BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Sunday, December 25, 2005

Blinde OOm Shopping - Uniform heheh!
Die Blinde Oom
Ek het nog altyd ‘n algehele háát diep binne in my hart rondgedra vir conformity en ek aard trots deesdae nógal baie na my Pa. Soos hy, is my kíés van woorde soms 'n duidelike bewys van 'n onvermoë om te kan kommunikeer, maar ook nes hy, plóéter ek maar voort. Ek skryf, jy sien. Ek onthou dat Isabel, met wie ek uitgegaan het, gedink het ek skryf kwááí én slím! Wel, ek hét één aand in 'n oomblik van briljante inspirasie vir díé blonde, bruin-oog Isabel gesê: "Baby, ek het vergeet om te skeer, so ás ek jou soen mag ek jou dalk stéék." Verstaan? En watter lékker taal is Afrikaans nie. So ek skryf in my moedertaal. By the way, Afrikaans is befók om in beneuk te raak. Die kru en kras woorde klink sóvéél beter in Afrikaans, en kóm nou klink bliksem, móérig en nét selfs die woord `beneuk` nie sómmer net lékker om te sê in Afrikaans nie? “Once upon a time”…sal ‘n Brit begin, die Amerikaner begin met “Long long ago,..” en een vannie Boere sal sommer begin met “Fokkit, een aand was ek fucked up gesuip!" O ja, jy kán ‘n Afrikaner énige plek uitken heheh!
Vandág verlang ek na dae wat nóg slegs váágweg in my geheue is…die dae van “Die Blinde Oom.” Nee, hy was nie ‘n regte Oom nie, man! In Afrikaans, as jy erken jy’t iets gegaps/gesteel/gescore, dán sê jy, “Ek het dit by die Blinde Oom gekóóp.”
Ná Hoërskool voel ek noudat Kallie Meiring sy wáre kleure gewys het en sy Baby gaan pamperlang het en Piet Engelbrecht huis en haard toe is waar hy hóórt, ek is één met myself en daar is niks in die lewe wat my moermeter meer kan koer nie. En dit volg toe natuurlik soos nag op dag, dat ek dus ook vrygéwig begin voel en dus graag vir my geliefde Ma en susters “goedjies” wou áánskáf wat hulle harte sal verbly. Maar ai, het ek gesug, ek wérk nie, so…Ek het meestal daagliks tuis gebly en p**sboekies geslees en geeët en Hubert (dis nou “Tortel” volgens Estelle,) het my gejoin en só het ons menig-‘n-middag saam deurgebring sonder om ‘n enkele woord vir mekaar te sê.
Aangenaam ja. Maar ek het onrustig begin raak en besluit gereelde uitstappies na Roodepoort se sentrale dorpsgebied op my eie, is méér toepaslik vir ‘n man wat binnekoer sy militêre diens sou verrig en dus nodig gehad het om sólank fiks te word. Eers daar aangekom het ek casually rondegeloop binne in byvoorbeeld die OK Bazaars en skielik besluit ons het byvoorbeeld, ‘n nuwe strykyster en elektriese kêtel nodig by die huis, díé dan in ‘n papiersak met die OK handelsmerk daarop gedruk en by die voordeur van die winkel uitgeloop. Snááks, tuis was daar nooit navraag oor waarvandaan sekere nuwe items soos ‘n nuwe toaster, splinternuwe messegoed en bordestelle hulle verskyning gemaak het nie en só ‘n item of items het net automaties déél geword van die huishouding en is dan ook in gebruik geneem asof dit maar áltyd daar was. Binnekort was my susters oorlaai met parfuums, haarprodukte, deodorante, grimering en selfs die odd kledingstuk wat altyd perfek gepas het. Mamma het altyd ingevoerde sjokolades en haar gunsteling Tabu parfuum, wat nét by Apteke beskikbaar was, gescore. Never blinked an eye! Ek raak toe moeg vir díé maklike petty thievery. Daar moes íéwers gróter buit wees! Gelukkig vir my raak ek tóé betrokke by William Stewart en ry eintlik maar net regtig saam met hom rond en hou hom geselskap, maar ons albei fake dat ek hom bystaan met sy konserte reël vir ‘n persentasie van die