BoernaalBoernaalBoernaalBoernaal

B
o
e
r
e
B
l
o
k
e



<BoereBloke se BOERNAAL:>

BoereBloke se BOERNAAL:

George Rodrigue Art at http://www.georgerodrigue.com


FreddyTheFox's Last.fm Weekly Artists Chart

Monday, January 16, 2006

Old Cars I fancy


59 Plymouth 67 Alfa 1957 53 Ford 51 Oldsmobile

Ontsegbare Waarhede asook Liederlike Liegstories éíé aan die Du Plessis’

←Ontsegbare Waarhede¿??¿
Liederlike Liegstories¿??¿
Of bloot nét


HMM¿? BESLUIT JY MAAR SELF! HíéR VOLG DIE ‘ONOMWONDE’ FEITE:

Voorwoordjie: Familie-stories bestaan nie in boeke nie, slégs in onthou, weet julle? Sedert 1975 en definislis nóu neem die TV die plek in van kuier om die kombuistafel voor die koolstoof of dan in die sitkamer, waar kinders voorheen al-sittende gefassineerd na hulle ouers en ander familie se vertellinge van staaltjies en amper-legendariese gebeutrenisse geluister het. Vandag het ons families se stemme maar stillerig geraak. Nou ja. Ẻk vertel in skrif en jỷ lees – amper so cool as om dit te hoor. En jy kan dan eendag sê: “Dis ‘n ware storie. Ek was daar toe Freddie dit oorvertel het.” ;-)

“Sugar in your nose?”
Mamma. Dis nou Helena Claudina (Pienaar) du Plessis: ‘n Belangrike Engelse persoon wat saam met haar werk, kom besoek haar by die huis op ‘n Saterdag om sekere werkaangeleenthede te bespreek. Sy is kriewelrig en bekommerd erken sy, want dié man het ‘n verskriklike gróót neus - iets soos Gérard Depardieu die akteur s’n maar ietwat gróter en léliker, want dit het – en Mamma probeer hard haar lag beteuel – bowendien ‘n nartjie-tekstuur óók nog! Die hoofrede vir haar semuagtigheid is dat sy graag haar kinders aan dié man, wat glo binnekort haar hoof sou wees, wil bekendstel. Mamma is egter gedetermineerd dat ons géén aanmerking hoeganaamd oor sy neus sou maak nie watwou sou lag vir dié onaardigheid, wat hy tog inderdaad níé kan verhelp nie.
Natuurlik belowe ons om onsself goed te gedra en alles verloop toe vlot…behalwe…toe Estelle tee inbring mooi uitgelê op ‘n skinkbord, met teepot, suikerpotjie en melkhouertjie daarby. “Dankie Estelle my kind. Ek sal die tee bedien.” Dit nadat Estelle die skinkbord op die sitkamertafeltjie neergesit het. Ons kinders kyk toe hoe sy ook die woord by die daad voeg en ‘n koppie vul met tee uit die teepot vir haar gas en hom beleefd vra: “Milk, Sir?” “Yes, just a little bit, please.” Mamma gooi ‘n klein hoeveelheid melk in sy tee en kyk weereens op na hom: “Excuse me, Sir, but do you take sugar in your nose?
“Yes, please Ina. Two sugarspoons full will do nicely.” Sê die man asof niks in die wye wêreld verkeerd is nie - maar sy gesig en houding wys duidelik hy hét gehoor. Ek kán my lag eenvoudig nou nie meer inhou nie en maak proesend gereed om die sitkamer uit te hol. So ook Estelle en Annette. Die kleintjies het die Engels nie verstaan nie en bekyk ons net in absolute wonder aan, groot glimlaggies op hulle gesiggies. Mamma laat die teekoppie byna val en is die volgende oomblik self histeries aan’t lag en blyk nie in staat te wees om op te hou nie! Een vir een nael ek, Estelle en Annette al luidlaggende nou die voorkamer uit, gevolg deur ons jonger sussie Mandy. Baba-Esmé kon toe nog nie regtig goed genoeg loop óm te hardloop nie, anders sou sy ons seer-sekerlik óók gevolg het.
Ons hoor toe later by Mamma dat sy haarself uitéíndelik kon kry om haar lagbui te staak en toe aan die man verduidelik het ons het gelag vir ‘n private “familie-grappie.”
Arme ou. Hy save toe maar face. Hy drink toe sy tee en verduidelik dat hy die situasie ten vólle verstaan en Mamma hoef regtig nie om verskoning te vra oor die laggery vir ‘n private grappie nie. Nartjieneus is toe direk daarná vort sonder om die werk-dinge verder te bespreek. Hy het darem nooit ooit daarná na dié insident verwys óf teenoor Mamma daaroor gediskrimineer nie.

“Ek soek na my Dina”

Ek. Dis nou Frederik Gerhardus du Plessis: Sjoe! Genádiglik kon ek lank aan my milkshake suig totdat my spulsheid bedáár. Ja nee, ek was ermmm…jonk? 16 om presies te wees. Maar wat gebeur het, kom nou maar éénmaal daarvan as ‘n ou doos-bedonderd is soos ek inderdaad was en almal in my Hoërskool ook maar. Beide geslage eintlik, hoewel ons ouers en onderwysers ons gesien het as Afrikanerseuns en –dogters wat nie net gehoorsaam en fatsoenlike was nie maar ook edel, rein-van-hart-en-sterk-van-inbors klone van hulself. Máár in die Standerd 9 klas van 1974 op ‘n Vrydag, tydens Wiskunde geometrie-onderrig hyg Zonda langs my hard so ál asof sy eerder met L.O. besig is, as om die afmetings van ‘n parallelogram te probeer bepaal? Ek lê terug in my skoolbank om haar situasie op te som. Eish! Haar regterhand is onder haar gym in en sy sit, styfgeskopde bene voor haar - wydsbeen. Ek kry ‘n moerse horing daar en dan, die afmetings waarvan Kallie Kotze die Wiskunde onnie séér-sekerlik niks van sou weet nie. Zonda kyk. Sy glimlag. Sy’t gesien! Uh oh!
Die klok lui klaswisseling en ek staan vir jou behóórlik vinnig op om te loop, maar laat Zonda darem soos ‘n wafferse jintelman vóór my by die klaskamerdeur uitloop. Ek druk my rigiede familiewapen teen haar agterstewe en sy druk so waar as wrágtig terug!
Daar is toe dan ook dié aand ‘n Volkspele saamtrek in die Roodepoortse stadsaal en verskeie laers van oraloor woon die geleentheid by. Tydens, “Meisies ja so móóí word die kring ingenooi…” sien ek ‘n girl in ‘n oranje volkspele rok wat lang donker hare soos Zonda het en bykans dieselfde oë ook. Ek flirt met my oë en my smile. Dis wáároor Volkspele gáán. Sing, dans en flírt. Sy smile terug en druk my hand ‘n bietjie harder as gewoonlik tydens “Aanstap rooies, die pad is lank en swaar…” Dis ‘n sign dat sy my lyf óók soek. Toe ons op "En laat julle kwassies swaai, swaai" tiekiedraai, swaai óns skoon by die stadsaal se voordeur uit “en laat die wiele draai…” 
Ek wil nie brag nie maar ek het télkens as ek my Volkspele mondering aangetrek het, het ek ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan en die lelike eendjieou het ‘n handsome swaanseun gewôrre in my maroen onderbaadjie, geborduur met proteas en ‘n Voortrekkermonument en my wit nekdoek met ‘n goue ring vasgemaak, asook my netjiese styfpassende swart broek en blink swart leerskoene. My hare was Elviskuif-style gekam en ek het sidies gehad en ‘n harde baard vir ‘n jong skoolseun en altyd ‘n 5 0’ clock shadow ongeskeer gelos (all the better to rub against your erect nipples with, my dear. Ag ekskuus! *bloos*)

OK. Ek lyk heelwat ouer as wat ek is al sedert Laerskool-dae en gewoonlik is dit ‘n probleem vir my, maar níé by díé Volkspele saamtrek díé aand nie, oh no! Dit draai toe uit sy (haar naam skóón vergeet) was 27 en het gewerk by die Volkskasbank in Roodepoort as kassier. Ek meld niks van my eie ouderdom nie en soen haar navrae oor my okkupasie stil. Ons ‘maak toe uit’ ágter C.R. Swart se standbeeld (voor die Stadsaal,) waaragter ‘n halfmaan muur gebou is en ‘n fontein se water amper net soos sy ‘gegurgle’ het…
Hulle doen Ek soek na my Dina toe ons later weer die stadsaal binnetree en ek begin Dina te soek asof ek die héle aand daar was want my Volkspele-onderrig onnie, Meneer du Preez het glo angstig na my gesoek terwyl ek weg was. Hy neem sy verantwoordelikheid as Volkspele-leerling Oppaser nogal ernstig op. Dankie tog, my “Gelukkie vir Frikkie” het toe alreeds aanbeweeg in die kring van spelers toe hy my berispe en ek verduidelik ek het net vars lug gaan soek. “Vir amper twéé ure, Freddie? Ek dínk nie so nie…maar ons gesels later weer hieroor. Intussen…BLY IN DIE SAAL.”

Soos die noodlot dit wil hê bank Mamma by Volkskas, Roodepoort Tak. Sy stuur my dan ook - terwyl in my skooldrag en by haar werk by Roodepoort Motors na-skool - bank toe om vir haar ‘n tjek te deponeer. Ja. Nét so. “Gelukkie vir Frikkie” is die enigste beskikbare kassier en voldoen, yskoud en penregop - haar oë smeulende volkano’s, aan my versoek om die tjek te deponeer. Sy slaan die pers stempel só hard op die deposito-strokie dat ek wip van die skrik. “’n Bogkind!” sis sy woedend onder haar asem vir my. “Hóékom het jy my nie jou ouderdom vertel nie, Snuiter?!” Ek’s nie lus vir haar kak nie. Sy maak nou mos háár probleem, myne! “Wie nie vrá nie, wil nie wéét nie!” snou ek haar toe, dog merk duidelik op dat vanwaar sy my uitskel agter die toonbank, sy lekker áárds ruik - amper net soos een van daai mushroom-parrastoele wat op ons grasperk by die huis groei nadat dit gereën het en jy trap hom stukkend. Ek en sy het toe niks verder vir mekaar te sê gehad nie, buiten om beleefd te groet nie. Ek gaan drink toe maar ‘n milkshake by die kêffie langs die Savoy bioscope oppad huistoe want ek is nou behóórlik katools en soos ek vroeër gesê het, suig ek lank aan hom en gaan uiteindelik huistoe om my huiswerk te doen en Springbok radio te luister saam met my sussies. Ek wonder wat Mitz en Gerhard vandag gaan doen tydens “As die Flaminke Dans”? rondom 4 uur? Miskien…ermm…nee wat. Hulle twee is soet soos stroop in dááí way, haha! Zonda het toe uiteindelik met Hein Barnard, Ferdi se broer, uitgegaan. Gelukkige ou!

