit met TROTS…..KYK NOU NA JOU SELF – EN MOET NIE TE HASTIG WEES OM VAN DIE TREIN AF TE KLIM NIE, die leemte sal te groot wees. (NEE FOK DIT IS NIE N SUICIDE NOTE NIE………….EK HET NET GEDINK DIT IS TYD OM VIR JOU TE SE HOE EK VOEL UIT DIE DIEPTE VAN MY HART)
Van jou sus
--------------------------------------------------------
Ek voel dieselde oor jou, Annettie. Dankie. Úít my hart uit. Híérdie pragtige,
éérlike en édéle woorde van jou beteken vir my óntságlik baie.♥

-----------------------------------------------------------------------------

Ja nee, ons Du Plessis' is mense wat deesdae darem éérs hul eie skuld insien, mekaar vergewe, ánder se ándersheid aanvaar, teen wantroue veg, mekaar goed ken, liefhet en ondersteun en saam ook altydeur ons verantwoordelikheid vir die toekoms aanvaar.
Innérlike ónrus, tans. Ek is ietwat bróós, en my oë skiet díkwels vól trane. Ek's amper té hartseer om iets sínvol te skryf. Drama Queen huh? Jou moewww!
_______________________________________________________________________________

©2005/6 ad ∞ Claudine Grobbelaar (se bydrae):

F

red moet vir tannie Es vra om vir Fred die storie te vertel van Jeanette en die boontjie in haar neus, dit was nogal snaaks, toe sy klein was het sy 'n boontjie in haar neus op gedruk, ek vertel dit altyd vir al haar nuwe boyfriends, haar asem het so gestink, tannie Es het alles probeer, en Jen het elke dag tanne geborsel, niks het gehelp nie.............en finally is hulle dokter toe, het x-rays geneem, toe sien hulle die boontjie in haar neus.
(Wél, lyk my jy het alreeds kláár die hele storie vertel! ☺)

Fred moet ook ietsie skryf oor die party wat ons gehad het by die tennis klub, dink dit was vir Stel se birthday - toe Fred Dracula was, Arnold kan nou nog nie ophou praat oor díé party nie.
(♪When the moon hits your eye, like a big pizza pie...♫ Ek máák só, Claudine - binnekort. - Pierre The Vampire)


Een ding wat seker altyd by my sal bly is ons Sondae drives na Harties toe, die klein lemoentjies wat ons gekoop het, nou dat ek groot is doen ons dit ook, maar wat ek nooit sal vergeet nie is elke keer as ons verby Kosmos ry dan sê my ma, "DIT KOS MOS BAIE GELD OM HIER TE BLY," dit het my mál gemaak, en ek het altyd so kwaad geraak vir haar, maar nou as ons daar verby ry sê ek dieselfde...
('n Kosmos is my gunsteling blom en daai klein dorpie is my ideale blyplek. Onthou jy die stampvrugte wat ons ook gekoop het langs die pad? Ons, dis nou Rina Coetzee, jou Ouma Ina, Estelle, ek en Annette (jou Ma) en Carien, Rina se dogter, het altyd onder-deur die brug by Harties gery en in die donkerte geskree: "Simba chips just roar with flavour! ROAR! ROAR! ROAR!')