winste. Die konsterte was met Suid Afrikaanse sangkunstenaars wat dan op toere gaan na plekke (venues) wat hy vooraf gereël het, asook die kaartjieverkope en advertering daarvan in die lokale koerante en met posters. My suster Mandy het óók op van sy konserte opgetree en uiters voortreflik en mooi gesing, maar William was ongelukkig ‘n scheister wat mense ingedoen het by elke moontlike geleentheid en véle het daarvoor geval. Mamma het redelik vroeg deur hom gesien en haar familie ten volle vanaf sy invloed onttrek. Daarna is ek toe darem vort vir my twee jaar diensplig.
Toe ons destyds egter nog almal op Hoërskool was, maar nog nie aan die einde daarvan nie, was Woolworths en Edgars ons gunstelinge besoekplekke teneinde nuwe klere aan te skaf. Spésiaal vir die meisies. By Woolworths se kleedkamer, trek Annette die één stel klere óór die ander aan, soos ek hulle aandra na haar toe, oënskynlik om aan te pas. Sy loop dan uit die winkel uit, behóórlik opgepof, soos ‘n vrou wat oombliklike gewig aangesit het, van al die stelle klere bó-oor mekaar. (Ja wel, dis nie dieselle Annette díé vir wie ek en Estelle jare gelede geflous met met ons “Feetjie, feetjie maak toe jou oë!” en dan elkeen ‘n hap van haar toffieappel gevat het nie! Oh no! Hierdie girl, hierdie tweede oudste suster van my, was ‘n pro!) Oppad uit, gryp ek ‘n bra vir Estelle wat ek séker is haar sal pas, maar syself sien wat ek doen en hardloop die klerewinkel uit en vlug in ‘n onbepaalde rigting, terwyl Annette stadig en amper-sedig die straat afloop huistoe om dáár dan eers stock te vat van my en haar aankope “by Die Blinde Oom.” Die volgende dag is dit weer Edgars. Daar, trek Annette nie net bras en ander onderklere aan ónder nuwe rompe, bloese en baadjies nie, maar trek selfs ‘n splinternuwe paar hakskoene aan wat gou-gou op die terugpad huistoe haar voete begin eina maak het! “Wééreens ‘n suksesvolle inkopie by Die Blinde Oom,” lag ons. En só het ons voortgegaan en ook by Judy’s Fashions vir Mamma ‘n paar langbroeke gegaps en seker gemaak daar’s oorgenoeg juwele en accessories om by ál die verskillende outfits te pas. Nóóít gevang nie. Die Blinde Oom was weliswaar blind in daai dae. Selfs later, toe ek Esmé Edgars toe vat vir ‘n volle dans outfit, met bypassende hoed én skoene! Sy’t dit cool gehandle en alles uitgekies, aangetrek en uitgeloop asof sy dit al járe doen, man! (En wow, sy kón dáns, daai sussie van my! Was kwaai toe sy in dieselfde Blinde Oom-outfit haar kompetisie gewen het by Copacabana, die daaropvolgende aand!)
Die Blinde Oom. Ja nee, ons het hom baie support, haha! Só baie dinge by Die Blinde Oom gekoop. En vandag? Eish! Dink net, met vandag se winkeldiefstal wette en die stréngheid waarmee hulle toegapas word, wat sou met ons gebeur het, huh?! In dááí dae kon jy darem nog perskes en pruime by die bure steel en selfs wegkom met die gaps van ‘n pint of twee melk van ‘n voorstoep af waar dit afgelewer is deur die melkery. Johnny en Annette, toe hulle in Standerd 7 van die huis af wou wegloop, sou op suurlemoene gelewe het! Wat hulle sou móés steel ja! Baie sweets gegaps uit die winkels uit in daardie dae, ons almal maar. Vandág is daardie einste skelmstreke regte, egte misdade en toesluitsake! Ek weet nie van julle nie, maar ek persoonlik mis Die Blinde Oom! Conformity sucks! Maar méér feitlik, vanwaar ek dinge sien en as jy die rês van my stories lees, is die gesegde: “Die appel val nie vêr van die boom af nie…” - FGDP © 2005/6 ad ∞

0 Comments:

Post a Comment

<< Home