“Piet Heijn, Piet Heijn, Piet Heijn sy naam is klein…

Sing Mamma “…sy daden benen groot, sy daden benen groot, hij heeft gewonnen het silweren vloot. hij heeft gewonnen het silweren vloot! Heeft jy al gehoor van het Silweren Vloot, het Silweren Vloot van Spanje…?” haar heuningby stem is soet verby en haar hazel-oë is vergroot vir effek - en ons haar kroos, Freddie, Estelle en Annette al lê-ende aan die voetenend van haar bed in haar slaapkamer is sugtend in ekstase. Mandy lê rustig langs Mamma en slaap en Esmé is in haar kotjie, droomland-in gesus deur Mamma se sang. Dit is ‘n Saterdag en Dedda is werk-toe by Lawsons. Ons word nou vertel van die dapper daad van Piet Heijn die Hollander wat volgens Ma se song, die totale Spaanse Silwer Vloot na die bodem van die see gestuur het. Impressive, dink ek, maar my Ma se singery is beter. Besides, ons is van Franse afkoms en die Vogelsang’s oorkant die straat van ons woning af is Hollanders en hulle lyk nou glad nie dapper of heldhaftig vir my nie! “Mamma vertel ons asseblief eerder van die donker-donker-ding….ag toe, ‘seblief!” Mamma knik en ons hou ons asems op as sy weereens, soos ‘n honderdmaal vantevore begin: “In ‘n donker-donker huis, in ‘n donker-donker kamer, staan ‘n donker-donker kas…” haar stemtoon is nou ook donker, senutergend en onheilspellend sagter, sodat ons onwillekeirig vorentoe, nader aan haar leun om beter te kan hoor. “…en in dié donker-donker kas is ‘n donker-donker laai…BOOOOO!!” Uiters voorspelbaar soos sy ons kén, deins ons terug en skree uit skrik en vreesbevangenheid. Mamma lag héérlik diep uit haar maag uit en die trane loop behoorlik - in háár geval as gevolg van haar lagbui en in ons s’n omdat ons outraged en geskok is dat sy ons weereens(!) met dieselfde ou skelmstreek die skrik op die lyf gejaag het! Ons pout ‘n iedereen met dik onderlippies wat duidelik aanwys wíé presies ons Pa is, en vergeet alweer dadelik dat sy díé selfde truuk net soveel kere al op ons uitgeoefen het as wat sy die “Donker-donker storie” vertél het. Mandy en Esmé het wakker geword tydens ons konsternasie en elkeen meld nou aan dat hulle honger is op hul eie manier: Mandy in haar cute way van net-net mooi begin praat én, let ons almal met plesier en trots op, sy sê ‘asseblief Mamma.’ Esmé huil haar versoek ewe bedreef uit en Mamma besluit om al haar 5 kinders te gaan voer…
Terwyl ek, net soos my sussies, Mamma se heerlike toebroodjies saam met koffie behoorlik tereg aan doen deur dit te verslind, dink ek aan die Engelse Antie wat ek by Anthony se huis ontmoet het en wat tydens ‘n gesprek met Antie Yvonne toe meld dat sy ‘n ‘parrot’ het ‘named after my late husband,’ en sy lag toe en sê verder: ‘I’ve had little Dick for 40 years…’ Ek verstaan toe dadelik en bloos bloedrooi ten aanskoue van beide Tannies en Anthony. Somehow, het hy glad nie gevang dat ‘Dick’ die troetelnaam is vir Richard maar natuurlik ook ‘voël/piepie/tottie beteken nie, en dat sy daarop gesínspeel het dat haar man ‘n kleintjie gehad het.
Annette raak slaperig na die middagete en sit soos gewoonlik haar duim in haar mond en suig dit sonder om agter te kom sy doen dit. Dis nou al iets wat sy doen sedert sy ‘n baba was en sy is nou reeds ámper 7 jaar oud. Mamma het alreeds alles probeer om haar dié gewoonte áf te leer, maar niks werk nie. Níé haarmansdrup, paragora, kasterolie, haarlemensies - in fact énige sulke muti, of selfs eers aalwynsap, naelpolitoer of selfs uit desperaatheid êê en ja, bid, nie. Mamma nooi ons voorkamer toe waar sy ons almal sedig op die banke laat sit, afwagtend… “Piet Heijn…,” begin sy wéér in dáárdie stemtoon, “…was ‘n vampire gewees.” Huh!? Wonder ek. Dag hy was ‘n hero? Maar ek luister voort, nou regtig ge-intrigued en so-ook my sussies, duidelik te bespeur op hulle gesigte.
“Ja, hy was ‘n bose, aaklige bloedsuiende wampier op die ou einde!” gaan Mamma voort. “En die rede daarvoor?” sê sy sagter en ons leun weereens vorentoe (ai!) om ons Moeder beter te hoor, half-verwagtende dat sy ons weer gaan skrikmaak, heheh!
Maar nee, Mamma is ernstig verby: “Die rede hoekom hy ‘n vampire geword het was omdat hy van kleintyd af sy duim gesuig het soos Annette. Hy was so ‘n mooi edele jong seuntjie maar die gedurige suig aan sy duim het die bloed, wat daardeur en daaruit in sy mond ingeloop het in hom ‘n bloedlus omdat hy gewóónd daaraan geraak het om bloed te suig. Arme kind! Hy kon dit nie help nie. Sy hele familie leeggedrink! Ouma, Oupa, Mammie, Pappie boeties en sussies…” Mamma huil saggies. “Ag God, Annette my kind! Jy gaan ‘n vampire word en sónder dat jy dit bedoel, gaan jy ons almal doodmaak deur ons nekke oop te skeur met jou tandjies wat jy so vorentoe stoot in jou mond met jou duimsuig, en ons bloed drink!” Ons huil teen nou ook en Annette lyk bleek en reg om flou neer te kap. “Ek koop net môre vir ons knoffel en kruisies, Freddie, Estelle, Mandy…Esmé, my baby…” Mamma kyk vol hartseer na Esie en Annette kan dit skielik net nie meer vat nie. “Mamma! Mamma! Ek sal ophou my duim suig! Ek wil niiiiiie ‘n vaaaaaaaaaaaaaaampiiiireeeeeeee wooooooorrrrrd nieeeeeeeeeeeeeeeee!!” huil sy histeries en hardloop na Mamma toe om daar troos te verkry soos altyd vantevore. Maar haar Mamma deins bevrees terug en hou haar nek toe. Sy draai om, om dalk dan by haar boetie en ouer sussie ‘n reaksie van simpatie en ondersteuning te verkry, maar hulle óók verberg hulle nekke en huil hardop en bevrees. (Ons het so waar as wragtig wat Mamma gesê het geglo! Piet Heijn en nou Annette – vampires!)

Daardie aand weier Estelle en dus Mandy ook om in dieselfde kamer as Annette te slaap en Dedda, nou terug van die werk af en ten volle ingelig deur Mamma, speel saam. Die tweetjies slaap op die banke in die sitkamer met hulle kussings en komberse. Annette is verslae en ontsteld en voel verlore en discarded, soos ‘n weeskind! Sy lê eensaam, huilend én slapeloos in haar bedjie en wil-wil haar duim suig – ai, die mag van die gewoonte – maar dink dan aan Piet Heijn, haar Mamma se waarskuwing, haar familie se verwerping…en dwing dan haarself om dit níé te doen nie.
Díé breinbliksem het gewerk! Mamma het nie alleenlik Annette verkry om op te hou om haar duim te suig nie, maar dit óók reggekry om elk keer wat sy saggies onder haar asem en met ‘n ondeunde blik in haar oë, “Piet Heijn, Piet Heijn, Piet Heijn sy naam is klein…” te hum, ons kinders te kry om flūkser en déégliker ons chores te doen. Wíé innie wye wêreld is dan nou níé bang vir ‘n vampire nie…huh?! Lees gerus my “Die Vampire” vertelling. Dis ‘n lekker storie en nogal waar ook!



Estelle se Roadrage
Estelle sou máklik die volgende kon kwytraak en hét moontlik ook alreeds: “Suid- Afrika is níé vir sissies nie; oorlewing ís belangrik.” En óók dan: “Hándtekens beteken sélde “goeie more.”
My sussie, Estelle ly aan ‘roadrage’ (‘padwoede’? – klink nie té waffers in Afrikaans nie, nê?) Eh hét sy die skoot erg deur die kop! Dit is duidelik te siene dat Johannesburgse motoriste (Dis nou Estelle en haar mede-motoriste, mense…heheh!) amper nooit minder as 90 km per uur ry in stadsverkeer nie en maklik deur bloedrooi robotte ry en stoptekens totaal ignoreer, selde gebruik hulle flikkers en verwissel anytime van baan sonder enige teken daarvan dat dit hulle intensie was. Fietse en voetgangers word amper-verafsku en word dan ook baie probeer raak te ry. Daar word nooit plek aangebied aan ander motoriste nie (al word ook gepleit). En in die buurt van skole word daar dan nóg vinniger ry as normaalweg die geval is.
Dat taxi's sonder teken voor jou indraai of stilhou en voortdurend van hul wiele of onderdele verloor is een van Estelle se pet hates, maar- “Hándtekens beteken selde “goeie more.” En na ‘n ‘vinger’ haar kant toe gewys word deur ‘n taxibestuurder is hy so te sê mincemeat! Eish! Overskrokke, en in ‘n onbeteuelbare woedebui jaag my suster die offender agterna en huiwer nie om dan self onbeskof en mallerig op te tree en bv haar ou stuurwiel lock by die venster uit te waai ter bedreiging van ‘n vieslike pakslae daarméé as sy die ontwykende vreesbevange taxibestuurder in die hande sou kry. Díé spesifieke dag toe ek saam met haar gery het, het die taxidrywer haar gelukkig ontduik deur terug te draai in Naudé Beyers Laan in en toe in ‘n systraat in. Ekself het ‘n gejaagde hartklop ervaar en was bang vir die taxidrywer se part! ‘n Ander keer weer was dit Estelle en Mandy (‘n maller-as-mal-kombinasie en doodgevaarlik vir moontlike vingerwysers!) op Ontdekkersweg. Dié ou in ‘n motor, druk hulle amper van die pad af en…eish! Gee hulle die vinger! Hulle sit hom dadelik agterna en Estelle spring uit haar kar uit toe ‘n verkeerslig rooi slaan en hom dáár vashou. Sy breek sy sy-spieëltjie af toe hy haar vloek en sy venster toedraai. Mandy spring uit met ‘n sambreel om hom óók by te dam. Sy voeg dan ook daad by woord nadat sy hom so sleg gesê en beswets het dat die see hom nie sou kom afwas nie! Hy moenie hulle vloek nie! Die ander motoriste het net die situasie sit en aangaap met groot oë en oop monde…
Die toenemende aantal taxi's ís nou eenmaal elke Johannesburgse motoris se nagmerrie! Ek blameer partymaal nie mense dat hulle gedurigdeur woedend agter taxis wat al die reëls breek sonder om te blik of bloos, aanvloek of met vuiste wys dat hulle hulle gráág leed sou wou aandoen. Dan is daar díégene wat daad by woord voeg, ja. Volg net my oë…heheh! Estrelita, my sussie, déurdat daar
daagliks motors is wat vol duike is, word spasie gemaak vir panelbeaters om motors te herstel; ongelukke weer skep die ruimte vir mense om kunsledemate te vervaardig 
veral wonderlik is die feit dat die héle gemeenskap op ‘n uiters-demokratiese manier ingetrek word omdat almal die één of ánder tyd ‘n slagoffer sál word! Álles te danke aan taxis, wel, mééstal! Verstaan jy, hmmm..?
My wetenskaplike opinie is dus: Johannesburgse bestuurders bó! Road rage rules en…
ESTELLIE bó!
Dedda se Kerrie
Dedda kook toe eendag sy berugte sterk kerrie met die heel osmotiese gekookte eiers daarin.
Dromerig vra Aubrey of ons kerriekos kan maak, met baie gemmer en knoffel en rissies. Begin sommer nou afskil, ons eet vanaand skaapbredie, met vleis van die Transvaal. En dis nie lam nie. Dis 'n volgroeide skaap en hy het nogal baie vet aan. Aubrey kyk oor Dedda se skouer in die pot. "Wanneer sit Oom water by?" vra hy. Dedda verduidelik half geskok dat mens nie water in 'n bredie gooi nie, dit smoor mooi gaar nadat jy die vleis en speserye verbruin het. Díé metode het Aubrey verstom, veral toe Dedda die deksel toeklak en sê jy kyk nie weer in die pot nie, newwermaaind nie roer nie, gehoor? Dis hoe jy bredie kook. Soveel mense vra na die resep, maar daar is nie een nie. Uie, baie vars knoffel, speserye, en braai van die stukkies skaap. Watter snit? Maakiesaakie, jy kan tjops ook gebruik, soos die Franse Cordon-bleu-kokke.
Maak alles mooi bruin en pak dan jou groente op. Ons het knarsvars groenboontjies en mielies ook. Plaas drie groot hande vol net so heel bo-op die bredievleis. Halwe koppie witwyn, sout en peper en op gaan die deksel. Moenie roer nie! So 45 minute voor ons gaan eet, plaas ek vier of vyf aartappelstukke bo-oor my stew. Ek skillie die aartappels nie, want die skille is gesond, maar Antie Ina dink onafgeskilde aartappels hoort nie in 'n Sondagbredie nie.
Haal die deksel af en kyk in die pot. Sien jy, Aubrey, dis gaar. Nou plaas jy jou heel klaargekookte eiers, sommer ‘n dosyn, want ons is baie wat gaan eet - in om die kerrie te absorbeer. Soos jy ook kan sien, die houtlepel gly maklik in, die boontjies is nog bros en die vleis is sag. Ons rasper 'n bietjie suurlemoenskil oor vir ekstra geur en proe dan vir sout. Nou net 'n skraapsel neutmuskaat.
Verwonder kyk Aubrey Golden hoe Dedda die neut oor die bredie rasper. Dit ruik soos my ma, sê sy uiteindelik. Hmmm..sy Ma ruik meer knoffelrig, dink ek! Dedda nooi toe vir die einste Aubrey Golden, wat ‘n groot kerrieliefhebber is om ons te join vir Sondagmiddagete.
Aubrey kan maklik sommer 5 borde vól éét sónder skroom. Hy brag dan nou óók daaroor – “solank daar ‘n bietjie bier of wyntjies byderhand is!” knipoog hy vir Dedda en Mamma.

Ná sy eerste bord –
Heilige Fok! Oom Harry! Antie Ina! Wat de hel is díé goed? Mens kan gedroogde verf van jou driveway af daarmee verwyder. Dit het julle nou sopas twéé biere gekos om die vlamme te blus…

Ná sy tweede bord (en twee biere -)
My ore lui nou en ek kannie langer my oë in fokus hou nie. Ek het sopas gepoep en die vyf mense wat saam met my aan die tafel gesit het, Oom Harry se dogters en Freddie en Antie Ina, Oom, het nóú dringende mediese hulp nodig, dink ek. Moenie so séérgemaak lyk nie maar ek sweer Oom se kerrie het my breinskade aangedoen! Dankie tóg dat ek ‘n groot jug vol bier byderhand gehad het om op my brandende tong te gooi. Dankie Antie Ina. Die gekookte kerrie eiers is darem só lekker. Nog ‘n bietjie asseblief, Oom Harry.

Ná Aubrey Golden se derde bord, twee biere en ‘n vérdere jug vol bier:
OK. Oom Harry han nou maar ‘n handgrenaat in my mond insit en die pin trek en ek sal dit nie voel nie! Ek het die sig in my een oog nou verloor en die wêreld klink so al asof dit van bruisende water gemaak is. My klere is vol kerrie wat op een stadium ongesiens uit my mond uitgegly het. Dis goed so! By die na-doodse ondersoek sal hulle wéét wat my dood veroorsaak het. Ek het besluit om maar op te hou om asem te haal. Dis in elk geval té pynlik en bowendien verkry ek geen suurstof nie. Ek sal dit dus maar insuig deur die 10 cm gat in my maag!

‘Nóg ‘n bietjie, Aubrey?’ Vra Dedda hoflik en teen nou al hoogs-geamuseerd;
‘Asseblief, Oom Harry, maar net ‘n bietjie. En nog ‘n kerrie-eier ook.’