Gerhard/Gert en ek was nog altyd die naaste aan mekaar as enige van die ander niggies en nefies, is darem maar so lief vir my ou neef...ek het nét begin kar ry, wél leer om kar te ry, hy het seker net sy kar gekry, en het vir ons kom kuier, hy het met die bike gekom , dink dat was 'n 250, weet nie baie van bikes af nie, ek het my ma genág en genág, kan ons gaan ry? Ons is toe begrafplaas toe, ek en Gert in my ma se kar en sy en Johnny ry die begrafplaas vol met die bike.
Gert was baie geduldig, het gerook soos 'n stóómtrein, musiek wat blêr in die begrafplaas, leer Gert my om te bestuur, (natuurlik weet ek mos hoe om te bestuur want ek hét mos toe Fred nog met Tannie Isabel uitgegaan het, in Brakpan Fred se Volksie gedryf.-FdP) Ek kán dryf: my famous last words: 'ek kan bestuur' - jaag soos 'n mal mens verby die grafte, so aan die regter kant van die straat staan 'n ou kar geparkeer, die ou oom en tannie is besig om blomme op die graf te sit, Gert skreeu: 'Jy gaan die kar stamp!" "Hou jou mond, ek kan bestuur!" sê ek so om't ewe. Die tweede keer wat ons dáár verby ry stap die oom en tannie na die kar toe en Gerhard skree weer: "Claudine jy gaan die kar stamp!" Natuurlik skreeu ek weer iets terug, en my woorde was skaars koud, toe hoor ons hierdie slag, ek het die ou oom se kar gestamp...My ma gaan my dood maak! Ek en Gerhard kyk beide vir mekaar en ek jaag weg. Ons ry op en af, probeer die ou oom vermy - die kar kom tot 'n stilstand, iemand moet kyk na die skade van my ma se kar...Gert kan nie ophou rook nie, rook een na die ander sigaret.
Ek klim uit, maar sien géén merke op die kar nie, dink ons het die net die ou Oom se kar se spieëltjie afgery... maar ons kar makeer niks! Sjoe!!!!!

Gerhard wil net terug na my ma hulle toe, wil nie meer saam my ry nie, en rook verskriklik, "Gert, as jy nou uit die kar klim gaan my ma weet iets het gebeur.", Finally is ons terug na die middel-eiland toe waar my ma hulle sit, hulle is pootuit gery, en ons wil ook nou huistoe gaan,my ma vra ewe vir Gert, en ...hoe ry sy? Gert sê in 'n asmatiese stem, baie goed tannie, baie goed.

My ma se tot vandag toe nog ek het so gery dat die bome het so geflikker as ek sou uitkyk terwyl ek die kar daar verby ry en my ouma het in haar graf opgestaan as ek verby ry en as ek verby is gaan lê sy weer! ☺


► My Pa. Sjoe, wat kan ek van hom sę...

Chérie Chérie Lady van Modern Talking is seker een van die songs wat ek die meeste haat - nadat my pa my ma "moertoe" geslaan het, het hy my gewoonlik in die kar gegooi, 'n bottel drank tussen sy bene neergesit en op die musiek "Chérie Chérie Lady" afgejaag in die straat met hierdie rooi Nissan 1400 bakkie wat hy tot vandag toe nóg het, Die eerste stop was by die winkel en my troos prys was gewoonlik hierdie pakkies sherbert met 'n vampier voor op - het jou bek so rooi gemaak, 'n koeldrank en enigeiets anders wat my sou laat vergeet dat my mammie by die huis lê... pap geslaan.
Dan was ons weer oppad, het die middag by die "park" gespandeer, terwyl hy homself "fucked-up" drink en Chérie Chérie Lady luister. (Nie 'n lekker memory nie, maar is definitief iets wat báíé gereeld gebeur het. )

Dan was daar ook die goeie tye, soos as hy by die huis gekom het in die aande, ek het vir hom buite by die hekkie gewag. Wanneer ek hom sien aankom het, het ek agter op die bakkie geklim en tot by die garage gery.
'n Goeie memory van my was dat ek was baie rof, het 'n BMX Bike gehad sónder brieke, het ramps gebou soos seuntjies en eendag was ek nie so gelukkig nie: kom so om die draai, vang die ramp skeef en dáár is ek in 'n alwynboom in! Dit was eina, hoor!!!!! Dan was daar die tyd toe Stel kom kuier het, ons het in Vanderbijl gebly en sy het by my geslaap. Dit was slaaptyd vir my en ek mag nie sweets geëet het nie, maar Stel het 'n hele groot geel sak (dink dit was 'n Checkers sak) vol Wispers vir ons uitgehaal en ons het die hele aand skelm gelê en smul daaraan.