Ná ‘n vierde en klaarblyklik lááste “helping” asook 2 biere en ‘n jugvol bier ook daarby:

Aubrey: ---------------
Dedda*: *Oom Duiwel ;-)
Olifantrugryery
Oom Olifant, jou reusedier,
die mense lag vir hul plesier,
want waar het jy al ooit gehoor,
van 'n stertjie van agter
en 'n stertjie van voor!
Estelle vat Louise toe so twee jaar gelede vir ‘n 'n besondere samesyn-herdenking en onvergeetlike ondervinding om olifantrugryery te ondervind! Ek en Estelle het vooraf die lokasie besoek net ‘n endjie vanaf Hartebeespoortdam se tonneldeurgang. Die Olifante is glo as kleintjies afkomstig uit die Kruger Nasionale Park. Hulle is eers op 20 jaar volwasse. Volgens die “honeymooners” is hulle is baie goed geleer en reageer op mondelinge opdragte. Een van hul afrigters is dag en nag by hulle. Besoekers, soos Estelle en Louise klim saam met een van hul afrigters op die lêende olifant en hy staan dan op terwyl jy aan die afrigter vashou. Jy ry dan bloots op 'n toer deur die bos. Later stap jy saam met hulle as hulle gaan water drink en kry daarna geleentheid om een te voer. Jy sit letterlik die handvol kos diep binne in sy mond bo-op sy tong. Estelle en Luoise reken mens kom werklik onder die indruk van hierdie bosreuse se intelligensie, hul goeie geaardheid, maar ook van hul reusekrag. Dit bly na so 'n besoek onbegryplik hoe jagters vroëer hierdie diere in hul honderde kon afmaai vir hul tande. ‘n Lekker paar etes het die hele aangeleentheid dan ook lekker gemaak en die slaapplek was glo ook besonder nice. Beste ding van alles is die tweetjies is nou reeds lankal al hulle eerste dekade van saamwees verby. Way to go, girls!
Hier volg Estelle se éíé rendisie van hulle ‘Olifant Ondervinding’ – in Engels, soos aan haar vriendin Allison in Australië beskryf:
I took Louise away for her birthday to a very posh elephant sanctuary near Hartebeespoort Dam - it was a nice surprise for her as she had no idea where she was going. The whole elephant experience was superb - we washed them, walked with them and yes - we even rode on them - that was another story all together - me getting onto an elephant - this poor black guide, thinner than any starved Somalian could ever hope to be, bent down for me to step onto his back - I politely refused, but he got this hurt expression on his face, swearing to me that he has lifted much heavier patrons onto the elephant - so what was a 106 kg girl to do - I stepped onto his back - pushing his face into the elephant shit as he sank at least a meter into the earth - coughing and spluttering he admits defeat and calls on 3 more men to assist with lifting me onto the elephant who by now also looks a bit dubious about having me on her back. So with a lot of sylphlike women watching on, the elephant loering at me out of the side of her eyes - the 4 men begin to lift me onto her back - having no grace, I flop onto the elephant ( her name was Moesadi ) stomach first - (in the process I kicked one man in the face so his glasses flew across the ground and winded another, who promptly sat down on the ground, huiging for a breath of fresh air) hitting the elephants back quite hard, she let out a huge fart filling the air with the most delicious odour - I quickly make sure everyone knows it's not me, then slide down the side of the elephant hitting the ground with a thud. Still they don't give up - I have mos paid a lot of dough for this ride - and they will get me onto this elephant no matter what - the sylphlike dames now all advise me - "put your leg here, push your bum out, grab onto the collar....blah....blah...blah" - & the brave, and now wounded men gather again for one last try ( their wives looking on with grave concern written all over their faces - I can see the questions in their minds - "will I become a widow today - can I afford the funeral, will my sex life ever be the same again ...... oh God help us don't let her kill my husband"). The elephant looks a bit friendlier as I have helped her get rid of a wind that caused her problems, and she now almost looks at me like I could be her nursemaid or mother. The men flex their muscles, arrange their balls, scratch their bums and bravely step forward - everyone gives an almighty shove - EUREKA!!!!!!! she is up-"Hooray" the sylphlike women shout, "thank God" the wives whisper - "what the fuc......k" the elephant trumpets...........me.... I cling to the skinny handler like an octopus, thinking ooooh my golly gosh it's high up here. The handler puts on a brave face, "don't worry" he says " if we fall we both fall" - my man, I think, If we fall, we won't both live, that's for sure. The elephants begin to move - Moesadi's spine fits right between the crack of my bum - it feels like i'm getting a bum floss - ooooooh my goeie vader, eina pyn - I almost mount the handler as I try to extricate the spine from between my cheeks - he falls foward - shouting " no madam, semblief tog , ons gaan ons moere los val as jy nie stil sit nie" - so I sit, letting Moesadi's spine give my ass a cleansing like it has never seen before. I now become aware of the fact that Moesadi also has a skin with lots of fine hairs on - course, skuurpapier like hair, that is busy rubbing away the flesh on my legs, and leaving my legs looking red and very smooth, as it has gotten rid of the long leg hairs I took all winter to grow - pleeeeeeze Moesadi, fokof terug na jou kraal toe so gou as jou vet olifant lyf jou kan dra, jy is besig om my te martel and I am not having any fun here at all..... but Moesadi is not fokoffing, rather she is obeying the elephant speedlimits that they have set in the reserve .... 10 paces an hour, with lots of eating and breaking of trees in between...... "sê vir jou olifant sy moet vinniger loop" I beg the handler "ga, sê jy vir haar, ek interfere nie met haar as sy wil eet nie" he says to me, with a toothless grin - so I resigned myself to a lifetime of pain, for how many trees have they got here- en hierdie donderse olifant lyk baie honger. Fortunately he was only joking, or maybe not so fortunately, because the next thing he jerks Moesadi's ears and whispers some Zulu word to her - and she begins to FOKOF in a big way - I hop up and down on her spine - it feels like someone is busy giving me an enema, whilst at the same time my ovaries have now moved up into the cavity where my tonsils used to be - I can not utter a word, not because I have nothing to say, but having two ovaries in your throat is rather restrictive- instead I wipe away a few quiet tears - and finally we enter the kraal - I must get off this animals back ASAP, and as soon as she kneels down, I leap into the thin Somalian look alikes arms and we both hit the ground rather hard - he looks winded and wounded, never has he failed before - always he has been able to lift people on and off the elephants with grace and pride - he is unable to comprehend this situation and has a dazed and confused expression on his face. "Wasn't it wonderful" the sylplike women with their skinny poepolle and red lips and long nails ask me - and believe me, you don't feel friendly with an ass that's burning and leg that feel like you have just been sanded for an hour - DIT WAS MOERSE is the best I could come up with before I rushed off to my room to go and inspect my ass in the mirror wondering if it would still work after this experience. Anyway, all faded into the distance when later I sat on a soft pillow eating a wonderful brêkkie and watching the ellies play in the mud. Hope you are all well. Lots of love, Estelle the Elephant Queen.Gorrilas in die Mis (-ty Suide)
Harry het ‘n swart ou ‘n gorillasuit laat aantrek om dáárdeur meer kliënte te verkry vir ‘n Lawsons vulstasie daai tyd in Rosettenville. Die man gaan toe níé genóég tekere om klandisie áán te trek nie en Dedda donner hom sommer dáár en dán in die gorilla outfit. Skielik wou almal daar karre volmaak, oile en water laat nagaan en vensters gewas hê. Alles om daai ou te bekyk wat die gorilla so moer! Gorillas is dan veronderstel om 20 keer so sterk soos ‘n man te wees en díé een val en hardloop dan weg! Ai, nooit! Of te wel, soos Ina sou sê: “Crikey-Moses!”
Bloom(er)ing Krisis!
Esie vergeet om ‘n panty aan te trek bioscope toe en loop kaalgate rond, buk vele kere om goed op te tel en lig haar arms omhoog met haar kort rokkie. Sy wys haar álles aan die wye wêreld en Estelle, Annette en Mandy gaan byna dóód van skaamte, skok en embarassment! OK. Sy’s nét 4 en klaarblyklik onbewus van hóé sy almal om haar skók, maar Mandy stem darem in op aandrag van haar twee ouer susters om háár panty maar vir die klein flasher aan te laat trek en sódiende hulle verleentheid ‘n einde aan te maak Mandy spandeer die res van die tyd toe maar stillerig aangesien háár eie rokkie ook maar skraps was…
Afval, enige een?
Mens staan nooit koud teenoor afval nie. Jy eet dit of glad nie, of die woord afval laat jou visioene sien en drome droom. *kots* Soos Oom Rassie eenmaal tereg opgemerk het: 'n mens is of 'n afvallige – dis nou iemand met groot waardering vir dié ‘koningskos’ - of jy is 'n nie-afvallige. Dedda het eenkeer verklaar nadat hy 'n stukkie beestong aangebied is: "Ek eet nie iets wat in 'n dier se bek was nie". Toe vra Antie Nellie hom of hy darem hoendereiers eet… tsk! Iemand wat afval eet, kan 'n kriminele daad ook pleeg dink ék persóónlik. Ding is…Mamma het altyd die skaappens so mooi skoongeskraap dat hy spierwit is soos haar vadoeke en dan daarvan kerrie gemaak. En dit wás tongklap, drooling lekker! Die Rassies het egter altyd gefight oor wíé kry die skaapoog en breins en skaaptong was ‘n groot lekkerny daar! Beestong…ek onthou dat Mamma dit gekook en opgesny het ééntyd voor ons nog geleer het om so fussy te wees. As Mamma gekook het: Estelle eet nie gekookte vleis nie. Freddie weer nie rys nie ens. ens. Die Erasmusse eet enigeiets. En het dan ook bies aan ons voorgestel. Dis nou die koei se melk wat dik geword het vóórdat haar kalfie begin drink het. Hulle het ook hoenderderms geëet en só ook mossies wat hulle geskiet het en in modder gebak het. En ja, ons het as kinders baie male daarin gedeel. *LOL* Maar nie een van ons eet vándag énige afval nie, jammer! Nini en Estelle is reeds vegetariers en Esmé is nie ver daarvan af nie. Selfs ek eet dan nou veggieburgers deesdae. Nie-afvalliges, een en almal, of hoe Annette?
Dieper en dieper. Nee, nie Deeper die hond alweer nie.
Estelle en Annette neem hulle jonger sussie, Mandy vir ‘n swemsessie in die Roodepoortse Munisipale Swembad. Dáár stap hulle aan beide kante van haar, terwyl hulle haar handjies stéwig vashou, die swembad binne aan die vlak kant en loop ál dieper met haar verder in…hulle gesels land en sand en stap steeds voort, ál hóé dieper en dieper. Hulle eie koppe is nog steeds bokant die water, maar hulle merk nie dat die véél korter Mandy, lánk reeds onderwater is en spook om haar asem in te hou en nie te verdrink nie! Dit was éérs toe sy franties en hewiglik desperaat aan hulle hande ruk dat hulle onraad merk en haar óptrek na bó! Amper!
‘n Akksident? Heheh!
Ons ry oppad na die Vaalrivier se Barrage vir ‘n uitkampering en daar is twee motors. Ons s’n, wat Dedda bestuur en ‘n ánder, wat die Labuschagne’s in ry. Dedda en die Lappies-dude is drinkebroers tot Mamma se gróót misnoë en stil-woede. Beide mans is gesuip. Beide weier dat hulle bekommerde vrouens eerder bestuur. ‘n Swart kat hardloop oor die pad! Mamma sê verdoemend dat ons ‘n ongeluk gaan hê. Die ongeluk was dus tóé nie vreeslik ónverwags nie. Dedda bots in ‘n ander motor se agter-end vas en Lappies die dronklap bots weer op sy beurt in Dedda vas- soortvan díéselfde way wat Dedda in die ou voor ons in vasgery het…Ek en Estelle spring uit die kar uit en sprint, sonder om te kyk óór die besige hoofpad om ágter ‘n welige bos weg te kruip. Shock & Adrenalin-overload, I guess. Annette wil dringend piepie en ‘n by-nou-al móédelose Mamma sê sy moet maar sómmer in die kar pis. Díé warm vloeistof loop toe ágter by die stasiewa se gebotsde agterdeur uit in die pad in…Die spietkop wil-wil nét afmetings maak op die pad met ‘n stuk wit chalk, maar sien die druppende vloeistof en reken dis petrol wat uit die kar loop en Dedda en Lieplapper, ag ekskuus, Lappies, moet in hulle karre klim en voort ry vóórdat daar ‘n groter ongeluk plaasvind én móóntlik ‘n brand! Ek en Estellle steeds in skok, word van oorkant die pad agter ons bossie gehaal, ingelaai en vort is ons, die man wié se voertuig eerste gestamp was, tótáál verbaas en confused. Hóéwel beide dronkgatte skuldig was, kom hulle tóé wég daarmee as gevolg van Annette se piepie!
No way, José!
‘n Spietkop stop toe mos eendag my vriend Aubrey Golden in sy Opel Kadett wat Oom Chris en Antie Marie vir hom aangeskaf het toe hy 18 was. By ‘n Amerikaner gekoop. Hy’t gló ‘n fourway stop geskip. Ek het agterin aan die slaap geraak nadat ons by Esmé Moorcroft gaan kuier het. Ek hóór deur my slaperigheid Aubrey en die spietkop is betrokke in ‘n helse argument. Aubrey (garlic en drank op sy asem te bespeur soos gewoonlik deesdae,) insist dat hy níé die kar bestuur het nie. Spietkop: “Moenie vir sê dat ék lieg nie….ek het jou dan met my éíe oë gesien!” Dis toe dat Aubrey hom wys hy is eintlik die passasier en nie die drywer nie. Dit was toe ál die tyd 'n linkerhand stuur kar! Almal ek inkluis, lag toe heerlik diep uit ons mae uit en die spietkop wys toe vir Aubrey hy moet maar gaan wat…
My Laaitie.
Tortelduiwe koer rustig in die boomtakke. By die vendusiekrale buite Walkerville, in amper-Meyerton is daar 'n míérnes van bedrywighede. Flukse veewagters jaag die vee, eers in klompies na die krale, en later weer uit. Die boere staan in groepies en gesels. Jacques pas híér in en gesels ál-grinnekende saam met hulle. Ek staan éénkant en bekyk díé spul só asof ek alweer ‘n fliek sien en nie die werklikheid kan aanvaar nie. Ėk op ‘n vendusie! Eish! Jacques bid-bíé op ‘n oulike bulletjie, roomwit met ‘n bruin vlek hier en daar op sy fris lyfie. Ek wou ‘n versie kry, want meeste van my diere is ♀ soos Candy en Coco my twee dobermans en die menige kentucky fried tipe henne wat moviese gróót eiers lê. So ook die klein swart bondeltjie wat ek vir my kleinniggie Claudine gekoop het – ‘n puppy. Claudine sou haar later Cleo doop. En Nancy my miniatuur boerbok ooitjie – wel, sy’t ‘n boetie genaamd Saddam ook. Ek dink vlugtig aan my eertydse Poedeltefie, Lulu wat haarself nóóít soos ‘n tipiese poedel wat op ‘n satynkussing lê en mooi lyk, gedra het nie. Sy’s ‘n ware hondjie wat swem en klippe uitduik en agter balle aanhardloop. Sy’s nou Estelle, my oudste sussie s’n. Jacques het toe R 80 vir die bulletjie betaal en tel hom op en plaas hom agter op die bakkie. “Die versies was bliksems duur,” inform hy my en klim in die bakkie om terug kleinhoewe toe te ry. Draai tóé uit “Laaitie die Bulletjie” steel behoorlik my hart. Hy wil sy amper-horinkies gekrap hê en met die grasbesem oor sy lyf “gevee” word. En hy stóót-stoot aan jou tót jy dit doen en hom dan ook voer deur jou hand in ‘n bak papnat-mengelkos spesiaal vir jong besies in te druk en hom dit dan te laat afsuig deur jou hand in sy mond te sit! Hy belóér jou dan met daai mooi bruin boveense ogies so ásof hy óók lief is vir jou…Sam the Ram was ‘n anner storie. Of jy krap sy kop waar horings eendag sou uitkom, óf hy headbump jou ‘n lekker seer shot. Die hasies was ougat en baie mak en een van die nuutgebore eendjies, Gina (vernoem na Pinocchio se eendjie,) het sélfs saam met ons in die swembad geswem! My Egiptiese Geese was ook regtig mooi en Sam het die groter eende rondgejaag in die waterdammetjies in-al spelende, terwyl hulle kwaad blaas. Annette het haar eendag flou gelag vir sy manewales! Ek mis die plot. Duiwe wat vlug vervaard en met wilde vlerkgeklap uit die boomtakke vlieg as jy naby hulle kom,prentjiemooi gróén-omgewing met die blouste-blou lug en mín mense in sig…*sug* Ek sien Riaan aard darem so ‘n ietwat na my en méér só na sy Pa in díé dat hy óók van die “plaaslewe” en boerdery hou – hy is uiters suksesvol met sy melkeryboerdery dan ook. Mooi so, boereseun! 
Hoofkinders.
Jeanette vertel my en haar Ma die ander aand toe sy my terugry Netcare Rehab Hospitaal toe, nadat ek heerlik by Flint en Esie gekuier en gesels het vir ‘n tydie wég van die hospitaal, dat háár vroegste memory van my is gló…tóé ek Gerhard my Audi laat bestuur het toe hy omtrent 9 was en vir hom ‘n pakkie Peter Stuyvesant gekoop het, vir Riaan ‘n sixpack Castles en vir Jeanettie…sweeties (awww..) Dít was nou nádat ek vir hulle gesê het élkéén mag koop nét wát hy/sy wil! Gerhard was nogal ‘n bekwame bestuurder, watwou! En terwyl hy rook dat die bolle blougrys rook so stáán, dryf hy behendig en sittende op ‘n kussing, die splinternuwe duur Audi op ‘n nasionale pad! Riaan raak toe gou-gou getrek en lag maar net asof alles in die lewe prettig en snaaks is en cutey Jeanettie eet soet haar sweeties…dis tóé glo dat Flint verby ons ry en ons gelukkig nie sien nie! Dankie toggie-tog die spietkops het ons darem óók níé raakgeloop nie…en altwee, Riaan en Jeanette word toe in hulle verskillende Graad 12 jare, Hoofseun en Hoofdogter by Vorentoe Hoërskool! Gerhard self was ook prefek. Ons is trots, julle!
Dancing Queen
Van Esmé gepraat…en hóé word die "jongste danseres sussie" daardie aand by die danskompetisie in Copacabana club en ander tye by Chicago, beskryf as ek haar deur ‘n ander man se oë moet sien en nie my fond, platonic brotherly eyes nie? Haar stewige vol boude klok uit vanaf die smal middel …en van onder die dun katoenbloesies … bons en bokspring haar kaal bolronde borste soos twee lammers… Ek dink Daantjie het díé beskrywing reeds lankal in sy kop rondegedra, maar kon dit miskien net nie soos ek verbaliseer nie. En later…Flint óók. Sy’s ‘n cool kat, die sussie van my. Mooi. En talentvol. En sy vat soos haar ma, Ina, ook geen kak van kabouters af nie. Ōók nie van enige-een af nie, gló my! Goeie moeder, goeie kok. Uitstekende besigheids-sin! Kindhearted óók. Maar kom ons gaan terug na die danskompetisie toe - vurig en vry, die musiek toepaslik vurig óók! En toe perform Esmé du Plessis háár breinbliksem! Ek dag superheroes vlieg net bedags, maar supergirl vlieg oor daai dansvloer soos ‘n watwonderse brunette-engel met Lamborghini vlerkies daardie aand! Haar hoedjie tergend skeef op haar kop en haar moves Latino-Americano briljant gepaardgaande met ‘n Griekse godin uit die Mitologie se wulpsheid, wen sy nie nét die brunette-gedeelte van die kompetisie nie, maar ook ‘n nuwe plek van bewondering en trots in Mamma se hart, waar sy ‘n traan wegpik en ‘n wéérkyk doen. Die beker was silwer en het geblink, maar nóóit soos my sussie se oë nie…♥
Wáre Eerste Suid Afrikaanse Idol – Nee. Heinz Winkler was No 2.
Mandy Lee, ladies and gentleman! (My derde oudste of dan ook tweede jongste suster.) Die gehoor klap lánk en daar is luide waarderende fluite en aandringende uitroepe van more, more, éncore! You want more? Well, here she is, Ladies and Gentleman, that young star of South African music: Mandy Lee! Mandy Ronelle du Plessis, korrigeer ek die comparé in my gedagtes. My sussie sing soos ‘n engel. Nee…’n aartsengel, verseker!  Haar troetelgedrog word toe Seti. En haar Troetelaar, Fred Cheetham. Want sy is móóí en sy loop soos ‘n koningin regop en kyk almal en alles Cleopatra style uit. Sy rule, ja. Sy regeer op die ouderdom van 12 in haar fans en audiences en haar vriende se hárte, en só ook haar gesin en byna élkéén met wie sy in aanraking kom. Mamma is vrééslik trots. Sy raak dan ook baie betrokke by haar dogter se sangloopbaan. En so gaan die dae idillies verby in ‘n waas van Marilyn Monroe-beroemdheid en bekendheid onder al die groot Suid Afrikaanse sangsterre vir Mandy Lee. Hey, selfs David Cassidy wil haar as voorsanger hê vir sy voornemende Suid Afrikaanse toer, verduidelik John Rothman vir Ma en Lamy. Die Hudson Show Band sal háár en Gary Blackburn begelei. Storiegedorie! En oral waar sy sing, eers saam met Mike Erasmus, toe William Stewart en toe Mamma wat toere reël, is dit pure breindoepa! Gehore word mal! Selfs die Jill van Four Jacks and a Jill, moet terugstaan as Mandy Lee die stage betreë, ja!
En tóé ééndag op ‘n reëndag, eindig dit alles net skielik. Nee, nie die sangtalent wat engele laat kreun het uit jaloesie nie…eerder…die proses. Ek gaan weermag toe en na twee jaar keer ek terug. Die nuwe man in haar lewe is Wayne Taylor. Hy is headstrong, gedetermineerd en hardwerkend. Ons clash ‘n ietwat, ek en hy. Maar dit was maar omdat ons albei hardekoppe is, niks ernstigs nie. Dit was ‘n bésóndere vóórreg en plesier om Mandy du Plessis, my pragtige sussie die isle af te vergesel en aan Wayne te oorhanding om sy vrou te wees…♥