My pa het ook altyd vir my daardie klein geel hoendertjies gekoop. 'Cheep cheep's', soos ek hulle genoem het. Hulle het nie baie lank gehou nie - ek onthou hoe hartseer ek was toe ek die dag vir hulle 'n bed gemaak het in my laai sodat die kat hulle nie kon bykom nie en hulle wou nét nie gaan slaap nie! As as ek die laai wil toemaak, dan steek daar 'n koppie uit. En ek was klein en wou gaan speel en hierdie fokken hoendertjies wil nét níé slaap nie...na 'n lang gesukkel het 'n paar van hulle gaan slaap...later nadat ek nou klaar gespeel het en dis weer tyd om met my hoendertjies té speel, bly hulle slaap, en slaap en slaap. Ek hardloop na my mammie toe en sę so ewe: "Mamma my cheep cheep's cheep nie meer nie!" Hulle nekkies was af... Ek het hulle in die laai vasgeslaan toe hulle moes slaap en nie wóú nie!

Die éérste keer toe ek 'n pannekoek ge-eet het, het ek dit oop gerol en my gesig gewas daarmee...Só sê my ma.

Ek het ook weggeloop van die huis af. My ouma aan my Pa se kant, het oorkant ons in Mayfair gebly en ek en my ma het baklei - weet nie die hele storie nie - maar ek het my tassie gepak en oor die straat geloop. Met díé kom my ma agter na en my voetjies kon nie vinnig genoeg na my ouma toe hardloop nie. My ouma gryp my vas en sluit my in die badkamer toe sodat my mams my nie kan pak gee nie, Nadat my mams afgekoel het was ek bevry van my gevangenis in die badkamer en my tassie was vol gepak net met nét panties. My ma lag baie oor hierdie storie.

Fred moet tog iets insit van die dag toe Stel my pa se Tumbledrier in Greymont, toe ons almal saam gebly het by die dubbel-verdieping, van die balkon afgegooi het omdat hy soos 'n vark geskree het oor die tumbledrier. Dis altyd so funny as hulle daaroor praat. Onthou Fred daardie huis? Fok-of-Santana hulle het nog oorkant die straat gebly...
(Ek onthou die huis baie goed. Ek skryf dan ook iewers 'n stukkie oor díé gebeurtenis, OK. Kyk solank vir nou onder Sê-goed van die Fandamily. FdP)

Die mooiste ding wat my Ma altyd vir my gesê het, was dat sy het my so lief soos 'n toutjie om die weręld sonder 'n knoop.
Sy sê ook vir my altyd: 'Ja, Donsdoos.'
(Dónsdoos was 'n naam wat Estelle jou Ouma Ina éérste genoem het. Maar nou-ja, jy hét haar naam! FdP.)
Stel moet ook vir Fred vertel van Dina Dwerg. Ek sukkel tot vandag toe nog met my naelkouery. Dink dit moet wees omdat Dina so 'n skíélike dood gesterf het. Ek het dan elke maand vir haar geskryf, het my bes probeer om my naels te groei, het selfs geskenke van Diena gekry as my naels mooi lank groei. Maar eendag toe skryf Dina nét nie méér terug nie. Stel moes my die slegte nuus toe meedeel dat Dina Dwerg dood is! ( Dink Stel het maar net gatvol geraak om so te skryf die hele tyd en dink nie sy het meer tyd gehad nie, toe moes Dina maar sterf) SIES!!!!!!!
(Heheh, Claudinetjie: Ek dink persoonlik Dina Dwerg het gepég omdat jy nooit regtig jou naels óphou byt het nie! Estelle hét my daardie tyd al vertel van DD. ☺)
Ek het toe besluit om jou skrywe in te plaas in myne in nét soos jy dit vir my gestuur het, eerder as om dit oor te skryf asof dit my eie stories is - want dis so vreeslik charming en cute, my Engel. En só sal dit bly. - FdP Dinsdag 13 Desember, 2005, Westdene, Johannesburg
________________________________________________________


Die Sesde Laan Parkie

G

eleë op die hoek van Sesde Laan, Moutonweg en Vyfde Laan in Roodepoort-Noord (en tans dan ook naby aan Riaan en Michelle se huis,) is die speelparkie met swaaie vir beide klein- en groter kinders sowel as 'n glyplank, rondomtalie, en wipplank, geleë. Verskeie dadelbome verskaf 'n soort-van skadu, maar die sonnetjie het bykans altyd heel- en aldag in die blou lug geheers en sterk oor die héle speelpark én sy ondersteuners geskyn, behalwe nou wanneer dit gereën het - dan was daar geen skuiling om droog te bly nie en ons het maar gewoonlik huistoe gehardloop en sópnát daar gearriveer..Ander dae weer dan swaai ek só dat ek die son se skyn in my oog sien en ek voel hoe die wind my hare deurmekaar waai as iemand my maak op die swaai. En ek klim dan weer af om een van my sussies op die swaai te stoot totdat sy hoog heen en weer swaai en lekker lag en lawaai.
As jy daaraan dink, was ons huis ook maar blêrrie klein om ons almal te huisves. Ek dink Tant Stienie se woninkie in Vitas/Jan Bom (soos dit in Agter Elke Man gewys is-) lyk soos 'n gróót kasteel wanneer dit met ons s'n vergelyk wôrre *lol* en ons het maar probeer uitborrel wanneer ons kon om nou nie klostrofobies te raak of opgehok te voel nie, want dan baklei ons te veel - só die Parkie was 'n lafenissie vir ons cabin-fever sufferers en ons het daar behoorlik baljaar soos bobbejaantjies en geswing en gegly op die wipplank gewip en op die rondomtalie of te wel die draaiwiel, het ons op ons mae gelê terwyl hy draai en met klippe patrone rondom hom geskrap en geskuur - ons merkies gelos. Wonder of dit nog daar is? As jy hoog genoeg geswaai het, tot net voordat die swingpale begin lyk of hulle gaan oplig en uitval - kon jy die begrafplaas anderkant die George Hotel bokant die huise se silver, rooi, swart en groen dakke sien. Sekere laat-middae in die somer wanneer die son laag op die horison was, het ons geswing totdat ons die son vol in die oë kon kyk, maar jy moes maar altyd eerste jou kop laat sak want hy is genadeloos en verblind jou amper. Maar mens raak ook by die Parkie baie moeg van die op-en-affery van die swaaie, glyplank en wipplank en jou boude raak seer...
Wanneer dit stíl was en die lug blou-blou en jy kon net die duifies se gekoer en die voëltjies se gekwettter hoor, was dit lekker om dadels op te tel wat van die bome afgeval het - die geelbruines - hoe donkerder hoe beter. Hulle word dan by die handvol onder die kraan afgespoel en jy sit met jou gat op die lekker dik, groen gras en eet lekker en spoeg die groot pitte uit. Ons kyk die sampioentjies of dan paddastoele, aan asof hulle ons kan leed aandoen. Toe Mamma en Dedda ons die eerste keer van sampioene vertel, hoor ons 'skerpioene' en weier absoluut om díé goeters te eet! Na die dadelfees, drentel ons stadig en sleepvoet huistoe want môre is skool en dan die láng week wat wag vorentoe, uitgestrek soos 'n lengte slap spaghetti wat jy stadig, stukkie vir stukkie (dag vir dag) insuig in jou mond in...tôtdat dit wéérééns...Parkie-tyd is!
______________________________________________________

"

...bitter sweet menories...that's all that I'm
taking with me...so goodbye, please don't cry, I'm nót what you need...and I wish you jóy and háppínéss, but above all this, I wish you lóve...and I will always Love you...

"
- as sung by Whitney Houston & dedicated by Jacques
En hy stap my lewe binne...Lees gerus my storie getiteld Outenieke Gewaagdheid onder "Die Gemaskerder Fluiter" en 'ontmoet' vir Jacques. Dit kán nogal 'n belewenis wees... dit was séér-sekerlik vir my! .

________________________________________________________

W

at?
Dis my vertellinge. As jy nie ‘n storie of twéé, dríé kan spin nie is dit nie my probleem nie. Wáár is jou Pienaar-du Plessis bloed, huh?

Kyk byvoorbeeld vir Claudine. Wow!

◄einde►

FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home