[Ma]SCARA.
Annette. Díé naam beteken Mercy. Genade in Afrikaans. Soms jongtyd “Netta” genoem. Heh! Hierdie girl wat met haar pragtige raafswart hare en hemelblou oë, nevermind a figure to die for, ingeprop in ‘n duiwelgekapte stywe broek en revealing toppie, geen mercy aan die menigte manne wat haar hul eie wou maak getoon het nie, het van toeka se dae nét een man op haar brein en in haar hart gehad…Jan van Vuuren! Sy naam was selfs in die geel streep van haar skoolbaadjie se collar-verlenging geskryf. Wynne Scholtz het die aantreklike Johnny se lyf ook gesoek met rooi oë, maar Annette het ten spyte van Wynne se menigte pogings, geseëvier. Dié tweetjies het foggerol van skool gehou en was gedurigdeur innie shyte by onderwyser Young, skoolhoof Heiberg en Ma Ina Pienaar du Plessis wat sommer albei bygekom het met ‘n sambok. Hulle loop toe mos eendag weg en sou van suurlemoene leef…vandag is die twee highschool sweethearts weer saam nadat albei voorheen met ander getroud was en elkeen pronk met ‘n dogter. Annette was getroud met Johan Grobbelaar, Claudine se Pa en wás daai ex-swaer van my ‘n karakter! Iets van Harry in hom definislis. Maar ek het hom gelike want diep binne-in is daar ‘n genuine ou, wat eintlik baie lief was vir sy vrou en dogter. Daar is só baie dinge en staaltjies wat my sussie Annette involve, ek sal ‘n hele aparte boek daaroor kan skryf! Sy’t die mascara wat ek van skoenpolish gemaak het en haar gedwing het om te dra tenspyte van rooi oë en die polish wat swart onder haar oë geloop het soos verf , verdra soos ‘n ware man! Ag ekskuus, ‘n braaf girl, bedoel ek! *knipoog* Goeie Ma, soos Ina. Kook héérlik, soos Ina. Goeie werker, soos Ina. Beneukte dingetjie – soos Ina. Goeie vrou – soos Ina. Goeie suster – soos Annette ♥
“Summertiiiiimmeee and the living is easy. Fish are jumpin’…”
Estelle o.b.a. Estrelita Conchita,*Lamb,** Lambchop,** Babe** en Love** en jongtyd Stella genoem. “Stella man voor!” Vir Hubert was sy Duif en hy Tortel. Mamma en ek noem haar partymaal Stellie (of te wel ook Stellie-Wellie.) Estelle beteken *ster* in Spaans, en ons sterretjie het toe die Summertime en Crazy songs gesing soos ‘n watwonderse stageperformer by We Care se jaareinde soíreé.
Mamma het haar altyd deur skrefiesoë bekyk en gesê sy lyk soos haar Tannie, Nan. Die * is my naam vir haar omdat sy ‘n kort Portuguese boyfriend genaamd Roger Correia gehad het wat netjies tussen haar borste gepas het as ons gaan dans het en hy het my gevra om met haar te trou. Ek het ja gesê tot haar en Ma se konsternasie en haar geterg dat sy nou in die groentelande sou gaan werk met ‘n kopdoekkie aan. Die ** is Swaerie (Louise) se naampies vir haar. Cute nê! Maar dan ís Estelle ‘n cute, besóndere mens, suster, partner en Eva Braun-clone in een  Ek onthou die dae toe ons met die bus Sun City toe was en duur ingevoerde sjokolade daar gekoop het en geeët het. Vir 3 dae en 3 nagte het ons gekak dat ons albei heelwat maerder by Rebel aangemeld het vir werk en John Brockway ons Baas dádelik kon sien ons het nie gejippo nie omdat ons so maer gelyk het, ha! Ons tab by die Griek se winkel oorkant die pad van Rebel Bottel Stores Hoofkantoor waar ons gewerk het in Houghton, was fenomenaal! Maar ons het dit elke maand gereeld betaal anders sou ons uitmis op al die liters melk, Dagwoods & Chips en ander kos daarby, wat ons daaglikse lunch was by die werk. Man, ons het behóórlik gevreet daardie dae! En dit het gewys in ons dupies-boepies, haha! Vóór dit, het Estelle baie oortyd by die Johannesburgse Hospitaal gewerk en my gereeld vir ‘n hamburger en chips en coke gestick by die Hamburger Den in Joubert Park. Stadig maar seker het ek en my sussie vriende ook geword. Sy het die meeste van haar geld egter vir Ma gegee om háár te help om die loansharks se byt te stuit. Sy’t Mamma ook “Donsdoos” genoem heheh. Net sy weet hoekom. Stellie is ‘n social worker cum psychologist gegradueerde en ek onthou die sukkel-dae toe sy net brood, peanutbutter daarop en koffie gehad het om te eet en drink sodat sy vir haar studies by RAU kon betaal. Sy verkies egter steeds die ermmm…vryheid wat Marknavorsing haar bied…ja. Sy doen mos díé ekstra werk om geld te spaar om jaarliks ‘n lekker vakansie te kan hou…ja. Breinbliksems en breindoepa rule in ons familietjie, watwou! Haar intelligensie is werklik asemrowend briljant. Stellie was die één wat Oubaas opgetel het en in die ou kar agter in Harindu se jaart gesit het toe die wit skuim by sy bek uitgeloop het, en ons gedink het hy het rabies en bang was om naby hom te kom. Daarná het ons vas geglo Pieter Coetzee het hom vergiftig. In daai selle kar het Stellie ook blare gerook…Ek is ‘n groot fan van Estelle se skilderwerk en as jy daaroor twyfel kom kyk gerus in my huis teen my mure. Sy skryf dan ook soos ‘n regte author en het sóvéle talente ek kannie help om trots op haar te wees nie! Estelle en Louise maak ‘n oulike paartjie en ek voel besonder naby aan albei. Hulle datchies Monty, Kate en Mowgli is vir hulle soos hulle kinders en die worsies is té ougat vir woorde! My oudste sussie is hulpvaardig en liefdevol, dog streng wanneer dit by regverdigheid kom. Ek dink ons familie is spesiaal verryk met haar daarin en ek is 100% seker almal stem saam! ♥

Vloeibare Kokaïne

”‘n Boer maak ‘n plan.” Met ‘n vet prawn in my hand wat lyk soos ‘n waggelende vinger vra ek die volgende vraag terwyl ek agter hulle na die bar kyk. Ingedagte…” Vloeibare Kokaïne? Ooit daarvan gehoor? Hulle sê dit is vir n girl sóós Moses die Israeliet wás vir die Rooi See. Hy maak hulle wyd oop. Só maak mens: gooi net éwéveel vodka, lime en curacao in ‘n skud-dinges. Add nou ‘m klomp blokkies ys. Skud béfónk lánk. Gooi in glase en shóót die liquid cocaine! Dadelik sal jy wéét én vóél dis die ware ding díé!”
Dis nou ék by ‘n Shooterbar saam met Ricardo en ‘n vriend van hom. Hulle wil my beïndruk met hulle superieure kennis van shooters. Ek sluk eers ‘n apple-flavour weg en tóé ‘n pypkaneel ene. En dis tóé dat ek die bogenoemde ‘shooter’ opmaak terwyl ek met ‘n sappige vet prawn in my hand staan. Ek wou nou die Engelsmanne met my kennis van shooters impress! En hulle was! Heheh! Ding is…hulle vra toe die barman vir ‘n Liquid Cocaine Shooter vir ons elk. Díé ou is toe baffled. Ek verduidelik toe gou my reseppie. Hy maak hulle… en woohoo daar is my nuwe “opgemaakte” shooter toe ‘n groot sukses op hulle “spyskaart” Ja nee! ‘n Boer maak altyd ‘n plan! Ek het ál die bestandele op die drankrakke agter die barman een vir een gesien en genoem…aldus kon hy maklik my shooter-resep aanmekaarslaan! Só maak mens: …


Rocky Horror Party-pickup

Isabel. Vóór haar was dit Sheelagh Jellinek of the Three Rivers. ‘n Lady. Sy’s terug Engeland toe, na haar familie dáár. "Glo niks, maak nie saak wáár jy dit lees, of wíé dit gesê het nie, tensy dit ooreenstem met jou éíé denkpatrone en `common sense` nie. " – Die Buddah en Ėk. Ek lê agteroor in my stoel. Kyk na die waaier oorkant my. Daar's nogals 'n hewige droolfaktor gekoppel aan hierdie ene: Isabelle (soos ek daarvan hou om haar naam te spel - )is nogal ‘n mooi poppie, ja. By die Highveld 94.7 konsert waar menigte mense- families en énkellopendes, ‘n kombersie uitsprei en ‘n piekniekmandjie propvol lekkernye saamgesleep het om aan te peusel terwyl hulle rustig sit in die koel aandbriesie en na die musieksterre kyk onder die sterre, ermmms…vra Isabel my sowaar as Ina die beste kos in die wye wêreld kon kook, dat ék in haar hand moet kóm! Cheesus! Maar natuurlik raak ek toe mal soos Harry en skree hardop: “No! I’m só nót cumming in your hand hére on a blanket under the stars where a hundred people will see it! Grrr!” ‘n Ou nie véél verder van ons af nie, pop op en bied vriendelik aan om Isabelle se versoek aan te voldoen, maar dán met hóm daarby betrokke. Die mense róndom en náby ons lag álmal. ‘n Groot verleentheid oorval my toe en ek spring op en loop vinnig kar toe! Isabelle se Honda. My Beetle, Mossel staan by háár huis geparkeer. Sy haal my in met kombers en kosmandjie agter haar aangesleep en na ‘n lang argument oppad huistoe, dring ek daarop aan sy stop die kar. Ek klim uit en begin loop. Hardegat. Baie kwaad en vernederd. Sy ry stadig agter my aan en smeek my deur die oopgedraaide passasiervenster om in te klim. Sy is jammer. Ek klim terug in. Ek sou nooit regtig ál die pad huistoe geloop het nie! Ons ry in stilte terug Brakpan toe, waar ons by haar huis in die sitkamer, na musiek wat ek vir Hettie getape het, luister. Sy is duidelik ontsteld die musiek was níé vir háár oorgeklank nie. Dán probeer sy my skoene uittrek wat ek soos áltyd dubbel-vasknoop en vryf amper my Frankfurter in my broek wat haar altyd so katools maak, in sy moer in. “Even your shoes are tied firmly against my wantimg you. I was going to undress you so we could fuck Hettie right out of your system!” Ek loop by die voordeur uit en klim in my Volksie en ry weg…sy jáág my in met haar vinniger Honda en smeek my weereens om terug te kom. Sy’s weereens jammer, *sug* OK. Die volgende oggend ry ons met haar motor om inkopies te doen in Johannesburg, nadat ek Mossel by my woonstel parkeer het. Íéwers langs die pad sê sy: “Your Mother never taught you any manners!” Goeie got! Níémánd práát négátíéf van my Ma nie! Ek ruik my hand uit om haar op die mond te tik. Hmmm…waarom staan haar neus skeef en haar mond bloei en huil sy skielik asof ek haar aangerand het? Kén ek nie my eie krag nie? Ek’s confused. Is ek dan ‘n tweede Harry, ‘n appel val nie vêr vannie boom affie – case? A nee a! Neva! Anyway, terug by my flat spring ek uit die Honda uit en ek sien sy loop óm na haar kattebak toe. Die vólgénd oomblik het sy haar rewolwer in haar hand en wuif díé in my rigting:” Nobody, but nobody, hits me!” Eish! Ek hárklóóp daai trappe op na die sesde vloer twee-sommer-drie op ‘n slag boerie, sluit my deur oop en sláát hom dig toe. Grendels, álles. Ek wag in spanning. Niks. Sy’t toe glo voor Annette se huis in Caroline Straat gaan park. Annette het visitors maar kom uit om te sien wáts die storie met haar broer se girlfriend wat op haar pavement park maar in die kar bly sit? Isabel wys Annette haar broer se hardhandigheid maar kry géén simpatie nie. Annette is ‘n Du Plessis. “Jy moes iéts áán hom gedoen het vir hom om so op te getree het, Isabelle!” Isabelle nou weer net plain Isabel ry…uit ons lewens uit.
Tant Stienie: Agter elke Man
“Hettie, ek gaan nie nou wetenskaplik raak om vir jou te verduidelik hoekom jou kalender soos ‘n hond se gat werk nie. Drop jou “Jan Bom” houding, ou girl! Julle frikkies wil mos ‘Agter elke Man’ vir my storie, dus móét ek kak aanjaag! As jy dit níé kan vat nie en géén sin vir humor het nie, is ek baie verskriklik fokken jammer om dit te hoor. Skryf vir Oprah 'n briefie miskien gee sy om. Oh did I mention. Country music. Lowest common denominator shyte. IE breindood musiek¿??” Hettie Ségers gooi ‘n behóórlike vloermoer na my uitlating. Sy’s nogal sensitief, dink ek as ek haar dophou. Ja, ek’s terug by die plompe blond Vitas-girl met die skoon vadoeke, drie eende wat vlieg oppie muur en die skoon, netjiese woning met twee goed-versordgde seuns en haar vriendin Kathy en haar dogterjie ook, agtergekyk deur Hettie, haar geld-tekortjies ten spyte. Enchos of Ina…maar ek vergelyk Hettie met Tant Stienie in die bekende en well-liked TV-series “Agter Elke Man” en sy dig dit nogal. Anyway…Ek kry vir my 'n koue dop en flick deur haar SABCTV channels. Haak so bietjie vas by die rugby, krap my eiers en vat 'n slukkie. Skree op Hettie om chips en dip te bring en ignoreer haar gesulkery oor my vroeër se uitlatings…”Maak net séker dat ek nie te veel chillies of warm sous inkry saam met my dop nie, Liefling. Anders is dit ék en die Cobra collection. Daai krane met die stortkoppe wat alles moet uitspuit.” lag-sê ek vir my girlfriend, aan die begin-stadium van lekker dronkwees. Ek onthou skielik ‘n ding wat ek gelees het: "Moenie stress kap nie, kap draties" - H.F Verwoerd, 1951 – Het die ou bedoel met “draties” draadsitters of “draadtrekkers” of dan…moenie stress nie, trek jou draad? Dat Dokter Verwoerd só-íéts sou kón kwyt raak laat my lag en Hettie by nou óók vol ink en steeds kwaad vir my - blink groen ogies kyk my geváárlik aan…’hoekom lag jy?’ “Hóékom kom jy nie jou polse met ‘n stómp skêr by nie?” vra ek sarcy. Eish! Ál die ou kak en gemors wat by my ore, neus, keel en broodbrein uitgeról kom met tye. Harry se legacy? Deur drank deurweek; deur piel verniel; deur poes verwoes; deur A.G. Visser, som ek my lewe óp in haar smeulende groenoog bebliksimgeit in. Ja, drank en poes het my lewe verwoes...gelukkig was daar dóp en dóós om my te troos! “Ja Frederic du Plessis! Tune my ál die kak wat in jou mind is. Práát! Moenie fokken kots nie. En kry jou ry! Vóór dinge gebeur wat ek níé wíl hê moet gebeur nie! Wég is jy!” Ek onthou toe ek haar ontmoet het, éérste keer in daai hotel in Hillbrow. Ek was opgedress in ‘n wit sailor outfit met ‘n groot frankfurter voor in my wit broek gedruk wat hom punt innie wind laat staan het en géén meisiekind se oog of skuurery of selfs vát van buite af, wyser sou maak of dit dan real is of nie! My sailorcap was skeef op my kop en ek en Andrew rook ons pype met dagga in. Ek rook nie regtig nie. Ek kannie rook om my lewe te red nie! Bláás maar net nadat ek rook in my mond ingeneem het. Alles vir show. Hoes nou en dan agter my hand…Ek het ‘n bottel Black Label carelessly in my hand en ek move soos ‘n breker…Hettie kom vanóór die dansvloer, vat my hand en trek my oppie vloer in en begin met my dans. Ek’s ‘n befokte danser ek. Net soos my sussie Esmé en nou óók my kleinnefie Gerhard, haar seun. Ek kán dans. Sy druk my teen ‘n pilaar vas in die middel van die dansvloer en soen my hárd, díép en…pássionátély, terwyl sy vroetel aan die Frankfurter in my wit broek. Dit voel eg. Styf en reg heheh!
Sy druk haar belipstickte bekkie teen my oor vas en ek gril lekker en onwillekeurig – ja nee, my oor is die ware ding, my Frankfurter toe nie -
‘Hey jy…’
fluister sy sag
haar blonde hare glans
haar klein voetjies dans
man, is daar 'n káns?
Dat ek hemel-toe
kan gaan?
Willie eintlik bet nie
Ek dink haar naam is
Hettie.
Groen ogies blink.
haar wange is rooi.
Mooi! In
háár kan ek verdrink…
Later by haar huisie gee díé nice meisie my ‘n briefie in my hand as ek gaan. Buite skyn ‘n helder vól maan en daarin begin ek lees hoe sy graag my meisie wou wees. My asseblief weer wil sien. Want ek’s nice al lyk ek mean…
Ek maak nou my my oë toe dan is ek dáár, op daardie presiese aand- nou nog steeds verwonderd…maar ek ry weg, want my gedrag was sleg. Sy’t my gevra om te gaan. Ag tog wáár is daai aand se mooi vól maan?
Ons gaan ‘n ruk daarna Gold Reef City toe. Ek, Hettie, haar twee seuntjies en Annette, Johnny en Claudine. Ek en Johnny my swaer, raak té geknetter vir Hettie en Annette se smaak…ons spring op die stoele en tafels soos hulle in rye staan en hop van die een na die ander soos wáfferse Russiese Cossack Dansers. Johnny is beide slanker en fikser as ek, en ek sukkel om by te hou, maar is gedeterminéérd om nie agter te bly nie, hopalong Cassidy se moer…daai groen oë smeul alweer soos díé aand by die Wayside Hotel in Malvern, toe Olwyn haar hand op my been gesit het en Hettie en Kathy die deur uitgehol het en my netso daar gelos het – glo die langpad huistoe geloop…Ek en John dans nou saam met die Zulu-dansers en die Chinese neem net foto na foto van díé Wit Zulus, die regte manne word skoon geĭgnoreer en jaag ons dus weg uit pure jaloesie toe ons die geld wat vir hulle bedoel was insamel sónder om te skroom! Die sekuriteitswag wat reeds vroeër deur die restaurantbestuurder ontbied is toe ons op sy tafels dans, forseer ons om in ons besope toestand op die Looping Star te gaan! Ai jai! Kots-sake! Hettie weier by die waterlog om voor my te sit want dan gaan sy nat word, sê sy. Wel, ek wil ook nie nat word nie, ou girl. Gaan dan maar op die log saam met jou kinders, ek sal sommer saam met ‘n ander girl hier inklim wat nie omgee om ‘n bietjie nat te word vir my nie. Innuendo. Ek kyk rond om só ‘n girl kwansuis te verkry…Sy’s nie dom nie, Hettie. Sy gee my ‘n laaste vuil kyk, vat haar seuns se hande en loop-hardloop by die hek uit die strate in…Ek probeer haar keer, maar my dronkenskap hamper my en sy spring agterop op ‘n vlakbed afleweringstrok kinders en al en beduie vir die bestuurder hy moet vinnig wegry. Johnny volg hulle met sy bike en verseker darem hulle word by haar huis afgelaai. Ek is ónrédelik woedend. Hoe durf sy…ek gaan haar aanvat by haar huis! Johnny bestuur my Mosseldoppie, dis nou my geel VW Beetle 1973 wat ek by swaerie Louise oorgeneem het, na Hettie se Jan Bom duplex toe. Dáár gekom, klop ek manhaftig en luidrugtig op haar deur en sê in ‘n ewe-luide stem dat sy moet oopmaak sodat ek háár ‘n les kan leer om my net so alweer alleen op ‘n plek te los! Sy maak toe oop met ‘n baton in haar hand en slaat my met die eerste shot katswink! Johnny besluit hy gaan terug kar toe, toe die ander Jan Bommers met harke vurke en grawe opdaag en staan en kyk hoe sy my slaan met daai baton en weliswaar my ribbes breek! Hulle hits haar aan so ál asof sy Sahara van Gladiators is terwyl ek hulpeloos en nog stééds gesuip- alhoewel die huidige insident my ‘n ietwat meer nugter maak- op die grasperk lê. Haar seun Johan het toe ook die geleentheid gebruik om by sy Ma te staan in haar uur van nood (soos hy dit maar gesien het) en my op my bene bygedam met ‘n stok. Nou ja…toe hulle terug in die huis ingaan, die deur toeklap en ek die sleutel daarin hoor draai en die crowd stadig disperse, kom help my swaer Johnny my op en kar toe. Hettie nooit weer gesien vir ‘n heavy lang tyd nie. Soos Totius se doringboompie, wat weer ópgestaan het nadat die ossewa, in my geval - Hettie, oor dit gery het, het ék Frederik du Plessis weer opgestaan, en met my lewe voortgegaan. Soos in die doringboompie se geval het daar gom oor die wonde gedrup...en die kwesplekke het gesond geword…Olwyn was sag en sweet en dierbaar en net whacky genoeg om my van hulle almal te laat vergeet.

Olwyn. Ek het hierbó nagelaat om te vertel dat ek Isabel by Paul en Celeste se Rocky Horror Party ontmoet het. Ek was Frankenfurter, met make-up, fishnet stockings en suspenders, die hele kaboedel! Ek het ‘n groot plastiese groen en swart vlieg aan my swart onderbroek vóór vasgewerk op ‘n strategiese plek waar dit definislis aandag sou trek en daardie area binne so ‘n bietjie gepad met watte…groot sukses! Isabel en haar vriendin en verskeie kleurling-meisies kon hulle oë nie daarvan afhou nie en dit is só dat ek toe Isabel met die lang blonde hare wat al die ander mans uitgecheck het, se besigheidskaartjie bo-in my onderbroek ingedruk gekry het. Die kleurling-girls wou my Bosmont toe vat vir ermmm..’n ander party¿??¿
Maar dié paragraaf gaan oor Olwyn. Haar naam beteken Uil in Wallies. Sy sou daarvan gehou het ek moet die hele dag en nag my Frankfurter outfit aanhou. Sy was kinky en funky en weird. En volgens haar, ontsettend lief vir my. Ek was louwarm. Geen Frankfurter vir háár nie. Ek was moeg vir breinbliksems. My nuwe breindoepa was my rekenaar. Ek vertel julle later alles van Nicole. Olwyn moes my eintlik aan die begin reeds uitgespoeg het soos die christen-god klaarblyklik ook maak met diesulkes - louwarmes…maar sy was so sag en kind en giving. Ek het toegelaat dat sy by my intrek. Saambly. Sy het badwater vir my ingetap, my selfs geskeer. Lekker kos gekook en die plek net gehou. Maar ek is mos bef*k in my kop. Jaag haar weg. Unphased trek sy by ‘n ou in Alberton in wat saam met haar werk. Die lewe het haar baie geknock, maar Olwyn het dit alles in haar stride gevat en naels gedoen vir ander vroumense om haar mind van dinge af te vat. Sou ‘n nice act gewees het om na te volg, maar ek is ‘n Du Plessis mos. Ek soek ‘n vrou soos my Mamma wat my ‘hangballas’ kan noem en my op die pavement rondjaag met haar VW-tjie. Olwyntjie was dierbaar maar nét eenvoudig te goed vir my. Daar. Ek’t dit erken. Besides, ek is hopeloos met naels doen, Olwyn my Skattebol! Ek wens jou net die beste toe, ou girl – jy verdien dit om gelukkig te wees. Totaal, hoor! √
Die 2e Wêreldoorlog.
Tydens die uitbreek van die tweede wêreld oorlog het 9000 Afrikaner vroue glo na die Uniegebou gestap om te betoog dat die Unie neutraal sal bly in die oorlog wat in Europa woed. Hulle seuns was meer nodig in Suid-Afrika en ons eie kontinent as om in 'n Europese oorlog betrokke te raak. Dit het ongelukkig nie die uitwerking gehad wat hulle op daardie stadium wou gehad het nie. Ek onthou dat Mamma vir my vertel het hoedat hulle “lights-out” gehad het en as hulle kerse sou durf brand moes daar dik donker komberse of dan swart materiaal voor die vensters gehang word. Dit nou om nie gebom te word deur vyandige vliegtuie nie. Daar was óók voedeseltekorte en koeponne moes verkry word teneinde daagliks te kan eet. Gelukkig was beide Mamma (geb. 1937) en Dedda (geb. 1936) nog baie jonk toe die oorlog reeds verby is (1945) en Suid Afrika was darem nie te veel hier tuis betrokke by die oorlog self nie. Dedda en Mamma het eers in 1955/56 ontmoet. Lees van hulle ontmoeting in my vertelling genaamd: Harry en Ina.


W.Y.S.I.W.Y.G. Haha! “…Ooohooo-hooo-hoo you’re in the army now…”

Die Weermag. S.A.D.F. Na ‘n jaar van loaf ná Matriek, moet 7*******BG Weerman Freddie du Plessis toe aanmeld vir sy verpligte diensplig. Mamma, Rina, Estelle, Annette, Mandy en Esmé sien my af by die trein. Klomp soentjies  Eers ná my basiese opleiding waartydens ek ‘n ontsettende hoeveelheid gewig verloor het en in my uniform soos enige ander army-dude lyk, sien Mamma my vir my eerste pasnaweek en huil daar en dan omdat hulle my so ‘verniel’ het. Sy voer my iets vreesliks by die huis – Mamma het altyd, tipiese Kreef sonteken, gereken kos maak reg wat sleg is. Maar selfs háár onge-ewenaarde kookkuns kon nie die ellende van my bestaan daar in daardie kamp by SAMS in Voortrekkerhoogte, versag of tot vergetelheid bring nie. Ek moes ‘n plan bedink. Nou ja. ‘n Breinbliksem sal doen, pampoen! Hulle vra toe wie is gekwalifiseerd as ‘n sielkundige. Daar’s toe 4 van ons. Wat? As my lewe saam met Dedda en Mamma my níé as ‘n hoogsgeleerde en vindingryke sielkundige gekwalifiseer het nie, what’s it all about, Alfie? Ek kry toe ‘n pip. “Luitenant!” salueer my eertydse martelaar en omkeerder van my opgemaakte bed my respekvol. “Samajoor…” knik ek koel en salueer kasueel.
Hy knor, maar loop net verder. Hmmm..W.Y.S.I.W.Y.G. is ‘n Microsoft Windows program wat jou toelaat om bv. ‘n brief te skryf en díé word dan presies soos hy op die skerm vertoon het, deur jou printer gedruk. ‘What You See Is What You Get” OK ¿??¿ Wel, toe nie met e Leftenint du Plessis wat by die Weermag se Rekrute Sentrum psigometriese toetsing van voornemende Weermag werkers nie. Raait. Hulle soek toe ‘n Graad Sertifikaat. Ek steel ‘n briefhoof by UNISA en laat Hendrikkie se Mammie (wat Ninx so ge-adore het toe sy gesing het) vir my tik dat ek nou wel oor die graad Baccalaureus Artius in Sielkunde gekwalifiseer is by díé Universiteit maar my oorspronklike graadsertifikaat is by Brigham Young University in Utah in die V.S.A, waar ek verder sal studeer ná my diensplig. Ek teken die brief met die Rektor se handtekening. Theo van Wijk. Dit lyk soos Frankryk. Dit werk dan ook. En só gaan ek aan met my diensplig en spandeer vele naweke by die huis. My mede-skoliers wat blote weermanne bly en tog dieselfde tyd as ek uit die skool is, is totaal geskok en verbaas, maar niemand sê niks…
Uiteindelik breek die dag aan om die ♪music te face♫ Die Weermag het die Universiteit gekontak teneinde navraag te doen of my oorspronklike sertifikaat dan nie nóú, na ‘n geruime tyd beskikbaar is nie? Ummm… innie militêre hospitaal se psigiatriese saal beland ek nadat ek ‘n fake selfmoord gestage het, deur met ‘n bajonet teen my hart verby die RSM se kantoor te loop. Ek is ingeloop deur ‘n flukse offisier en die bajonet is afgevat. Die psigiaters reken ek is ten volle verantwoordbaar vir my ootreding en moet in ‘n siviele hof verskyn om vir UNISA dan te verduidelik hoekom. Tsk. Ek is toe ‘n opgeskorte vonnis gegee vir 5 jaar en dadelik oorgeplaas grens toe in SWA. Dáár gekom, het my reputasie my vooruitgeloop en die RSM van die Medics, hou my daar in Grootfontein. Hy wil graag ‘n Matriek sertifikaat hê, erken hy eendag en willig in om my af te stuur “states” toe om dit te bewerkstellig. Damelin hier kom ek. Hy kry toe ‘n promosie van AO af na AO1 toe. En ek? Ek sweer Red Heart het ook sy deel gebring in die komplot.
Ek werk saam met hom in Registrasie en stuur Dokters, Tandartse en Medics na hulle verskillende poste toe. Natuurlik werk ek en hy loaf, die oaf. Ek besluit toe om iets te doen om myself werklik te kwalifiseer en skryf in by Cleaver-Hume Universiteit en verkry daar ‘n Diploma in Praktiese en Geappliseerde Sielkunde wat dan ook Bedryfsielkunde insluit. Ek verkry volle twee-streep korporaal status. Níé te sleg nie. Wééreens kan ek huistoe gaan wanneer ek wil en passe gee vir enige weerman wat onder die Medical Unit val. Baie bribes, heheh! Ek vlieg in Alouette ‘kopters, groot ‘kopters oor die Etosha waar ek wild sien hardloop. Flossies? Ek bel net die toring en daar gaat ek. Selfs in ‘n Cessna vanaf Oshikati terug Grootfontein toe gevlieg. Mpacha is vuurwarm in die Suidwes son en ek huiwer eers in die skadu van die vliegtuig se vlerk, voordat ek vort gaan siekeboeg toe om die Medics te inspekteer. Ek voel en is belangrik. Ek word vet soos ‘n otjie en drink myself dronk soos ‘n spook. Ek like nie om huistoe te gaan nie want Kallie Meiring is dáár en toe ek hoor Annette is uit die huis uit nadat hy haar geklap het…word ek mal en gee die troepe strafdril omdat hulle barrakse nie net is nie. Maar dit was eintlik baie netjies. Ná twee jaar van baie feesviringe saam met nice dokters en dies meer, kom díé partytjie toe tot ‘n einde. Die 40 days party is lank reeds verby en die laaste dae is uiteindelik daar. F*k! Twee jaar van jou lewe. En nou móét jy ‘n lewe begin maak vir jouself…hulle reken ek moet PF join en ‘n offisier word. Ek dink aan al die blatante korrupsie en dat ek en my bliksembrein ‘n lekker lewe daar sal maak, maar ek mis my Mamma en sussies én Johannesburg in SUID AFRIKA. Ek het ook geen planne om my land te verlaat nie. Kom ek stel dit kaalkop – Ek is nie ‘n lamsak nie. Die onveiligheid en misdaad worry álmal éwe veel. F*k dit! AS jy dan défaitisties moet en wíl wees en op die vlug slaan, doen dit dan maar, dude! Emigrasie is nie ‘n oplossing nie! Bly man! En help ons ons probleme oplos soos ‘n ware man/vrou. OK. Ek erken dat my politieke bewussyn is deur die tradisionele simbole en politiek van die Afrikaner gevorm. Wéét jy, een van die mooiste panoramiese uitsigte is díé van ‘n vroeglenteaand in Johannesburg. Dit is waarna ek ook daarbo in Suidwes-Afrika verlang het. Kom sien my dan wys ek jou dit vanaf die Hyat Hotel of andersins die Westcliff Hotel. Wérklíkwaar vir jou nou asemrowend.
Anyhoe… Ek is nog deel van díé generasie mans wat soms oor “die army” by ‘n braaivleisvuur praat as iemand iets noem wat daaraan herinner. Ek was een van die heel eerste suckers wat nog twee volle jare moes doen. Dis dan ook so dat in die army ouens geneig raak om ’n eie woordeskat te ontwikkel. Die slope wat oor kanonne se lope getrek is “effies” genoem, heheh! Dís nou die tipe goed wat om braaivleisvure behoort bespreek te wôrre en indien enige een wonder - die ligter goeters wat snaaks was, nie die dinge waaroor sommige ouens snags wakker lê nie. Dít bespreek ’n ou maar liewer nie, verál nie by die braaivleis/potjie byeenwees nie. Ek was gelukkig. Niks van daai goed het met my gebeur nie. Ek is bly daardie tye is verby.

“Troep! Sien jy daai boom? Bring dit hier, ek wil dit rook!”

‘Whitey jou oë op daai dag was blou
Net soos die lug
En toe ons weer so kyk
Het ’n AK jou fucked up geskiet.’ – “Goeie Nag Generaal” deur Piet Botha
Ag man, dis lekker innie army… ♪♪♫♪♪♫♪♪♫♪♪♫♪♪♫♪♪♫




Kan jy ‘n lemoen afskil in jou broeksak? ↓

Man! Dis ‘n onbetwisbare feit dat níémand stel meer regtig belang in die individuele geraamtes in ons kollektiewe kas nie maar…Fokofpolisiekar – Hierdie Afrikaanse punk band gee die kwaad jong Suid Afrikaanse voorstad ‘whiteys’ ‘n stem! Vat álmal uit jou verlede wat jou ooit kwaad aangedoen het, op skool geboelie het of jou name genoem het. Vat jou baas, jou ma, jou pa, korrupte politici, daai gefaalde verhouding – plaas hulle in ‘n netjiese ry en bash hulle op die kop met ‘n baskitaar. Plug hulle daarná in die amp in en druk die leadkitaar nou in hulle gatte op. Speel nóú ‘n drom solo op hulle kopbene! Ha! Hierdie is PUNK ROCK en terwyl jy aangaan - fok jou sommer ook! Die gode seën anargie en indignasie! Die gode seën Die Sex Pistols, Die Clash and Bad Religion. Jy onthou mos PUNK, nie waar nie? Hmm…OK. OK. Soos dit ’n ‘taalaktivis’ betáám, praat ek suiwer Afrikaans wanneer ek ookal kan. En jy? Dis moeilik met deesdag se neiging om Engelse woorde tussen-in te gebruik en ekself is skuldig…maar hóé lief ek ookal vir my Taal is, het my lewensnuuskurigheid in my jonger dae my ook maar telkemale na Engels toe laat oorslaan en so ook vandag: Hear the whine of a million faux American accents, derived from watching American Heroes on National SOUTH AFRICAN TV. Eish. Gee my eerder dan Fokofpolisiekar se punk. ‘Die klank is reine, pure punk, soos aangeneem en oorgeneem, vanaf ‘n klomp ander bands uit beide die verlede sowél as die hede. Maar dis die kompromielose appropriasie van Afrikaans as die taal van die jong woedende voorstadse whiteys, ja. Dít is wat Fokofpolisiekar so toeganklik maak…’ Wel, met songtitels soos - Maak of Braak, Vernietig Jouself, Lê en Kots and Hemel op die Platteland kan hierdie ouens maklik lemoene afskil in hulle broeksakke. Go figure! Werk dit uit!
Goed dan, die staaltjie. Die Du Plessis staaltjie. Ek dink Mamma se sê-goed behoort goeie kwaai Afrikaanse punkmusiek titels te maak: ‘Jou ouma se voël’ is maar één goeie voorbeeld. ‘Heilige Seemonster’ en ‘Jou fokken hangballas’, behoort byval te vind by die jonger geslag wat braaf deel met issues wat hulle ouers nie met ‘n lang besemstok eers sou of wou bykom nie. “En in hierdie band het ons net besluit fokkit! Kom ons wees net presies wie ons is, en dis hoe Fokofpolisiekar begin het.” – Francois, die Hoofsanger. “Die Here help jou as ek jou in die hande kry!” en “Ek gee jou sommer ‘n bloedpoesklap!” kan eenvoudig nie anders as om die Top 10 spoedig te bereik nie. Die lirieke? Haha! Ina sou selfs dit bemeester het binne sekondes as sy op een van haar tirades gegaan het. Maar moenie verkéérd verstaan nie, my Ma was genuinely ‘n sweet oulady. Jy moes haar nou nét eenmaal nie die moer in maak nie. Dán het sy afgegaan in tipiese Afrikaanse punksong titels en ook die daad by die woord gevoeg! En jy moes lelik bontspring om nie té erg gekrenk en/of gewond (*LOL*) uit so ‘n situasie uit te tree nie. Dis nie altemit nie, my Ma sou doodmaklik ‘n lemoen in haar broeksak kon afskil – dis nou ás sy ‘n broek met ‘n sak sou dra. Sy was maar altyd baie vroulik en het góéd gelyk, haar geswets ten spyte.

Geniet? Ek blêrrie-wel hóóp so! FGDP © 2005/6 ad ∞

Saturday, January 14, 2006

the courts of Kings and Queens of modern Europe or ancient times

A Previous Life Reading:
For instance, Frederik Gerhardus, reading biographical or historical novels about European royalty, daydreaming about the courts of Kings and Queens of modern Europe or ancient times and other grandeurs of the past may bring to your conscious mind memories of previous incarnations when you were at the forefront of things. Hence to this very day there probably remains within you considerable inner strength along with a strong feeling for behind-the-scenes intrigues as well as a powerful sense of individualism. These qualities are probably connected with your past life experiences involved -- directly and indirectly -- with leaders of society and government.
You are also likely to have an above-average interest in the great artistic and spiritual accomplishments of the grand cathedrals and great churches of Britain and Europe, as well as the ancient temples of the Mediterranean world...

Friday, January 13, 2006

Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot
Click op pic om te vergroot

ºMENSESTEMMEº

Die blou hond bo-aan my Boernaal: Ha! Dit blyk vir my die skryfkuns is ‘n hallusinerende verdowingsmiddel vir diegene wat nie oor de vermoë of dan braafheid selfs, beskik om werklik te LEWE nie! Hulle kan liefhê, ly, banggat wees en braaf, ja – in een novelle ná die ander. En heeltyd sit hulle in ‘n stoel of lê iewers op ‘n bed, dalk. Ek dink die kuns is net ‘n konkoksie van emosies en ondervinding wat die illusie van ‘lewe’ skep. Miskien is dít hóékom ek so baie van díé “Blou Hond” – deur Rodrigues, hou. Eenvoudig en sonder om wat die oog sien te wil na-aap. Ek dink dis hóé ‘n mens moet skryf ook. Eenvoudig. As mens so na die Blou Hond kyk, nê, dan is jy daarvan bewus dat hy ‘m ietwat treurig lyk. Alleen. Maar méér…eensaam. Lees gerus die byskrif en maak jou eie mind op van hoe jy die wil interpreteer. En dít is juis wat ek wil sê: daar moet in beide skryf en skilderkuns, ook beeldhou – ‘n geleentheid bestaan vir die ‘aanskouer’ om sy/haar eie interpretasie te maak en moontlik iewers in die kern van alles, ‘n ietsie te vind wat vergelykbaar is met ‘n gebeurtenis/persoon/faset van sy/haar lewe. Dán, is jou leser, kunsliefhebber en kritici werklik betowerd. En dit IS wat jy wil hê en hoor…wees eerlik!



En Frederik, julle Broer, Oom, Swaer - verskuil sy vulnerabiliteite agter slimpraatjies, grappies, ‘n gesofistikeerde glansrykheid en ‘n kóél, selfversekerde persoonlikheid – maar dis meer net ‘n mantel van self-beskerming, oor homself getrek om sy onsekerheid van die indringende oë van oppervlakkige, rowwe mense te verberg. Húlle sal sy sagte hart leed aandoen sou hy díé ontbloot. Weet jy, ek vérstáán daai eienaardige lig van die maan en die glorieryke kleure van ‘n vlinder se vlerkies én ek smelt as die temperatuur nét reg is, o ja…altyd. En as iets by die ewige Aarde gevoeg sou word, sal daar in my verstand ‘n spasie ontstaan? Partykeer reageer ek met absolute minagting vir die gevolge van my aksie – wat díé ookal mág wees. Is dit braafheid of dwaasheid? ‘n Bietjie van beide? Heheh! Natúúrlik het ek dit geweet…tsk!
Ek blyk gedagtes onmiddelik op te vang en wil dan nie altyd die van besonderhede daaroor hoor nie. Ek moet tóg onthou om nie deur vlieë, stukkies papier of die manier wat die lig op ‘n sekere objek val – selfs die ligte rokie van ‘n aangesteekte sigaret, gedistrakteer te word nie. Mense benodig wérklike belangstelling. Het ek die energie of lús daarvoor? Partymaal, nadat ek my batteries ge-recharge het, miskien…
Ek kan koel en kalm soos ‘n stil blou meer in die somer voorkom, maar wees maar op jou hoede. Dis net ‘n rol wat ek speel omdat die resensensies daarvan uitstekend was…Ek steek my kloue weg () maar verskerp hulle daagliks, net ingeval…kyk mán, ek is nou maar eenmaal té trots om jóú nonsens of enigeiemand anders s’n te vat. Ek is soos ‘n self-vervullende profesie: Jy’s nice met my, dan’s ek nice met jou. Maak my moerig en …ja…dís rég. Moenie, OK?



Ons verf met breë strepe en gooi baie kleur híér en dáár rond wanneer ons ‘n insident of storie vertel…en meer dikwels as nie, oorreed ons onsself dat dit wérklik só gebeur het. Basta met diegene wat ons stories betwyfel – ons praat hulle dood of lag maar net geheimsinnig, so-ál asof ons iets méér weet, maar in werklikheid is daar fkkl rêrig nie! Twee faktore word gedurig vermeng: die waarheid word weergee as fantasie en Fantasie weer, word aangebied as die reine waarheid. Maar mens moet nóóít skaam of skuldig voel omdat jy jou lewendige verbeelding bietjie oefening gee en strek nie. Mens is mos terdeë bewus van die verskil tussen fantasie en werklikheid en raak nooit regtig verlore nie – jy speel net ‘n godagtige speletjie en skápe, skép – dis eintlik jou plig om die eentonige lewe bietjie te ‘verspys’. ‘n Ou Duidiese Hoofpriester, Taliesian, het gesê: Hoekom bedank jy die gode of prys hulle of gee hulle die blaam? Doen jy jóú plig en die gode sal hulle s’n doen. Genoeg gesê, of wat-wat? – Beeldkuns van die Zodiac in die eertydse tempel van Thebes met ‘n inskripsie wat ‘n ewige boodskap dra vir ons almal: ‘Jy is eindelose sterredomme – en jy het maar nog nét één ster gesien.’





Die meer in die laatnag. Florida. Ek draai om en sien ek staan op die rant van ‘n see van lig. Die stil oppervlak van die water het die maanlig opgevang en reflekteer dit nou. Die lig plaas ‘n honderd helderhede
rondom my en die sterretjies, ‘n mindere helderheid omsingel my met ‘n duisend meer! Ek staan daar, verdwaas en verblind, my verstand vól van helderheid ook. Ek trek die ekstase van gras, bome, blomme en die wind diep in my longe in en hou dit ‘n oomblik daar…
Alles is natuurlik anders in die daglig natuurlik. Tóg, ek behou die euphoria van die nag. Is dit nie wonderlik en ook angswekkend dat ons kan onthou nie?



So is dit toe dat ek besluit ek is ‘n toeskouer by die Spele van die Lewe. Om net te observeer is my wens. Ek gee werklik eintlik net om om myself te amuseer. Nie om wérklik om te gee nie. Ek som áltyd mense op – maak afleidings, oordeel en condemn hulle of verheerlik andere. Om die lewensglas leeg te drink? O…ek hét, gló my. Maar dit is ‘n vergiftigde glas. Ek wil eintlik net vir myself sien. Sien maar nie voel nie…Die kuns om te LEWE, is om buite die bereik van andere te leef…dis nou die andere wat jou nie gelukkig kan of wil of sal maak nie. Mense wat jyself nooit regtigwaar lief sal kan hê nie al probeer jy hoe hard. Bloed is gelukkiger dikker as water, dankie Vere! Plant jou tuintjie en water jou blomme en moenie wag vir iemand anders om vir jou blomme te gee nie! Ai!

Thursday, January 12, 2006

OCCASSIONAL

GIDDINESS



I keep állowing myself to be súrprísed and people around me are starting to notice my occasional giddiness and it ís only occasional, the rest of the time I'm confused or laughing, even crying. Not sure if I Do away with it want to stay here but I do. I dó. As afraid as I am, I dó! How could I say nó? Sometimes, I want to hide inside of myself. Déép inside. Speak to no one. I do not want to know what they'll say or ask or do. But I dó, I dó. As afraid as I am, I dó. Ểlégantly wasted? Heheh! Hardly....


▫▫▫▫
No more masquerade
For the mask
Has become too small
It crumbles and breaks
Leaving the world to see
Who he really is
Face the ugly truth
No more is he
The beau of the ball
Stooped and cowering
Hiding
The pain is apparent
Undeniable
No longer
Will everyone be fooled
He was merely playing the part
An actor of life
It was all a fantasy
The mask always smiled
Never revéáled the pain
That lay just beneath it
How he will continue
Is unknown

Without his protection
For it did more
It was a shield
As it surrounded him
From the world outside
He had deceived them all
Until now
As the mask shattered
And shards fell to the ground.

▫▫▫▫

No person has ever given me a reason to care, except for a select few. These are the people that see my flaws in their natural form and appear to accept me for myself. I tend not to question their views, but when I do, I'm usually quite negative. Maybe I am just different. Maybe I just don't belong. But then, maybe I do S*I*G*H*


▫▫▫▫

Lucid, yes. And the images dancing in my eyes are drawn from my dreams...not what stands before me..yes...i dreamt again last night..and i woke with that..feeling..that bitter realisation that you are awake...and the dream is over. There were no fingers running through my hair... there was no warm body beside me..resting in my arms..there was no warm breath on my neck..there was...nothing...just....the dream....that moment...was the emptiest moment of my life. that hollow ache in my chest...it was just a dream...but..it was a beautiful dream...my dream...so I close my eyes.



A natural vertigo. My head is spinning my balance a pace behind my motion. I put a glass to my lips and miss. Yet all is so clear. I perceive and sense it all. What a wonderful feeling - this drugless intoxification. This Occassional Giddiness. OK- so at first my mind took me to a peaceful place. Grass and leaves rattle in the wind like a thousand soft raindrops. A freckle on my arm burns my eyes. (I have a freckle?!) I can see every hair, thin wisps like blades of grass, knuckles pink and cracked. I begin to tap my pen and write my name on the white desk where my PC watches in detached amusement. "I'm fine!" I say. I make a big show of being fine, patting myself down then peering at the back of my hands which drip with spilled tea. The screensaver sips its fucking Anfy and gawks in horror when my cheeks puff and I wretch all over the my keyboard. The comprehensive electronic device wrestles me to the ground but I have the strength of a Monk in religious ecstacy, biting the toes off of a patron Saint, whirling into the mass-candles, guzzling holy wine through teeth mashed shut. I have a vision of how I will spend the rest of my life: I will raise the dead, squeeze jewelry into my navel, build the hydraulic pump-lungs of cyborgs, and mechanoreceptor decks for virtual reality, ... guiltless and free, onwards and upwards until I pass out and collapse under the weight of my own mania. I struggle free, kiss the cyber-house (my PC wallpaper) and marvel at the wonderful smell of bitter breath on its glassy surface...


▫▫▫▫

I'm humbled by this splendid sight...
Is it only now in the dead of the Night that I can face the truth about myself? In this blank silence, I finally probe for the source of this remorseless unease in mind and body.
What is the true cause of it?
It is a longing as keen as the most bitter wind a heat, a skin-crawling, vein-itching infection.
Am I harbouring a plague, I wonder? I fear that what lies inside me is too Dark to bring to the light...


▫▫▫▫

Thinking: There's so much more I could say, if I only knew how. The nature of beauty is in your attitude and in what you think of yourself - that much I know at least :) "You look handsome," she said to me the moment I stepped into her office It wasn't flattery, or gaping, or teasing. It was simply a statement that escaped from her lips almost too early, without missing a beat, maybe even before the beat - before I'd even had time to say hello. She was right. I am beautiful, especially today. And it's incredible! I have never been beautiful before, never even tried to be. And I'm not trying now, either. But it's all coming together, somehow. The look, the attitude, the happiness, the sense of purpose. But it's the inner beauty that creates the outer beauty. I was never happy and confident before. Now I am. So now I am beautiful heh!
I know how gods begin, you know... We start as dreams. Then we walk out of dreams into the land. We are worshipped and loved, and take power to ourselves. And then one day there's no one left to worship us. And in the end, each little god and goddess takes its last journey back into dreams, and what comes after, not even we know. I'm not going to dance again ever now, I'm afraid...but I can still shout out! ☺


▫▫▫▫

Die ou oom en tannie het geboer hul hele lewe lank, maar al die kinders het getrek van die plaas af en nou is dit net hulle twee stoksielalleen. Eendag se die ou vrou vir die ou man, 'Ek dink ons moet trek stad toe'. So verkoop hulle alles, plaas, trekkers, bakkies, vee man sommer lock stock and barrel en hulle koop 'm meenthuisie in die stad.
Na so 'n maand in die stad sê die ou vrou vir haar man: Ek dink ons moet vir ons 'n klein motortjie koop. Ons kan nie net hier sit nie, ons moet darem kan rond gaan en dinge sien. Die ou man was 'n groot Ford fan en hy maak die koerant oop by die advertensies. Hier voor hom staan escort agency en hy skakel die nommer. Die man antwoord en die boer vra hom of hy enige escorts het en wat prys hulle. So antwoord die man hom: Ja meneer ons het, en hulle wissel so tussen R200 en R250.
So tune die boer hom: "My ou maat,wie het hulle so in hul móér in gery?"


▫▫▫▫

Estelle...I've come to realise, my sister is a down-to-earth magician, who loves gritty reality far more than the glittery fantasies I so effortlessly create..haha! She acquires people so effortlessly! Her playfulness and ability to keep her feet flat on the ground makes her special...and precious. Well, Stellie, vivé lá différence!
Hmmm...The knowledge we have in this life of others is fragmentary, and even the knowledge we have of ourselves is not a direct grasping or vision of the soul by itself, but rather, a reflection on its acts. In death (the change of Worlds), however, we will have a deeper and more penetrating kind of knowledge. It will be a knowledge from within, a knowledge not of parts, but of wholes. We will fully grasp ourselves...I cannot wait!! You?


▫▫▫▫

Until you’ve kept your eyes and your wanting still for a myriad of years, (In my instance that's nearly 49,) you don’t begin to cross over from confusion. The comfort of a plush is- it-velvet(?) clad seteé. Through my shattered yellow smoky eyes sweet candlelight beams fall. This man looks outward with his mouth shut afraid that when he makes the sound of speech he won't find his own voice, so overcome is he with sheer and extravagant delight.
Our 2nd Hand X-mas Experience with you and Wayne and Ty was sheer magic and delight, Nini. Your wit is awesome, your intellect balanced and developed into a fine art but best of all...your heart beats beautifully, Sister-mine,...a great act for anyone to have to follow...heheh...Vlamp**s has a place of honour in my little house.


▫▫▫▫

Have you heard music in your dreams? A nocturnal orchestra so strange and beautiful that its tunes could never be duplicated in the waking world, can never even be remembered? Have you woken up in tears, crying for the music you've lost? It was I, your fellow leo-brother playing first violin for YOU in that orchestra, Annette my sister...


▫▫▫▫

All the evil karma, ever created by me since of old on account of my beginningless greed, hatred and ignorance born of my conduct, speech and thought, I now confess openly and fully.


▫▫▫▫

Esmé, sussie, you have the world at your feet, my sister...captivated and mesmerised by your strength and inner-beauty, your straight-forwardness. Swim in your waters of joy, and dance under your heart's moonlight and always be happy.


▫▫▫▫

A lóng time ago, in primary school, they made me write a poem with blanks for the words I chose. I think... "compare a colour to an emotion" was the assignment. Dáring I, bráve I, threw out the pretty paper with the blanks for the words I chose and just wrote. Boredom is Beige. And I mention this because my world is beige. I go out sometimes and I take pictures of colourful things, in my mind. I surround myself with colourful things. Perhaps enough of them will drive out the beige, but it doesn't. I live a ticky-tacky life in a ticky-tacky cottage (not on a hill,) isolated and safe and caged, innoculated and protected and hermetically sealed inside a life I did not choose, a place I did not choose, a body I did not choose. I can dress the body, decorate the place, and perhaps perturb the life slightly, but in the end I am only filling in the blanks...and suddenly I understand, why the way I look and am, can be a problem...but to be honest, much as I deny it all, I chose these things for myself long before I entered my Mother's womb spiritually...and one's chóíces you must live with.


▫▫▫▫

The flesh I inhabit seemingly seeks instant gratification, always. I must persist to develop intuition and logical thinking. I'm constantly being put to the test as I promised myself before coming here to Earth. I must accept the things that have happened to me as my karmic debt. That way I can tolerate them. I'm suffering here! Suffering takes some people to the heights of mountain peaks and into the depths of the deepest valleys - I've séén it! But whó would prefer a life as level as a plain, an unending circle in a featureless desert? [Not I] Facing the storm, the flower glows against the mountain's steep slopes...and the cactus defies sun and sand, living on for many years in the desert. As all things die to create new life, so hope, I think, springs from despair? Aah, I'm acting all wise and old. A real 'krimpie' heheh!


▫▫▫▫

Freddie, you are potentially a genius. Perhaps not in the same way that Einstein and Beethoven were, but still: You possess sóme brilliant capacity or set of skills that is exquisitely unique. You are a masterpiece unlike any other that has ever lived in the history of the world. As a LEO, I know... cosmic forces are conspiring to boost my physical energy and mental agility to record levels...so why am I so...DOWN??? (Well, you're not well, you know. Also, you are getting on a bit in age? And you are far too damn cynical yet act all positive and peachy...)
It is time... to elude, outwit, and overthrow the educated idiots who preach the bizarre doctrine that cynicism is a supreme sign of intellectual vigour. There is no longer any need to buy into the well-crafted hallucinations of the ruling fools who take everything so damn seriously and personally...(Fools like me.. *sigh* Funny, your peptalks you so easily give to others, have never worked for you, hmmm.)


▫▫▫▫
.....playing in the sand

Life is. That is, there exists a thing called life. That is, there exists a set for which the state of being alive is true.
What other attributes this set might have is up to the observer.
Life is. Life is short, for a fly. Life is long, for an elephant. Life is short for flies and elephants when compared to the life of a star. Stars are véry múch álive. We are stardust you know...
It is said that the difference between life and non-life is the presence or absence of the ability to make more life. Bah! There are problems with this: those who are sterile are most certainly alive, at least by any humanitarian definition of the word, while irradiated chemicals in a scientist's flask most certainly lack life, at least until a spark is applied.
And yet, cannot a star make more of itself? True, the star has to die first. Still, the gasses given off by a dead or dying star have the ability, as much as any inanimate object can be called able, to form a new star. Is a star therefore more closely akin to the one who is otherwise sterile but yet has a slight, slight chance of conceiving, or the chemicals, which will arrange themselves and copy themselves if a spark is applied?
Does it even really matter? Should there be more to this definition of 'life' than the ability to reproduce? We often speak of "trúly líving." What is this? Can a fly "truly live," or is this the sole domain of us upright apes monkeys and baboons?
As it is necessary to ask ourselves, in order to get a definition of "truly living," and since these definitions vary wildly (I'm cértain that Louise, Estelle, Mandy, Wayne, Annette, Johnny, Flint and Esmé and each and every nephew and niece of mine will answer differently,) it may well be that this question can only be answered by polling the flies haha!
Since I never allow ány fly into my place or allow them to live a second longer if they DO gain access (yep, I DOOM them!) I think it's not going to work - the polling - sorry.


▫▫▫▫
Polling The Orcas?...bríght... and shímmering.

I open my eyes to the grey naked shapes outside my window. I watch them caressing each other's skeletons, grey fingers, some wearing diamonds, sparkles of crystalline fluid the sun gave them. Some sway gently gently. Some wear shreds of yellow cloth that rattle in the dead air. Some still live.
Today feels just the same as yesterday. Tomorrow things will change, but nót today. Yésterday and tóday and all the days before blend together, and together they ignore the division I make. Today is profoundly different from yesterday, says the calendar. Yesterday was just the same, declares the Sky. Sun and Moon spin in their orbits, and I can almost hear them laughing at me as I count each revolution as if it were something precious. They múst be laughing as I clutch my numbers as if they are something precious, some life-giving order for my world.
My days are numbered, yes!
They wóbble to spíte me, you know, like the Piet-my-Vrou calls incéssantly after its mate... ;-)


▫▫▫▫

Now, if you want to know how to avoid the devil of gluttony - that horrible, clawed, hairy devil with fearsome horns and long ears, and a massive tongue moered thin as a wafer by Louise my swaerie with her hammer...or rather nó...I'm hardly the good example heheh! Let's eat, drink and be merry for tomorrow we diet?
Sorry but dieting...brings about....

Occassional
Giddiness


and I for one, do not like that...you go right ahead if you wish to but me, moi, ék...I'm going to eat until I die...hopefully nót from eating itself heheh!


Because friends reckon that I powerfully propel them, like a tidal wave would, by my vivid imagination, to disregard reality and dream their days away and although I take thát as a compliment, since they LIKE it - they get too obsessed about being in my life and living off my energy. Because of this I try to avoid getting too involved with people, excepting my family. But... "I'm just a daydreamer, walking in the rain, chasing after rainbows you'll néver find again..." And yes, my face will never do duty for my heart.


▫▫▫▫

Sadly, or maybe júst as well, we are all rationed. There are only só many heartbeats...
I often wonder, what will we, who complain so about life, say of death? No! I do not [yet] stumble outside in the middle of the dark night to howl at the stars...but an association with The Du Plessis Family álways ensúres there is sómething in the air. And my Occassional Giddiness is often the result of happiness or at other times maybe because I'm unwell, true. But mostly it is because my heart pumps so proudly to be a part of this great, wonderful family!


FGDP © 2005/6 ad ∞